| boekwinkel |
|
|
|
Oranje-blanje-blou begroet naamsveranderings
Naamsveranderings is steeds oral in Suid-Afrika in volle swang en onlangs is aangekondig dat die name van vele dorpe in die Vrystaat gewysig gaan word. Nadat die ANC enkele jare gelede die versekering gegee het dat die Johannesburgse lughawe se naam nie weer verander sal word nie (voorheen was dit Jan Smutslughawe), is nou pas besluit dat dit voortaan as Oliver Tambolughawe bekend sal staan.
Suid-Afrika se huidige ANC-bewind is besonder sensitief vir die kleure oranje, wit en blou wat met die blanke regerings van die twintigste eeu geassosieer word. Daar was ook 'n uitdruklike opdrag dat oranje nie op die nuwe vlag wat in 1994 ingestel is, moet verskyn nie. Sien ook ons mening oor dié kwessie. |