| boekwinkel |
|
|
|
Tuis in Haïti...
Só skryf Jean-Pierre Perrin uit Port-au-Princë:
By Aristide se paleis is nie siel, polisieman of
soldaat, buite nie. Die groot hek is nie gesluit nie, maar plunderaars het nog
nie daarop toegesak nie. Miskien sal hulle dit nie waag nie. Die president se
twee helikopters en vier viertrekvoetuie met die nommerplaat "Palais
National" daarop, deel die grasperk met hoenderhane en -henne. 'n Vyfde
voertuig staan dwars in die pad getrek, 'n vergete barrikade.
Die woonhuis, wit en koloniaal, staan 'n entjie
van die paleis af. Nog steeds geen spoor van enige wagte nie. Die deur is nie
eens gesluit nie. Die ou man binne die huis is die concierge, Joseph Pierre,
en hy is nog steeds geterroriseer deur gister se gebeure, maar is nie
bekommerd dat twee Westerse joernaliste in sy ex-baas se huis rondloop nie.
In Kreools, vertel hy 'n ander weergawe van die
amptelike verhaal van Aristide se verterk. In 'n stem wat sy vrees van tydens
die vorige aand se gebeure steeds verraai, verseker hy die joernaliste dat die
president ontvoer is deur die Amerikaanse weermag. "Wit Amerikaners het
hom met 'n helikopter kom haal. Hulle het ook die mense wat hom moes oppas kom
haal. Dit was twee uur in die oggend. Hy wou nie gaan nie. Die Amerikaanse
soldate het hom gedwing. Hy was genoodsaak om hulle te volg want hulle het
wapens op hom gerig. Die Amerikaners is ná God die sterkste." Net een
venster in die huis is gebreek, die res is netjies gelaat.
Die huis is diskreet luuks. Op die mure is
illustrasies in die mooi art naïf-styl van die eiland. Die waaiers
in die sitkamer draai nog. In die kamer is die bed skaars gekreukel. Die
studeerkamer is netjies behalwe vir die inhoud van 'n leertas wat in die hoek
gestrooi lê. Ou poskaarte van Castro en Ché Guevara is aan die
yskasdeur vas. Moët et Chandon, rosé, is blykbaar die president se
gunstelingdrankie. En buite die huis, skielik uit die bloute, kom 'n swarte
opgedoem, 'n M-16 geweer in die hande en 'n koeëlvaste baadjie aan. Hy
verdwyn weer sonder om 'n woord te sê, selfs nie tot repliek verwerdig hy hom
nie. 'n Presidensiële wag of 'n soldaat van die VSA se spesiale magte?
Libération 1.3.2004
|