boekwinkel 

chronologie

 menings

 opstelle

 poësie

 satire

mediaverklarings

 aksies

 skrywers

 abba

 skakels

 briewe

 uit-BEELD

 uit-RAPPORT

 out-STAR

KRYT

 tuis

 

 

 

Word SAPD nou 'n ANC Gestapo?

Ten minste drie voertuie van boere in die Noord-Transvaal (Limpopoprovinsie) is met opsporingsapparaat bedraad. Die betrokke boere is almal deel van die TLU se huis- en haardbeveiligingsprogram.

Volgens mnr. Gideon Meiring, voorsitter van die TLU in die Soutpansbergdistrik, is daar min twyfel dat dit die werk van die Suid-Afrikaanse Polisiediens moet wees.

"Wat vir ons skokkend is, is dat daar oor die afgelope weke drie plaasmoorde in die distrik plaasgevind het. Pleks daarvan dat die moordenaars gesoek word, word boere deur spesialiseenhede van die polisie geteiken en word hul voertuie met opsporingstelsels bedraad."

Tydens 'n onlangse vergadering met die LUR vir Veiligheid in Limpopo het dit geblyk dat die ANC in die provinsie minder begaan is oor wie plaasmoorde pleeg as oor die vlaag van oranje-blanje-blou vlaggies wat op borde in die provinsie geverf word, vermoedelik uit protes teen naamsveranderings.

Tot dusver is geen van die naambordverwers deur die SAPD aangekeer nie. Dit wil nou voorkom asof boere se voertuie met opsporingsapparaat bedraad word in die hoop dat van hulle betrap mag word waar hulle naamborde verf.

"Politieke instrument in die hande van die regerende party"

Mnr. Gideon Meiring van TLU het voorts gesê dat "hierdie mense wat motors bedraad behoort aan spesialiseenhede van die polisie. Dis verstommend dat soveel hulpbronne aan die opspoor van naambordverwers bestee word terwyl plaasmoordenaars op vrye voet verkeer. Dis verder ironies dat die persone wie se motors van opsporingsapparaat voorsien is, een en almal by die beveiliging van plase betrokke is. Hiermee toon die polisie dat hy nie meer 'n burgerlike beskermingsmag is nie, maar 'n politieke instrument in die hande van die regerende party. Het die SAPD nou 'n ANC Gestapo geword?"

30 November 2005 02:44:11 PM