| boekwinkel |
|
|
|
Menseregtekommissie "ondersoek" Magersfontein
Dieselfde sinsnedes wat destyds onaanvaarbaar was vir die destydse Publikasieraad, kan moontlik daartoe lei dat die roman verbied word as "haatspraak" deur die MRK. Hierdie liggaam is bekend vir sy sensitiwiteit ten opsigte van enige taal wat op rassegroepe betrekking het, selfs vir subtiele konnotasies wat as "subliminale rassisme" beskryf word. Dit is moontlik dat 'n groot deel van die Afrikaanse letterkunde spore van "subliminale rassisme" bevat en daarom verbied mag word in terme van die wye magte van die Menseregtekommissie. Die verbod op Magersfontein is in 1978 slegs opgehef ná 'n lang en duur hofaansoek deur die uitgewer, Human & Rousseau. Die boek is onlangs herdruk en dit mag wees dat die geskiedenis hom kan herhaal indien die MRK bevind dat Leroux se satire onaanvaarbaar is vir die hedendaagse leser. 21/9/2003 |