| boekwinkel |
|
|
|
Minister wil toelatingsvereistes vir staatsdiens verlaag Met die grootskaalse onluste in Frankryk wat besig is om te bedaar, is die land in 'n groot debat oor immigrasie en integrasie vasgevang.
Tydens 'n ministeriële konferensie oor migrasie in die westelike Mediterreense gebied in Parys het hy hom soos volg uitgelaat: "Is daar diskriminasie in Frankryk? Ja. Deur sy gestruktureerde toelatingseksamens, neem die staatsdiens nie mense in diens wat soos dié in die land lyk nie. Die jongmense in die banlieues voel minderwaardig teenoor die tradisionele samelewing waarin hulle woon." Hy het voortgegaan deur te sê dat "Frankryk besig is om te verander. Ons het lank geglo dat ons gelykheidsmodel genoeg sou wees. Wel, ons moet erken dat ons 'n fout gemaak het! Volgens Borloo moet stappe om integrasie te bevorder, "versnel word terwyl daar teen onwettige immigrasie gestry moet word". "Ongeorganiseerde migrasie is vir almal fataal," het die minister gesê terwyl hy begevoeg het dat Frankryk op een of ander stadium probleme sou ondervind, aangesien dit die land met die hoogste immigrasiesyfer in Europa is. Met verwysing na jong immigrante in sensitiewe gebiede, het hy 'n pleidooi gelewer vir regstellende aksie en "individuele benaderings". Daarom moet daar vir elke jongmens en hul familie "'n lewenspad gevind word wat nie noodwendig dieselfde is as die tradisionele Galliese lewenspad, met sy oorbeklemtoning van geskrewe diplomas en die kultuur wat daarmee saamhang nie". Hy het verder meer vakleerlingskappe belowe om werklose immigrante met vaardighede toe te rus. 11 November 2005 07:49:23 AM |