boekwinkel 

chronologie

 menings

 opstelle

 poësie

 satire

mediaverklarings

 aksies

 skrywers

 abba

 skakels

 briewe

 uit-BEELD

 uit-RAPPORT

 out-STAR

KRYT

 tuis

 

 

 

Boliviaanse president en Castro ontmoet

'n Ontmoeting tussen "twee generasies wat vir menswaardigheid gestry het en twee rewolusies", só beskryf Evo Morales, pas verkose inheemse Indiaanpresident van Bolivia, sy ontmoeting met Fidel Castro. Morales is tans op besoek aan Kuba. Castro het 'n Cubana de Aviacion-vliegtuig aan Morales beskikbaar gestel op 30 Desember 2005 vir sy eerste buitelandse besoek. "Die (politieke) kaart is besig om te verander. Ons moet mooi daaroor nadink, baie rondkyk en goeie inligting versamel," het Castro gesê.

Morales sal sy reis voortsit na Madrid, Brussel, Parys, Suid-Afrika, China en Brasilië. Om en by 25% van Bolivia se BNP word verseker deur beleggings uit hierdie lande. Die nuutverkose president het met dié sterk gebaar 'n groter onafhanklikheid van Washington betuig. In La Paz is die teenwoordigheid van die VSA besonder tasbaar vanweë Amerika se volgehoue verbintenis teen dwelmhandel. Bolivia is die derde grooste kokaïene-produsent ter wêreld ná Colombia en Peru.

Morales wil voorts graag internasionale handel in kokablare (wat as verbode plant gelys is) gedekriminaliseer sien asook dat  huidige kokaplantasies verbeter word. Juan Ramon Quintana, veiligheidskenner en vertroueling van Evo Morales, bepleit groter samewerking tussen die EU en Brasilië, lande waarheen die meeste Boliviaanse kokaïen uitgevoer  word. "Ons wil ons bevry van die toesig van die VSA wat die polisiemag om dwelmhandel te onderdruk, beheer."

Een van die belangrikste verkiesingsbeloftes van mnr Morales wat sedert 2003 binne sy party figureer is die nasionalisering van energiebronne. Repsol (Spaans-Argentyns), Total (Frans) en Petrobras (Brasilië) is tans die drie grootste oliemaatskappye in Bolivia. Ten spyte daarvan dat Morales dié maatskappye wou gerusstel dat die nuwe regering "nie hulle bates wil onteien of konfiskeer nie", het hy nietemin die 76 kontrakte tussen die betrokke multnasionale ondernemings as nietig verklaar. "Sake moet tussen lande, en nie tussen maatskappye nie, beslis word" het hy gesê.

'n Verrassing op die bestemmingslys van die voorgenome toerprogram vir diegene wat glo dat Morales 'n tweede Chavez verteenwoordig, is die afwesigheid van Venezuela. Behalwe dat die afgevaardigde van Venezuela blykbaar tydens die afgelope Boliviaanse verkiesingsveldtog 'n paar blapse begaan het, het Hugo Chavez (president van Venezuela) nooit die beloofde ondersteuning in die vorm van 'n spesialis-span gestuur om Morales te help ondersteun nie. As belangrike invoerder van soja uit Bolivia, het Venezuela boonop onlangs die kontrak opgesê ter wille van Amerikaanse boontjies. Asof dit nie genoeg is nie, het Chavez intussen  Bolivia se belangrikste twee gasaankopers, naamlik Argentinië en Brasilië, met 'n gaspyplydingprojek afgerokkel.

Die twee bogenoemde sensitiewe kwessies rakende energie en kokaïenuitvoere kan verder belemmer word deur Bolivia se moeilike verhouding met Chile. Nadat Bolivia 'n seetoegang tydens 'n oorlog (1879 - 1880) moes prysgee, is die konflik nooit behoorlik besleg  nie. Wat die VSA betref sal slegs uiterste diplomatieke kennis en vernuf die deurslag in die guns van Bolivia gee. Mnr. Morales se politieke groepering beskik nie oor enige internasionale ervaring  nie en selfs die parlementêre opposisie het ná 2002 met die opmars van die koka-vakbonde onder die leierskap van die nuwe president in duie gestort.

Morales gaan heelwat moeite hê om sy buitelandse betrekkinge met die VSA en ander nywerheidslande te bestuur. Die naam van 'n Inka-afstammeling en "Bloubloedindiaan", David Choquehuanca, word as moontlike minister van buitelandse sake genoem. Mnr. Choquehuanca is blykbaar  'n gereelde besoeker aan anti-globaliseringsbyeenkomste. 'n Ou strydos in joernalistieke kringe het egter aangedui dat die man nie in staat is om inhoud aan só 'n pos te verleen nie.

Bron: Le Monde

01 January 2006 12:01