| boekwinkel |
|
|
|
Franse pers trek ook los teen Afrikaners Die koerant Le Monde, wat allerweë gesien word as die mees invloedryke Franstalige koerant wat onder meer deur hoëlui in die regering gelees word, het einde verlede week 'n striemende artikel oor Geo Cronjé geplaas. Die speler word beskryf as "Geo Cronje, 'n jong voorspeler van die Springbokke, die Suid-Afrikaanse rugbyspan, wat nie sy kamer wou deel met 'n swarte nie. Nòg die badkamer, nòg die toilet. Toe hierdie jong Afrikaner uitvind dat hy sou tuisgaan met Quinton Davids, 'n swart spanmaat, gedurende die voorbereidingsperiode voor die Wêreldbeker, het hy diskreet probeer om sy plek te verruil sodat hy by 'n blanke speler kon slaap." Volgens die koerant is swartes "dekades lank" verbied om rugby te speel, sodat hulle slegs "sokker kon speel in die townships, die ghettoes van apartheid." Die skryfster van die berig, Fabienne Pompey, het nie lank tevore nie 'n ander storie laat plaas waarin die pogings van Afrikaners om Afrikaanse name te red, afgemaak word as "weerstand teen verandering". Tydens die tagtigerjare is Winnie Mandela en haar sokkerspan veral as heldin uitgebeeld in Le Monde, dikwels op die voorblad. 'n Franse feministiese skryfster, Hélène Cixous, het insgelyks 'n roman geskryf waarin Winnie Mandela as protagonis optree en waarin sy as 'n soort Afrikadigteres voorgestel word. 'n Ander Franse koerant, Libération, het verlede jaar berig dat plaasmoorde in Suid-Afrika oordryf word, maar dat blanke boere honderde swartes doodmaak en martel. Die Geo Cronjé-debakel het dus bloot die latente vyandigheid van die Franse joernalistiek teenoor Afrikaners in die algemeen na vore gebring. 2/9/2003 9:15 |