| boekwinkel |
|
|
|
Polisie beset treinwa vol boere Dorothy Night, in die Vhembe-Herald: Die
Soutpansberg Distrikslundbou-unie se onlangse uitstappie na `n
veiligheidswerksessie is ontwrig deur
lede
van die Suid Afrikaanse Polisiediens. Die
werksessie is deur unie-lede en gaste by
bygewoon
wat
in Makhado
(Louis Trichardt) opgelaai
en toe
per bussie
na Mopane-stasie
geneem
is Daar het almal na ‘n trein oorgeskuif en gewag vir die volgende skof van die geheime reis om te begin. Na
`n ruk se gewag het die trein nog nie vertrek nie, en die rede hiervoor was gou
te bespeur. Polisielede het op die trein toegesak en die treinwa waarin die lede
en hul gaste, onder wie die omstrede skrywer Dr. Dan Roodt, beset. Roodt,
wat as gasspreker opgetree bet, het skaars gesit toe 'n inspekteur - wat homself
nie wou identifiseer nie – hom begin ondervra het. "Is
jy in beheer?" Roodt
het net sy kop geskud. "Waarheen is jy op pad?" "Ek weet
nie," het Roodt geantwoord. Waarheen ry die trein gewoonlik?" Na
nog'n paar vrae het die inspekteur moed opgegee en saam met ander lede agter in
die wa gaan sit. Tientalle
polisielede het ook kort-kort deur die wa gestap. Die
trein moes as deel van die
roete
by die Mara-stasie stop en wag vir'n aansluiting. Deur die venster kon gesien
word hoe voertuie van die "Tshiliwhashiku-polisiestasie regoor die wa
waarin die lede gereis het tot stilstand kom. Mnr.
Gideon Meiring,
voorsitter van die unie se veiligheidskomitee, se hulle is al gewoond aan die
polisie se agterdogtigheid. "Kort-kort is daar iets," het hy gesê met
verwysing na die opsporingstelsels en afluisterapparate wat die laaste paar
maande deur lede van die Soutpansberg DLU in hul voertuie en huise gevind is.
Meiring glo die owerhede dink dat hy besig is met onderduimse dinge. Hy
vertel dat daar onlangs weer op apparaat beslag gelê is, maar wil nie daaroor
uitbrei nie. "Ek
doen niks onwettig nie. Ek wil net hê
dat
die blanke boer se regte erken word." "Ek
wil nie in vrees lewe omdat ek bang is dat ek aangeval gaan word nie. Ek wil nie
in vrees lewe dat my grond enige oomblik van my af weggeneem gaan word nie. Ek
wil ook nie geterroriseer word nie." Meiring verwys ook na `n voorval
verlede jaar toe die polisie hom om 02:30 besoek het om die geldigheid van sy
vuurwapenlisensie te bevestig. "Ek wil my regering kan kritiseer as ek so
voel, sonder dat ek as 'n moeilikheidmaker bekend staan." Hy voeg by dat hy
al by verskeie geleenthede met die hoogste owerhede in die land vergader het om
te praat oor aspekte soos veiligheid, maar sê "dat die ouens op die grond
hulle duidelik nie aan gesag steur nie." "Die
ministers sê
een
ding maar die plaaslike polisie doen net wat hulle wil." Hy
verwys na die verskeie onwettige arrestasies wat gereeld in die
Soutpansberg-distrik plaasvind. "Ek sal aanhou veg vir die regte van die
blanke boer, tot ek my sin kry." Superintendent
Ronél Otto, woordvoerder vir die provinsiale kommissaris, Kommissaris Calvin
Sengani, het gesê daar is wel `n trein voorgekeer tussen Makhado (Louis
Trichardt) en Musina (Messina). "Dit is vir verbode immigrante
deursoek en daar was geen blanke persone op die trein nie." Meiring
was nie teen druktyd vir kommentaar oor bewerings dat daar afluisterapparate in
boere se huise en motors geplaas is, beskikbaar nie. Daar
kon ook nie teen druktyd vasgestel word of Meiring stappe of regsaksie in dié
verband teen die polisie oorweeg nie. -Met
erkenning aan die Vhembe Herald 22 January 2006 12:11:53 PM |