| boekwinkel |
|
|
|
"Treine was laat"
Malcolm Midgley, die woordvoerder van nooddienste, het gesê dat twee treine op die grens van die Lenasia en Soweto-lyn aan die brand gesteek is. By Nancefieldstasie in Soweto het passasiers verskeie waens van die trein laat ontvlam omdat die trein na Vereeniging vertraag is. Gister het pendelaars in Vereeniging vier waens by Residentiastasie aan die brand gesteek ná kabeldiefstal 'n vertraging in Metrorail se dienste veroorsaak het. Bron: SAUK-nuus. 10 November 2005 09:04:02 AM |