boekwinkel 

chronologie

 menings

 opstelle

 poësie

 satire

mediaverklarings

 aksies

 skrywers

 abba

 skakels

 briewe

 uit-BEELD

 uit-RAPPORT

 out-STAR

KRYT

 tuis

 

 

 

ANC help Mugabe met voedsel

Die ANC-regering het oor die naweek Suid-Afrikaanse regeringsfondse aangewend om die Mugabe-bewind van voedsel te voorsien. 'n Onbekende tonnemaat mielies is in Zambië deur Suid-Afrika aangekoop en aan Zimbabwe "geskenk".

In 'n poging om die transaksie afstandelik te laat plaasvind, is die Wêreldvoedselprogram se naam gebruik, maar daar is geen twyfel dat die mielies met Suid-Afrikaanse belastingbetalersgeld aangekoop is vir lewering aan Zimbabwe nie.

In Suid-Afrikaanse landboukringe heers daar groot ontsteltenis oor die transaksie. Nie net kom dit op die hakke van die pas aangekondigde grondhervormingsprogram wat 50% van alle landbougrond binne 10 jaar in swart hande wil plaas binne tien jaar nie, maar plaaslike boere is selfs nie die kans gegun om te tender vir die uitvoertransaksie nie.

Boere wat grond verloor het in die Zimbabwiese grondroofprogram was ook bitter oor die transaksie met Zambië. "Eers doen die regering niks om Suid-Afrikaanse burgers se bates in Zimbabwe te beskerm nie, en nou word ons belastinggeld gebruik om die Zimbabwiese diktator te help," was een boer se kommentaar.

Landbougeledere was in rep en roer hieroor. Mnr. Bully Botma, voorsitter van Graan SA het gevoel dat daar min vertroue meer oor is tussen boere en die ANC-regering. Eers is die boere nie geken in die grondhervormingsplan nie en nou ook nie in die graantransaksie met Zambië nie. Sy gevoel is dat die ANC hul eie agenda het en dit nie meer aan die bedryf kommunikeer nie.

Mnr. Botma is ook besig om 'n brief aan President Thabo Mbeki te skryf oor die grondhervormingsbeleid van Minister Thoko Didiza wat volgens hom baie negatief vir die landbou kan wees.

Dit wil voorkom asof die ANC-regering nou vierkant agter Mugabe is. Enkele weke gelede is daar berig dat die ANC vir ZANU-PF gaan help met 'n verkiesingstrategie om aanstaande jaar aan bewind te bly. Duidelik vorm die voedselskenking deel van dié plan om sy "susterparty" soos daar in ANC-kringe na ZANU-PF verwys word ten alle koste aan die mag te hou.

03/08/2004 4:21