| boekwinkel |
|
|
|
Kuba se gesondheidsstelsel vir SA Die omstrede Nasionale Gesondheidswet is gister aanvaar ten spyte van sterk teenkanting uit opposisie geledere. Die DA, IVP, NA en NNP by monde van die adjunkminister van Gesondheid, Renier Schoeman, het beswaar gemaak teen dié sentralistiese en totalitêre stap van die ANC. Wetgewing sal gesondheidswerkers voortaan verplig om in besit van 'n sertifikaat van behoefte te wees om hul dienste te kan aanbied of 'n gesondheidsagentskap soos 'n kliniek, hospitaal of praktyk te kan bedryf. Die Departement van Gesondheid sal die sertifikate, wat geldig sal wees vir 'n tydperk van 10 jaar, slegs uitreik indien hulle van mening is dat applikante aan die nuwe kriteria voldoen. Cassie Aucamp van NA het gister in die Parlement opgemerk dat dit in" kort beteken dat die minister deur hierdie instrument effektief kan besluit waar elke enkele dokter, spesialis of professionele gesondheidswerker mag werk en waar nie." Tertius Delport van die DA het gister ontstoke gesê dat "dit die kern van alle mediese praktisyns en organisasies in die mediese veld se reg om hul beroep vryelik te beoefen aantas." "Dit
is 'n verregaande ingryping in die vryheid van keuse wat werk betref soos vervat
in die Grondwet." "Dit
is duidelik dat die sertifikaat van behoefte arbitrêr, subjektief, destruktief
en anti-mededinging is," het hy bygevoeg. 06/09/2003
9:30 PRAAG |