chronologie

 menings

 opstelle

 poësie

 satire

 aksies

 skrywers

 abba

 skakels

 briewe

 uit-BEELD

 uit-RAPPORT

 tuis

 

Kommunistiese verowering van Suid-Afrika

Sydney Gregan

Die persepsie bestaan dat Kommunisme tot 'n val gekom het in 1989 met die val van die Berlynse Muur en ook toe die USSR in duie gestort het aan die einde van 1991. Dit, gepaard met die propaganda dat Kommunisme nie meer 'n gevaar is nie, het veroorsaak dat niemand 'n wenkbrou gelig het toe die ANC en sy Kommunistiese vennoot, die SAKP, in 1994 aan bewind gekom het in Suid-Afrika nie. Dog het Anatoliy Golitsin, voormalige Kommunis en skrywer van die boeke New Lies for Old in 1984 en The Perestroika Deception in 1995, gewaarsku dat die "val" van Kommunisme 'n slenter is. Hy het gesę dat Kommunistiese en "nie-Kommunistiese" organisasies sal saamsmelt en deur middel van 'n massiewe disinformasieprojek en onder die dekmantel van perestroika en glasnost, die węreld van die teendeel sal oortuig. Hierdie boeke het, om verstaanbare redes, nie veel publisiteit gekry nie.

Gevolglik verg dit baie oortuiging om mense vandag wys te maak dat die Kommuniste nie net stewig in die saal sit in Suid-Afrika (soos elders in die węreld) nie, maar ook dat daar nou 'n finale poging aangewend word om die Afrikaner deur middel van die Kommunistiese rewolusie te vernietig. Res ipsa loquitur, lui die Latynse spreuk: Die feite spreek vanself. Indien die satynkleed weggetrek word, sal mense tot die ontstellende besef kom dat wat nou in Suid-Afrika plaasvind, presies volgens die Kommunistiese resep verloop en dat ons deur die Kommunistiese ystervuis regeer word.

Dit is belangrik om 'n paar begrippe te definieer. Een daarvan is Kommunisme. Nog 'n begrip is rewolusie. Daarna moet die Kommunisme se invloed węreldwyd in oënskou geneem word. Laastens sal die aanslag op Suid-Afrika vandag beoordeel word.

Definisies

Die Kommunisme is 'n soort sosialisme wat bepaal dat die sosiale (die gemeenskapsbelang) belangriker is as die indiwidu en die indiwidu se belang. Andrzej Walicki stel in sy werk Marxism and its Leap to the Kingdom of Freedom dat geen duidelike onderskeid tussen Kommunisme en sosialisme getref kan word nie - dat die eerste fase van die rewolusie sosialisme genoem kan word waar die ongelykhede sal voortduur en die tweede fase Kommunisme met as uitgangspunt: "From each according to his ability. To each according to his needs".

Rewolusie beteken 'n gewelddadige opstand teen (of in) 'n staat wat tot 'n radikale verandering en uiteindelike vernietiging van die bestaande orde lei. Die ANC/SAKP praat beide van twee fases in hulle omverwerping van die staat. Die eerste is die nasionale demokratiese fase. Dit is die vertoon van demokrasie wat ons in die afgelope tien jaar beleef het. Maar dit is die tweede fase waarby ons moet stilstaan, naamlik die sosialistiese fase, synde dit op die punt staan om geďmplementeer te word in ons land. Tydens laasgemelde fase sę die ANC in sy beleidsdokumente, moet die Blanke vernietig ("destruct") word.

Daar word by die Kommunis meer aandag gegee aan die belang van die geheel as aan die belang van die enkeling en word verskeie metodes aangewend om dit te weeg te bring. In die eerste plek moet alle privaatbesit gesosialiseer en dus genasionaliseer word en word die reg op privaatbesit gevolglik verwerp en uiteindelik afgeskaf. Alle privaatbesit word as 'n vorm van diefstal beskou.

Die Kommunisme is 'n geesteskind van die liberalisme. James Burnham het in sy werk Suicide of the West gesę dat die liberalisme die meeste van die basiese aksiome en beginsels en baie van die waardes en sentimente van die Kommunisme deel. Al wat die Kommunisme doen, is om hierdie liberale beginsels tot hulle logiese en praktiese uiterste te neem. Die Kommunisme is gebore uit reaksie teen die nood van die uitgebuite werker. As reaksie hierop word van die beskouing uitgegaan dat alle individue gelyk en gelykwaardig is en dat daar geen onderskeid getref mag word tussen enige individu op grond van enige kenmerk, hetsy dit geslag, ras of nasionaliteit is nie. Omdat daar geen onderskeid tussen mense getref word nie, is elke werker internasionaal en gevolglik 'n węreldburger. Daarom is die Kommunisme in sy wese anti-nasionaal.

Volgens die Kommunisme is materie die enigste werklikheid wat bestaan. Gees en siel is maar vorm of eienskappe van stof (materie). Die ideaal van 'n werkersparadys waarin volkome stoflike welvaart geniet sal word deur elkeen kan slegs behaal word indien die demokraties kapitalistiese staat omskep word tot 'n proletariese diktatuur. Laasgemelde is 'n werkerstaat. Dit kan net verkry word indien die bestaande orde gewelddadig omver gewerp word. Daarom dat rewolusie 'n essensiële bestanddeel is van elke Kommunistiese staat. Hierdie diktatuur wat die produk van die rewolusie sal wees, is 'n maginstituut wat deur geen wette beperk word nie en aan geen reg onderworpe is nie.

Vrees vir hierdie mag gee aan hierdie mag krag. Vreesverwekking en skrikbewind is 'n integrale bestanddeel van hierdie ideologie. So stel Robert Service (Russia: Experiment with a People) dat: "The state had repeatedly instigated terror. The state had wrecked the Church and ruined agriculture. The state had trampled upon popular traditions; it had intruded in the private life of people". Robert Conquest (The Great Terror: Stalin's Purge of the Thirties) stel dat die rede waarom mense hierdie terreur "hook, line and sinker" gesluk het, veel te danke het aan die lofprysing van "onafhanklike kommentators".

Die staatsregering moet 'n diktatoriale outoritęre stelsel van geweld wees en moet elke oomblik bereid wees om van bo af te straf. Dit moet geweld tot wet verhef. Tzvetan Todorov (soos aangehaal in The Black Book of Communism) stel dit soos volg: "The enemy is the great justification for terror, and the totalitarian state needs enemies to survive. If it lacks them, it invents them. Once they have been identified, they are treated without mercy".

En soos The Black Book of Communism dit stel, het terreur 'n dubbele doel. Eers is jy die vyand en dan is jy 'n krimineel. Indien jy nie konformeer en deel word van die bestel nie, is jy nie alleen 'n vyand van die bestel nie, maar 'n misdadiger. Nadat Mengistu Haile Mariam van Ethiopië op 17 April 1977 sy teenstanders as "enemies of the revolution" uitgekryt het, het daar in Addis Ababa alleen 10 000 politieke sluipmoorde plaasgevind binne die bestek van 'n jaar.

Hierdie diktatuur handhaaf homself deur strenger sensuur toe te pas op enige publikasie of persoon of instelling wat teen hierdie belange ingaan, soos nasionalistiese organisasies, koerante, tydskrifte en enige ander propaganda van watter aard ook al. Ten einde hierdie diktatuur te bewerkstellig moet elke faset van die samelewing daarvoor ingespan word waaronder die staatsmasjinerie, skole, kerke en ook frontorganisasies.

Godsdiens is vir die Kommunisme 'n onding aangesien dit leerstellings bevat wat indruis teen die sosialistiese aard van die Kommunisme. In China is daar tans 625 000 000 van die bevolking wat as ateďste beskou word. Die vertoon van godsdiens word in sekere state behou, byvoorbeeld in die USSR waar kerkgeboue laat staan is en selfs toegelaat is dat die Patriarg verkies is. Die kerke in Rusland is deur die Kommunisme geďnfiltreer en beheer. Khroestjof het slegs 7 560 kerke in die USSR staande laat bly, maar die meeste daarvan verbied om te funksioneer, en gesorg dat die kerk dienstig aan die owerheid bly, aldus Service in sy aangehaalde werk. In 2000 het 'n opname in Rusland getoon dat tien jaar na die val van Kommunisme, slegs 39% van Russe enige vertroue in die Russiese Ortodokse Kerk gehad het. Kommunisme is in sy wese ateďsties en Godsveragtend. Pous Pius XI van die Rooms Katolieke Kerk het in 1931 verklaar: "Communism teaches two objectives: unrelenting class warfare and the complete eradiction of private ownership... When it comes to power, it is ferocious in its cruelty and inhumanity". Daarvan is Whittaker Chambers (die skrywer van die boek Witness) seker die beste getuie omdat hyself 'n Kommunis was. Chambers stel ook dat daar 'n groot verskil is om op te hou om lid van die Kommunistiese Party te wees en om op te hou om Kommunis te wees. Eersgemelde is slegs 'n strategiese skuif deur Kommuniste, maar laasgemelde stel jou bloot aan genadelose vervolging. Thabo Mbeki se lidmaatskap van die Kommunistiese Party het verval, maar dat hy steeds 'n Kommunis is, behoef nie veel betoog nie.

Die Kommunisme is primęr negatief aangesien dit 'n lewens- en węreldbeskouing van wrok, haat, afguns, ontevredenheid en jaloesie is. Dit is 'n negatiewe reaksieverskynsel wat breek en vernietig. Dit is 'n vorm van nihilisme wat gebore is uit die klassestryd en verdere klassestryd propageer.

Vir die Kommunisme is die staat geen regstaat nie maar 'n blote magstaat wat die reg verwerp en net geweld erken. Die Kommunisme teer op krisisse soos Richard Pipes (Communism: A History of the Intellectual and Political Movement) dit stel. Daarom moet daar 'n krisis in die onderwys, in die landbou, in die munisipale dienste, in die hospitale, ja in elke sfeer van die samelewing wees, want krisisse stel die Kommunis in staat om te beveel en uiteindelik totale gehoorsaamheid en opoffering van onderdane te gelas, soos Mikhail Heller (Utopia in Power: The History of the Soviet Union from 1917 to the Present) dit stel.

Die Kommunisme is, soos prof HG van der Westhuizen (Vertrou op God) dit gestel het, 'n veelkoppige monster is met 'n sataniese hart. Hy kom ook in die gedaante van sosialisering, globalisme, die New Age, sosialisme, liberalisme, feminisme, "democracy", die Nuwe Hervorming, ja van enigiets wat sy oogmerke uiteindelik sal bevorder.

Wat was die resultaat van Kommunisme węreldwyd?

Kommunisme se resultaat węreldwyd kan in een woord opgesom word: vernietiging. Sedert 1917, dit wil sę vir die ongeveer 87 jaar, het Kommunisme die bevolkings van twee van die grootste state ter węreld verkneg, naamlik Rusland en China. In Rusland alleen is tweehonderd en vyftig miljoen mense deur Kommunisme verslaaf en in die buurstaat China meer as 'n duisend miljoen mense. Hierdie twee state is gekenmerk deur vrees, terreur en skrikbewind. Die gepaardgaande kriminaliteit en geweld het geen ag geslaan op menselewens nie. Daar word bereken dat Kommunisme węreldwyd meer as 'n honderd miljoen menselewens gekos het in 80 jaar.

In The Black Book of Communism, met die betekenisvolle subtitel, Crimes, Repression, Terror, waarin 'n omvangryke studie van die gevolge van Kommunisme gemaak is, stel die skrywers dat terreur een van die basiese bestanddele van Kommunisme was en misdaad een van die belangrikste kenmerke, en dat, sonder uitsondering, elke Kommunistiese bewind "criminal enterprises in their very essence" was; "They all ruled lawlessly, by violence, without regard for human life". Die gevolg was dat daar in die VSSR twintig miljoen sterftes was, in China vyf en sestig miljoen, in Viëtnam een miljoen, in Noord-Korea twee miljoen, in Kambodja twee miljoen, in Oos-Europa een miljoen en in Afrika bykans twee miljoen.

Nou sal onmiddellik gevra word waarom Kommunisme nie ook blootgestel is aan verhore soos wat die Nazi's moes deurloop en ook die geval met apartheid in Suid-Afrika die geval was nie. Een van die belangrikste redes daarvoor is dat die Kommuniste en Kommunistiese organisasies en -meelopers dit verhoed en wel om verskeie redes, waarvan onder andere die volgende:

Die Kommuniste was en is steeds in beheer van hierdie einste organisasies waar die besluite geneem word, waaronder die Verenigde Nasies; Kommunisme en die doel van Kommunisme, naamlik verslawing, juis deur die internasionale geldmagte geďmplementeer en ten doel gestel word. Daar kan nie toegelaat word dat dit stopgesit word nie; hierdie organisasies en magte se ware oogmerke, sal, indien węreldwye vervolging van Kommunisme plaasvind, ontbloot word. Dit moet ten alle koste verhoed word; enige aanval op Kommunisme sal onmiddellik beantwoord word met 'n hewige teenaanval. Enigeen wat dit waag om 'n aanval te loods, sal, indien hy nie gedood word in die proses nie, in elk geval 'n ewigdurende klad teen sy naam kry; Daar bestaan geen internasionale beweging (soos wat die geval met die Jode is) wat die saak teen die Kommunisme dryf nie; die land met die grootste bevolking in die węreld, naamlik China, het steeds 'n Kommunistiese regering en word gevrees vir sy militęre vermoë.

Dat talle Kommunistiese leiers reeds dood is, is waar. Dog kon mense soos Gorbatsjof wel tot verantwoording geroep word, maar word dit om bogemelde redes nie gedoen nie. As Kommunisme wel tot 'n val gekom het, sou vervolging waarskynlik 'n formaliteit gewees het. Nazisme en apartheid is juis veroordeel toe dit tot 'n val gebring is en was dit Kommuniste(!) wat aangedring het op verhore van hierdie "misdadigers"! En terwyl talle kan getuig oor die destruktiewe gevolge van Kommunisme, is meer as 'n derde van die węreld se bevolking tans steeds onder Kommunistiese diktature, dog sonder enige veroordeling. Golitsyn skryf dat die Kommunisme se samesmelting met die kapitalisme sal plaasvind in die naam van "demokratisering", met as uiteindelike resultaat, sosialisme. Dr Gideon Shimoni, 'n Jood, het in sy boek, Jews and Zionism: The South African Experience 1919-1967, geskryf dat: "Zionism embodies a progressive nationalism compatible with socialism, according to the formula: 'Socialist in content and nationalist in form'".

Pipes stel dat die nomenklatura, daardie bevoorregtes (burokrasie) onder die Kommunistiese bewind, 'n wesenlike belang daarin het dat hierdie bewind staande moet bly - en vir hulle lojaliteit word hulle beloon met spesiale voorregte (waaronder salarisse, toegang tot sekere hospitale en winkels en vakansieoorde) en gedreig met spesiale behandeling. Toe die USSR uiteindelik in duie gestort het, het die nomenklatura in Rusland 750 000 getel (en die KGB 480 000); en selfs hulle is die patologiese vrees en agterdog nie gespaar nie. So is daar gedurende die Great Terror van 1937/1938, aldus Pipes, 1 548 366 persone gearresteer waarvan 681 692 geskiet is, 'n gemiddeld van 1 000 mense per dag, waarvan Service vermeld, honderde duisende lede van die nomenklatura was.

Dog het mense (aldus Service) in die USSR besef dat die enigste wyse om hulle loopbaan te bevorder en hulle lewenstandaard te verhoog, is om aan te sluit by die Kommunistiese Party. In die proses het 'n wedywering tussen mense ontstaan wat geen reëls geken het nie.

Wat van die RSA?

In Suid-Afrika word die Kommunisme tans omarm as 'n vriend. Solidariteit het selfs sover gegaan om 'n ooreenkoms met die SAKP te sluit. Mense wat die Kommunisme steeds as 'n gevaar voorhou, word as belaglik afgemaak. Die Kommunistiese handlanger-media, waaronder Beeld, verkondig 'n utopia van demokrasie, vrede, voorspoed en 'n samelewing wat klaarblyklik tevrede en gelukkig is met dit wat hulle elke dag beleef. Maar wat is die werklike feite?

Die ANC is in 'n koalisie met die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party. Hierdie koalisie word as onaantasbaar beskou. Die ANC en die SAKP is 'n simbiose; die een kan nie sonder die ander nie. Die oogmerke van beide is presies dieselfde. Die ANC verteenwoordig die populęre front van die SAKP en inisieer die demokratiese fase van die rewolusie. Die tweede fase van die rewolusie waarin 'n magsdiktatuur daargestel sal word, word vanuit die dinkskrum van die ANC, naamlik die SAKP, gedoen, soos David Styles breedvoerig aantoon in sy werk Understanding the Freedom Charter. En dit sal na 14 April 2004 sy volle beslag kry, want die meeste wette is reeds in plek. Die ANC moet telkens sorg dat 'n populęre idee en -front aan mense voorgehou word, terwyl die werklike dinkwerk deur die SAKP gedoen word. Die SAKP sal, as brein en agter die skerms, die manipulasie doen vir die inwerkingstelling van die doelstellings van onder andere die Freedom Charter en die Siviele en Kriminele Kode.

Daar is twee basiese regte wat vir die indiwidu in 'n staat belangrik is. Die een is eiendomsreg en die ander is die reg op lewe. Eiendomsreg is, soos die Alexander Solshenitzyn gesę het, die wese van die onafhanklike indiwidu se bestaan. Vir enige ingeligte ontleder sal dit duidelik wees dat die huidige Grondwet geen beskerming bied aan Blankes nie en boonop privaatbesit gaan afskaf. Artikel 25 van die Grondwet is negatief geformuleer en stel dat eiendomsreg slegs ontneem kan word indien 'n wet daarvoor gemaak word. Dit is nie 'n beskerming van eiendomsreg nie maar magtig die ontneming daarvan slegs deur die maak van 'n wet.

Deur middel van die populęre front, naamlik die ANC word stemme gewerf en aan mense die utopia voorgehou van menseregte en die beskerming van eiendomsreg. In realiteit word hierdie grond van mense wat die grond werklik bewerk, naamlik die Blankes, weggevat en aan Swartes oorhandig wat geen historiese aanspraak daarop het nie en ook daarmee niks kan uitrig nie. Dr Philip du Toit toon wys in sy boek The Great South African Land Scandal op die feit dat talle plase wat van Blanke boere onteien is, en wat bestem was vir boerdery, plakkerskampe geword het, nadat dit eers deur die sogenaamde Swart boere tot niet gemaak is. Die eindresultaat sal wees dat die staat weer op hierdie grond beslag lę en sodoende word privaatbesit in die hande van die staat genasionaliseer. Dit is volkome in ooreenstemming met die doel wat die Kommunisme stel, naamlik die afskaffing van privaatbesit.

Talle ander wette het reeds die lig gesien wat privaatbesit so ontmoedig dat dit uiteindelik in die hande van die staat sal val. Hier word gedink aan die talle belastingwette wat reeds gemaak is, die Wet op die Uitbreiding van Sekerheid van Verblyfreg, die Mineralewet asook die Waterwet.

In Beeld van 30 Maart 2004 word berig dat die Wet op Erfbelasting op Munisipale Eiendom nog net deur Mbeki geteken moet word, dan is dit amptelik wet. Ingevolge daardie wet sal erfbelasting nou op werklike waarde bereken word en sal erfbelasting deur die bank verdriedubbel!

Hierdie wette word gemaak om eiendomsreg duur en onbekostigbaar en uiteindelik onmoontlik en onhaalbaar te maak. Dit is 'n proses van onteiening. Dit beantwoord volledig aan die doel van die Freedom Charter. Laasgemelde is die Kommunistiese bloudruk vir Suid-Afrika. Dit sal lei tot 'n diktatuur van die proletariaat en derhalwe 'n Kommunistiese staat, aldus hoofregter Rumpff in sy uitspraak in die bekende hoogverraadsaak (oor die doelstellings van die ANC in Suid-Afrika) in 1961. Dat 'n regter met hierdie statuur dit gesę het, spreek boekdele.

Die reg op lewe word, aldus die Grondwet, as heilig geag . Nou word gesien hoe terreur tans een van die belangrikste elemente verteenwoordig van die Suid-Afrikaanse samelewing. Met sowat 7 000 misdrywe per dag en ongeveer 30 000 mense per jaar wat vermoor word en 'n Blanke boer elke tweede dag vir die afgelope tien jaar, is 'n toestand van vrees geskep wat een van die belangrikste vereistes is vir die daarstel van 'n Kommunistiese diktatuur. Menselewens beteken niks in hierdie land nie en is die reg op lewe nie die papier werd waarop dit geskryf staan nie. Vir dié wat wel lewe, geskied dit in 'n toestand van vrees.

Talle ander wetgewing sien die lig wat as niks anders beskou kan word as die vertrapping van die demokrasie en is daar van 'n gelyke speelveld soos in 'n demokrasie verwag word, hoegenaamd nie sprake nie. Regstellende aksie hoort nie tuis in enige demokrasie nie, dog wel in 'n Kommunistiese staat en het geen "keerdatum" nie. Solidariteit sal die ontnugtering daarvan nie gespaar word nie.

Te midde van alles wat reeds verander het, sę Mbeki "Speed up Change". Abraham Fischer, voormalige leier van die SAKP het gesę: "Stress would be placed on the need for change, and by consistent propaganda the public's will to resist would be broken down". Dit beteken dat ons nog nie die einde van die "demokratisering" van die samelewing gesien het nie, en dat die tweede fase van die rewolusie nou ingefaseer sal word.

Belastering, vervolging, bespotting en swartsmeerdery van Blankes en veral nasionalistiese Afrikaners is elke dag aan die orde van die dag. Daartoe speel die Kommunistiese handlangers naamlik die media en organisasies soos die Afrikanerbond saam. Tog vind ons elke dag hoe "onafhanklike kommentators" die ANC/SAKP-regime lof toeswaai. Indien 'n volk se verlede as boos en ongeregtig gesien word, het hy geen bestaansreg meer nie. Enige persoon wat sou verskil van die bestaande orde, word ook opsy geskuif en inderwaarheid gekriminaliseer. Dit is nie om dowe neute dat apartheid tot 'n misdryf teen die mensdom verklaar is nie. Die voorstanders daarvan, naamlik die Afrikanervolk moes insgelyks tot misdadigers en tot vyande van die mensdom verklaar word. Vandag sal HNP-lede gevolglik ipso facto as misdadigers beskou word en, ooreenkomstig die Kommunistiese formule, moet diesulkes gelikwideer word.

Wanneer jy 'n persoon eers geestelik gelikwideer en vermoor het, is fisiese uitwissing 'n blote formaliteit - is die toestemming vir daardie fisiese uitwissing inderwaarheid reeds gegee. Stephan Mestrovic het in sy boek Genocide after Emotion geskryf dat as jy genoeg emosie opgewek het oor 'n leuen, is die saad gesaai vir 'n volksmoord. Die leuen dat apartheid sondig en misdadig is, het aan barbare die vrye teuels gegee om Blankes te vermoor. En indien na die definisie van die volkeregtelike misdryf volksmoord gekyk word, sien ons dat dit presies is wat hier gebeur. Dit is 'n volksmoord in die gedaante van vrede.

C Algehele konformering beteken dan ook dat elkeen aan die verkiesing sal deelneem - en dat daardie party wat die verkiesingspeletjie boikot, geteiken sal word. Die HNP moes hoor dat sy plakkate "repugnant" is, teen die "gees" van "demokrasie" en nie "good for our democracy" is nie. Daar word telkens met die gootste snedigheid na Afrikaner-nasionaliste verwys wat blykbaar nie 'n demokratiese reg het om nie aan die verkiesing deel te neem nie.

C Ons beleef, en nie om dowe neute nie, sedert 1994 die een na die ander krisis op elke terrein. Mediese- en munisipale dienste stort in duie weens onbekwaamheid en korrupsie, dog word hierdie "krisis" voor die deur van apartheid geplaas. Staatsdepartemente, skole en universiteite berig feitlik daagliks oor die een of ander krisis. Die Kommunistiese ideologie is die rede daarvoor, dog word Blankes as die sondebok uitgekryt. Hierdie "krisisse" gee aan die Kommuniste die geleentheid om verdere verandering te implementeer.

Daar is mense wat dink dat die howe ons sal beskerm. Nou moet onthou word dat die Konstitusionele Hof Kommunistiese regters het! In hierdie verband is die uitspraak van Thabo Mbeki by die opening van die nuwe Konstitusionele Hof baie belangrik: "Ons howe het die afgelope tyd 'n paar beslissings gevel wat uiters onsensitief is teenoor die impak wat ons rassistiese verlede steeds op ons bewussyn, waardes en verwagtings het. Dié Hof sal slegs die mense se respek geniet as sy beslissings die gemeenskapswaardes van die samelewing weerspieël".

Mbeki het geen geheim daarvan gemaak dat die Konstitusionele Hof slegs die mense se respek sal geniet as dit die "meerderheidswaardes" van die samelewing weerspieël. Dit is die waardes van die Swart-meerderheid wat radikaal met dié van Blankes verskil. Hy het ook blatant die "onafhanklikheid" van die regbank aangeval deur te sę dat (ander) howe uitsprake gegee het wat onsensitief is vir die meerderheid se waardes en regsgevoel. Dit is die Rule of Law van die gepeupel. Daar is geen beskerming vir Blankes in hierdie land nie.

Wat staan ons te doen?

Hierdie bestel sal in duie stort, nie alleen omdat dit die doel van die Kommunisme in Suid-Afrika is nie, maar ook die resultaat van Kommunisme węreldwyd. En dit het mnr Jaap Marais voorspel op 30 Junie 2000. En dit sal met geweld gepaard gaan, soos wat die geval in elke ander land was waar Kommunisme tot 'n val gekom het. Die geweld is ons reeds, met meer as twee miljoen misdrywe per jaar, die ooggetuies van.

In die boek The Passing of an Illusion: The Idea of Communism in the Twentieth Century word gestel dat die val van Kommunisme in Rusland niks positiefs nagelaat het nie "neither principles, nor laws, nor institutions, nor even a history". Wat dit wel nagelaat het was 'n volk in sak en as; 'n volk wat tien jaar later steeds sukkel om te verstaan wat met hulle gebeur het en wat die alternatief moet wees.

En Yevgenia Albats skryf in haar boek The KGB: A State within a State dat daar na die val van Kommunisme in Rusland steeds 'n totalitęre staat bestaan; met 3 uit elke 4 werkloos en 40% (meer as 40 miljoen) wat lewe in algehele armoede, 7% inflasie per week (!), en 'n staatsmasjinerie wat verlam is. Sy sę dat niks verander het nie. Wat wel, aldus Conquest, verander het, is dat die gaping tussen ryk en arm groter as ooit is en dat die rykes nou stinkryk geword het, of soos hy dit stel, "unparalleled in the country's history". Wat meer is, is dat hierdie superrykes (bekend as "oligarchs") geen empatie met hulle mede-landgenote het nie en absolute egoďstiese lewenswyses volg.

Kommunisme is 'n destruktiewe ideologie wat vernietig - wat verslind en verslaaf. En die gevolge daarvan strek verby die val van Kommunisme. 'n Mens hoef maar net rondom jou te kyk hoe mede-Afrikaners se lewens reeds fisies vernietig is deur onder andere regstellende aksie. Die geestelike vernietiging vind daagliks plaas deur die veelrassige poppespel bekend as sport en geďntegreerde brassery wat as vermaak gedoop is. Quinton Hogg, 'n leidende Britse politikus het gesę: "It's surely natural that a nation which has lost its ideals and its self-confidence should turn to pleasure and exitement - and self-interest". 'n Volk wat sy ideale en selfvertroue verloor het, word die voorwerp en speelbal van suggestie en propaganda en is geestelik verlam, sonder verantwoordelikheid en lewe op die laagste peil van bewussyn. Dit is duidelik kenbaar in die passiwiteit en die gees van défaitisme wat Afrikaners beetgepak het - wat elke dag die werklikheid wil ontsnap en tog nie deur realiteite gekonfronteer moet word nie.

Kommunisme het van ons mense skisofrene gemaak; mense wat hulle gedagtes en persoonlikhede ewe maklik kan verdeel in twee węrelde. Enersyds word die realiteite van die Kommunistiese Suid-Afrika erken en raakgesien, maar andersyds (en feitlik in dieselfde asem) word dit ontvlug en die vernietigende gevolge wat ons in die oë staar, ontken. Want om te lieg word 'n metode om te oorleef in enige Kommunistiese bestel en tussen lieg en bedrieg is dit maar 'n klein treetjie...

Kommunisme sal ons vernietig as volk indien dit nie gestuit word nie. Die Kommuniste het met die Afrikaner nog lank nie afgereken nie. Ons het nog nie die einde gesien nie. Ons het nog nie eers die begin gesien nie! Wanneer ons ons hande saamslaan dat eertydse "nasionaliste" soos Danie Bisschoff, Roelf Meyer, Albert Nothnagel, Pik Botha en Piet Koornhof vir die ANC/SAKP gaan stem en/of reeds lede is van hierdie Kommunistiese monster, het ons waarskynlik nog net die punt van die ysberg gesien.

En indien ons dink dat die regstelsel en die Grondwet ons sal beskerm, onthou dan dat geen wet die Kommunis nog ooit gekeer het nie. Die USSR het 'n grondwet en 'n handves van regte gehad, net soos Zimbabwe tans een het. Vir die inwoners van daardie state het menseregte niks aan hulle heil gedoen nie; uit laasgemelde staat het daar, aldus Catherine Buckle, reeds meer as drie miljoen mense sedert Februarie 2000 gevlug.

Die Kommunisme leef in 'n permanente staat van oorlog teen elkeen wat sy doelstellings teenstaan. En dit is in sy belang dat hierdie feit nie aan mense openbaar sal word nie. Daarom is Thabo Mbeki in die openbaar voor die verkiesing begaan oor arm Blankes, dog het hy in die geheim oorlog teen die Blankes verklaar. Hy sal nie rus voor die laaste spore van die Afrikaner in hierdie land uitgevee is nie.

Barry Goldwater, die konserwatiewe Amerikaanse senator, het in sy boek, Gewete van 'n Konserwatief (waarvan die voorwoord deur Jaap Marais geskryf is en in 1964 reeds meer as 2,5 miljoen węreldwyd verkoop is) dit soos volg gestel: "As 'n vyandige mag daarop uit is om jou te oorwin, en al sy hulpbronne en kragte vir die doel inspan, verkeer hy in 'n staat van oorlog met jou; en jy - tensy jy aan oorgawe dink - verkeer in oorlog met hom. Verder - tensy jy aan verraad dink - sal jou doel, soos syne wees om die oorwinning te behaal. Nie "vrede"nie, maar oorwinning".

Daar is net een mag wat Kommunisme kan keer in hierdie land en dit is Afrikaner-nasionalisme. Ons moet ons geledere sluit en trou sweer aan mekaar, was mnr Jaap Marais se oproep. Ons moet nie toelaat dat nietighede en beuselagtighede en kwaadstokery verwydering tussen ons bring nie. Ons sal mekaar nodig hę in die dae wat kom.

Alexander Solsjenitsin, hy wat Kommunisme in sy ergste vorm in die goelags moes verduur, het gesę dat die geestelike lewe van 'n volk belangriker is as die grootte van sy land of sy ekonomiese welvaart. Dit is ons moraal wat sal bepaal of ons hierdie aanslag sal kan verduur. En indien wel, sal ons dit nie net verduur nie, maar verslaan!

Indien die helder vlam van nasionalisme in u brand, sal die warmte daarvan u mede-volksgenote aantrek, en sal die gloed daarvan die Kommunis laat wyk. Want net die waarheid kan by nasionalisme staande bly en geen ideologie kan die smeltkroes van nasionalisme verduur nie. Nikita Kroestjof, groot Kommunis wat hy was, het oor hierdie valsheid self gesę: "I have tried and failed to understand what Communism really was."

Kommunisme is dalk die grootste leuen wat ooit aan die węreld opgedis is. In die VSSR is sy koerant Prawda (in Afrikaans: waarheid) gedoop, om mense te probeer oortuig van sy oogmerke. Dog is dit as leuen ontmasker en het dit in duie gestort. Die Russe het, ten spyte van die bombardering deur Prawda, en ten spyte van hulle karige kennis, geleer om die waarheid van propaganda te onderskei.

Pipes skryf dat daar waar weerstand enigsins opgevlam het, daarin geslaag is om Kommunisme te laat struikel. Weerstand ken ons in die HNP by die naam verset. En wanneer ons nie aldag weet hoe en waar en wanneer nie en nie meer raad het nie en wik, moet ons vashou aan ons volk se ideale en glo en vertrou want God sal beskik. Maar laat ons elke dag werk vir die vryheid van ons volk. Want geen taak is te gering en geen mens te onbelangrik nie. Elkeen van ons kan en sal 'n bydrae moet lewer. Want deur ons bydrae te weier, word ons nasie vermoor.

Daar is geen groter uitdaging en geen borrelender inspirasie as die wekroep van jou volk nie. Ons voorouers se grafte en die vraende blik in ons kinders se oë ruk ons tot die besef: Ons kan nie anders nie. Christus self hou hierdie volk in stand. Vergeefs die Kommunistiese woede. 23/5/2004

Boontoe