boekwinkel 

chronologie

 menings

 opstelle

 poësie

 satire

mediaverklarings

 aksies

 skrywers

 abba

 skakels

 briewe

 uit-BEELD

 uit-RAPPORT

 out-STAR

KRYT

 tuis

 

 

 

Pretoria-naamstryd duur voort

Die burgemeester van Pretoria, Vader Smangaliso Mkhatshwa is steeds vasbeslote om met die naamsverandering van dié stad voort te gaan. Tydens die maandelikse raadsvergadering het hy verklaar dat die ANC "erns het met die demokrasie" en dat "al Tshwane se inwoners inspraak sal hê in die besluit."

Dit sou betekend dat nie net inwoners van Pretoria nie, maar ook die uitgebreide plakkergebiede tot 80 kilometer weg van Pretoria, en wat by die huidige metropolitaanse raad ingelyf is vanuit 'n heel ander provinsie, Noord-Wes, gebruik sou word om 'n meerderheid teen Pretorianers te verkry.

Nie net PRAAG nie, maar ook mnr. Cassie Aucamp van die Nasionale Aksie, het hom uitgespreek teen die "vroom praatjies" van burgemeester Mkhatshwa. Volgens Aucamp sal "sy voorgestelde demokratiese proses nie geldig wees nie en nie die toets van 'vry en regverdig' kan deurstaan nie."

Die leier van die Nasionale Aksie het uitgebrei deur te sê, "slegs Pretorianers mag oor die naam van Pretoria besluit."

Dr. Dan Roodt van PRAAG was in sy noppies met die reaksie tot dusver op die elektroniese petisie wat Woensdagaand 27 Augustus op www.praag.org geloods is teen die voorgestelde naamsverandering. Tot dusver is 420 petisies via die internet en selfone ontvang met ongeveer 500 name van beswaarmakers.

Die leier van PRAAG het Mkhatshwa se jongste verbintenis tot demokrasie afgemaak as 'n "gekonkel" en 'n verklaring uitgereik waarin o.a. die volgende gesê word:

"PRAAG verwerp hierdie gedagte, aangesien die huidige Tshwane-gebied vyf gebiede uit die Noordwesprovinsie insluit wat nog nooit enigiets met Pretoria te make gehad het nie. Dit is ook nie regverdig dat Centurion, Akasia en ander gebiede wat nie onder Pretoria val nie, daarby betrek moet word nie. Dit sou ewe absurd wees om die inwoners van Soweto of Durban te vra om hulle oor Pretoria se naam uit te spreek.
 
Die enigste billike en demokratiese beginsel wat behoort te geld, is dat die inwoners van die historiese Pretoriagebied hulle moet uitspreek oor die naam van hul stad."

Teenkanting teen die naamsverandering is ook voorheen deur die opposisiepartye in Pretoria uitgespreek, en uit sakegeledere waar daar veral kommer heers oor die kosteimplikasies van 'n naamsverandering. 29/09/05 03:09