| boekwinkel |
|
|
|
'NNP volg nou PAC-beleid oor grond' Volgens die Johannesburgse dagblad ThisDay het Marthinus van Schalkwyk PAC-beleid oor grondbesit sy eie gemaak. Die NNP-leier het 'n pleidooi gelewer vir 'n "grondberaad" aanstaande jaar waartydens grootskaalse herverdeling van grond bespreek sal word. Tydens 'n toespraak voor die nasionale raad vir provinsies, het hy herhaalde aanvalle op die DA geloods en beweer dat dié party "Suid-Afrika wil laat terugkeer na die foute van die verlede". Onder andere het hy aangehaal uit 'n brief aan 'n ander koerant, The Citizen, deur 'n DA-verteenwoordiger waarin Mbeki beskryf word as Suid-Afrika se grootste bedreiging. 12/11/2003 20:15
|