boekwinkel 

chronologie

 menings

 opstelle

 poësie

 satire

mediaverklarings

 aksies

 skrywers

 abba

 skakels

 briewe

 uit-BEELD

 uit-RAPPORT

 out-STAR

KRYT

 tuis

 

 

 

Apartheid in Franse skole

Etniese segregasie is besig om toe te neem in Franse skole, in weerwil van pogings van die regering om dit teen te werk.

Hierdie feit, wat allerweë as 'n "taboe-onderwerp" bestempel word, word onthul in 'n studie wat in die Septemberuitgawe van die Revue française de sociologie gepubliseer sal word. Prof. Georges Felouzis, professor aan die Universiteit van Bordeaux II het die navorsing oorspronklik as 'n verslag aan die Minister van Toerusting en die "Fonds vir integrasie en stryd teen diskriminasie" opgestel. Dit heet "Sosiale en etniese polarisering van junior hoërskole in die Bordeax-akademie." Frankryk se opvoedingstelsel is in 'n aantal streeksakademies opgedeel.

Ten einde die etniese afkoms van leerlinge te bepaal, het Felouzis en sy medewerkers van voorname gebruik gemaak. Kinders met voorname van Arabiese of Afrika-afkoms is as Arabiere of swartes beskou, want vele van die kinders beskik oor Franse burgerskap en Nasionale Opvoeding het tot nog toe geen etniese onderskeid tussen leelinge toegelaat nie.

Daar is bevind dat blanke Franse ouers verkieslik hul kinders na skole stuur wat oorheersend uit hul eie groep bestaan. Selfs in skole met 'n gemengde etniese bevolking ontstaan segregasie tussen klasse waar party slegs Franse kinders bevat en ander dié van immigrante, al beskik hulle oor Franse burgerskap.

Ouers oortree dikwels die reëls oor sonering van skole en selfs al woon hulle in buurte met baie immigrante, ry hulle hul kinders aan na ander skole in buurte waar blanke Franse oorheers.

Die verslag beskryf "die wêreld van skool, wat veronderstel is om republikeins en universeel te wees..." as "sterk beïnvloed deur etnisiteit  en in totale teenstryd met die universele grondslag van skole."

Hoewel prof. Felouzis se metode om voorname as 'n aanwyser van etnisiteit te gebruik, erken is deur die gesaghebbende sosiologietydskrif, het dit reeds 'n polemiek veroorsaak omdat hy die onderskeid sou tref tussen verskillende soorte Franse burgers. Dit sou impliseer dat daar meer as een soort Fransman is, afhangend van godsdiens en etniese afkoms.

Onder die 144 000 leerlinge van die Bordelese akademie, word tot 40% van alle swartes en Arabiere in slegs 10% van die skole aangetref. Hierteenoor bestaan daar 'n kwart van skole wat slegs 1% of minder sulke kinders in hul geledere het, 'n duidelike neiging tot segregasie.

Hierdie skoolapartheid word hoofsaaklik deur twee faktore veroorsaak: immigrante wat neig om in sekere buurte te woon waarvan die skole dan uiteraard deur hul kinders oorheers word, asook "familiestrategieë" van blanke Franse wat verkies om hul kinders in skole te plaas met die minimum immigrantekinders.

Een manier waarop gemengde skole poog om "aantreklik" vir Franse te bly, is om "interne segregasie" toe te pas waardeur blanke Franse kinders in een klas geplaas word en immigrantekinders in 'n ander.

Volgens prof. Felouzis het sulke praktyke "opvoedkundige gevolge" omdat die immigrantekinders swak vaar en toenemend in "opvoedkundige ghettoes" grootword waar hulle opvoedkundige agterstand toegevoeg word aan die sosio-ekonomiese agterstand van hul ouers.

Die verslag wys ook uit dat die werklikheid van gesegregeerde skole en die amptelike beleid van "universele leerlinge ongeag herkoms of etnisiteit" meer in meer in stryd met mekaar verkeer. Dié navorsing gaan dus weereens die debat rondom verskillende etniese "gemeenskappe" in Frankryk verder oprakel. 10/3/2003 11:50