boekwinkel 

chronologie

 menings

 opstelle

 poësie

 satire

mediaverklarings

 aksies

 skrywers

 abba

 skakels

 briewe

 uit-BEELD

 uit-RAPPORT

 out-STAR

KRYT

 tuis

 

 

 

Michael Hardt waarsku dat VSA kan faal

Michael Hardt, bekende literatuurwetenskaplike en outeur wat saam met die Italiaanse marxis Antonio Negri die bybel vir anti-globaliseringsondersteuners, naamlik Empire, geskryf het, het verlede Vrydag in Berlyn in 'n onderhoud gewaarsku dat die VSA waarskynlik nie in Irak gaan slaag nie.

"Die probeerslag om die globus onder Amerikaanse beheer te bring gaan faal" het hy gesê. "Uit die mislukking van hul eensydige optrede in Irak sal hulle leer dat tradisionele konsepte van magsontplooiing nie meer in die 21ste eeu geldig is nie."

Terwyl Washington "oudmodies probeer om Europese imperialisme te herhaal" meen Hardt dat daar terselftertyd 'n groeiende en gedesentraliseerde netwerk ontstaan wat die wêreld nogtans gaan omspan. Hy stel dus 'n nuwe "Empire" in die vooruitsig wat voortaan hegemoniale mag gaan uitoefen. 07092003 13:30