boekwinkel 

chronologie

 menings

 opstelle

 poësie

 satire

mediaverklarings

 aksies

 skrywers

 abba

 skakels

 briewe

 uit-BEELD

 uit-RAPPORT

 out-STAR

KRYT

 tuis

 

 

 

Zimbabwe se martelkampe

Volgens 'n BBC-dokumentêre program het president Mugabe van Zimbabwe 'n uitgebreide program ingestel om jong ZANU-PF-aktiviste op te lei in geweld en die tegniek van foltering. Hierdie jong milisielede word reeds ontplooi om die opposisie te intimideer en kostoue te polisieer waar hulle sorg dat slegs regeringsondersteuners toegang tot voedsel verkry.

DebbieVerkragting en seksuele geweld vorm deel van die opleiding. Een jong vrou, Debbie, het die stilte hieroor verbreek deur van haar haglike ervaringe te vertel. Sy is uit haar huis ontvoer en weggeneem na een van die kampe waar sy op die eerste nag drie keer verkrag is. Hierna het dit nie opgehou nie. Saam met haar was 'n elfjarige meisie wat elke nag gillend verkrag is.

Die stelselmatige verkragtings is veronderstel om die rekrute gehoorsaamheid te leer. Daar word ook soms van hulle verwag om hul eie familielede wat van ondersteuning vir die MDC-opposisie verdink word, aan te rand en selfs dood te maak.

Toe sy probeer ontsnap, is Debbie sadisties gestraf deur haar in die grond te begrawe dat net haar kop uitsteek; ook is sy gedwing om in ontlasting rond te rol.

Mugabe is vasbeslote om al die jeug van Zimbabwe deur hierdie opleidingskampe te stuur, ten einde die volgende verkiesing in 2005 in te kan wen. Na raming is reeds 50 000 opgelei om te martel, te verkrag en dood te maak, maar die diktator verlang nog baie meer.

Die belowendste rekrute word opgelei in foltertegnieke, hoe om mense te pynig om inligting uit hulle te kry, maar ook om "voorbeelde" van hulle te maak sodat die bevolking  vrees en ontsag vir ZANU-PF kan hê.

Daar is ten minste ses sulke kampe in Zimbabwe. Amptelik word hulle aangebied as "sentra vir opleiding en werkskepping". Sommige jongmense word deur dié propaganda om die bos gelei en bied hulself as vrywilligers aan.

Volgens een so 'n jeugdige, Daniel, het sy kampopsigters hom aangemoedig tot verkragting deur middel van alkolhol en dwelms. Omtrent vyftig persent van alle vroue in die kamp is gereeld verkrag.

Daniel"Dit was lekker," sê Daniel, want "ek het net die mooi meisies uitgekies." Hy het ook gehou van die marteling met elektriese toestelle. "Dit maak 'n geluid, krr, krr, en dan sê jy net, 'gee vir ons inligting'."

Gevra of dit toelaatbaar is om mense te martel, het hy geantwoord dat dit "lekker is, want jou verstand word versteur."

Van die jeugdiges is reeds aangesê om teenstanders van Mugabe te gaan doodmaak. 'n Kampopsigter wat bereid was om met die BBC te praat, het erken dat "hierdie ouens gebruik gaan word om die regerende party te help. Ons hoofdoel is om die opposisie uit die mag te hou."

Indien dit van Mugabe afhang, sal 'n hele geslag jong Zimbabwiërs deur die kampe gesit word om 'n brutale en blinde lojaliteit teenoor hom en sy party aan te leer.

Debbie is reeds MIV-positief as gevolg van haar kampervaring. Sy beskik oor 'n eenjarige dogtertjie, Nunus. Sy weet dat sy reeds dood gaan wees teen die tyd dat haar kind groot is, en het reeds een keer probeer selfmoord pleeg.

7/3/2004 10:04

boontoe