boekwinkel 

chronologie

 menings

 opstelle

 poësie

 satire

mediaverklarings

 aksies

 skrywers

 abba

 skakels

 briewe

 uit-BEELD

 uit-RAPPORT

 out-STAR

KRYT

 tuis

 

 

 

Springbokspan ontken rassisme

Ná 'n week van intense publisiteit en oor en weer beskuldigings oor rassisme in die Springbokrugbyspan, het die hele span gister voor die media verskyn en ontken dat daar enige rassisme in hul geledere bestaan.

Die span het hul ook gedistansieer van mnr. Marc Keohane wat die oorspronklike berig oor Geo Cronjé en Quinton Davids aan die media "gelek" het. Volgens die kaptein Corné Krige, is Keohane "geen engeltjie nie".

Daar is gepraat daarvan dat hulle nou op rugby moet fokus en dat die span "verenig" is voor die Wêreldbekerkompetisie wat aanstaande maand in Australië plaasvind.

Tot gister het van die Engelstalige koerante soos die Cape Argus wat deurentyd vir Cronjé sterk aangeval het, ook op grond van sy Afrikanerskap, nog volgehou dat daar wel rassistiese dade deur die Springbokke en veral Cronjé gepleeg is. Die waarheid sou uitkom tydens die ondersoek deur oud-regter Edwin King.

Hierdie ondersoek gaan nog steeds voort alhoewel dit onduidelik is wat King nou moet bewys, aangesien daar geen klagtes van rassisme meer bestaan nie.

Mnr. Rudolf Straeuli het bevestig dat hy aanbly as afrigter en geen voorneme om te bedank, koester nie.

Die gebeure rondom Geo Cronjé het die land gepolariseer rondom ras en taal, want nie net het swart joernaliste en koerantredakteurs blanke Suid-Afrikaners van rassisme, selfs "subliminale rassisme" beskuldig nie, maar die Engelstalige media in Suid-Afrika en in Engeland het heftig te velde getrek teen Afrikaners en Boere.

In watter mate die Cronjé-Davids-insident die Springbokke se vertoning in Australië gaan beïnvloed, is tans 'n ope vraag. 05/09/2003 03:35