| boekwinkel |
|
|
|
28 waens aan die brand gesteek
Metro-passasiers het 16 waens in ligte laaie gelaat by die Midway-stasie aan die Lenasia-Soweto grens. By Nancefield-stasie is 8 waens van 'n 15-watrein na Vereeniging deur brandstigting vernietig en 3 van 12 waens van die Kliptown-trein. Dié insidente volg nadat vier waens Dinsdag by die Residentia-stasie in Vereeniging aan die brand gesteek is. Passasiers het begin ongeduldig raak omdat dienste wat Vereeniging, Stratford, Residentia en Lenasia bedien, ontwrig is deur kabeldiefstal by Viljoensdrif. Metrorail het alle vervoerdienste in die gebied tot verdere kennisgewing opgeskort en passasiers wat oor inligting van die brandstigtingstonele beskik gevra om met die polisie te skakel. Bron: SAUK-nuus. 10 November 2005 09:46:46 AM |