Apartheid
en grondgebied
Sydney Gregan
Apartheid
as ervaring
Apartheid
is nie ‘n idee of ‘n illusie nie. Daarom is apartheid ook nie ‘n
ideologie nie. Die beleid van apartheid het gespruit uit die ervaring wat die
Blankes in hulle aanraking met die anderskleuriges in Suid-Afrika gehad het.
Dit was gebaseer op die werklikheid. Telkens wanneer Blankes kontak met ander
volke in Suid-Afrika gemaak het, is gevind dat skeiding die aangewese metode
is om vrede tussen die onderskeie volke in Suid-Afrika te bewerkstellig en te
bewaar. Dit was as gevolg van harde realiteite wat ervaar is deur die Blanke
pioniers in hierdie land. Dit het die Blanke ook tot die besef gebring dat die
Blanke geroepe is om as Blanke in hierdie land voort te bestaan. Daarbenewens
is besef dat vermenging tot verbastering, die verworwing van kultuur, en
uiteindelik die uitwissing van die Blanke, tot gevolg sou hê. Die besef om
skeiding daar te stel was ‘n natuurlike impuls wat deur Blanke voorouers
ervaar is en dit was nooit gedwonge of geforseerd nie.
Toe
die Voortrekkers die binneland van Suid-Afrika ingetrek het, is hierdie
realiteit nogeens ervaar en is die proses van skeiding gehandhaaf en uitgebou.
Wanneer die Voortrekkers dan gebiede beset het, het dit met hierdie besef en
teen hierdie agtergrond geskied. Maar anders as in byvoorbeeld Amerika en
Australië, wat eenvoudig deur ‘n beleid van verowering, dit wil sê deur
offensiewe optrede, gebiede bekom het, het die Voortrekkers gebiede beset wat
óf aan niemand behoort het nie (die sogenaamde terra nullius), óf
deur ooreenkoms verkry is. Bewyse hiervan bestaan in oormaat. In 1933 reeds
skryf Hofmeyr in sy werk Die Boere-Republieke en die Volkereg dat die
Voortrekkers die grootste deel van die gebied, vandag bekend as die Transvaal
en die Oranje-Vrystaat, verwoes gevind het. Talle geskiedskrywers wys daarop
dat groot gedeeltes van die binneland ontvolk was (as gevolg van die Difaqane)
toe die Voortrekkers dit geokkupeer het. Ander gebiede is verkry uit hoofde
van ooreenkomste (wat as bindende verdrae beskou kan word) ingevolge waarvan
gebiede aan die Voortrekkers oorgedra is. Vir een so ‘n gebied moes
Voortrekkers, nadat die verdrag vir die oordrag van daardie gebied onderteken
is, barbaars vermoor word.
Wanneer
dit derhalwe gekonstrateer word dat hierdie land Blanke land is, is dit nie
‘n leë politieke slagspreuk nie, maar ‘n standpunt wat gerugsteun word
deur die (algemeen erkende) volkeregtelike wyses van die verkryging van
grondgebied. Selfs vandag nog word hierdie wyses van verkryging van
grondgebied internasionaal erken, terwyl verowering vandag nie meer erken word
nie.
Nou
is dit so dat hierdie land egter in 1994 aan die kommunisties-beheerde ANC
oorhandig is. Die vraag is derhalwe of hierdie land steeds as Blanke land
beskou kan word.
Effektiewe
beheer van grondgebied
Ten
opsigte van die eise wat bestaan op grondgebied, bestaan daar verskillende
kategorieë waaronder hierdie eise hanteer kan word. In die eerste plek is
daar die kategorie wat bekend staan as effektiewe beheer. Effektiewe beheer
beteken die onbetwiste administrasie van die land en sy bevolking. Dit word
normaalweg as die sterkste faktor beskou wanneer beslis moet word wie in
beheer van sodanige grondgebied is. Ook in die Internasionale Reg speel
effektiewe beheer feitlik deurgaans en sonder uitsondering die deurslaggewende
rol. Effektiewe beheer beteken die deurlopende administrasie en effektiewe
okkupasie van die land. Sedert 1994 is die ANC in effektiewe beheer van die
land en neem hy politieke besluite wat die totale grondgebied van die land
raak. Politieke gesag het effektiewe beheer daargestel. Die konsekwensie van
die oorgawe in 1994 was dus ‘n groot terugslag vir die Blanke se aanspraak
op die grondgebied van Suid-Afrika en kan op die lange duur fataal wees.
Wanneer
mense dus aangespoor word om hulle los te maak van die huidige bestel en hulle
eie strukture op te rig, is ‘n belangrike stap geneem om, minstens ten
opsigte van die Afrikaner (of ‘n groot gedeelte daarvan), beheer ten opsigte
van die toekoms van die Afrikanervolk, in eie hande te plaas. Ook om hierdie
rede is deelname en voortgesette deelname aan die bestel futiel.
Historiese
eise op grondgebied
Benewens
effektiewe beheer is daar die eis op grond van ‘n geskiedkundige basis.
Historiese eise stel die grootste emosionele basis van alle eise ten opsigte
van grondgebied daar, aangesien dit te doen het met die geheue en verwagtinge
van ‘n volk en aangesien geskiedenis sentraal staan in die self-identiteit
van ‘n volk. Alle historiese eise is gebaseer op prioriteit of
langdurigheid. So sal ontdekking die sterkste saak daarstel vir prioriteit en
sal die besetting en beheer van ‘n grondgebied
vir ‘n langdurige tydperk ‘n baie sterk historiese basis daarstel.
Die
bepaling van prioriteit word selde teruggevoer na die begin van die
geskiedenis. Dit word eerder
teruggevoer na die beginpunt van die huidige twis oor ‘n bepaalde
grondgebied. Die Blanke se eis op die grondgebied van Suid-Afrika is steeds
gefundeer op historiese gronde uit hoofde van die besetting van die gebied en
die langdurige effektiewe beheer wat daaroor uitgeoefen is. Veral ten opsigte
van die Boere-Republieke en veral dan die gebiede van Transvaal en die
Oranje-Vrystaat maak die feit dat hierdie gebiede regmatig geokkupeer en deur
oordrag bekom is, die historiese eis op hierdie gebiede feitlik onaanvegbaar.
Die feit dat hierdie republieke boonop bereid was om in ‘n oorlog betrokke
te raak ter wille van die behoud daarvan, het die historiese eis op hierdie
gebiede verder verstewig.
Wanneer
‘n volk boonop ‘n gebied as sy “tuisland” sien, synde dit gebaseer is
op prioriteit en die langdurigheid van die besetting van die gebied, ontstaan
daar ‘n simbiose tussen die volk en die grond. Die volk en die grondgebied
word een. So word die grondgebied ‘n onmiskenbare deel van die volk se
self-identiteit. In hierdie verband kan gedink word aan die voorbeeld van die
Jode in Palestina. Die Jode (ongeag die kritiek wat vandag teen hulle gelewer
kan word) wou geen ander grond hê as dié in Palestina nie, ongeag wie dit
geokkupeer het, en ongeag die hindernisse op die pad daarheen (“defying all
odds”). Dieselfde geld vir die Afrikaner. Die Afrikaner sal waarskynlik geen
aantrekking vind in gebiede wat nie (minstens dele van) die Transvaal en die
Vrystaat sal insluit nie.
Bogemelde
is nog ‘n bewys van die futiliteit van deelname aan die bestel. Deelname aan
die huidige bestel is ‘n erkenning van die regmatigheid van die ANC se
historiese aanspraak op ‘n gebied wat nog altyd as die grondgebied van die
Blanke beskou is. Dit
versaak die historiese eis van die Afrikaner. Wegvlug
(of toevlug) na ‘n ander deel van die land of die wêreld is eweneens ‘n
afstanddoening van die historiese aanspraak van die Afrikaner en ‘n
erkenning van die ANC se aanspraak.
Ander
eise op grondgebied
‘n
Verdere kategorie van eise (wat verband hou met die historiese) is daardie wat
gebaseer is op die groepsgevoel of samehorigheidsgevoel van die volk. Dit word
ook gedefinieer as
“nasionaliteit”, synde ‘n gevoel van die volk in ‘n bepaalde gebied
dat daardie volk lojaliteit teeoor mekaar het, maar ook ‘n lojaliteit het
jeens die grondgebied. Die volk voel algaande dat sy wortels in daardie gebied
geplant is en dat hy op geen ander plek sal aard en op geen ander plek sal
groei as net in daardie gebied nie. So kon Afrikaners nie Afrikaners bly in
Argentinië nie en sal hulle dit ook nie kan bly in Australië of enige ander
plek in die wêreld nie. Afrikaners aard nie daar nie.
Daar
is ook verdere kategorieë van eise ten opsigte van grondgebied wat nie hier
bespreek sal word nie. Dit sluit in die territoriale integriteit wat ‘n
gebied verkry en ingevolge waarvan ‘n volk voel dat die integriteit van sy
gebied nie geskaad moet word nie, ekonomiese eise wat insluit dat daardie
gebied vir hom ‘n ekonomiese voordeel inhou, ensomeer.
Apartheid
as fundering
Terwyl
die feite oorweldigend aandui dat hierdie land Blanke land geword het, moet
ook kennis geneem word van die feit dat dit gedoen is met die besef dat dit
deur elke moontlike maatreël Blanke land moes bly. Die realiteite van Afrika
met barbaarse Swart hordes moes verreken word. Daarom het apartheid neerslag
in wette gevind. Ook wette wat Blanke grondgebied gereserveer het vir die
Blanke. Deurgaans was daar die besef dat, weens die feit dat die Swarte
aantrekking gevind het in, en rondom die werksplek van die Blanke (en dan ook
te gemaklik deur die Blanke geakkomodeer is), daar nie aan die Swarte
permanente verblyfreg in Blanke gebied gegee kon word nie. Dr Verwoerd het dit
sy erns gemaak om die proses van skeiding te versnel.
Die
(meerderheids)teenwoordigheid van Swartes in Blanke gebied, ongeag die feit
dat alternatiewe maatreëls getref is om aan hulle aparte, maar gelyke regte
op van die vrugbaarste grond in Suid-Afrika te gee, het aan die internasionale
gemeenskap die stok gegee om die Blankes mee te slaan. Uiteindelik is die
Blanke se beleid van leef en laat leef (en veral toe die politieke mag in die
ruggraatlose John Vorster en sy opvolgers gesetel het), verdoem as sou dit
‘n sonde teen die mensheid was.
Historiese
verantwoordelikheid
Die
Afrikaner het hom uit hoofde van ‘n historiese verantwoordbare eis ten
opsigte van die grondgebied, bekend as Blank Suid-Afrika, geïdentifiseer met
hierdie land. Dit is gedoen in die besef van sy afsonderlikheid - om apart te
wees. Dit is vir die Afrikaner onmoontlik om as volk op enige ander gebied in
die wêreld voort te bestaan as in Suid-Afrika. Soos die Mopanie van Ellisras
om die dood nie wil groei in Nylstroom nie en die Kameeldoring eintlik maar
net in die Kalahari aard, so aard die Afrikaner in sy gebied, sy tuisland, sy
geboortegrond, sy land van son en veld - Suid-Afrika. Hierdie land word deur
Afrikaners beskou as die opgegaarde stof van die voorvaders, waar sweet en
bloeddruppels van derduisende mense lê, met grafte en monumente wat deurgaans
die herinnering is van wat opgeoffer is vir hierdie land, van berge en riviere
wat gedoop is deur die bewoners daarvan, van mense wat een geword het daarmee.
Wat ons uiteindelik met reg kon laat uitroep: Hierdie land is ons land!
Hierdie
gebied kon alleen beskerm word indien maatreëls in plek gestel was om die
Afrikaner se aanspraak op hierdie gebied te bevestig. Dit is gedoen deur
apartheidswette en deur nie die stemreg aan Swartes in sogenaamde Blanke
gebied te gee nie.
Politieke
mag
Tans
word kennis geneem hoe Blankes in Zimbabwe eenvoudig van hulle plase weggejaag
word. Hulle het geen heenkome nie en het ook geen vergoeding vir hulle eiendom
verkry nie. Hulle is vreemdelinge en bywoners in hulle eie land. En nou wil Sam
Nujoma dieselfde doen in Namibië. Hy sê dat dit onaanvaarbaar is dat soveel
Blankes (en ook buitelandse Blankes) eiendom het wat eintlik “ongebruik”
daar staan. Môre sal Mbeki ook argumenteer dat die strandhuise van Blankes vir
elf maande van die jaar ongebruik staan; dat dit deur Swartes bewoon moet word.
Daarna sal daardie “ongebruikte”’ deel van Blankes se erwe of plase ook
ter sprake kom.
Politieke
mag in ‘n land is alles; des te meer in Afrika. Daarom is politiek die
kroonrat van ‘n volk se bestaan. Daarom moet mense wat Afrikaners uit die
politiek wil hou, met mening bestry word. Hulle verkondig ‘n illusie dat
politiek misluk het en dat ons ons weg moet soek in ander oplossings. Maar ook
daardie Afrikaners wat hulle tot die huidige bestel wend, is besig om die eis op
grondgebied vir die Afrikaner in Suid-Afrika prys te gee.
Waar
die Afrikaner nou effektiewe beheer oor hierdie gebiede verloor het, sal daar
deurgaans druk op die geheue van die volk geplaas moet word, ten einde hulle te
herhinner aan die Afrikaner se reg op hierdie land. Dit moet gedoen word deur
buite hierdie bestel te verkondig dat ons ons eis op hierdie land nie laat vaar
het nie. Dit gee aan ‘n organsisasie ondersteuners. Dan (en deurlopend) moet
georganiseer word om ondersteuners lede van die organisasie te maak.
Die
eis op Blank Suid-Afrika moet oorgaan van ‘n historiese eis na een van
effektiewe beheer.