chronologie

 menings

 opstelle

 poësie

 satire

 aksies

 skrywers

 abba

 skakels

 briewe

 uit-BEELD

 uit-RAPPORT

 tuis

 

Jacob’s Ladder

Buks van Rensburg

Die menslike brein kan alternatiewe realiteite skep.

Ek bedoel nie 'n onskuldige skepping van 'n realiteit deur 'n storie, of 'n verbeeldingsvlug nie. Ek verwys ook nie na sielsiektes nie. Ek bedoel dat andersins normale persone so negatief deur die fisiese realiteit uitgedaag kan word dat die bewussyn 'n alternatief, wat meer aanvaarbaar is, skep.

Daar is derhalwe 'n uiterste vorm van ontkenning, en dit behels die skepping van 'n alternatiewe valse realiteit wat die werklike (fisiese) realiteit vervang.

Die titel van die opstel, "Jacob's Ladder" verwys na 'n film deur die Amerikaanse filmmaker Adrian Lyne. Die fliek is oor gebeure in New York, en die hoofkarakter is 'n Amerikaanse oorlogsveteraan (uit die oorlog in Vietnam). Die film begin met 'n slag in Vietnam, en verskyf dan, sonder enige verduideliking, na New York. Die hoofkarakter (Jacob, gespeel deur Jacob Singer) blyk normaal te wees, maar het gedurigdeur nagmerries en hallusinasies, en mens kry die indruk dat hy besig is om mal te word. Om 'n lang storie kort te maak - die slag in Vietnam is die ware fisiese realiteit, New York is 'n valse realiteit waarin Jacob ontvlug om die aakligheid van sy eie omstandighede te ontsnap (hy is gewond en sterwend in Vietnam). Die leer verwys na 'n finale uitnodiging om te klim vanuit die aarde (te sterf). In dié opsig is dit gepas om op te let dat "Jacob's Ladder" verwys na Genesis 28:12, waar Jakob 'n visie het van 'n leer wat strek vanaf die aarde na die hemel.

Jacob is definitief nie sielsiek nie, maar is vasgevang in 'n uiterste vorm van ontvlugting of "denial", om die Engelse term te gebruik. Sy brein het 'n nuwe en valse realiteit uitgewerk om te ontvlug vanuit die afgryslike fisiese realiteit (in Vietnam) waarin Jacob hom bevind. In die proses hoor en sien Jacob nét dit wat sy brein wil sien. Alles wat inkonsekwent is met dié alternatiewe realiteit word vermy of word geïgnoreer - en kom net uit as snaakse oomblikke van nagmerries, of slegte hallusinasies.

Afrikaners het ook onvlugtingsdrome, en soos in die geval can Jacob, werk baie van die drome ten beskerming teen die aaklige (fisiese) werklikheid waarin Afrikaners hulle bevind. Ons hoor byvoorbeeld geduring dat plaasmoorde plaasvind omdat die teikens maklik is, en vermy ander, en meer onstellende, verklarings. Afrikaanse koerante en kommentators verduidelik dat Mnr. Mbeki 'n "stille konstruktiewe diplomasie" met betrekking tot Zimbabwe en Mnr. Mugabe volg.

Daar word verwys na die verengelsing van Afrikaanse besighede, skole en universiteite, as verwikkelinge wat nie vermy kan word nie, maar ons glo dat dit nie die voortbestaan van Afrikaans in die gedrang sal bring nie. Die einde van Afrikaans as 'n akademiese en handelstaal is te verskriklik om te glo. Regstellende aksie is net 'n program om onregte van die verlede te herstel. Dit sal definitief nie verreikende gevolge vir Afrikaners en Afrikaans in die toekoms hou nie. En so skep ons 'n realiteit waarin die gevolge geïgnoreer kan word, en waarin ons met die gewone kan aangaan.

Sommige Afrikaanse politici sê dat ons betrokke moet wees met die ANC, omdat hulle kwansuis na Afrikaners sal luister. Ander kommentators skryf dat Afrikaners opposisie politiek moet ontwikkel om demokrasie in Suid Afrika gesond en effektief te maak (en dit sal ons uiteindelik red). Die leier van die Demokratiese Alliansie dink dat die ANC by die stembus verslaan kan word.

En as ek dit alles lees en hoor, dan dink ek aan Jacob's Ladder. Naamlik, dat enige ander uitsprake of gevolgtrekkings so aaklig is dat Afrikaners 'n alternatiewe realiteit skep waar ons rondsweef, onbewus van die werklike fisiese realiteit wat rondom afspeel.

"Okkam se mes" (e. Occam's razor) is a filosofiese metode wat dikwels in die wetenskappe gebruik word. Dit beteken doodeenvoudig dat die eenvoudigste verduideliking van 'n verskynsel, wat konsekwent met die fisiese eienskappe van die verskynsel is, die korrekte verduideliking is.

Met ander woorde, die eenvoudigste korrekte verduideliking ís die korrekte verduideliking.

Ek sou wens dat die geestes- en sosiale wetenskappe meer kennis neem van Okkam se mes. As Mnr. Mbeki aan ZANU-PF ondersteuners in Zimbabwe sê dat "... we have common problems..." en dat "[Mugabe] can assist us to confront the problems we have in South Africa, ...", dan vermy ons die mees waarskynlike interpretasies. Naamlik, Mnr. Mbeki is simpatiek teenoor Mnr Mugabe. Hy stem saam dat die onteiening van wit plase en onderdrukking van die opposisie geregverdige aksies is, gegewe die historiese en sosiale omstandighede in daardie land.

Dit bring ons terug na Jacob's ladder. As ons Mnr. Mbeki aan sy woord sou neem, dan is die gevolge so ontstellend, en potensieel so verreikend, dat Afrikaners 'n realiteit skep waarin Mnr. Mbeki 'n "stille diplomasie" met Zimbabwe sou volg om daar 'n stabiele demokrasie tot stand te bring.

As dít nie so is nie, dan beteken dit dat plaasbesettings, voedsel tekorte, ekonomiese ontwrigting, en dies meer, in die nabye toekoms voorlê. En so gaan Afrikaners aan in 'n ontvlugtingsdroom, waarin Mnr. Mbeki hulle in Suid Afrika verwelkom as "Afrikane", ten spyte van sy verwysing na Afrikaners as "colonial settlers" wat Suid Afrika nog nie verlaat het nie.

Afrikaners skryf in hulle koerante oor die "belang van burgerlike samelewings" terwyl Mnr. Mbeki in Zimbabwe na Suid-Afrika en Zimbabwe se "Common Problems" verwys.

In watter realiteit word daar geskryf oor die belang van burgerlike samelewings vir Afrikaners in 'n land waar hulle minder as 10% van die bevolking uitmaak?

Plaasboere word daagliks vermoor, en elke Afrikaner vandag ken óf een vermoorde boer, óf ken iemand wat 'n vermoorde boer ken. Verduideliking van dié moorde is uiteenlopend. Die boere is óf sagte teikens, óf dit is wraak, óf dit is roof, en dies meer. Dit is alles idees om afstootlike werklikhede te verduidelik, en om die mees politieke korrekte en aanvaarbare verklarings te gee. Die eenvoudigste verduideliking is dat Afrikaner boere wit is en dat hulle as indringers in Afrika beskou word. As ons dié verduideliking aanvaar, dan beteken dit die uiteindelike ineenstorting van boerderye op die platteland deur Afrikaners, en die einde van 'n Afrikaanse platteland wat reeds in die Boere Republieke ontstaan het. Dit sou beteken dat Afrikaners, ook in stede, uiteindelik "maklike teikens" gaan word, omdat hulle wit is.

Ons dink dat die Mau-Mau moorde in Kenia verskriklik was (minder as 12 wit boere is daar vermoor), en dat die moorde op wit boere in Rhodesia verskriklik was (269 tot in 1979). Maar die 1500+ vermoorde wit boere in Suid Afrika was net sagte teikens, of is net beroof, of het net gekry wat hulle gesoek het. Die "Kill the farmer, kill the Boer" gejuig deur Peter Mokaba is net retoriek, en beteken niks meer nie. So skep ons 'n alternatiewe realiteit waarin Boere doodgemaak word omdat hulle maklike teikens is, net om die verskriklike alternatiewe implikasies te vermy.

En so stap ons aan terwyl sywaarts gekyk word. Die skadu van 'n afgrond voor ons word misgekyk, of word verklaar as net 'n skadu. Ons weier om te glo dat Mnr. Mbeki bedoel net wat hy sê as hy na Afrikaners as "foreigners" verwys. Ons dink (soos onlangs in 'n koerant beweer is) dat Mnr. Mbeki "lompe diplomasie" doen as hy Zimbabwe verdedig, en ons wil nie verstaan wat hy en die ANC en ander swart nasionaliste bedoel met daardie steun nie.

En nadat Mnr. Mbeki sy sê gesê het, dan skud Afrikaner politici sy hand.

Ons weier om te glo dat die grond onteiening van plase van wit boere wyd ondersteun word in baie gemeenskappe in Suid Afrika, soos opgemerk deur die Engelsman Adian Hartley. Ons dink dat as Gilingwe Mayende oor eiendomsreg praat, dat dit sommer net "rhetoric" is. Ons wil nie verstaan wat die ANC regering se vriendskap met Kuba en Libië beteken nie. Sommige glo dat die ANC uitgestem kan word (demografiese realiteite is "unreal"), of dat hulle deur opposisie politiek, of deur gatkruipery, oortuig kan word dat Afrikaners eiendomsreg het, of taalregte het, of inheems is.

Ons wil nie verstaan wat Pallo Jordan bedoel het toe hy sê dat "radical transformation of those conditions [meaning the deracialization of South African politics]" sal 'n einde bring aan "racism and [solve] the national question". Dat hy die uitwissing van 'n Afrikaanse etniese gemeenskap hier voorstaan is te verskriklik om te glo, en so in ons realiteit het hy dit nie gesê nie, en selfs as sou hy dit gesê het, dan het hy dit sekerlik nie bedoel nie.

En so glo baie Afrikaners dat daar steeds plek is, en dat die ANC regering sal plek hou en maak, vir etniese Afrikaners en hulle taal. Dit is te verskriklik om anders to glo.

Sommige van ons dink dat Mandela 'n "saint" is, en dat "statements by hotheads such as the ANC youth" en "playing the race card by ANC spokepersons" is net dit en niks meer nie, en beteken niks verder in terme van 'n toekoms vir Afrikaners in Suid Afrika nie (Max du Preez, 18/09/03).

En so stap Afrikaners aan in die alternatiewe realiteit. Daar is oral nagmerries en hallusinasies, maar dit is nét.

Daar voor is 'n leer na die hemel, en ons moet hom klim.

Boontoe