Van
knegskap tot uitwissing: Staan op in verset!
deur S.H. Gregan
Te midde van elke
denkbare poging wat deur die vyand aangewend word om die Afrikanervolk se
aandag af te lei van die realiteite in hierdie land, waaronder die hou van die
een sportbyeenkoms na die ander, is die skrif aan die muur: Die situasie in
Suid-Afrika het drasties versleg en daar is geen kans dat dit onder die
onbevoegde Swart regime kan verbeter nie. Die kwynende geldeenheid en die
steeds groeiende misdaad verklap die feit dat hierdie land, tensy drastiese
optrede dit verhoed, die paadjie sal loop wat elke Afrikaland voor hom geloop
het. Was dit nie Huisgenoot met sy meer as ‘n miljoen Afrikaanse
lesers wat enkele jae gelede nog vertel het hoe voor die wind dit gaan in
Zimbabwe nie? Nou swyg dieselfde skinderblad in al elf amptelike tale daaroor.
En terwyl die
bewyse daar is dat die beleid van apartheid Swartes bevoordeel het en Swartes
vandag openlik erken dat hulle lewenstandaarde beter was en wet en orde
gehandhaaf was in hierdie land tydens apartheid, kon die buitewêreld nie gou
genoeg sanksies teen Suid-Afrika instel nie. Terwyl honderdduisende Zimbawieërs
krepeer en in vrees leef, na Suid-Afrika vlug en ‘n toestand van anargie in
Zimbabwe heers, huiwer die buitewêreld om sanksies teen Zimbabwe in te stel.
Dit moet vir een en elk duidelik wees dat die komende verkiesing daar ‘n
klug gaan wees, tog sal ons in alle waarskynlikheid hoor dat die verkiesing
“free and fair” was.
In The Citizen
van 15 Desember 2001 word berig dat 2,58 miljoen misdrywe in ‘n twaalf
maande tydperk aangeteken is deur die SA Polisie, sowat 7 068 per dag. Daarvan
het slegs 610 000 in die hof beland en was daar net meer as 210 000
skuldigbevindings. Owergesetsynde beteken dit dat 2,3 miljoen gerapporteerde
misdrywe na bewering gepleeg is terwyl die daders steeds op vrye voet is!
Wanneer gesê word dat misdaad hoogty vier in hierdie land, is dit nie
propaganda nie, maar ‘n onderbeklemtoning van die werklikheid. Dit is nie
‘n bangmaakstorie dat Zimbabwe se toestande van vandag Suid-Afrika s’n van
more kan wees nie.
In ‘n boek wat
onlangs verskyn het van Robert D. Kaplan The Coming Anarchy maak die
skrywer melding van die absolute chaos wat in feitlik elke Afrikaland heers.
Volgens hom het feitlik elke persoon in Wes-Afrika die een of ander vorm van
malaria. In die Ivoorkus ontlas kinders in riviere wat verstop is met afval en
varke en die land dreig om weens misdaad inmekaar te stort. Nigerië staan
volgens hom op die rand van anargie weens oorbevolking en etniese geweld. In
Guinieë word ‘n hoofstad aangetref met winkels wat bestaan uit geroeste
skeepshouers, skrootmotors en stukke draad. Die strate is “one long puddle
of floating garbage” en die strande lê bestrooi met dooie rotte en wrakke
van motors.
Al wat vir mense
oorbly in Afrika volgens Kaplan is geweld. Wanneer grond beset (gesteel) is,
winkels geplunder en alles verwoes is, bly daar niks meer oor om te doen nie.
Dan wend die Swartes van Afrika hulle tot geweld. In Zimbabwe sien ‘n mens
dieselfde patroon. In Liberië het die guerillaleier Prince Johnson die
president Samuel Doe se ore afgesny en ‘n video daarvan gemaak en Doe dood
gemartel. In Sierra Leone is die samesweerders van ‘n mislukte staatsgreep
se ore eweneens afgekap voordat hulle vermoor is. In sulke state is daar nie
meer onderskeid te tref tussen oorlog en misdaad nie. Daarbenewens is
sekuriteitsmaatskappye baie meer doeltreffend as die polisie.
In Soedan het
verkiesings gelei tot die brutaalste tirannie in die land se geskiedenis met
teregstellings, verkoop van kinders as slawe, en hongersnood. In Rwanda is
verkiesings in 1992 gehou en ‘n veelpartysisteem op die been gebring. Dit
was die direkte oorsaak vir die daaropvolgende konflik en volksmoord van
honderdduisende Tutsi’s. Volgens Kaplan is Suid-Afrika een van die
gewelddadigste plekke in die wêreld wat (nog) nie in ’n staat van oorlog is
nie met ‘n moordsyfer wat ses keer hoër is as die VSA s’n en waar daar
tien sekuriteitswagte is vir elke polisieman.
In die
Demokratiese (!) Republiek van die Kongo woed ‘n oorlog, wat Rapport
van 20 Januarie 2002 as ‘n streekoorlog bestempel. Angola is verwoes deur
‘n burgeroorlog wat sedert 1975 duur en reeds 500 000 mense se lewens gekos
en vier miljoen dakloos gelaat het. Dit is Arnold Toynbee wat reeds jare
gelede opgemerk het: “The black race ... have not contributed positively to
any civilization yet”. In 1961 het die British Association for the
Advancement of Science gestel: “No contribution to the arts of
civilization has come from Africa, which has produced nothing but destruction
and ruthless exploitatation of natural resources”.
Die enigste
afleiding wat mens kan maak, is dat die huidige bestel met geweld in duie sal
stort. Die basis vir so ‘n afleiding is die aanskouingsles van Afrika. En om
mense telkens te herinner hoe Swartes hierdie land verwoes, het niks met
“rassisme” te doen nie, maar met die realiteite van Afrika. Nie hervorming
nie maar vervorming, nie ‘n herlewing nie maar ontlewing - dit is wat
plaasvind. As Blankes met ‘n sin vir vooruitgang en waardes behoort hierdie
toestand ‘n mens teen die bors te stuit. Maar daar word vir ons gepredik om
vrede te maak met ons situasie. En hierdie “vredesduiwe” het ons nou in
die posisie van die spreekwoordelike padda in die beker verhittende water
sodat ons later (dalk reeds!) te lam (magteloos) is om iets aan ons
verslegtende situasie te doen. Daar is geen vrede in hierdie land nie, maar
‘n toestand van oorlog! En hierdie sogenaamde demokrasie het die mees
geesteslose bestaan in die geskiedenis van die Afrikaner meegebring; een van
uitsiglose burgerskap en snelle agteruitgang!
Die Afrikaner is
deur die verraad van die NP/NG-Kerk/Broederbond-alliansie in knegskap
gedompel. Maar knegskap is vir die vyand nie genoeg nie. Hulle wil die
Afrikaner uitwis in Afrika, “forever and ever and ever” soos Milner
voorspel het.
Wat staan ons te
doen in hierdie krisistyd? Die eerste is om te besef dat ons in ‘n krisis
verkeer. Talle nasionaalgesinde Afrikaners besef dit nog nie, om nie te praat van die
res nie! Die tweede is om te
besef dat ons ons vryheid moet terugkry. Maar hoe? vra u dalk. Laasgemelde
vraag kan beantwoord word deur bloot terug te vra “Sien u kans vir ‘n
Zimbabwe-situasie?” As die antwoord nee is bly een van twee opsies oor:
Emigreer of veg terug vir u vryheid!
Vir die wat trek
het die Afrikaner se roeping in hierdie land ‘n veraf stem geword. Laat ons
van hulle vergeet. Daar is diegene wat beweer dat sommige blankes hoop die
stelsel stort in duie omdat dit hul posisie sou regverdig. Die meerderheid Blankes hoop nie die bestel gaan in duie
stort nie; hulle weet dit. Hulle neem kennis van die realiteite van Afrika.
Generaal Ben
Viljoen het tydens die Engelse Oorlog na die joiners verwys as die “afval
van die mensdom”. Generaal De Wet het hulle “lae uitvaagsels” genoem. En
president MT Steyn het gesê dat geen eerlike man sy hand na ‘n National
Scout moet uitsteek nie en bygevoeg: “May they be damned to the deepest
hell”. Daar bestaan hedendaagse joiners, hensoppers en verraaiers wat steeds
meewerk om die Afrikaner oor die afgrond te trek. Verdien hulle ‘n beter
benaming? Kan enigiemand verkwalik word wat na die hedendaagse hensoppers,
joiners, soustreinryers en opportuniste in dieselfde terme verwys? Hierdie
bestel is in alle opsigte verwerplik, dog almal moet nou meewerk om dit ‘n
sukses te maak!
Die tyd vir sagte praatjies en eenheidspraatjies is verby. Zimbabwe
is ons voorland as ons nie drasties besin oor, en pro-aktief optree in ons
situasie nie. Die Afrikaner sal nie weer die mag binne die grense van die
Republiek van Suid-Afrika soos ons hom geken het, op die gewone, dit wil sê
die demokratiese wyse, terugkry nie. Die opsie om deur middel van die stembus
die politieke mag te verkry, is gevolglik nie meer daar nie. En al werk VIGS
ook hoe vernietigend onder Swartes se getalle, sal die nimmereindigende
invloei van vreemdes (ook vreemde Blankes!) oor ons landsgrense, en die
vervreemding van sekere Blankes van die basis van Afrikanernasionalisme binne
ons grense, die demokratiese opsie vir goed uitsluit.
Wat bly dan oor?
Die ondemokratiese uitweg; die rewolusionêre pad. Die mag sal derhalwe op
‘n radikale wyse bekom moet word. Dit is groot woorde maar die woord
rewolusie moet mense nie afskrik nie. Ons land is immers sedert 2 Februarie
1990 in ‘n voortgaande rewolusie gedompel. Die samelewingsorde is radikaal
verander sedert 1990 en veral sedert 1994. Die ANC se slagspreuk, te midde van
die rewolusie wat heers is, “Speed up Change” In ‘n rewolusie vind
drastiese, dit wil sê radikale verandering van die samelewingsorde plaas. In
‘n kwessie van enkele jare lyk ons land drasties anders, dog sê die ANC
steeds “Speed up Change”. Die land moet derhalwe verder verander en
vinniger verander! Dit is rewolusie! En om te dink jy kan ‘n toeskouer van
‘n rewolusie wees is om aandadig aan jou eie dood te wees. Dit is selfmoord.
Daarom moet die rewolusie met ‘n teenrewolusie beantwoord word.
Daar is verskeie
moontlikhede. Die eerste is om ‘n staatsgreep uit te voer. Dit is egter
vreemd aan die aard van die Afrikaner en sal waarskynlik beswaarlik oorweging
geniet. Daarbenewens sal die buiteland en veral die VSA waarskynlik ingryp om
die staatsgreep teen te werk en hulle pionne aan bewind te hou ten einde na
hulle belange om te sien; iets waartoe ‘n Afrikaner-regering nie bereid sal
wees nie. Dit is egter nie so vergesog as wat mense dink nie, maar sal
alleenlik gedoen kan word indien die situasie absoluut onhoudbaar is, soos
wanneer totale anargie heers.
Die tweede
moontlikheid is om deur ‘n daad van sesessie in ‘n bepaalde gebied af te
skei van die res van Suid-Afrika. Dit kan vreedsaam geskied, maar sal gegewe
die realiteite van Afrika, en veral die ontkenning daarvan dat die Afrikaner
’n reg op ‘n eie gebied het, waarskynlik met geweld gepaard moet gaan.
Soos reeds in ‘n vroeëre artikel van my aangedui, sal die Afrikaner
waarskynlik nie bereid wees om homself in stryd op te offer vir ‘n gebied
waaraan hy geen historiese verknogtheid het nie.
Wat oorbly is
‘n burgeroorlog. In ‘n land waar Swartes Blankes beroof en vermoor vir
politieke redes (en sonder rede!) is ‘n burgeroorlog reeds werklikheid. In
die Mail & Guardian van 1 Februarie 2002 onder die opskrif “Civil
resistance is building again in South Africa” word beskryf hoe daar ‘n
algemene gevoel van ontevredenheid bestaan en groei onder alle Suid-Afrikaanse
burgers oor die verslegtende misdaadsituasie, werkloosheid, stygende pryse,
ANC-beloftes wat nie nagekom word nie, ensovoorts. Daar is geen kans dat die
toestand sal verbeter nie. Blankes sal toenemend geteiken word deur die
“have nots” as die sondebokke, met gepaardgaande groeiende ongeduld onder
Swartes. Dit sal oorspoel in geweld. Daarom: Ek bepleit nie ‘n burgeroorlog
nie maar gee waarskynlik ‘n raak beskrywing vir wat ons in die oë staar.
‘n Burgeroorlog word gedefinieer as gewapende konflik en vyandelikheid
tussen twee of meer groepe in ‘n staat. Wanneer gewapende Swartes Blankes
vermoor en Blankes kyk toe sonder om te reageer vind ‘n volksmoord plaas. As
dit met teenoptrede begroet word is ‘n burgeroorlog werklikheid. Daarom moet
mense nie bevange word as hulle die woorde rewolusie en burgeroorlog hoor nie.
En waar rewolusie heers soos in Suid-Afrika en met die misdaadsituasie wat
kennelik nie deur die regering in bedwang gehou kan (of wil) word nie, is die
resep vir chaos op die tafel. As Blankes dan hulpeloos toekyk hoe hulleself
uitgemoor word, het hulle hulle roeping in hierdie land versaak. Om telkens
slagoffer te wees, sal benewens ‘n “siestog!” niks vir die Afrikaner se
heil beteken nie.
Die Afrikaner het
gevolglik ‘n keuse. Hy kan die volksmoord laat voortwoed teen hom deur niks
te doen nie of hy kan opstaan daarteen deur in verset te kom. En dit sal ‘n
verset moet wees wat deeglike beplanning vereis en tot uitvoering gebring moet
word. Dit sal groeiende verset moet wees. Want dade van verset het ‘n manier
om sy eie voortgang te bewerkstellig. Daar kan eenvoudig nie vrede gemaak word
met hierdie bose bestel nie.
En laat ons
besef: Dit is ydel om te dink en te hoop dat die Here ons gaan gaan help as
ons nie self in ‘n gees van verset gereedmaak vir die stryd wat voorlê nie.
Het Andries Pretorius dan nie tot in die fynste besonderhede gereedgemaak vir
die stryd teen die Zoeloes voordat die Gelofte afgelê was nie? Die Afrikaner
sal hom kollektief tot God Drie-Enig kan aanroep slegs wanneer hy in die
fynste besonderhede menslik ook strydgereed is.
En vergeet van getalle en eenheid. Sal ons immers ooit genoeg wees en genoeg verenig wees om tot stryd oor
te gaan? Wie gaan besluit of ons genoeg is? Waaroor moet eenheid verkry word?
Die lyne is tog getrek. Laat die aan wie dit opgedra is om leiding te neem, dit
doen deur die stryd met erns aan te pak. Die res is die massamense wat soos ‘n
trop skape rondploeter, die “micelike conformists”, die speelbal van
gevoelens en emosies, die voorwerp van suggestie en regeringspropaganda. Daar
kan tog nie verwag word dat die geestelike barbare van vandag die leiding moet
neem nie! Organiseer u strydraad! Neem die leiding in u gemeenskap! Steeds
groeiende verset sal eenheid van wil en handel bewerkstellig; iets wat baie meer
beteken as die kunsmatige pogings wat deurentyd aangewend word en op niks
uitloop behalwe opbouende frustrasie nie.
Dit is George
Orwell wat gesê het:
“Who controls the
present, controls the past, and who controls the past controls the
future”.
As ons nie verstaan
wat tans gebeur nie, is daar nie enige hoop dat ons die toekoms sal verstaan
nie, laat staan nog die verlede. Die blitsverkoperboekie Who moved my cheese
wil dit inprent by mense om aanpasbaar te wees in veranderde situasies; in hulle
werk en wandel.Toegepas op die politieke situasie van vandag beteken dit dat die
Afrikaner ‘n geestelike trek uit sy huidige gemaksituasie moet maak en beheer
moet neem van sy eie toekoms. Indien toegelaat word dat ander die Afrikaner se
toekoms bepaal sal dit (op die beste) ‘n toekoms buite die grense van hierdie
land wees! Die reg op selfbeskikking kom daardie volke toe wat self beskik oor
hulle politieke toekoms.
Ons is tans dalk in
‘n minderheid. Maar in 1902 het die minderheid namens die ganse Afrikanerdom
gesê “Gewond maar onoorwonne”. Ons krag is gesetel in moed en geloof van
hulle wat in 1902 die Afrikaner se heldedom verseker het deur tot die bitter
einde te veg. Daar is ‘n plus en surplus in hierdie volk wat die bewegingsmag
moet word vir die oplewing van Afrikaner-nasionalisme.
Ons leuse moet
wees: Eenheid in verset. Vryheid deur verset!