| boekwinkel |
|
|
|
Polisie doen niks om blanke man te help 'n Blanke man, ene Ben Lottering, is gisteraand op die N1 suid tussen die Rivonia- en William Nicol-afritte deur 'n groep taxibestuurders aangeval. Hy het moeg geraak daarvoor dat taxi's in die geelstreep ry en voor ander voertuie indruk, en was by nabetragting dom genoeg om die reg in eie hande te neem. Hy het die noodlaan met sy voertuig afgesper en vir een taxi wat in die noodlaan gery het, gevra hoekom hy as al die ander motors in die verkeer vassit, indruk. Vyf tot tien taxi's het daarna Mnr Lottering geïntimideer, en sy bakkie met ysterstawe begin slaan. Hy is ook deur die taxibestuurders aangerand. Een van die taxibestuurders het 'n vuurwapen op hom gerig. Lottering het twee gekraakte ribbes opgedoen en moes na die noodeenheid van die Sunninghill-hospitaal gaan. Volgens Mnr Lottering was daar, soos elke iedere dag, Metropolisie in die onmiddelike omgewing, wat bloot daagliks die onaanvaarbare gedrag van taxibestuurders ignoreer. Mnr. Lottering het in 'n onderhoud op Radio 702 belowe om vanaand weer dieselfde te doen, maar hierdie keer hom voorgeneem om ook iets in sy hand te hę, sou die taxi's hom weer probeer dreig. 'n (Swart) inbeller na 702 wat die voorval gesien het, het die polisie se noodnommer 10111 gebel om te rapporteer dat die man se lewe bedreig word, maar is glo aangesę om eerder die Metropolisie te nader, aangesien dit volgens die SAPD 'n pad-aangeleentheid was. 10 November 2005 10:19:41 AM |