boekwinkel 

chronologie

 menings

 opstelle

 poësie

 satire

mediaverklarings

 aksies

 skrywers

 abba

 skakels

 briewe

 uit-BEELD

 uit-RAPPORT

 out-STAR

KRYT

 tuis

 

 

 

Frankryk se Soweto?

PARYS - Ongeveer 1300 voertuie is oornag in Frankryk deur Arabiese en swart jeugdiges verbrand. Dit was die mees gewelddadige nag sedert die aanvang van onluste in dié land tien dae gelede en 349 persone is gearresteer. Geweld het aanvanklik in Parys uitgebreek, maar het agterna na vele stede en dorpe op die platteland versprei.

400 Autos brannten allein in Paris in der Nacht zum Freitag ausVolgens die polisiehoofkantoor is 1295 voertuie uitgebrand - 741 in die sentrale Ile-de-France-streek en 554 op die platteland. Volgens dieselfde bron is 349 mense gearresteer, teenoor 253 die vorige nag.

In totaal is 211 munisipaliteite deur die geweld geraak, teenoor 140 die vorige nag.

Oornag het die aantal voertuie wat verbrand is dus in die Ile-de-France rondom Parys met 'n honderd toegeneem, maar op die platteland verdubbel. "In die omgewing van Parys bou dit op, terwyl dit in die ander streke besig is om te versprei," het 'n polisiewoordvoerder gesê.

Oor die afgelope vier nagte het ons meer as 700 arrestasies uitgevoer, wat 'n aanduiding gee dat ons maatreëls doeltreffend werk," het hy bygevoeg. Volgens die polisie vermy die onlusmakers oor die algemeen direkte konfrontasie met die veiligheidsmagte.

Volgens die ministerie van binnelandse sake, is 2300 polisie- en kommandolede as versterkings na die sentrale Ile-de-France-gebied gestuur, waarby die normale pesoneel getel moet word. Een-en-twintig polisiemanne is gedurende die nag lig beseer, wat die totale aantal geregsdienaars wat sedert die begin van die onluste beseer is op 56 te staan bring.

In Parys self het die ministerie 28 uitgebrande voertuie getel.

In die omgewing van Parys is twee laerskole te Grigny in die Essonne-departement aan die brand gesteek. Een van die skoolgeboue is erg beskadig, maar niemand is beseer nie. Ook in die Essonne, is 'n herwinningsaanleg te Vigneux aan die brand gesteek, maar volgens die prefektuur van polisie "is daar niks wat daarop dui dat dié geval aan die stedelike geweld verbind kan word nie".

Supermarkte aan die brand gesteek in Evreux

In die departement van Seine-Saint-Denis, waar onluste op 27 Oktober begin het, het die situasie gisteraand kalmer gelyk as die vorige aand, volgens 'n woordvoerder van die prefektuur.

In Noisy-le-Grand (Seine-Saint-Denis) is 'n gimnasium nogtans aan die brand gesteek, wat veroorsaak het dat 'n gebou langsaan ontruim moes word. In Villeneuve Saint-Georges (Val-de-Marne) is 'n jeugherberg afgebrand.

Elders verkeer 'n man wat Vrydagaand deur 'n jeugdige geslaan is in die dorp van Stains (Seine-Saint-Denis)
steeds in 'n diep koma, berig die koerant Le Parisien wat beweer dat "sy lewe in gevaar is".

Op die platteland is Evreux in die Eure-departement veral deur die onluste geraak. 'n Vyftigtal voertuie is al langs die hoofstraat uitgebrand. Die winkelsentrum in La Madeleine-buurt was die tooneel van botsings tussen groepe jeugdiges en die polisie. Verskeie mense is beseer, waaronder die direkteur van openbare veiligheid en 'n munisipale polisieman.

'n Supermark in 'n ander buurt van die stad was insgelyks die teiken van die onlusmakers en 'n poskantoor, sowel as twee skole het die vlamme ten prooi geval.

wpe3.jpg (13260 bytes)In die omgewing van Lyon, het die polisie verslag gedoen dat ongeveer twintig voertuie in Vénissieux en Bron uitgebrand is. Daar was geen direkte botsing met die onlusmakers nie.

"n Dosyn voertuie is in Avignon (Vaucluse) verbrand, veral in die Monclar-buurt suid-oos van die stad, het die brandweerdepartement laat weet.

In Toulouse het die polisiebestuur berig dat tientalle voertuie verbrand is en twee mislukte pogings tot brandstigting op die munisipale biblioteek en 'n winkelsentrum in die buurt van Bellefontainte-Le Mirail plaasgevind het.

In die Noordelike departement is 110 voertuie verbrand (twee keer soveel as die vorige nag), asook 'n dertigtal vullishouers. Die brandweer is 160 keer ontbied, hoofsaaklik in Lille en Roubaix. Geweld het na dorpe versprei wat tot nogtoe gespaar gebly het, soos Douai, Duinkerken of Maubeuge.

Gevalle van geweld het ook uitgebreek in Dreux (Eure-et-Loire), Nantes (Loire Atlantique) en in le Grand Nancy (Meurthe-et-Moselle) waar individue die stadsaal van Vandoeuvre aangeval het.

06 November 2005 04:27:26 PM