|
|
|||||||
| chronologie
|
Die demografie van 'n Afrikanergebied, besprekingsdokument Anton Barnard , B.Ing (Siviel) (UP), B.Ing (Hons) (Vervoeringenieurswese) (UP),
Hierdie
dokument is geskryf om te dien as ‘n besprekingstuk rondom die
kwessie van ‘n Afrikanergebied in Suid-Afrika. Dit bespreek enkele
syfers rakende Suid-Afrikaanse demografie. ‘n Moontlike gebied wat
kan dien as ‘n Afrikanergebied word ge-identifiseer, alhoewel dit
slegs as ‘n ruwe benadering daarvan bedoel is. Syfers en skattings
rondom die demografie en ekonomie van die gebied word ook bespreek.
Die
meeste van die inligting in hierdie dokument is verkry van die 2001
sensus. Dit is vryelik aan die publiek beskikbaar vanaf Statistics SA
se webwerf. Daar is enkele plekke waar Statistics SA se inligting
ontbreek, of onvoldoende is, en aannames in hierdie verband sal
duidelik in die teks aangetoon word. Die bronne is doelbewus gekies
vir maksimum toeganklikheid deur alle partye, en dus is
Internet-gebaseerde bronne gebruik. ‘n Volledige bronnelys en rou
data is beskikbaar vanaf die outeur op versoek.
Die
sensus word vyfjaarliks op grond van vraelyste aan huishoudings
gedoen. Daar is ‘n hiërargie van gebiede, vanaf ‘n klein
opnemergebied van ongeveer 200 huishoudings, na plekname,
munisipaliteite en provinsies. Hierdie studie is op grond van
munisipale gebiede gedoen, en as sulks het dit ‘n bepaalde
granulariteit. Omdat hierdie dokument bloot die konsep probeer
illustreer, is geen poging aangewend om die gebied noukeurig te
definieer of die aantal Afrikaners te optimiseer nie. Daar is dus
heelwat ruimte vir verfyning.
Volgens
die 2001 sensus, is die volgende by benadering die samestelling van
die Suid-Afrikaanse bevolking. Swartes: 35 miljoen, kleurlinge 4
miljoen, Asiërs 1,2 miljoen en blankes 4,3 miljoen. Dit sommeer na
‘n totaal van ongeveer 45 miljoen. Die
bostaande toon duidelik dat enige konsep van ‘n Suid-Afrika van
ouds, waar blankes regeer, totaal en al onhaalbaar is. 4.1
Onwettige immigrante Daar
is ‘n reuse vloed van onwettige immigrante wat Suid-Afrika
binnestroom uit die res van Afrika. Dit is nie vergesog om te sê dat
daar ‘n massiewe inval uit die res van die kontinent onderweg is
nie, en veral uit die state naaste aan Suid-Afrika, soos Mosambiek en
Zimbabwe. Myron
Weiner (The Global Migration Crisis: Challenge to States and to
Human Rights) skryf: "Any country rich or poor, that
opened its borders might soon find other states taking advantage of
its beneficent policy. A neighbouring country whose elite wanted a
more homogenous society could readily expel its minorities; a
government that wanted a more egalitarian society could dump its
unemployed and its poor; an authoritarian regime could rid itself of
its opponents; a country could empty its jails, mental institutions,
and homes for the aged. In an extreme case, an overcrowded populous
country could take over a hypothetically generous country simply by
transferring a large part of its population, and an aggressive country
would no longer need tanks and missiles for an invasion. " Die
Departement van Binnelandse Sake beraam dat daar ongeveer vyf miljoen
is, maar daar is ook ramings wat daardie syfer vermeerder na agt of
selfs tien miljoen mense. Dit sou impliseer dat een uit elke vier of
vyf swartes in Suid-Afrika moontlik ‘n onwettige immigrant is. Dit
is onseker hoeveel van die onwettiges deel was van die sensus. Mens
sou vermoed dat ‘n onwettige immigrant nie sonder meer sou erken dat
hy onwettig hier is nie uit vrees vir vervolging, en dit is dus heel
moontlik en selfs waarskynlik dat ‘n groot gedeelte van diegene wat
as SA burgers getel is, in der waarheid onwettige immigrante is. Daar
is tweedens ‘n enorme sluikhandel in vervalste ID dokumente. Ek
was egter konserwatief in my berekeninge, en het Binnelandse Sake se
raming van 5.2 miljoen onwettige immigrante gebruik, om vir hierdie
onsekerheid voorsiening te maak. 4.2
Tale Die
tale wat hier na verwys word, is eerste tale, met ander woorde wat die
sprekers se huistale is. Zoeloe is die grootste taal in Suid-Afrika,
met 10,7 miljoen sprekers, gevolg deur Xhosa met 7,9 miljoen.
Afrikaans is derde met ses miljoen sprekers. Engels as huistaal ding
mee met Setswana vir die vierde plek. Van
al die Afrikaanssprekendes in Suid-Afrika, is 54% kleurlinge. As mens
egter die voormalige Kaapprovinsie buite rekening laat, lyk die
prentjie heel anders. In die res van Suid-Afrika is 79% van die
Afrikaanssprekendes blank, 16% kleurlinge, en verrassend genoeg 5%
swart – ongeveer 250 000 swartmense wat Afrikaans as hulle eerste
taal gegee het. Van
al die blanke Afrikaners in Suid-Afrika, woon 39% in Gauteng, en slegs
18% in die Weskaap. Van al die blankes (Engels en Afrikaans) woon 41%
in Gauteng, en 19% in die Weskaap. 4.3
Ekonomie Suid-Afrika
se totale BBP is in die omgewing van 100-120 miljard dollar per jaar.
Gauteng se ekonomie is verreweg die grootste van die provinsies in
Suid-Afrika. Ongeveer 38% van Suid-Afrika se BBP word in Gauteng
gegenereer. Die Weskaap se ekonomie is in die tweede plek met 19%. 4.4
Staatsinkomste Daar
is ‘n geweldige wanbalans tussen wat blankes aan belasting betaal,
en die dienste wat hulle in ruil daarvoor ontvang. Mens hoef net te
kyk na die geweldige groei in byvoorbeeld die privaat
sekuriteitsmaatskappye die afgelope paar jaar om te besef dat die
staat se prioriteite elders is, en dat dienste wat belastingbetalers
redelikerwys sou kon verwag, soos effektiewe polisiëring, vir alle
praktiese doeleindes verdwyn het. Hieronder
praat ek slegs van persoonlike inkomstebelasting, wat ‘n
kommerwekend-hoë persentasie van die staatsinkomste in Suid-Afrika
verteenwoordig. Ontvangstes uit maatskappybelasting is slegs ‘n
breukdeel van persoonlike belasting, en die las op die privaatpersoon
groei al vir ‘n aantal jare. Hierdie tendens sal vermoedelik
versnel, omdat heelwat van die groot maatskappye in die proses is om
hulleself op oorsese aandelebeurse te noteer. Mens vermoed dat die
staat se beleid rakende bemagtiging ‘n groot motiveerder hiervoor
is. Die staat vorder tans ongeveer 89 miljard rand per jaar vanuit
persoonlike inkomstebelasting in (2004 begroting). My
raming is dat nie minder nie as 76% van alle persoonlike belasting
hierbo deur blankes betaal word. Die
skatting hierbo is gemaak deur na die verklaarde inkomste in die
sensus te kyk, en te beraam hoeveel belasting betaalbaar is op die
verklaarde inkomste. Blankes het as 'n reël 'n groter inkomste as
swartmense, en is dus op hoër belastingskale. Dit
is ‘n skrikwekkende groot persentasie, as mens in ag neem dat
blankes minder as tien persent van die bevolking uitmaak. Volgens die
Buro vir Ekonomiese Navorsing het swartes se koopkrag in die afgelope
paar jaar die van blankes verby gesteek, maar hulle bydrae tot die
staat se inkomste in die vorm van belasting word deur blankes s’n
verdwerg. Dit kan sonder enige twyfel gesê word dat die blanke die
res van die bevolking onderhou, selfs immigrante uit Afrika soos
onlangs deur die Grondwetlike Hof gelas. Dit
is insiggewend dat die huidige regering sulke inligting duidelik as
gevaarlik beskou. Statistics SA se webwerf publiseer byvoorbeeld nie
belastingontvangstes per rassegroep nie en slegs persentasies sosiale
befondsingsvloei tussen bevolkingsgroepe, alhoewel die syfers per
groep baie maklik verkrygbaar sou wees vanaf die SA Inkomstediens. Mens
kan tereg vra of blankes oor die afgelope tien jaar nie alreeds al die
sogenaamde “Apartheidskuld” betaal het uit hoofde van hul
buitensporige belastingbydraes nie.
Ek
het gaan kyk na gebiede waar die grootste aantal blanke Afrikaners
gevestig is. Die vereiste was dat dit ‘n kontinue grondgebied moes
wees. Ek het spesifiek blanke Afrikaners gebruik omdat hulle tans
gebuk gaan onder regstellende aksie, en ook ‘n totaal buitensporige
bydrae tot die land se inkomste lewer, relatief tot hulle getalle. Die
ANC-regering het ‘n gerieflike definisie van ‘n persoon wat
kwalifiseer vir burgerskap van die Afrikanergebied verskaf. Dit sou 'n persoon wees wat tans gebuk gaan onder doelbewuste diskriminasie,
en nie kwalifiseer vir regstellende aksie nie. Met hierdie breër
definisie sou mens kon sê dat enige blanke, Afrikaans of Engels, sou
kwalifiseer, maar immigrante uit byvoorbeeld Mosambiek of Zimbabwe
beslis nie, omdat sulkes wat verblyfreg het, bo blankes verkies word
vir regstellende aksie. Let op dat bostaande definisie deur die
regering daar gestel is, en nie die outeur hiervan nie. Daar
was twee potensiële gebiede, die Weskaap en Gauteng wat in aanmerking
geneem is. Die Weskaap het egter slegs die helfte van die aantal
blanke Afrikaners wat in Gauteng woon, dus was Gauteng 'n beter
keuse. 5.1
Studiegebied Soos
vroeër vermeld het ek die munisipale grense as ‘n maatstaf en basis
van aggregasie gebruik. Ek het die volgende munisipaliteite as deel
van die Afrikanergebied gebruik: Pretoria, Krugersdorp, Randfontein,
die Oosrand, Bronkhorstspruit, Delmas, Witbank, Highveld Ridge en
Middelburg. Die gebiede is gekies op grond van die hoë aantal blankes
wat in daardie gebied volgens die sensusdata bly. Daar is ook heelwat
Afrikaners in noordelike Johannesburg, soos bespreek in die gedeelte
hieronder. In
die dae van Apartheid is die townships doelbewus op die periferie van
die blanke gebiede gebou, en daardie tendens bestaan nog. Ek het dus
die volgende gebiede weggelaat uit die Afrikanergebied: Soshanguve
(noord van Pretoria), Mamelodi (aan Cullinan), Tembisa/Ivory Park (aan
Midrand/Johannesburg) en Katorus (suid van die Oosrand). Die weglating
van hierdie gebiede het nog steeds ‘n aaneenlopende stuk grond
gelaat. Die
geskatte swart bevolking van die bostaande gebiede wissel, afhangende
van watter bron mens glo, maar ek het op ‘n syfer van 3.5 miljoen
swartmense in totaal gewerk. Dit vergelyk goed met die syfer van 4,5
miljoen vir alle swartmense, as mens in ag neem dat daar ook kleiner
townships rondom Benoni en Witbank byvoorbeeld is, wat redelik maklik
die oorblywende een miljoen kan verklaar.
Figuur
5.1: Kaart van gebied. Let op dat township-gedeeltes nie verwyder is
nie. 5.2
Demografie Volgens
die sensusdata is daar ongeveer 787 000 blanke Afrikaners in die
gebied, en 882 000 Afrikaanssprekendes in totaal. Daar is 1,2 miljoen
blankes in die gebied as Engelssprekendes bygereken word. Daar is
ongeveer 4,6 miljoen swartes en Asiërs in die gebied, maar dit sluit
die 3,5 miljoen in die townships hierbo genoem in. Sou mens hulle
weglaat deur eenvoudig die townships hierbo genoem uit die gebied te
laat, is daar ongeveer 1 miljoen swart mense in die gebied. Dit
is debatteerbaar of hierdie een miljoen swartes verskuif moet word of
tydelike verblyfreg moet ontvang en dan op grond van byvoorbeeld ‘n
taalvaardigheidstoets, bewys van inkomste, belastingrekords en
kriminele agtergrond, moontlik uiteindelik kan aansoek doen vir
burgerskap. Laasgenoemde burgerskapskriteria is soortgelyk aan dié
van baie Westerse lande. My berekeninge hieronder is konserwatief, en
neem aan dat hierdie een miljoen mense deel is van die totale
bevolking en nie dadelik verskuif word nie. Ten
spyte van bostaande, dui die syfers daarop dat daar meer blankes as
swartmense in die gebied is, en ongeveer 300 000 meer blankes en
kleurlinge saam as swartmense. Die effek van onwettige immigrante en
die waarskynlike instroming van blankes uit ander gebiede hieronder
bespreek, verbeter hierdie prentjie nog verder. Omdat
die swartes se taalgroepe hoegenaamd nie homogeen is nie, is Afrikaans
by verre die grootste enkele taalgroep in hierdie gebied. In Gauteng
as geheel is die taalgroepering onder swartes ongeveer 28% Zoeloe, 15%
Sepedi, 17% Sesotho en verdeel tussen die ander tale. Die grootste
swart taalgroep, Zoeloes, in die Afrikanergebied is dus ongeveer slegs
280 000 lede sterk, as ek dieselfde relatiewe persentasies op die
swart bevolking binne die gebied toepas. Afrikaans
is dus die taal van 41% van al die inwoners van hierdie gebied. Zoeloe
is 12% van die totaal, en Engels 14,5%. 5.3
Onwettige immigrante in die gebied Op
die sensusvorms was daar ‘n veld vir nasionaliteit. Slegs 435000
mense het aangedui dat hulle uit die res van Afrika kom. Dit is gans
en al onmoontlik dat dit reg kan wees, as mens in ag neem dat
Binnelandse Sake beraam dat daar 5.2 miljoen onwettige immigrante is.
Ek was gedwing om aan te neem dat die aantal mense per gebied wat
onwetting daar is, min of meer proporsioneel sou ooreenstem met dié
wat aangedui het dat hulle uit die res van Afrika kom. Mens sou verwag
dat die noordelike provinsies die ergste sou ly onder onwettige
immigrasie, en die aanname het geklop met hierdie vermoede. Gauteng en
Mpumalanga het volgens my model die meeste onwettiges gehad. Onwettige
immigrante het volgens alle erkende internasionale regsbeginsels nie
verblyfreg in Suid-Afrika nie, en Suid-Afrika of in hierdie geval die
Afrikanergebied sou die volste reg hê om hulle te repatrieer. Hulle
sou nie redelikerwys kon verwag om verblyfreg of enige sosiale
voordele uit die Afrikanergebied te verkry nie. Presedente hiervoor is
volop, byvoorbeeld die beleid van Australië en Brittanje jeens
immigrante. Op
grond hiervan, is daar minstens 870 000 onwettige immigrante in die
gebied, of as mens die hoë ramings in ag neem, selfs tot 1.6 miljoen. Mens
sou verwag dat onwettiges hulself meestal in die townships hierbo
genoem sou vestig en dat hulle deel vorm van my skatting van 3,5
miljoen, maar daar is ook ongeveer ‘n miljoen mense wat in kleiner
townships (Daveyton en Atteridgeville, byvoorbeeld) en buite townships
bly, en dit is dus moontlik dat die getal van 1 miljoen swartes
verminder kan word met tussen 200 000 en 400 000 mense as mens ‘n
pro-rata deel die onwettiges wat deel vorm van die een miljoen, sou
repatrieer. 5.4
Afrikaners in aangrensende gebiede Dit
is heeltemal moontlik en selfs te verwagte dat Afrikaners uit
omliggende gebiede die gebied sal binnestroom. Daar kan ook moontlik
‘n terugkeer van uitgewekenes wees vanuit die buiteland, maar ek het
laasgenoemde buite rekening gelaat omdat die omvang daarvan te moeilik
bepaalbaar is. Daar is ongeveer 260 000 blanke Afrikaners in die
groter Johannesburg gebied. Dit sou redelik eenvoudig wees om baie van
hierdie blankes in die Afrikanergebied in te lyf, deur byvoorbeeld
Roodepoort en dele van noordelike Johannesburg deel te maak van die
gebied. Noordelike Johannesburg en Roodepoort grens aan die
voorgestelde gebied, dus sou die gebied nog steeds aaneenlopend bly. Daar
is ook substantiewe Afrikanergemeenskappe in Brits, Rustenburg,
Warmbad en veral suid van die gebied, byvoorbeeld in Vereeniging en
die noordelike Vrystaat. Mens
vermoed dus dat minstens 150 000 of meer Afrikaners na die nuwe gebied
sal verhuis, of daarby ingelyf wees in Noordelike Johannesburg, deur
byvoorbeeld ‘n gedeelte van die 260 000 blanke Afrikaners in
Johannesburg in ag te neem. 5.5
Demografie ná aanpassings hierbo As
mens na die effek van die huidige demografie, onwettige immigrante en
die byvoeging van Afrikaners uit omliggende gebiede in oënskou neem,
lyk die prentjie soos volg: Afrikaanssprekend (alle rasse): 1.03 miljoen (49%) Afrikaanssprekende blankes: 937 000 (45%) Engelse blankes:340 000 mense (17%) Swartes (sonder onwettige immigrante): 700 000 (33%) Totaal:
2 100 000 mense. Let
op dat bostaande nie daarvoor voorsiening maak dat swartmense wat SA
burgers is, verskuif word nie. Bostaande
is naby aan ‘n volstrekte meerderheid Afrikaanssprekende blankes, en
Afrikaners is by verre die grootste taalgroep in die gebied.
Figuur
5.2: Bevolkingsamestelling van Afrikanergebied Sou
die swartes verskuif word, deur hulle byvoorbeeld te vergoed om te
verskuif, of om behuisingsprojekte befonds deur die Afrikanerrepubliek
te loods, sou die Afrikaner se meerderheid natuurlik oorweldigend
wees. In
terme van bevolking sou die land soortgelyk in grootte aan Namibië en
Litoue wees. 5.6
Bevolkingsgroei en migrasie Daar
is twee faktore wat die meerderheid in die Afrikanergebied tans
bedreig. Eerstens is die natuurlike aanwas in die bevolking. Blankes
se bevolkingsgroei is, tipies van Westerse bevolkings in Europa,
staties, of selfs negatief, veral as mens emigrasie in ag neem. Die
swart bevolking, daarenteen groei teen ‘n koers in die omgewing van
2.6%, teenoor ‘n blanke bevolkingsaanwas van slegs 1%, of heel
moontlik selfs ‘n negatiewe groei. Eersgenoemde syfer word effens
deur die impak van VIGS verminder. Die
tweede faktor is die enorme migrasie uit die res van Afrika, wat
breedvoerig elders bespreek word. As
mens na bostaande syfers kyk, is dit duidelik dat die meerderheid van
Afrikaanssprekendes onder ‘n bedreiging verkeer. Die regering se eie
skatting is dat die bevolking in Suid-Afrika sal verdubbel teen 2025.
Mens kan redelik seker wees dat naby aan 100% van daardie aanwas uit
geledere anders as die blanke bevolking sal kom. Dit
is dus krities belangrik dat daar dringend opgetree word om die
Afrikanergebied te laat realiseer, voordat die bogenoemde faktore die
huidige meerderheid vernietig. 5.7
Grootte van gebied Die gebied se oppervlakte is ongeveer 18 000 vierkante kilometer. Dit is
minder as 2% van die hele Suid-Afrika se grondgebied, en omtrent
twee-derdes van die grootte van België.
Heelwat lande is kleiner as die Afrikanergebied, byvoorbeeld Jamaika,
Koeweit en Libanon. Dit is belangrik om daarop te let dat nóg die
platinareserwes van die Bosveldkompleks nóg ‘n groot deel van die
Witwatersrand en Vrystaatse goudvelde, nóg die finansiële distrik
van Sandton binne die gebied val, en dus kan die keuse van ‘n gebied
nie daarvan beskuldig word dat dit die rykste mineraalreserwes vir
homself toe-eien nie. Die relatiewe klein grootte van die gebied impliseer
ook dat die grensgebied met Suid-Afrika relatief kort sou wees, en
baie makliker sou wees om te polisieer as dié van die huidige
Suid-Afrikaanse grense. 5.8
Ekonomie Dit is moeilik om die BBP van die gebied te beraam,
omdat daar noodwendig ‘n verskuiwing van mense en maatskappye sal
plaasvind. Die bruto geografiese produksyfers tot my beskikking is
gebaseer op landdrosdistrikte wat nie presies met die gebied oorvleuel
nie, wat die analise bemoeilik, en dus is die onderstaande slegs ‘n
skatting. Die
bruto geografiese produk van die gebied, volgens 2000 syfers, is in
die omgewing van R150-R200 miljard per jaar. Teen ‘n wisselkoers van
R6,70 per dollar, is die BBP ongeveer 30 miljard dollar per jaar.
Suid-Afrika se totale BBP is ongeveer 100-120 miljard dollar per jaar. ‘n BBP van 30 miljard dollar per jaar dui op ‘n BBP per
capita van 14 300 dollar per jaar (almal wat tans in die gebied is,
swartes inkluis), of 21 400 dollar per kop per jaar, as die swartes
verskuif word. Eersgenoemde dui op ‘n BBP per kop soortgelyk aan
Malta of Hongarye. Laasgenoemde plaas die Afrikanergebied in dieselfde
liga as byvoorbeeld Nieu-Seeland of die Isle of Man in terme van BBP
per kop. Teen koopkrag-gelykheid (Purchasing Power Parity) is die BBP van die gebied ongeveer 135 miljard dollar per jaar. Dit plaas die Afrikanergebied hoog op die ranglys van Afrika-lande, en goed geposisioneer onder ander klein lande in die wêreld. Verwysings
|
|||
|
|