|
|
||||
| chronologie
|
Die Afrikaner is die 'kaffer' van die nuwe Suid-Afrika ‘n
repliek op die Jakes Gerwelgroep Dan
Roodt Vanuit
‘n intellektuele oogpunt is dit amusant om te sien hoe die
deelnemers aan die Jakes
Gerwelgesprekreeks as’t ware die Afrikaner afskryf en
hul eie menings aanbied in die trant van: “ons het oorwin”.
Elkeen van die deelnemers, d.w.s. Heindrich Wyngaard, Zimitri
Erasmus, Hein Willemse, Antjie Krog en Jackie Nagtegaal onderskryf
op een of ander manier die gedagte dat, hetsy die Afrikanerdom,
hetsy Standaardafrikaans, gesneuwel het en agtergelaat is. Die
deelnemers self aspireer na een of ander hibriede, post-nasionale
identiteit wat tot stand sal kom deur kreolisering en die aftakeling
van Standaardafrikaans deur pidginisering waarvan Jackie Nagtegaal
se “prosa” gehuldig word as ‘n navolgenswaardige voorbeeld. Dit
sou miskien toepaslik wees om hierdie groep skrywers die
“Kreoliste” te noem, want in wese sluit hul denke, ten minste
wat Afrikaans betref, aan by die oppervlakkige Nederlander Valkhoff
wat enkele dekades gelede téén die hoofstroom-taalkundige siening
in, wou beweer dat Afrikaans ‘n “Kreoolse taal” is. Maar dan
is Engels dit ook, en omtrent elke taal ter wêreld... Die
taalkundige Ernst Kotzé het o.a. gereageer op Valkhoff se stellings
dat Afrikaans ‘n Kreool sou wees in ‘n referaat, en verwys na
Markey wat die teenoorgestelde wat ‘n lys van Kreooleienskappe
opgestel het: “As
‘n demonstrasie van die toepassing van so ‘n oorsiglys, het
Markey (1982) Afrikaans met Negerhollands, die Nederlands-gebaseerde
Kreool wat tot in die 1940s in die Maagde-eilande gepraat is,
vergelyk. Terwyl Negerhollands aan al die kriteria voldoen, is
aangetoon dat Afrikaans oor slegs twee eienskappe uit 12 beskik wat
tipies is van ‘n ware Kreool (naamlik gebrek aan geslagsinfleksie
by alle naamwoorde, asook gebrek aan naamwoordverbuiging), en is
Kreoolsagtig met betrekking tot twee verdere eienskappe. Hy kom tot
die gevolgtrekking dat Afrikaans nie inpas in die klas van egte
Kreole nie, en veral nie in terme van sy dubbele
ontkenningseienskappe nie (Romaine 1988:59), en dat dit eerder as
‘n oorgangstaal iewers op ‘n kontinuum tussen Kreoolse en
nie-Kreoolse tale beskou kan word. Den Besten (1986: 201 et seq.) se
argument rondom dubbele ontkenning, naamlik dat ‘n taamlik
ingewikkelde reël deel geword het van die Afrikaanse grammatika
deur die invloed van Kreoolsprekers, werp meer as ‘n skadu van
twyfel op die gebruik van taaleienskappe buite verband as
aanduidings van kreolisering.” (uit: “Effects of attitudinal
changes towards creolization in Afrikaans,” http://www.unb.br/il/liv/crioul/textos/ernst.htm) Net
so min as wat Afrikaans ‘n Kreool is, net so min het die Afrikaner
in 1994 met die swaai van Mandela se towerstaf ophou bestaan. Daar
gaan nie ‘n dag verby in Suid-Afrika dat daar nie iewers sprake is
van “Afrikaners” nie, en regoor die wêreld het die woord sy
betekenis en herkenbaarheid behou. Die
eerste ding wat my nou opval aangaande die gesprek en sy deelnemers
is: indien die Kreoliste so seker van hul saak is, waarom is daar
geen Afrikaners na die gesprek genooi nie? Is die “oorwinnaars”
wat hulself so naby aan die mag en die ANC-hegemonie bevind, dan
skrikkerig om met enige gemarginaliseerde Afrikaners te praat omdat
hulle moontlik mag uitvind dat die argumente wat so klinkklaar
aangebied word, dalk kwesbaar mag wees? In
die eerste plaas lyk dit my asof die Kreoliste afstuur op ‘n
situasie waar hulle binnekort nie meer daarop sal kan aanspraak maak
dat hulle self Afrikaans praat nie. Beide Antjie Krog en Jackie
Nagtegaal wil die oorgang maak na ‘n pidgin wat per definisie ‘n
onstabiele, efemere taalvorm is, sonder enige leksikon of taalreëls.
As Antjie Krog praat van “uitgelash” dan assosieer mens dit met
“ghoelasj” en weet jy nie aanvanklik wat sy sê nie, totdat jy
agterkom dat sy besig is om te pidginiseer met die taal waarna sy
aspireer en waarin sy blykbaar probeer skryf, Engels. Iewers praat
sy ook van “kreatiwitiet”, nog ‘n Freudiaanse glips wat my die
“lasj” soos in ghoelasj laat sien as iets wat moontlik geëet
kan word, oraal dus, maar wat in die Engelse betekenis dui op houe,
slae. Die Afrikaner, en veral die post-Afrikaner, beskik oor ‘n
masochistiese sy, en ek vrees Antjie Krog se houe op haarself en
haar verlaging en gekruip voor die Nuwe Meesters verteenwoordig die
volmaakte kliniese prentjie van masochisme. As sy in dieselfde asem
die volgende sê, “as jy Afrikaans aanval, steek jy die Afrikaner
in sy hart” kan ek nie anders as om onmiddellik te wonder nie:
maar waarom val Antjie Krog Afrikaans en Afrikaners aan? Is dit nie
ook een of ander duistere Freudiaanse versugting nie? ‘n
Vriend van my het die teorie dat die meeste Afrikaanse vroue in die
nuwe Suid-Afrika na beskerming soek. Hierdie is immers die
gevaarlikste land op aarde, met die hoogste misdaadsyfer, veral die
hoogste verkragtingsyfer. Miskien probeer Antjie Krog, die
middeljarige en binnekort bejaarde enfant terrible, die plattelandse
Boeremans waarteen sy so dikwels fulmineer tevergeefs opstook tot
aggressie. So ‘n opgestookte Afrikanerman sal haar moontlik kan
beskerm teen die bedreiging wat sy – moontlik onbewustelik –
voel. Nog
‘n opmerking: die Kreoliste is almal baie dom. Daar is sekerlik
dom Afrikaners ook, maar oor die afgelope tyd was daar min
onintelligentes wat die Afrikanersaak opgeneem het. Hermann Giliomee,
Jaap Steyn, Danie Goosen, Koos Malan is almal mense met kultuur in
die Franse sin. Hulle het al ‘n paar boeke gelees; hulle weet iets
van ons geskiedenis; hulle skryf Afrikaans sonder om afhanklik te
wees van die soort Engelse clichés wat die karakters op die
Amerikaanse strokieskanaal “Cartoon Network” gewoonlik besig. Dus
het ons nou die eerste probleem van die Kreolistiese Beweging of hoe
hulle hulself ook al noem, geïdentifiseer, en dit is ‘n gebrek
aan insig en skerpsinnigheid. Dit lei onmiddellik tot ‘n tweede:
die geskiedenis van pidgins en Kreole in die moderne tyd is nie
bemoedigend nie. Negerhollands het iewers in die 1940s heengegaan en
Algemeen-beschaafde Nederlands (die ABN) is nog springlewendig. Nêrens
ter wêreld kon so ‘n spreektaal of kunsmatige spreektaal soos wat
die SABC en Jackie Nagtegaal wil skep, nog daarin slaag om ‘n
algemeen-beskaafde vorm uit te knikker nie. As ek Jackie Nagtegaal
lees, dan lag ek daarvoor, want nie eens my kinders van agt jaar oud
praat of skryf so sleg nie. Standaardtale
is altyd eksklusief en snobisties. As mens Nietzsche gelees het, dan
besef jy dat kultuur altyd streef na iets hoërs, iets wat edeler
is. Daar word gesê dat Frans tot onlangs maar deur twee miljoen
mense rondom Parys gepraat is. Dit was ‘n minderheidstaal in
Frankryk, maar dit het die standaardtaalposisie ingeneem en elke
skrywer wou graag daarin skryf. Die meeste Afrikaanse skrywers,
ongeag hul velkleur, wil graag in literêre Afrikaans skryf, die
taal van Van den Heever, Louw, Leroux, Rabie, Schoeman, die vroeë,
Prekreoolse Antjie Krog, noem maar op. Die
probleem met Afrikaans-kreools en –pidgin is dat dit bedreig word
deur nie net een standaardtaal nie, maar twee: Afrikaans én Engels.
Soos Hein Willemse vir ons verduidelik het, aspireer die “swart
Afrikaanssprekendes” – watter aandoenlike etniese kategorie –
na Engels, veral die middelklas. Hierteenoor is daar die Akademie
met sy spelreëls, en ‘n horde snobistiese, verliteratuurde
Afrikaanse skrywers wat suiwer Afrikaans skryf. Soos Antjie Krog dit
stel, benader hulle haar “tesourus in die een hand en ’n pakkie
nuutskeppinge in die ander.” So
‘n tesourus of woordeboek is nogal ‘n magtige wapen. Daar word
al aan die WAT gewerk sedert 1925. Afrikaners, let wel, het meer as
driehonderd woordeboeke in Afrikaans opgestel. Hierteenoor is die
lysie van Afrikaans-kreoolse woordeboeke maar kort, indien daar
enige bestaan. Pidgins word by definisie kwalik opgeteken, en word
as ‘n verbygaande taalkundige frats beskou, soos die skryfwerk van
Jackie Nagtegaal. As Antjie Krog dus praat van die loopgrawe, is sy
nog kwalik gereed om in so ‘n loopgraaf te sak. Sy wil ons gooi
met haar pidgin-sêgoedjies en ons gooi haar met die WAT en die res,
‘n taamlik ongelyke stryd al is sy dan aan die regte politieke
kant, al het sy al die ANC-milisie en Einsatzgruppen wat op plase
soveel Boere martel en moor, aan haar kant. Mag groei uit die loop
van ‘n geweer, soos Mao gesê het, maar daar is ook mag in woorde
en veral woordeboeke. Teenoor haar mag, die mag van die ANC-staat en
sy kultuurterreur, beskik ons oor die mag van woorde, denke,
letterkunde, styl, finesse, skoonheid. Dus:
Afrikaans skrik nie vir die gewaande speelgrondsosiolekte van
Stellenbosch se hoërskole of TV-sepies nie. Deur die eeue het die
letterkunde en die standaardtaal hom gehandhaaf deur ‘n appèl op
verfyndheid en snobisme. Al is ons politiek magteloos en word ons
verguis deur Naspers, weet ons dat ons verfynder en belesener is,
dat ons oor meer styl beskik en Afrikaans met ‘n baie groter
aanvoeling en waardering gebruik as die Kreoliste wat so angsvallig
“cool” probeer voorkom maar net hul eie agterlikheid ten toon
stel. Hein
Willemse vertel ons ‘n paar anekdotes waaruit ons veronderstel is
om iets af te lei. Vir elkeen van sy anekdotes kan ek hom seker vyf
ander vertel waaruit die chauvinisme, rassisme, slegte maniere,
grootheidswaan en arrogansie van die anti-Afrikanerfaksie in
Suid-Afrika sal blyk. En: elkeen van die Kreoliste vertoon op een of
ander manier die gerieflike en modieuse anti-Afrikanersentiment wat
in hierdie land al tot ‘n argument vir volksmoord van die “kill
a Boer, kill a farmer”-tipe ontwikkel het. Om Afrikaners te haat,
selfs al is of was jy ‘n Afrikaner, is geen onderskeiding nie,
inteendeel. Anekdote
een: ek sit in die kantien by Wits circa 1979 en oorkant my sit
iemand wat Hein Willemse seker ‘n “swart Afrikaanssprekende”
sou noem, maar wat intussen blykbaar Engels geword het, want dié
vra my uit oor my naam en van, waarop die smalende aanmerking volg,
“is Roodt so Afrikaans soos dit klink?” Wat vir my ongelooflik
is, is hoe die bruin middelklas waarna Hein Willemse verwys onder
die indruk verkeer dat hulle deur Engels een of ander magsposisie
teenoor Afrikaners inneem, soos ook in ‘n mate gedemonstreer deur
ons vriend van Cape Talk, Nigel Pierce. Sedertdien het honderde
bruin Engelse waarvan baie nie behoorlik Engels kon praat nie, al
geprobeer om my te snobeer omdat ek Afrikaans is of Afrikaans praat,
sonder sukses. Veral oor die afgelope jaar of twee behandel ek hulle
met toenemende minagting en skroom nie om in winkels of per telefoon
aan te dring om met iemand te praat wat Afrikaans magtig is nie,
waarna dit gewoonlik blyk dat hulle heel goed Afrikaans praat. Anekdote
twee: ongeveer twee jaar gelede gaan kyk ek na ‘n paar skoene in
die Rockport-winkel by die Waterfront in Kaapstad. Die twee Engelse
winkelassistente maak asof hulle nie verstaan as ek Afrikaans praat
nie. Ek vra toe dat hulle vir my iemand kry om my in Afrikaans te
bedien, waarop hulle my die winkel belet. Dink net daaraan: in
Kaapstad, die stad wat deur Jan van Riebeeck gestig is, hoofstad van
‘n provinsie waar tweederdes van die bevolking veronderstel is om
Afrikaanssprekend te wees, word mens by ‘n winkel uitgejaag as jy
dit durf waag om Afrikaans te praat. In Johannesburg, selfs in
Sandton, het dit nog nooit met my gebeur nie. Ek word gereeld in
Afrikaans bedien deur Engelssprekendes. Miskien sê dit iets oor die
Kaap, oor die meerderwaardigheid van Kaapse Engelse, en oor die
minderwaardigheid van Kaapse Afrikaners wat hulle hierdie soort
gedrag laat welgeval. Is dit toevallig dat die Kreolismebeweging
hoofsaaklik in die Kaap gesetel is? Skryf Jackie Nagtegaal nie maar
soos sy skryf omdat sy minderwaardig voel nie? Ons is terug by
masochisme. Om in Antjie Krog se ghoelasj te krap: julle is te veel
gelêsj deur die ryksarende waarvan Blum gepraat het, en nou wil
julle maar liewer Afrikaans praat asof dit Engels is, wat maar een
stap is op pad na Engelswording. Anekdote
drie (miskien onthou jy hierdie een, Hein): circa 1987 word ek
genooi na een of ander letterkunde-byeenkoms van uitgewekenes in
Duitsland, in die Stuttgart-omgewing as ek reg onthou. Ek neem die
trein van Parys soontoe. Die patetiese versameling ANC-eksiele is
daar, van Mandla Langa tot Lewis Nkosi, laasgenoemde toe nog
professor van letterkunde in kommunistiese Warskou. Hy bedel Duitse
markstukke om bier by die outomaat te gaan koop, want sy szloties
koop nie veel in die toenmalige Wes-Duitsland nie. Dit gaan oor
Suid-Afrikaanse letterkunde, wat natuurlik Engelse letterkunde
beteken. Ek probeer tydens my spreukbeurt iets oordra aangaande die
eietydse Afrikaanse letterkunde, oor postmodernisme, dekonstruksie,
Deleuze en sy moontlike toepassings op literatuur, maar word gou-gou
in die bek geruk deur die heer Nkosi uit Warskou. Dit is tipies van
die agterlike Afrikaners om in infantiele Franse teorieë belang te
stel, modernisme en postmodernisme, en nie die noodsaak van
sosiaal-realisme in te sien nie. Vandag is Nkosi sover ek weet
professor aan ‘n Amerikaanse universiteit en hang hy die
postmodernisme en dekonstruksie aan, agterlik genoeg. Ek het daardie
dag besef dat ek nooit ‘n Suid-Afrikaner sal kan wees nie, en dit
verkies om ‘n “agterlike” Afrikaner te bly. “Suid-Afrikaanse
letterkunde”, behalwe miskien J.M. Coetzee, interesseer my net so
min soos Oos-Europese sosiaal-realisme waarvan daar seker duisende
vergeetlike voorbeelde geproduseer is tydens sewentig jaar van
kommunisme. Só
sou ek kon aangaan, maar ek dink die boodskap is duidelik. Tot so
‘n jaar of twee gelede dink ek was daar groot welwillendheid by
Afrikaners en ‘n bereidheid om betrokke te raak by die probleme
van bruines in die belang van ‘n groter Afrikaanse kultuur en
taalgemeenskap. Hermann Giliomee is nou nog besig om so ‘n
pleidooi te lewer, en ekself het ‘n raps meer as ‘n jaar gelede
nog geskryf dat daar ‘n soort toenadering tussen bruin en wit
besig was om plaas te vind. Sedertdien is ek ietwat ontnugter. Die
indruk wat ek kry, is dat daar groot leedvermaak heers by vele mense
oor die benardheid van die Afrikaner se posisie. Van Wyk Louw het
gesê dat die dag as die Afrikaner sy politieke mag verloor, hy so
weerloos sal wees soos die Jode in Nazi-Duitsland. Tot ons skrik
moet ons erken dat hy reg was. Sover dit “rassisme” betref, is
daar net een groep in Suid-Afrika wat daaraan blootgestel is, en wie
se fisieke voortbestaan werklik bedreig word, en dit is die
Afrikaner en dan veral op die platteland. Daar word openlik
rassehaat teen ons aangeblaas, en ek vermoed dat sommige Kreoliste
graag daaraan meedoen. Die Afrikaner – en Afrikaans – is
eenvoudig voëlvry verklaar. Die
ou Britse spel van Afrikanerhaat is oorgeneem deur vele groepe in
hierdie land, waaronder selfs die masochistiese post-Afrikaners. Om
te droom van ‘n Afrikaanse nierassigheid is kwalik van toepassing.
Toenemend begin ek besef dat mens baie moeilik aan die gang van die
geskiedenis kan verander. Verhoudinge tussen wit en bruin, of
“swart”, om nou Hein Willemse se dualisme te respekteer, was nog
nooit besonder goed nie, en ek kan nie sien hoe dit gaan verbeter
nie. Daar word twee keer teen Afrikaners gediskrimineer: een keer op
grond van hul taal, en een keer op grond van hul ras. Ons het ‘n
ernstige probleem om op te los. Dit gaan ‘n taamlike stryd verg en
‘n mens kan nie so ‘n stryd ingaan met mense wie se lojaliteit
nie bo verdenking is nie. Ek
glo vas dat die Afrikanerdom, hoe haglik dit ook al vandag vir ons
lyk, sterker anderkant gaan uitkom, dat die feniks weer uit die as
sal verrys soos soveel keer vantevore. W.A. de Klerk se tipering van
die “Prometiaanse Afrikaner” was in die kol; op ‘n gegewe
oomblik sal ons weer die vuur kan steel en vryheid kan bekom. Daar
is ‘n toenemende bewuswording onder Afrikaners dat ons groter
eenheid nodig het en daar nie meer soveel onderlinge rusies behoort
te wees nie. Die rassekwessie, selfs die gedagte van
“nierassigheid” wat eintlik ‘n contradictio in terminis
verteenwoordig, skep eenvoudig te veel verdeeldheid onder Afrikaners
dat ons ons langer daarmee kan besig hou. Oor
een ding is ek dit egter volkome eens met sowel Hein Willemse as
Heindrich Wyngaard, en dit is oor die transformasie van die media.
Hoe gouer Rapport, Beeld, Die Burger en ander Nasperspublikasies
bruin redakteurs kry, hoe beter. Trouens, ek kan nie verstaan waarom
Tim du Plessis, Peet Kruger en Arrie Rossouw nie onmiddellik hul
poste ontruim nie. Dieselfde geld die SAUK-TV. Daar is niks meer op
die kassie waarmee Afrikaners kan identifiseer nie, behalwe die
enkele heruitsendings van Namakwalanders of Koöperasiestories. Die
Engelse advertensies is afskuwelik en beledigend om na te kyk, dus
kan die hele spul gerus transformeer na ‘n Afrosentriese
allegaartjie wat Afrikaners geheel en al uitsluit. Die
besef is daar by die meeste van ons dat ons van vooraf sal moet
begin om media en instellings op te bou. Diegene wat ek totalitêre
Afrikaners noem, en wat in die laaste fase van die ou bewind die
menseregtevergrype van ‘n Eugene de Kock of die oneerlikheid van
‘n De Klerk of ‘n Meyer gesteun het, verdien om hul beheer oor
die oorblywende Afrikaanse instellings te verloor. Waarskynlik sal
daardie koerante en tydskrifte in elk geval een of ander tyd
verengels word omdat dit toevallig ook die gekose taalmedium van die
totalitêre Afrikaner geword het. Hiermee voltooi die totalitêre
Afrikaner met sy koloniale bewussyn die tradisie wat met die
National Scouts en Hensoppers ‘n honderd jaar gelede begin het. Dit was waarskynlik met verwysing na die totalitêre Afrikaner met sy koloniale versugtinge en historiese steun vir enige vorm van gewelddadige onderdrukking van sy volksgenote, waarna Van Wyk Louw verwys het in sy beroemde gedig, “Julle is die oorheersers”: “Júlle
is die oorheersers en júlle
die vertrappers van ons
wat sterk is, maar
magteloos verneder; julle maal
ons soos koring, julle eet ons soos brood; tog haat
ons julle nie: omdat
julle mens is en die
dood ook deelagtig, is julle
ons broers; maar julle is siek aan die lasterlike hoogmoed. Daarom
moet julle tot
needrigheid genees word, gebreek
word deur ons in ons
magtige opstand tot
eenvoudige vreugdes, tot die
heilige lye, tot ‘n
nuwe onmiddellikheid van die heldere aarde; maar as
julle dood en ‘n
vrot plek in ons volk is, dan sal
ons ‘n mes vat en vinnig,
genadiglik sny deur
spiere en vleis
tot genesing. Dat
Afrikaners vandag op vele wyses oorheers word, ly geen twyfel nie.
Trouens, al die probleme waaroor ons gedurig debatteer, hetsy
onderwys, hetsy die taalkwessie, is blote simptome van hierdie
oorheersing, die erflating van die totalitêre Afrikaner met sy
benepenheid, sy onbegrip, sy sensuur en verraderlike neiging om sy
eie mense “uit te verkoop” op kritieke oomblikke soos dié van
1994. Danksy die totalitêre Afrikaner wat, hoewel oënskynlik nie
soos die ANC/SAKP onder Oos-Europese invloed nie, tog die basiese
onvryheid en onverdraagsaamheid van laasgenoemde beweging deel, is
ons nou as’t ware vreemdelinge in ons eie land, ‘n gewelddadige
weergawe van Engeland wat tereg as “Afro-Saksies” bestempel kan
word. Net
soos in 1902, is die Afrikanerdom vandag ondergeskik aan ‘n
metropolitaanse en in wese koloniale regering. Die Afro-Saksers en
hul Afrikaanssprekende handlangers wil ons koloniseer net soos Lord
Milner en die Britte dit ten doel gehad het. Ons verhouding tot die
ANC-SAKP-NNP is presies dieselfde as dié tussen gekoloniseerde volk
en koloniale metropool of moederland. Ons probleem is dus een van
dekolonisering, hoe om ons vryheid te verwerf teenoor ‘n swaar
gewapende, aggressiewe en totalitêre koloniale moondheid wat ons as
sy “kaffers” beskou. Die Afrikaner is die kaffer van die nuwe
Suid-Afrika. Ons word erger as kaffers behandel. Nêrens onder
apartheid sou die ou Suid-Afrikaanse regering enige ander stam of
bevolkingsgroep met soveel minagting behandel het as wat die ANC met
Afrikaners doen nie. Onder
apartheid was daar onafhanklike tuislande en selfbeskikkingsmagte
vir swart plaaslike regerings wat met dié van ‘n Vlaandere of Québec
vergelyk kon word. Desnieteenstaande was dit vir die ANC nie genoeg
nie, en wou hy beheer oor die sentrale regering uitoefen, omdat hy
daarmee saam beheer sou verkry oor al die staatsbates van
Suid-Afrika waarvan ‘n groot deel deur Afrikaners opgebou is.
Indien Afrikaners vandag dieselfde magte kon verkry wat swartmense
in die ou Suid-Afrika gehad het, ‘n tuisland, eie stadsrade, skole,
universiteite, ens., sou dit as die paradys gereken kon word. In
1994 het die alliansie van die totalitêre Afrikaner en die
Koue-Oorlog-dinosourus wat die ANC/SAKP op daardie stadium was, ‘n
briljante oorwinning oor die gewone Afrikaners, die volk, behaal. Oënskynlik
is hulle vir altyd verkneg, en het hulle vandag die keuse om die
geestelike helote van die nuwe bewind te wees of om te emigreer. Die
meeste verkies om te emigreer en veral jongmense word uit die land
verdryf vanweë die rassistiese wetgewing wat dit vir maatskappye
onmoontlik maak om jong blankes in diens te neem. Sover ek die
Engelse term “non-racial” verstaan in die sin waarin die ANC dit
gebruik, verteenwoordig dit ‘n paradoks want dit beteken swart
rasseoorheersing. ‘n Voormalige Afrikaanse skool wat voorheen deur
Afrikanerkinders bygewoon is, word byvoorbeeld “non-racial” as
dit volledig beset word deur swart kinders. In daardie sin sou
Mugabe se landboubeleid ook “non-racial” wees, want dit sluit
enigeen van die blanke ras uit. Soos
die Franse filosoof Alain Finkelkraut onlangs in ‘n onderhoud met
die dagblad Le Figaro gesê het, is “rassisme vandag nie meer te
vinde in die geledere van die etniese nasionaliste nie, maar in die
geledere van die voorstanders van die multikulturele samelewing.”
Die mite van “nierassigheid” (want diegene wat dit gebruik is
gewoonlik van die mees rasbefoeterde mense op aarde, wat die hele wêreld
net in rasseterme sien) is bloot die dekmantel vir rassisme,
chauvinisme en selfs volksmoord. Die uitwissing van plattelandse
Afrikaners en Boere - waarvan sesmaande-oue babas in koerantpapier
en ‘n plastiekvullissak toegedraai word en lewendig verbrand word
in ‘n volkome verontmensliking - geskied juis in die naam van “nierassigheid”.
Op ‘n manier sal Suid-Afrika net volmaak “nierassig” kan word
vanaf die oomblik dat Afrikaans soos vervat in die WAT en die AWS,
asook die Afrikaner, geheel en al doodgevee is. Wat
die multikulturele samelewing betref, kan dit soos kommunisme net
onder dwang tot stand kom. Regoor die wêreld verkies mense om met
ander soos hulle uit hul taal- en rassegroep te assosieer. In Europa
heers daar, in weerwil van dwangmaatreëls deur die owerhede, ‘n
de facto-segregasie op skool waar die meeste ouers verkies om hul
kinders na skole te stuur waarin die meerderheid kinders byvoorbeeld
Franse of Nederlanders is. Multikulturele skole word gekenmerk deur
lae standaarde en geweld teen onderwysers en leerlinge. Ook die
Afrikaner moet gedwing word om die eie wêreld, die wêreld van
Afrikaans en Afrikanerkultuur, op te gee terwille van die
multikulturele opset wat op sy beste gebrekkige standaarde en slegte
maniere verteenwoordig, op sy slegste geweld, verval en
wetteloosheid. Die
kreet van “rassisme!” het in Suid-Afrika sy angel verloor, juis
omdat dit gewoonlik voor die deur gelê word van diegene wat die
ergste ontvangers van naakte rassisme en chauvinisme is, naamlik die
Afrikaners. “Nierassigheid” verteenwoordig bloot die dekmantel
waaronder ons onderdruk word, ‘n leë slagspreuk van die ANC-SAKP-NNP-régime
wat holklinkend weergalm met Stalinistiese botone. Ons behoort dit te verwerp met die minagting wat dit verdien. |