boekwinkel 

chronologie

 menings

 opstelle

 poësie

 satire

mediaverklarings

 aksies

 skrywers

 abba

 skakels

 briewe

 uit-BEELD

 uit-RAPPORT

 out-STAR

KRYT

 tuis

 

 

 

Voorvalle van geweld in Toulouse

TOULOUSE (Reuters) - Nuwe voorvalle van geweld het in die voorstede van Toulouse tussen jongmense van sensitiewe gebiede en die polisie uitgebars.

wpe4.jpg (10827 bytes) Teen 21.30 gisteraand is sewer voertuie uitgebrand, waaronder een in die binnehof van 'n laerskool in die buurt Bellefontaine waar 'n brand ontstaan het volgens die prefektuur van die Midi-Pyrénées-gebied. Die brand is deur die brandweer onder beheer gebring.

Die veiligheidsmagte het vier persone in verband met die voorval gearresteer.

Die onluste het rondom 20.00 begin en het hoofsaaklik in die buurte van Bellefontaine en Mirail plaasgevind, in die Westelike uitbreidings van die stad waar ongeveer 350 polisielede ontplooi is, het die prefektuur gesê.

Kort ná 21.30 het dit gelyk asof die spanning in die twee sensitiewe gebiede bedaar het.

wpe6.jpg (24596 bytes)Die aandklokreël is nie deur die prefek van die streek ingestel nie. Maar so 'n besluit kan te eniger tyd na gelang van ontwikkelings geneem word," het die woordvoerder van die prefek aan Reuters gesê.

10 November 2005 08:35:11 AM