boekwinkel 

chronologie

 menings

 opstelle

 poësie

 satire

mediaverklarings

 aksies

 skrywers

 abba

 skakels

 briewe

 uit-BEELD

 uit-RAPPORT

 out-STAR

KRYT

 tuis

 

 

 

Hoofman X ge-tshwane in oranje-blanje-blou

Vroegoggend op 14 Julie 2006 het gerugte per sms en telefoon die rondte begin doen dat Hoofman X, skepping van die ANC-stadsraad in Pretoria (deesdae bekend as iTshwane Metropolitan Council), oranje, wit en blou geverf is.

Teen etenstyd het omstanders hier en daar foto's van die geverfde standbeeld geneem. Een swart man, waarskynlik 'n stadsraadlid hoewel hy nie sy naam verskaf het nie, het vir al die aanwesiges gesê, "Wie dit ook al gedoen het, moet geskiet word! Hulle het 'n nasionale skat geskend."

Die "nasionale skat" waarna hy verwys is 'n bronsbeeld van die blanke beeldhouer Angus Taylor in die sosiaal-realistiese styl wat onlangs onthul is.

Soos taalkundiges al aangetoon het, is die herkoms van die woord "Tshwane" duister, wat egter nie die stadsraad in sy vaart gestuit het om Hoofman X "Tswhane" te noem nie. Die beeld verteenwoordig 'n stuk propaganda te midde van die politiek rondom die voorgestelde naamsverandering vir Pretoria. Volgens die ANC was die mitiese Hoofman X, oftewel "Tshwane", voor die Voortrekkers op die toneel waar Pretoria vandag staan en behoort die stad dus na hom vernoem te word. Dat Hoofman X, indien hy ooit naby Kerkplein se ligging was, geen bedoeling gehad het om daar 'n stad te stig nie, spreek vanself.

Die verf van Hoofman X kom ná soortgelyke insidente wat rondom die beeld van Hoofman Makopane op Louis Trichardt en die Beyers Naudé-gedenkteken in D.F. Malanrylaan, Johannesburg, plaasgevind het. Al drie standbeelde is oranje, wit en blou geverf.

Dog die afkorting B.B. op die Hoofman X-standbeeld voor die Pretoriase stadsaal roep allerlei vrae op. Dit kan insgelyks staan vir Broederbond, Breyten Breytenbach of Blou Bulle. Of verteenwoordig dit dalk die voorletters van die verwers?

Kennelik gaan standbeeldverf, tesame met misdaad en 'n Springbokspan wat verloor, een van die wesenskenmerke van die Nuwe Suid-Afrika word.

2006/07/14 16:55:20