boekwinkel 

chronologie

 menings

 opstelle

 poësie

 satire

mediaverklarings

 aksies

 skrywers

 abba

 skakels

 briewe

 uit-BEELD

 uit-RAPPORT

 out-STAR

KRYT

 tuis

 

 

 

Brussel geskandaliseer deur Magritte-naakstudie

Die bankgroep Dexia in die Belgiese en Europese hoofstad Brussel het besluit om 'n reusagtige vergroting van 'n naakstudie deur die skilder Magritte aan sy gebou aan te bring terwyl herstelwerk plaasvind. René Magritte was 'n surrealistiese skilder bekend om sy enigmatiese tonele van mense en voorwerpe wat skynbaar onsamehangend daar geplaas is.

Die betrokke skildery L'inondation (die oorspoeling) toon 'n kaal vrou wat vooroor buk, en mag verwys na die skilder se moeder wat selfmoord gepleeg het deur verdrinking en ontdek is met haar nagrok oor haar gesig.

Gewoonlik word die reuseskerms wat volgens munisipale regulasies teen geboue aangebring moet word as bouwerk plaasvind, voorsien van selfoonadvertensies, maar Dexia het besluit om eerder 'n skildery uit sy eie versameling in 'n 750-keervergroting aan te bied. Gewoonlik hang die skildery in die kantoor van die bank se voorsitter, Axel Miller, tesame met ander werke deur Paul Delvaux en Theo Van Rysselberghe. Die keuse is blykbaar deur mnr. Miller self gemaak ten gunste van Magritte se skildery.

Die Brusselse munisipaliteit, wat streng regulasies handhaaf in verband met die voorkoms van geboue in dié stad, het sonder enige beswaar die projek goedgekeur. Aan die ander kant is Dexia ook 'n groot lener aan Belgiese stede en munisipaliteite.

Volgens die openbarebetrekkingebeampte van Dexia, mnr. Dirk Schyvinck, "Is ons bewus daarvan dat sekere mense en organisasies negatief sal reageer, maar miskien sal hulle besef dat dit om kultuur en 'n kunswerk van openbare aard gaan." 29/09/05 03:09