boekwinkel 

chronologie

 menings

 opstelle

 poësie

 satire

mediaverklarings

 aksies

 skrywers

 abba

 skakels

 briewe

 uit-BEELD

 uit-RAPPORT

 out-STAR

KRYT

 tuis

 

 

 

Esterhuyse skrik vir Boerehaat

Prof. Willie Esterhuyse van Stellenbosch, wat gewoonlik 'n apologeet van die ANC en sy rassepolitiek is, het geskrik vir die behandeling van Geo Cronjé deur die media, veral die Britse pers.

"Dit is walglik," het Esterhuyse laat weet. Hy het veral verwys na die Londense Guardian, 'n koerant wat nog altyd voor in die koor was by die verspreiding van stereotipes oor Suid-Afrika en Afrikaners.

The Guardian het die volgende oor die Springbokslot te sê gehad: Geo Cronjé het gelyk asof hy uit die bloedige blaaie van Suid-Afrika se pioniersgeskiedenis geloop het toe dié seisoen hy na voorskyn getree het as 'n Springbokaanspraakmaker. Maar vir die oomblik lyk dit asof hy terug in die geskiedenis verdwyn het.

Die lummel van 'n Cronjé se onapologetiese boskasie van gesigshare het vir wit rugbygeesdriftiges 'n nostalgiese snaar geroer. Gee hom 'n breërandhoed, 'n geweer en 'n paar bandoliere en hy sou kon deurgaan as lid van 'n Boerekommando."

In 'n ander berig is Cronjé deur The Guardian beskryf as "die bebaarde slot, 'n kultusheld onder Afrikanerondersteuners."

Hierop het prof. Esterhuyse, sonder om The Guardian op die naam te noem, eufemisties verwys deur te sê, "die media was oorhaastig om na aanleiding van Cronjé se voorkoms afleidings oor sy skuld te maak. Die etiek van dié joernaliste moet beslis bevraagteken word. Ek het selfs uit Engeland oproepe van Engelse vriende gehad wat hul skok oor die berigte uitgespreek het. Dit is onregverdige stereotipering."

Volgens Esterhuyse stem Cronjé se voorkoms in elk geval nie ooreen met die beeld wat die meeste Engelssprekendes van Afrikaners in hul kop ronddra nie.

"Hy het in elk geval die vrye reg om te lyk soos hy wil. Die man moet op sy gedrag getakseer word en nie op sy voorkoms nie." 

Aan die ander kant was Esterhuyse vol lof vir die feit dat Cronjé geswyg het terwyl die storm rondom hom gewoed het, eerder as om terug te kap.

"Baie wilde aantygings is heen en weer geslinger, maar hy het nie enige onbesonne stellings gemaak of verklarings uitgereik nie. Dikwels word die Afrikaner-stereotipes juis deur sulke stellings versterk. 

"Selfs in die kritiese debat tussen die Afrikaner en die nuwe elite word daar soms vanuit Afrikaner-geledere argumente aangevoer wat eerder wanpersepsies van Afrikaners versterk as om dit af te breek."

Tydens die sogenaamde apartheidsjare het koerante soos The Guardian gewoonlik vir Suid-Afrika voorgestel as 'n nazistiese diktatuur. 'n Ander Europese koerant, Le Monde, wat dieselfde rol in Frankryk vervul het, het insgelyks verlede week teen Cronjé en Afrikaners in die algemeen losgetrek. 2/9/2003 06:12