boekwinkel 

chronologie

 menings

 opstelle

 poësie

 satire

mediaverklarings

 aksies

 skrywers

 abba

 skakels

 briewe

 uit-BEELD

 uit-RAPPORT

 out-STAR

KRYT

 tuis

 

 

 

Aristide se ondersteuners vol moed

'n Karkas staan en smeul by die ingang van die plakkersgebied waar die volgelinge van Lavalas, Aristide se party, skuilhou.

Sy ondersteuners betreur die feit dat hy weg is. "Al die jongmense is agter hom", meen Jean Dardy, werklose musikant, maar hy vergeet gerieflikheids-halwe dat die optogte téén die onsetelde president hoofsaaklik deur studente gelei is. "Ons word opnuut beset." Sy vriend beaam dit en voeg by dat hulle sonder hul president verlore is. "Die staatsgreep teen Aristide was 'n staatsgreep teen opvoeding, gesondheid en hoop. Ons was 200 jaar lank vry en nou word ons weer beset." Dat Aristide feitlik niks vir sy volgelinge gedoen het nie, maak nie saak nie. Hy was vir hulle die hoop op 'n beter toekoms.

Gou kom 'n mens agter dat sulke uitsprake eintlik sterk gekleur word deur 'n rassebril. Die burgery van gemengde afkoms word deur die swart massas verafsku. "Die burgery is nie Haïtiaans nie. As jy swart bloed het, is jy swart, punt. Maar hierdie gekleurdes ly aan blankemanie." Die oorgrote meerderheid van die mense in Montalais is werkloos. 'n Mens kan die president se paleis van die buurt se ingang af sien wat nou omring word deur Amerikaanse tenks. "Die burgery wou Aristide weg hê. Hulle was kwaad want hy het die daglone opgeskuif van 25 na 200 gourdes. [100 gourdes = R16] Al die ryk dele van die stad het weer elektrisiteit en water maar in die arm dele is dit al 15 dae afgesluit."

Vanuit nêrens klink musiek skielik op en mense begin saamdrom en slagspreuke skree, "Aristide, c'est le roi" (Aristide is koning!). Maar veral, "Aristide dédoublé" (Aristide is verdubbel, m.a.w. hy is oral, in Haïti en elders.) Chirac en Bush word uitgeskel, en 'n paar duisend dans met Aristide se foto omhoog terwyl hulle verseker dat tot sy terugkeer elke dag vreedsame betogings gehou sal word.

Lavalas beteken avalanche in Kreools. Die party is nog steeds aan die stuur van sake wat sy ondersteuners betref. "Dis in ons harte, maar mense is bang. Daar is nie veiligheid nie." Die Chimères kruip op die oomblik weg volgens nog 'n man sonder werk by name Grégor. Tussen die jongmense wat só hier gesels, sit natuurlik 'n paar Chimèreslede wat saamluister, maar die sprekers is heeltemal te uitgeslape om die bendelede self aan die woord te stel. Hulle is herkenbaar aan die wolmusse en bandana's wat hulle altyd dra en daar waar hulle oorgeneem het by Latino-dwelmhandelaars. Hulle verkeer kennelik onder die indruk dat hul leier, Paul Raymond, 'n hoë amptenaar uit die telekommunikasiebedryf in Haïti en een van die finansiers van die Chimères-bende, nie gevlug het nie en steeds op die eiland verkeer.

Trouens, 29 van die Chimères se grootkoppe het Woensdag per vliegtuig na 'n onbekende bestemming vertrek, volgens diplomatieke en opposisiebronne. Van daardie mense het heelwat bloed aan hul hande.

Inligting: Libération. Foto: Reuters, Eliana Aponte.

 - 29/09/05 03:09