| boekwinkel |
|
|
|
Sjinese Intellektuele bekommerd oor globalisering Op die oog af lyk die ekonomiese vooruitsigte vir Sjina rooskleurig met 8% groei en buitelandse beleggings wat instroom. Maar Sjinese intellektuele is nietemin bekommerd oor die gevare wat globalisering vir Sjina inhou. Ná die fiasko van Tiananmenplein in 1989 wat die demokratiese beweging in Sjina gestuit het en die ekonomiese sukses wat veral die suide van Sjina intussen behaal het, het die "Nuwe Linkse" beweging onder intellektuele in Sjina moeite om hul regering van die noodsaak van sosiale beskerming te oortuig. Wang Hui, redakteur van die mees gesiene intellektuele tydskrif in Sjina, die Du Shu, meen intellektuele het nie dadelik die gevare van 'n liberale ekonomie ingesien het nie. "Dit was eers na 1997 met die krisis in Asië dat ons begin wakkerskrik het" het hy gesê. En dan was daar nog Kosowo, Afghanistan en Irak wat die "Amerikaanse hegemonie" na vore gebring het. "Die media in Sjina is 100% agter globalisering maar omdat twee derdes van die bevolking boere is en weens Sjina se enorme toegewings ten opsigte van boerdery, is dit vandag die boere wat die swaarste kry." Wang Hui het ook voorspel dat hewige "sosiale druk" om daardie rede gaan opbou. 08/09/2003 15:30
|