boekwinkel 

chronologie

 menings

 opstelle

 poësie

 satire

mediaverklarings

 aksies

 skrywers

 abba

 skakels

 briewe

 uit-BEELD

 uit-RAPPORT

 out-STAR

KRYT

 tuis

 

 

 

Redakteur vra om verskoning

Die redakteur van Rapport, mnr. Tim du Plessis, het vandag verskoning gevra oor 'n onderhoud met die groep Fokofpolisiekar wat verlede Sondag in dié koerant gepubliseer is.

In 'n brief wat op die internetjoernaal LitNet gepubliseer is, teken Du Plessis apologie aan vir dié onderhoud waarin die rock-groep se nihilistiese sentimente in gekruide taal uitgedruk word. Volgens Du Plessis, moes "die artikel... nooit in daardie vorm in “Tydskrif” verskyn het nie. Die was ’n fout van Rapport en het vir ons ’n yslike verleentheid veroorsaak. 

Ek bied graag ’n opregte apologie aan aan me Van Niekerk asook aan ander lesers wat aanstoot geneem het. 

Rapport het regstellende stappe gedoen om te keer dat so iets weer gebeur. "

Rapport se redakteur het op 'n lesersbrief van me. Yvette van Niekerk gereageer waarin sy haar skok oor die onderhoud in Rapport-tydskrif  uitgespreek het:

Volgens haar was die onderhoud "uiters onsmaaklik en is nie duidelik wat se boodskap hierdie artikel wil deurgee nie. Wat werklik ’n irritasie en skokkend is die vraag aan die Francois van Coke:
'Hoe reageer jy as ’n vroulike bewonderaar by jou aanlê?'
'Ek moer haar op die doos.' 
'En ’n manlike bewonderaar?'
'Ek moer hom op die doos.'

Praag het intussen kommentaar van mnr. Du Plessis oor die kwessie gevra en sodra dit ontvang word, sal dit hier geplaas word.

18 November 2005 01:15:01 PM