|
|
||||
| chronologie
|
Dr HF Verwoerd: Monster of edelman? Sydney Gregan
Buitengewoon
begaafd Dit
is so dat feitlik niemand ‘n neutrale standpunt oor Verwoerd het
nie. Meeste is uitgesproke oor Verwoerd. Dit reeds wys dat ons nie
met ‘n middelmatige persoon te doene het nie, maar met iemand van
buitengewone talente. Hy
het reeds op skool uitsonderlik presteer. Hy matrikuleer in
Brandfort en is die beste Vrystaatse student in matriek. Aan die
Universiteit van Stellenbosch is hy voorsitter van die studenteraad,
verwerf hy ‘n doktorsgraad in die sielkunde en word hy bekroon met
die Abe Bailey-beurs wat hy van die hand wys weens laasgemelde se
vyandigheid jeens die Afrikaner. Hy onderskei hom as redenaar wat
‘n student van die Universiteit van Oxford verstom laat oor
Verwoerd se meerdere (“superior”) kennis van die Engelse taal.
Hy word op 27 jaar professor in Sielkunde en beklee later die eerste
leerstoel in Sosiologie te Stellenbosch. Hierdie intellek is later
deur die Engelse skrywer Calpin beskryf as matematies briljant. Toe
hy op 36-jarige ouderdom redakteur van Die
Transvaler word, was hy dus nie alleen geskik vir die rol weens
sy akademiese agtergrond nie, maar het hy hom reeds onderskei as
‘n persoon wat oor die rol van die Afrikaner in Suid-Afrika ‘n
uitgesproke standpunt gehad het. So het hy in 1930 teenoor die
bekende liberalis, JH Hofmeyr, se standpunt oor die verdraagsaamheid
wat teenoor almal in die Suid-Afrikaanse samelewing getoon moes
word, prontuit verklaar dat die verdraagsaamheid van swakheid,
verraad en selfmoord is. As
redakteur toon hy ‘n skerpheid en insig oor die politiek wat hom
algou oormerk vir grotere dinge. Hy besef dat die Afrikaner uit sy
vernederende posisie alleen sou kon verlos raak, indien hy die
politieke mag kry. Daarom sien hy Die
Transvaler se roeping as een van verhewe en troue nasionalisme -
om die volk te dien. Hy werk tussen twaalf en vyftien ure per dag.
By hom is daar geen emosie, driftigheid of ongeduld nie, maar wel
‘n vasbeslotenheid wat hy dwarsdeur sy lewe openbaar. “Extreme”
Afrikaner In
1938 wys hy in ‘n toespraak op die Voortrekkers se instinkmatige
besef dat bloedvermenging op gelykstelling volg en sal lei tot die
vernietiging van die volk. Hy stel dat 300 000, ‘n kwart in getal
van die Afrikanervolk wat in armoede verkeer, opgehef moet word ten
einde die volk van uitwissing te red en is van mening dat elke groot
krisis in ‘n volk ‘n geestelike oplewing sal meebring. In
dieselfde jaar vertel hy vir ‘n Engelssprekende gehoor dat hy ‘n
“extreme” Afrikaner is. Hy wys daarop dat meeste Engelse nie
hulle identiteit wou prysgee nie en nie met die res van die
bevolking wou assimileer nie. Daarvoor het hy as ekstreme Afrikaner
die grootste begrip en respek en word hy dan ook toegejuig toe hy
verklaar dat hierdie ekstreme Afrikaners en Engelse in vriendskap
kon saamleef juis deur hierdie kenmerke te behou en deur mekaar
aldus te verstaan en te aanvaar! Dit was die kenmerk van ‘n
eerlike man by wie daar sy lewe lank geen pretensies was nie. Sy
liefde vir Afrikaans was te bespeur in onder andere sy uitlatings
oor die onderwys. Hy stel dit dat die Afrikanerkind in Afrikaans
onderrig moet word en dat daar in godsdiensonderrig op die teerste
gevoelens van die kind inbreuk gemaak word as hy dit ontvang in ‘n
ander taal. Hy sien Afrikaner-universiteite as volkseiendom wat deur
volksbemoeiing tot stand gekom het. Daar
was seker nie ‘n redakteur van enige Afrikaanse koerant wat hom
sterker vir die Afrikanersaak uitgespreek het nie. Dit het dan ook
tot gevolg gehad dat daar tussen dr Verwoerd en advokaat Strijdom
‘n hegte band ontwikkel het. Strijdom was ‘n vurige nasionalis,
gewilde orator en ‘n besielende leier. As knap intellektueel en
sterk beginselmens was Verwoerd gevolglik vir Strijdom net so
onmisbaar soos Strijdom vir hom. In
tandem was hulle ‘n onstuitbare kombinasie. Wanneer Verwoerd dan
ook vir Strijdom opvolg, was die klimaat geskep vir wat seker beskou
kan word as die hoogtepunt van Afrikanernasionalisme in die
twintigste eeu. Volledige
skeiding Verwoerd
het geen gras onder sy voete laat groei om die beleid van apartheid
tot sy volle konsekwensies te laat ontplooi nie. Hy het in hierdie
opsig, anders as sy voorgangers, die erns ingesien om onmiddellik
met volledige skeiding op elke lewensterrein voort te gaan. Sy
uitsprake was reguit en konsekwent. Hy staan op die Blanke se reg in
hierdie land maar gun aan elke ander volk dieselfde reg. Hy sien
geen benadeling daarin dat ander volke in hulle gebiede dieselfde
regte as die Blanke kry nie. Hy is van mening dat die Nie-Blankes
hulle eie nasiegevoel moet ontwikkel. Hy sien apartheid as die
enigste oplossing vir die land se kleurprobleem, maar wys deurentyd
daarop dat dit so toegepas moet word dat dit vir ander aanneemlik
moet wees. Hy stel dit dat daar volledige erkenning van die
menswaardigheid van die naturel moet wees. Vir hom beteken apartheid
“iets vir ‘n mens self”. Aparte ontwikkeling beteken vir hom
die groei van dit wat ‘n mens uit eie krag skep ten behoewe van
jouself en jou volk. Hy pleeg deurgaans oorleg met die Swart volkere,
net soos president Paul Kruger dit bykans sestig jaar tevore
gedoen het. Hy noem die proses in Suid-Afrika “hervorming”,
amper gelykstaande aan ‘n rewolusie. Vir hom kon die demokrasie in
die moderne wêreld alleen deur die partystelsel behoorlik
funksioneer omdat partye die menings en beskouings van mense
verteenwoordig. Op
ekonomiese gebied is Verwoerd deur Harry Oppenheimer as ‘n
“impractical fanatic” beskou. Liberale koerante wou hom reeds
voor 1960 uit die weg geruim hê. En ondanks kritiek dat hy die
ekonomie van Suid-Afrika sou verongeluk, kon dieselfde koerante jare
later hulle bewondering vir die ekonomiese sukses van sy
bewindstydperk nie verbloem nie, en het die Rand
Daily Mail opgemerk dat die nasie aan ‘n oordaad van voorspoed
ly. Aangesien
dr Verwoerd besef het dat daar geen middeweg tussen apartheid en
integrasie was nie, omdat enige afwyking tot integrasie sou ly, het
hy enige toegewings verwerp. Hy sien volledig in dat maatskaplike
omgang sal lei tot integrasie en verwerp daarom veelrassige sport.
Sy tydperk as Minister van Naturellesake word dan ook gekenmerk
daardeur dat omvangryke wetgewing aangeneem word ten einde skeiding
tussen die bevolkingsgroepe te bewerkstellig. Hy verander Sophiatown
in Triomf met die gevolg dat selfs The
Star berig dat die (verskuifde) inwoners in Meadowlands hulle
lewe aldaar meer geniet het as voorheen. Strydvrae
in politiek Toe
Verwoerd in 1958 eerste minister word, het hy hom bemoei met die
strydvrae van die Suid-Afrikaanse politiek, naamlik buitelandse
betrekkings, rasse- en volkereverhoudings, ekonomiese verhoudings en
die verhouding tussen die Afrikaners en Engelssprekendes. Wat
eersgenoemde betref het hy geen inmenging in Suid-Afrika se
huishoudelike sake geduld nie. Daarom het hy die aansoek van
Suid-Afrika om voortgesette lidmaatskap van die Statebond in 1961
onttrek, word Suid-Afrika ‘n republiek en span hy in 1966 met
sukses al Suid-Afrika se kragte in om ander se neuse uit
Suidwes-Afrika te hou. Hy meng hom ook nie in in die sake van ander
state nie, dog handhaaf vriendskaplike verhoudinge met hulle. Wat
betref die rasse- en volkereverhoudinge, het Verwoerd as premier
eenvoudig die beleid wat hy as minister gekontempleer het,
voortgesit. In ‘n brief aan sir Robert Menzies, die eerste
minister van Australië in 1960, het Verwoerd daarna verwys dat daar
opreg gesoek word na ‘n metode om die rasse polities onafhanklik
in hulle eie state te vestig en dat dit op die “bloodless
conquest” van die Blanke sou neerkom om die mag aan die Swartes te
oorhandig. Dit was nie ‘n saak van “human dignity” nie, “but
of self-preservation with full readiness to waive distinctive
treatment when the danger of losing out has disappeared”. Vroeër
is verwys na Verwoerd se standpunt oor Afrikanerskap en dié se
verhouding met die Engelse. So suksesvol was hy om steun onder die
Engelse te werf dat rolprentgehore in Durban applous gegee het
indien sy foto op die skerm verskyn het. Die opposisie het ook
ingesien dat Verwoerd sukses gaan behaal en het die mening
uitgespreek dat in die nuwe republiek, daar slegs liberales en
konserwatiewes sou wees, gesien die sukses wat Verwoerd behaal het
om die twee taalgroepe in eenheid saam te smee. Hy het ook ingesien
dat ‘n sterk ekonomie nodig was om sterk standpunt teenoor die
buiteland te kon inneem en dat vertroue in die stabiliteit van die
regering daarom noodsaaklik was. Hy bewyer hom ook vir die militêre
vermoë van Suid-Afrika. Uitsprake oor die sukses van die Verwoerd-era
is legio. Genoeg is om te konstateer dat die felste teenstanders van
dr Verwoerd, die liberale media, hierdie tydperk as ‘n ekonomiese
wonderwerk beskou het. Een van hulle, The Financial Mail, het trouens gespekuleer hoe dit moontlik gaan
wees om die ekonomiese groei te demp! Verwoerd
het ten aansien van al die fasette van die regering se beleid sukses
behaal. Dit was reeds in die vyftigerjare ‘n bron van kommer vir
die liberaliste. Daarom is daar deurgaans bespiegel hoe daar van hom
ontslae geraak kon word. Die onluste by Langa en Sharpeville was
gestook deur propaganda in koerante wat ‘n gees van
ongehoorsaamheid geskep het, dog nie daarin sou slaag om wet en orde
omver te werp nie. Die reaksie uit Blanke geledere op Verwoerd se
beleid was ‘n opkoms van 80 000 mense in Meyerton. Aan hierdie
mense gee hy die versekering dat die regering nie sal regeer
aangedrewe deur emosies of wrok nie, maar deur die verstand en die
geloof. In 1960 is die eerste poging aangewend om van hom ontslae te
raak toe David Pratt twee skote met ‘n vuurwapen in sy gesig
geskiet het. Hierdie poging is voorafgegaan deur ‘n mediakampanje
om van hom ontslae te raak. Van hierdie poging het hy wonderbaarlik
herstel en tot frustrasie van sommige en stomme verbasing van almal
het hy steeds doelgerig voortgegaan met die beleid van aparte
ontwikkeling. Volksbelang
bo eiebelang Seker
een van die belangrikste uitlatings wat Verwoerd gemaak het, was dié
op 14 April 1961. Hy het gesê dat daar maklik ‘n beleid gevolg
kon word waardeur daar geskerm word vir hulle eie lyf en deur te
sorg dat in die volgende tien tot vyftien jaar deur ‘n proses van
geleidelike toegewings ‘n maklike lewe van geldmaak, voorspoedig
gelewe kon word. Maar volksbelang het optrede bo eiebelang geverg en
sou so ‘n beleid tot gevolg gehad het dat ellende en ondergang aan
die nageslag oorhandig word. Miskien is dit die treffendste manier
waarop sy opvolgers se beleid beskryf kon word, tot nadeel van die
Blankes van vandag. Apartheid
was ‘n metode om orde te skep tussen die verskillende volkere van
Suid-Afrika. Dit was ook die enigste metode om die Blanke se erfreg
in hierdie land te verseker. Niemand het dit beter ingesien as
Verwoerd nie. Op 4 September 1965 te Loskopdam het hy dit gestel dat
die Blanke hom in die verre toekoms slegs sou kon handhaaf as die
politieke heerser van Afrika, indien die beleid van skeiding die
ewigdurende beleid van Suid-Afrika bly. Diskriminasie was vir hom
die tydelike gevolg van apartheid omdat differensiasie die uitende
daarvan sou wees. Volgens hom het die geskiedenis eerder as hyself
Suid-Afrika gepartisioneer. Hy het die waardigheid, regte en
geregverdigde ambisies van al die volkere aanvaar, dog ingesien dat
uiteindelike geregtigheid vir almal alleen verkrygbaar was binne die
beleid van aparte ontwikkeling. Hy het gesê dat menseregte en reg
en billikheid nie in ‘n eenheidstaat verwerklik kon word nie, maar
wel in afsonderlike en gelyke geleenthede vir almal. Anders
as ander leiers voor hom, wat blote skeiding as beleid gehandhaaf
het, implementeer hy ‘n positiewe beleid van skeiding deur
ontwikkeling. Ondanks alle kritiek deur hoofsaaklik vyande van die
Afrikaner, was daar ook toenemende begrip vir die beleid van
Verwoerd. Verwyder van alle propaganda en emosie is ingesien dat die
beleid van apartheid uitgegaan het van die premis dat die mensdom
nog nooit ‘n geestelike eenheid was of sou word nie. Mense verskil
sielkundig en tree op volgens die beginsel “soort soek soort”.
Daarom assosieer mense hulle met wie hulle geestelik eenders voel.
Dit is ‘n groepsgebondenheid wat hom op alle terreine van die lewe
openbaar. Mense verskil in afkoms, lewensbeskouing, godsdiens,
maatskaplike stand, intellektuele ontwikkeling en -persepsie,
kultuur en beskawing. Dit is die erkenning en waardering van hierdie
verskille waarop die beleid van apartheid rus. In die boek Race
and Modern Science het professor Gregor geskryf dat “each
association of men is animated by a consciousness of kind, an
identification with like members, a preferred association which
characteristically conceives itself”. Waardering
Anders
as feitlik elke ander Westerse land sedert die sestigerjare, het
Verwoerd aan die hoof gestaan van ‘n regering wat nie in ‘n gees
van kruiperigheid en selfvernedering wou voortbestaan nie. Die gees
van kapitulasie wat ander gekenmerk het, was by hom afwesig. Wanneer
Harold Macmillan van Brittanje dit aan Verwoerd oordra dat ‘n
regering net moet sorg dat hy aan bewind bly en nie te sterk
standpunt moet inneem nie, kon Verwoerd kwalik sy afkeur vir hierdie
stelling toon - hy was nie bereid om sy seile na die wind te span
nie. Met ‘n onwrikbare gees, die selfvertroue waarmee die
dapperste op die slagveld gekenmerk word, ‘n onstuitbare geloof in
die bestemming van sy volk in hierdie land, en die moed wat manne
van lafaards onderskei, was Verwoerd die vonkelende drywende gees
wat aan die Afrikaner ‘n selfrespek gegee het wat ander met
bewondering gade geslaan het. Verwoerd was inderwaarheid sy tyd vêr
vooruit. Waar andere nou nog wonder oor die implementering van die
beleid van selfbeskikking van volkere, hoef hulle nie verder te soek
as dit wat Verwoerd voorgestaan het nie. Om
so ‘n man ‘n kranksinnige idioot, ‘n mamparra of ‘n monster
te noem is ‘n verkragting van die waarheid. Dit kan net uit wrok
of haat geuiter word, aangesien daar geen feitebasis daarvoor
bestaan nie. Hy het aan ander gedoen wat hy vir homself opgeeïs het.
Maar hy het homself en sy volk nooit in die proses verloën nie. Die
moed en beginselvastheid wat hy geopenbaar het, kon net beeïndig
word deur hom fisies uit die weg te ruim. Hy was van die stoffasie
wat Langenhoven tereg beskryf het as “the sort of men, that will
go through the fire and the mire, undaunted by the one, undefiled by
the other”. Dit
is nie vergesog om Verwoerd as die grootste onder die grootstes te
beskou wat ooit deur hierdie volk opgelewer is nie. Indien in
gedagte gehou word wat ten doel gestel word met die Afrikanervolk,
naamlik soos Milner dit gestel het, “to wipe out the last traces
of Afrikanerism”, moet dit niemand verbaas dat Verwoerd as ‘n
skurk eerder as ‘n held deur die vyande van ons volk beskou word
nie. Die grootste kompliment vir enige Afrikanerleier in hierdie tyd
is om deur die vyande daarvan verguis en verwerp te word. Dit is op
sigself ‘n heldeverering. Dit lê op elke Afrikanerouer se weg om vir sy of haar kind van hierdie edelman te vertel en dat hy soos Die Oosterlig op 7 September 1966 geskryf het, “die kolos ... was wat die Afrikaner se stryd verpersoonlik het”. Daar was inderdaad niemand wat meer getrou was aan die gloed van idealisme in die siel van sy volk as hierdie groot Afrikaner nie. Wat
dink u hiervan? Stuur 'n brief aan inlig@praag.org |