boekwinkel 

chronologie

 menings

 opstelle

 poësie

 satire

mediaverklarings

 aksies

 skrywers

 abba

 skakels

 briewe

 uit-BEELD

 uit-RAPPORT

 out-STAR

KRYT

 tuis

 

 

 

Tuis in Haïti...

Só skryf Jean-Pierre Perrin uit Port-au-Princë:
 
By Aristide se paleis is nie siel, polisieman of soldaat, buite nie. Die groot hek is nie gesluit nie, maar plunderaars het nog nie daarop toegesak nie. Miskien sal hulle dit nie waag nie. Die president se twee helikopters en vier viertrekvoetuie met die nommerplaat "Palais National" daarop, deel die grasperk met hoenderhane en -henne. 'n Vyfde voertuig staan dwars in die pad getrek, 'n vergete barrikade.
 
Die woonhuis, wit en koloniaal, staan 'n entjie van die paleis af. Nog steeds geen spoor van enige wagte nie. Die deur is nie eens gesluit nie. Die ou man binne die huis is die concierge, Joseph Pierre, en hy is nog steeds geterroriseer deur gister se gebeure, maar is nie bekommerd dat twee Westerse joernaliste in sy ex-baas se huis rondloop nie.
 
In Kreools, vertel hy 'n ander weergawe van die amptelike verhaal van Aristide se verterk. In 'n stem wat sy vrees van tydens die vorige aand se gebeure steeds verraai, verseker hy die joernaliste dat die president ontvoer is deur die Amerikaanse weermag. "Wit Amerikaners het hom met 'n helikopter kom haal. Hulle het ook die mense wat hom moes oppas kom haal. Dit was twee uur in die oggend. Hy wou nie gaan nie. Die Amerikaanse soldate het hom gedwing. Hy was genoodsaak om hulle te volg want hulle het wapens op hom gerig. Die Amerikaners is ná God die sterkste." Net een venster in die huis is gebreek, die res is netjies gelaat.
 
Die huis is diskreet luuks. Op die mure is illustrasies in die mooi art naïf-styl van die eiland. Die waaiers in die sitkamer draai nog. In die kamer is die bed skaars gekreukel. Die studeerkamer is netjies behalwe vir die inhoud van 'n leertas wat in die hoek gestrooi lê. Ou poskaarte van Castro en Ché Guevara is aan die yskasdeur vas. Moët et Chandon, rosé, is blykbaar die president se gunstelingdrankie. En buite die huis, skielik uit die bloute, kom 'n swarte opgedoem, 'n M-16 geweer in die hande en 'n koeëlvaste baadjie aan. Hy verdwyn weer sonder om 'n woord te sê, selfs nie tot repliek verwerdig hy hom nie. 'n Presidensiële wag of 'n soldaat van die VSA se spesiale magte?
 
Libération 1.3.2004