Die
waarheid oor “rassisme”
Sydney Gregan
Daar word vandag ’n groot gewag gemaak van
die begrip ”rassisme”. Die Nasionale Konferensie oor “rassisme” (NKR)
is vanaf 30 Augustus tot 2 September 2000 te Johannesburg gehou. Thabo Mbeki
het in Februarie 2000 gesę dat “racism will continue to exist in our
society unless all of us engage this monster consciously and
systematically”. Die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (MRK) was hierdeur
“geďnspireer” om die “nasie” oor “rassisme” te laat praat. Dit
het die NKR tot gevolg wat ten doel het “a
commitment to building a non-racial, united and reconciled society”. Die
uitgangspunt is duidelik: “rassisme” is ‘n feit; dit is ‘n monster en
moet uitgeroei word deur een en elk se samewerking. Die woord is gevolglik
reeds met soveel negatiewe emosie belaai, dat ‘n aanklag van “rassisme”,
’n aangeklaagde onmiddellik in ‘n negatiewe en verontregte posisie plaas.
Daarom die geskarrel van ‘n ieder en ‘n elk om tog net nie as “rassis”
uitgekryt te word nie.
Maar wat sit agter dit alles? Is dit waar? Is
“rassisme” werklik die monster in ons samelewing? Dit is dwingend
noodsaaklik dat Afrikaners hulle van die ware feite sal vergewis.
Wat
is “rassisme”?
Dit is interessant dat nňg die MRK, nňg die
verslag wat in opdrag van die MRK deur 'n sekere Claudia Braude opgestel is,
die moeite doen om die begrip ”rassisme” te definieer.
Dit terwyl die MRK gretig is om persone aan te kla van sogenaamde
“rassisme”.
Dit is insiggewend dat die 1963-uitgawe van
die Verklarende Afrikaanse Woordeboek
nie die woord “rassisme” enigsins vermeld nie. Die Handwoordeboek
van die Afrikaanse Taal (1985-uitgawe) omskryf “rassisme” as die veronderstelling
dat karakter en bekwaamheid bepaal word deur ras en gaan dan sommer ook verder
en stel dat “rassisme” ‘n denkrigting
is wat aanneem dat ‘n besondere ras meerderwaardig is en die reg het om
ander rasse te oorheers. Volgens die Concise
Oxford Dictionary word “rassisme” omskryf as die teorie dat menslike vermoëns bepaal word deur ras. Volgens die Concise
Oxford Dictionary beteken “racialism” dat ‘n persoon glo
dat sy ras meerderwaardig is.
Tereg wys die politieke redakteur van die Mail
& Guardian daarop dat daar ‘n verskil
is tussen “racialism” en “racism”. Volgens hom beteken
eersgenoemde dat geglo word dat daar verskille tussen rasse bestaan en
laasgenoemde dat, aangesien daar verskille bestaan, rasse verskillend hanteer
moet word. is. Hierdie definisie van “rassisme” verskil aansienlik van die
betekenis wat tans in Suid-Afrika aan die word ”rassisme” gegee wil word.
In Suid-Afrika word Blankes, en veral
Afrikaners uitgekryt as die “rassiste” in die samelewing, sonder enige
vrees vir teenspraak; of dan minstens dat Blankes die eintlike of grootste
“rassiste” is aangesien die Blankes klaarblyklik neersien op die Swartes.
Dit is verder insiggewend dat die kwessie van ”rassisme” die Swartes in
die besonder pla. ‘n Mens wil vra: Ly hulle dan aan ‘n
minderwaardigheidskompleks?
As “rassisme” beteken dat ‘n persoon die
verskille tussen rasse in ag neem en respekteer, dan is elke nasionalis ook
‘n “rassis”. Trouens, om te ontken dat daar verskille bestaan tussen
verskillende rasse, is ‘n ontkenning en maak ‘n bespotting, van die
werklikheid. Die “kenners”
oor ”rassisme” stel verder dat diskriminasie op grond van ras, ook
”rassisme” is. Nasionalisme is gebou, en erken die reg, op voorkeur vir
die eie, wat diskriminasie teen die vreemde, die onbekende, veronderstel.
Nasionalisme is waarderende diskriminasie van feitelikhede. Om derhalwe toe te
gee dat ”rassisme” ’n monster is en jouself van ”rassisme”, soos
verstaan deur die MRK, te distansieer, is om nasionalisme die rug te keer.
Gegewe die vele betekenisse wat aan die woord
”rassisme” gegee word, kan daar van niks anders as 'n ideologie van
“rassisme” gepraat word nie. 'n Ideologie word deur die Oxford Dictionary beskryf as "fancyful
speculation". Die hele
geskarrel rondom die begrip “rassisme” met verslae, uitsprake, artikels en
konferensies dui op die lawwe
verbeeldingsvlug waarop ‘n ieder en ‘n elk hul nou begewe. Niemand
weet klaarblyklik wat die begrip nou werklik moet beteken nie (“unproductive thought?”). Deur aan te voer dat daar nie onderskeid
gemaak mag word op grond van ras en kleur nie, is niks anders as
"fancyful speculation" nie. Soos alle ideologieë is die ideologie
van “rassisme” ‘n plan om 'n onwerklikheid
op te dwing aan die werklikheid. Daarom sal dit nie geweld beveg en
versoening bewerkstellig soos wat mense wysgemaak word nie, maar deur die
onwerklikheid en eensydigheid daarvan, geweld bevorder.
Ideologiese
aanvalswapen
Maar waar het “rassisme” sy oorsprong? En wat lę agter dit alles?
“Rassisme” is
‘n ideologiese aanvalswapen van die Komunisme en is afkomstig van die
Bolshevisme. In 1922 het die Bolshevik leier Selenkov
in Moskou dit soos volg gestel:
"We must create a climate of anti-nationalism and
anti-racialism amongst whites. We must reduce patriotism and pride of race to
meaningless obstructions and make racialism a dirty word".
Die gevolgtrekking is duidelik: Die ideologie van “rassisme” is bedink as 'n teenvoeter vir
nasionalisme en rassetrots. Want nasionalisme en rassetrots is die groot
teenvoeters en teenstanders van die Kommunisme en hulle liberalistiese
meelopers. Die ideologie van
“rassisme” rus op haat vir witmanskap, soos die Kommunisme dit verklaar
het. Dit verklaar waarom daar klaarblyklik net Blanke “rassiste” kan wees
maar nie ook Swart “rassiste” nie. Dit verklaar ook hoekom 'n "Black
Lawyers Association" nie “rassisties” is nie, maar indien enige
Blanke organisasie geskep word, dit as “rassisties” beskou word en boonop
deur die Handves van Menseregte verbied word.
Hier moet ook onthou word wat Beria, die Kommunis in 1953 gesę het:
"Degradation
and conquest are companions. To be conquered, a nation must be degraded
... degradation can be accomplished insidiously ... and effectively by
consistent and continual defamation
... continued and constant degradation of national leaders, national
institutions, national practices and national heroes must be systematically
carried out”.
So het eers apartheid en nou ”rassisme”
die skeldwoorde geword waarmee die Afrikaner
belaster is (en steeds word) totdat uit eie geledere die aanval voortgesit
en verhewig is en die verowering geskied het sonder dat ‘n skoot geskiet is.
So sę Beria sal ‘n
“general degraded feeling”
ontstaan, en sal die lojaliteite verander en besit geneem word van ‘n volk
se waardes. In hierdie proses, sal gevestigde instellings vernietig word wat
die nodige chaos sal voortbring om ‘n Kommunistiese staat te skep:
“[To] create the
necessary attitude of chaos, idleness and worthlessness [and] effectively kill
the national pride and patriotism of just one generation ... we will have won
that country ... therefore there must be continual propaganda ... to undermine
the loyalty of the citizens... By perverting the institutions of a nation and
bringing about a general degradation ...
a population can be brought psychologically to heel ..."
Onlangs het prof Jurie le Roux, ‘n
Ou-Testamentikus aan die Universiteit van Pretoria, geskryf hoe hierdie
aanslag ‘n toestand tot gevolg het waar die Afrikaner vandag “tot die dood
toe siek” is. Hy noem dit ‘n virus, die “anti-apartheidsteologie”,
wat mense se lewens verwoes en vernietigend onder die Afrikaner te werk gaan. Dit
het volgens hom die Afrikaner in so ‘n skuldgevoel gedompel dat dit die
Afrikaner passiveer; die Afrikaner is so gedemoniseer dat hy te bang is om vir
homself te veg. Hy praat van ‘n Afrikaner-volksmoord!
Maar terwyl dit ‘n toestand is wat onder
baie Afrikaners heers, sę prof Willem de Klerk op 21 Augustus by die RAU dat
predikante moet preek vir vergewing oor die sonde en die misdade van apartheid
sodat die Afrikaner tot insig kan kom oor dié politieke dwaling. Dit sal
volgens hom tot gevolg hę dat Afrikaners nie meer “hond hoef te voel” oor
apartheid nie. Beria, die
Kommunis, kon dit nie beter gestel het nie!
Ons land is die misdaadhoofstad
van die węreld. Mense word vermoor vir R20, ‘n selfoon of ‘n fiets, of
nog erger; sonder enige rede uit blote haat en wraaksug! Dit is die chaos
waarvan Beria praat. Dit is die Kommunistiese staat wat FW de Klerk, sy
broertjie en sy Broederbondbendetjiie op ons afgedwing het deur skaam te word
vir apartheid en weg te skram van die beskuldigings van ”rassisme” eerder
as om op te staan vir die Afrikanervolk en sy vaderland.
Tydens die Internasionale
Simposium oor die Kommunisme wat in 1966 in Pretoria gehou is het prof
Possony gestel dat die rassefaktor deur die Kommunisme gebruik sal word om
ander kwessies te vervang. Rassekonflik en volgehoue propaganda oor beweerde
“rassisme” tesame met stelselmatige karaktermoord van ‘n politieke
bestel sal vir die Kommunis die geleentheid skep om die Afrikaner in ‘n
lokval te lei om van sy reg om hierdie land te regeer, afstand te doen.
Volgens hom het die liberale magte wat die Kommunisme dien nooit ‘n
idealistiese of oortuigende doelwit van hulle eie nie, maar skep dit utopiese
skynbeelde. Dit benodig desperaat ‘n
voorwerp van haat en ”rassisme” het hierdie voorwerp van haat geword.
Die aanvalswapen van ”rassisme” kom uit
die Kommunistiese arsenaal. Wat prof HG van der Westhuizen oor die Kommunisme
sę kan nie genoeg herhaal word nie:
Kommunisme is ‘n veelkoppige monster met ‘n sataniese anti-Christelike
hart. Dit kom op die Afrikaner
aangespoel in vele gedaantes. “Rassisme” is een daarvan. Dit sal die
Afrikaner verslind as hy nie waaksaam is nie.
Rasverskille
‘n feit
Die bestaan van verskillende rasse en
verskille tussen rasse is ‘n feit soos ‘n koei. (So slag sommige koeie in
hulle agterplase en ander verkies die higiëne van ‘n slagpale). David Welsh ‘n politieke ontleder het in Die Burger van 15 Junie 1999, net na die Algemene Verkiesing van
1999 geskryf:
“Ras was die fundamentele faktor in die verkiesings van 1994 en
1999".
Die feit van ras en rasseverskille kan nie
wegredeneer word nie en daarom sal rassevoorkeur en rassevooroordeel altyd
bestaan. Nasionalisme erken hierdie feit en respekteer hierdie verskille. In
‘n veelrassige samelewing is die ontkenning daarvan ‘n resep vir
selfmoord. Welsh voeg betekenisvol by dat as een politieke party ‘n
ingeboude meerderheid het danksy ras of etnisiteit, het mens met ‘n “manke
demokrasie” te doen. Afrika word gekenmerk deur manke eenpartydemokrasieë.
Deur iemand die kleed van “rassis” om te
hang, is ‘n bedenklike metode om so ‘n persoon sy morele spreekreg te
ontneem. Dit het inderdaad, soos ‘n Vlaamse skrywer opmerk, ‘n metode
geword om iemand ”‘n
smerige etiketten op te kleven”. Die klaarblyklike oogmerk is om
“rassisme”’ te verhef tot ‘n skeldterm wat die opperste verwerplikheid
moet verteenwoordig. ‘n “Rassis”
word oor dieselfde kam geskeer as ‘n misdadiger.
Dit
is nie alleen intellektueel oneerlik nie, maar getuig ook van ‘n beangste
onverdraagsaamheid en asembenewende fundamentalisme.
Noem iemand net ‘n rassis en die argument is gewen. Elke ingeligte persoon
weet dat die woord ”rassisme” die woord is waarmee die Kommuniste hulle
nasionalistiese teenstanders aanval om sodoende die offensief teen Kommunisme
om te keer.
“Anti-rassisme” het die kodewoord geword
van sosialistiese transformasie. As jy die kommunistiese transformasie in
Suid-Afrika teenstaan of selfs net kritiek teen die nuwe bedeling uitspreek,
staan jy gevaar om as “rassis” gebrandmerk te word. Vryheid van spraak is
dan ook nie gewaarborg vir die teenstanders van die nuwe regime nie.
Aan die voorpunt van hierdie stryd, wat niks
anders as ‘n verbloemde aanval teen nasionalisme is nie, is die
liberalistiese meelopers van die Kommuniste. Maar soos James
Burnham in Suicide of the West
gesę het die liberalisme is besmet met die Kommunisme en deel die meeste
beginsels van die Kommunisme. Die liberaliste het sodoende gehelp dat die
fiksie van rasloosheid tot ideologie uitgebou en ”rassisme” tot skeldterm
verhef is.
Aanklag
van “rassisme” ’n oorlogsverklaring
Die aanklag van ”rassisme” teen die
Afrikaner is ‘n oorlogsverklaring:
Dit verneder die Afrikaner en maak hom skaam vir sy ras en dit gee aan die
Swarte vrypas om te roof en te moor, omdat hy opgesweep word deur die emosie
wat daardeur opgewek word. Stjepan
Mestrovic skryf in sy boek Genocide
after Emotion wat handel oor die oorlog in Joegoeslawië, dat deur die opwekking van genoeg emosie oor ‘n leuen die saad gesaai is vir
‘n volksmoord! En waar dit dan duidelik is dat die ideologie van
”rassisme” nie gebou is op feite, waarhede en werklikhede nie, maar op
emosie, skuldgevoelens en ontkenning van werklikhede, is die resultaat
vervolging van die Blanke, sogenaamde integrasie en uiteindelik soos Dr
Verwoerd gestel het, die disintegrasie
en die vernietiging van die Blankedom!
Dit is daarom verbasend en pateties hoe
sommige Afrikaners oor hulle voete val en bely dat hulle nie “rassisties” is
nie. So sal verklaar word dat dit vir hulle om die kultuur gaan, of om die volk.
Dit is snert! Kultuur wortel in ras
en nie andersom nie. En die Afrikanervolk is ‘n Blanke volk! Omdat ‘n kultuur
rasgebonde is, is nasionalisme uit die aard van die saak ook rasgebonde. En die kultuur van misdaad en opvoedkundige agterstand en
regstellende aksie het met ras te maak. Dit is verstommend dat mense hulleself
probeer wysmaak dat raseienskappe wat hulle met hulle eie oë sien, nie waar is
nie. Rasverskille skep sosiale afstand. Die Afrikaner moet hom nie onder druk
van die “rassisme” propaganda op die verdediging stel nie.
Rassetrots is nie ‘n selfverheffing of
etiese vergryp nie. Dit is eenvoudig ‘n betuiging van selfrespek as ‘n lid
van ‘n onderskeidende mensegroep waaraan daar ‘n erflike gebondenheid is.
En dié bewustheid aan die ras se estetiese hoedanighede en geestelike
prestasies gee spontaan aan sy lede ‘n gevoel van behae om deel daarvan te
wees in onderskeiding met ander. Die handhawing van die Afrikaner se Witmanskap was die sleutel van sy
oorlewing in Afrika.
Die aanval op die Afrikaner se rassebasis is
‘n aanval teen Afrikaner-nasionalisme en teen die bestaan van die Afrikaner.
Die MRK (gesteun deur die ANC/SAKP) wil deur die
kriminalisering van “rassisme” die grondslag, wat gelę is deur
apartheid as misdaad te verhef en gevolglik die ganse Afrikanervolk te
brandmerk, verbreed, sodat Afrikaners
feitlik voëlvry gejag kan word. Die MRK moet besef dat hy nie alle
Afrikaners so maklik om die bos sal lei met sy aanklag van ”rassisme” nie.
Die kern van die Afrikanervolk het nie sy selfrespek verloor nie. Hulle sal
hulle afsonderlikheid betuig en ander daardeur aanspoor om op te staan teen
hierdie misdadige bestel. Om weer Afrikaner en Witman in Afrika te wees!