boekwinkel 

chronologie

 menings

 opstelle

 poësie

 satire

mediaverklarings

 aksies

 skrywers

 abba

 skakels

 briewe

 uit-BEELD

 uit-RAPPORT

 out-STAR

KRYT

 tuis

 

 

 

Haïti vier fees!

JB Aristide [het in sy toespraak] Kuba bedank vir hul mediese hulp aan Haïtiane en die geleentheid gebruik om aan te kondig dat ongelooflike nuwe verbeteringe in 2015 sigbaar sal wees, terwyl hy elke sin met "c'est possible car l'union fait la force" (dis moontlik want eendrag maak mag), leuse van Haïti, geëindig het.

Voor hom het Mbeki die "grootste rewolusie in die geskiedenis" geprys en "solidariteit" gevra om armoede, onderontwikkeling en onstabiliteit te bestry. "Ons behoort te werk vir die respek van demokrasie en verdraagsaamheid."

"Ons is in 'n historiese stryd vir die herlewing van Afrika gewikkel want die rewolusie van Haïti het ons geïnspireer", het Mbeki bygevoeg.

'n Demokratiese parlementariër van Kalifornië, Maxine Waters, het 'n resolusie van die Swart Koukus voorgelees wat Haïti gelukwens as 'n "speerpunt in die stryd vir menseregte."

In Gonaives het geweld tussen die polisie en teenstanders sedert September 36 dooies en 85 gewondes veroorsaak, hoofsaaklik dié van onskuldige omstanders.

'n Bus met Aristide-ondersteuners is aan die brand gesteek in Gros Morne en duisende mense het teen middagete in die hoofstad betoog.

AFP 2.2.2004

 - 29/09/05 03:09