|
|
|||||||
| chronologie
|
Wimpie de Klerk vs. Jaap Marais
Nasionalis
en Liberalis in TV-debat Dr.
Wimpie de Klerk het 'n SAUK TV-program Om die waarheid te sê, 'n
tyd lank behartig; en in November 1985 het hy my uitgenooi om met
hom in die program 'n gesprek te voer. Dit
was die eerste en enigste geleentheid van hierdie aard wat die HNP
deur die SAUK gegun is sedert die instelling van televisie in
Suid-Afrika, tien jaar tevore, hoewel die HNP in die
1979-tussenverkiesings NP-meerderhede met van 3 000 tot 5 000
stemme laat daal het, en in die 1981-algemene verkiesing
byvoorbeeld in Transvaal gemiddeld 33% van die stemme gekry het,
waar die NP en die HNP teen mekaar gebots het. De Klerk het in die gesprek uit die staanspoor'n aggressiewe trant aangeslaan, soos reeds blyk uit sy eerste opmerking. De
Klerk:
Die beskuldiging word gemaak dat u aan die dooie hand van die verlede
vasklou; dat die stemme van Malan, Strijdom en Verwoerd amper
goddelike stemme is en dat u nie rekening hou met veranderde
omstandighede, met ontwikkeling nie. Wat is u antwoord daarop? Marais:
Die groot verandering wat natuurlik plaasgevind het, is dat die NP
sy hele aard verloor het dat die HNP vandag die herleefde NP is. De
Klerk:
Ek verwys na verandering in
die situasie van Suid-Afrika, in die werklikhede van Suid-Afrika. Marais:
Die situasie wat verander is, is deur die NP verander omdat hy sy
aard verander het. Hy kon nie NP bly en die dinge gedoen het wat
hy nou doen nie. De
Klerk:
Dink u die NP se ou beleid wat u nou aanhang, kan enige hoop op sukses hê?
Die standpunt is dit is 'n ou, verweerde beleid wat nie geslaag
het nie. Byvoorheeld: een van die aspekte was die tuislande as die
enigste politieke koppeling van Swartmense. Dit het nie gewerk
nie. Wat is u antwoord daarop? Marais:
Daar is net twee beginselbasisse in die Suid-Afrikaanse politiek;
'n nasionale beginselbasis of 'n liberale beginselbasis. Ons stel
ons op die nasionale beginselbasis. Die liberale beginselbasis het
oral in Afrika misluk en is besig om nou sigbaar in Suid-Afrika
te misluk. Ons sit met 'n ekonomiese verknorsing, ons sit met
buitelandse isolasie en ons sit met binnelandse geweldpleging wat
die getuigskrif is vir die mislukking van hierdie beleid. De
Klerk:
Mnr. Marais dit is 'n goeie antwoord wat u gee, maar ek gaan u nie
loslaat op hierdie argument nie. U as HNP se standpunt is dat ons
moet terugkeer na die Malan/Strijdom/Verwoerd-era. Nou maak ek die
stelling: een van hulle kernpunte was tuislandontwikkeling en
afsonderlike ekorromieë. Dit het nie gewerk nie, maar u wil dit
nou weer herinstel. Hoe gaan u daarin slaag? Marais: Dit het nie gewerk nie omdat die NP sedert dr. Verwoerd daardie beleid doodgemaak het. Dit was besig om te slaag. Kyk, dr. Verwoerd het gese dat teen die jaar 1978 moet die stroom van Swartes na die Blanke gebied beëindig word en teen die jaar 2000 moet daar in die Blanke gebied nie meer Swartes as Blankes wees nie, maar dit moet 'n Swart bevolking wees wat kom en gaan. De
Klerk: Dit
is nog u standpunt? Marais:
Dit is nog ons standpunt. De
Klerk:
Maar dit gebeur dan nie. Hoe
gaan u dit laat gebeur? Marais:
Wanneer ons die bewind oorneem, sal ons dit weer laat gebeur. De
Klerk:
Hoe gaan u dit doen? Marais:
Deur ekonomiese maatreëls. De
Klerk:
Deur 'n aparte ekonomie in
die tuislande te bou? Marais:
Deur die ontwikkeling van die tuislande te laat plaasvind in terme
van die behoeftes van daardie bevolkings, 'n behoorlike infrastruktuur
te bou met die desentralisasie van nywerhede na die grense en 'n
vinniger snelvervoer wat hulle daarheen neem sodat hulle hulle
inkomste daar bestee. Dit is die belangrike ding. De
Klerk:
Maar dit het dan nie gewerk
nie, mnr. Marais. Marais:
Dit was besig om te slaag. Daarom is dr. Verwoerd verwyder. De
Klerk:
Die hele kwessie wat ook ek
hier het, is die Swart terugvloei. Gaan u die Swartmense dwing om
terug te vloei na die tuislande as u daarin sou slaag - wat
ekonome se onhoudbaar is - om 'n hele nuwe groot tuislande-ekonomie
te bou? Hoe gaan u die man hier optel en daar neersit? Marais:
Deur ekonomiese maatreëls. Jy maak dit aantrekliker vir die man om
daarheen te gaan, en ons moet bereid wees om in terme van die
blankes opofferings te maak om dit te doen. De
Klerk:
En as die man nie soontoe wil gaan nie? Marais:
Dan sal ons seker met hulle moet oorleg pleeg dat hulle regte hier
baie beperk sal word. De
Klerk:
Staan u nog vir diskriminasie en diskriminerende wetgewing, rnnr.
Marais? Marais:
Kyk, diskriminasie is maar net die teenkant van voorkeur. Jy kan
geen voorkeur uitoefen sonder om te diskrimineer nie en 'n volk
het die reg om te diskrimineer ten gunste van sy eie. As hy dit
nie doen nie, kan die nasionalisme nie bestaan nie. De
Klerk:
Sou u dit geïnkorporeer wil hê in definitiewe voorkeurwette? Marais:
Ja, beslis. As dit moreel is om voorkeur te hê vir 'n volk om sy
voortbestaan te verseker, dan is dit ook moreel om dit in
wetgewing om te sit. De
Klerk:
Is dit moreel? U weet, daar word ook gesê dat u party 'n openlike en
plek-plek verskuilde rassisme opbou. Is rassisme in die sin van
selfverheffing en verwerping van 'n ander ras moreel? Wat is u
antwoord daarop? Marais:
Dit is 'n baie arbitrere definisie van rassisme. As ons rassisties
is, dan was die NP onder Malan, Strijdom en Verwoerd, ook
rassisties en ek vrrwerp dit heeltemal: ons staan net vir
dieselfde beginsels as waarvoor hulle gestaan het. De
Klerk:
Maar u val nou weer terug na Malan, Strijdom en Verwoerd. Hulle het tog
nie goddelike insigte gehad nie. Dit was mense wat vir hulle tyd
sekere
beleide ontwerp het en wat u en ek saam ondersteun het in daardie
tyd. U het nou net by hulle bly vassteek. Dit is nie vir my 'n
goeie argument om te sê
omdat
hulle nie rassisme bedoel het nie, bedoel u nie rassisme nie. In
een van u pamflette se
u
byvoorbeeld: `Daardeur het die Blankedom 'n meerdere plek in die wêreld
verwerf wat aan hom groter politieke mag, hoër lewenstandaarde en
groter verantwoordelikheid gee. Dit is in sy kern 'n
selfverheffing, 'n soort chauvinisme. Antwoord asseblief daarop
mnr. Marais, want u word baie sterk aangeval daarop. Marais:
Ek kan dit in een woord beantwoord. Wat daar staan, is suiwer
historiese feite. Iemand wat dit betwis, wil die geskiedenis
miskyk. De
Klerk:
Is dit
me ook 'n historiese feit dat daar op die oomblik 'n geweldige
opkoms van die Swartman is nie? Ekonomies, polities, sosiaal gaan
hy 'n geweldige ontwikkelingsfase deur en dat hy gelyk word op
baie vlakke met sy eweknieë in Suid-Afrika, die Blankes, nie? Marais: Dit is baie kunsmatig. As u kyk na Afrika, waar die Swartes oorgelaat is aan hulleself en u kyk na die geskiedenis: nêrens in die wêreld en nog nooit in die geskiedenis was daar 'n enkele Swart samelewing wat hom op sy eie kon ophef tot die lewenstandaard van 'n Blanke samelewing nie. De
Klerk:
Voel
u hulle gaan vir ewig gedoem wees in die ondergeskikte posisie? Marais:
Nie in 'n ondergeskikte posisie nie, in hulle anderse posisie. De
Klerk:
Mnr.
Marais ek wil ook vir u vra: as ek die stelling maak dat u beleid
polities onuitvoerbaar, ekonomies onuitvoerbaar en internasionaal
onuitvoerbaar is. Wat is u antwoord op daardie
onuitvoerbaarheidsaspek? Marais:
Hy is meer uitvoerbaar as wat die huidige beleid is wat gevoig
word. De
Klerk:
Hoekom? Marais:
Die huidige beleid kan net een gevolg hê: dit is soos in die res
van Afrika gedemonstreer is dat wanneer jy begin om gelykstelling
te aanvaar op ekonomiese, sosiale, kulturele en politieke gebied,
lei dit tot een mens, een stem en die totale verval van ekonomiese
en politieke orde. Wat ons betref, ons beleid wat ons volg, is
beproef in Suid-Afrika. Toe dr. Verwoerd geleef het, was die
groeikoers 6% en die inflasiekoers 2%. Ons het die Internasionale
Hofsaak gewen; Suid-Afrika het onaantasbaar gestaan in die
internasionale politiek en ons het binnelandse orde en vrede gehad
in teenstelling met wat ons vandag het. De
Klerk:
Wil u dus
sê
dat
dit die beleidsrigtings in die land is wat die onrus en ekonomiese
problematiek gebring het? Marais:
Die onrus spruit hoofsaaklik uit die stygende verwagtings wat
geskep word deur die aanhoudende toegewings en
"hervormings" en "aanpassings" om die buitewêreld
te probeer behaag. De
Klerk:
U en
ek bly vassit in ons gesprek by die punt dat ek sê
die
beleid moes juis verander word omdat Verwoerd se beleid nie
geslaag het nie. Dit is dus klaar beproef en as misluk afgeskrywe,
daarom moes ons verander in die land. U kan nie vir die kykers
bevredigend bewys dat u beleid wel
gewerk
het en nog kan werk nie. Ek wil graag aan u 'n geleentheid gee om
daardie uitvoerbaarheid te verduidelik aan die kykers. Marais:
Wel, ek het so pas vir u gesê wat was die heersende toestande toe
dr. Verwoerd gelewe het. Ons het 'n baie sterk ekonomie gehad, ons
het 'n sterk internasionale posisie gehad en ons het binnelandse
orde gehad. Wat wil jy meer hê in 'n land? Kyk die chaotiese
toestand waarin die land nou is. Ons kan nie ons skuld betaal nie,
ons sit met 'n inflasiekoers van 16%, mense is besig om bankrot te
speel teen 'n ongehoorde tempo, werkloosheid neem toe ... Die
basiese rede daarvoor is toe die Regering begin het met
gelykstelling. As gelykstelling moet slaag, moet hy ook op
ekonomiese gebied slaag en as hy daar faal, kan hy nêrens slaag
nie. De
Klerk:
Nou se
die
mense wat die dinge bestudeer dat aspekte van die ekonomiese
krisis onder meer veroorsaak is deur die feit dat die buiteland
voel dat die Regering juis nie vinnig genoeg vorder in sy beleid
nie. Sou u dink dat die buiteland vir u beleid, sou u aan bewind
kom, hande klap en nie lenings opeis en nie ekonomiese sanksies
sal toepas nie? As hierdie regering al so
ly
onder buitelandse woede, hoe gaan u regering die buiteland
hanteer? Marais:
Jy moet jou land net nie blootstel aan hierdie druk wat die buiteland
nou uitoefen nie. De
Klerk:
Hoe
kry ons dit reg? Marais:
Die finansiële wanbestuur van die Regering van die afgelope jare
om lenings aan te gaan teen so 'n tempo sonder om in ag te neem
wanneer dit terugbetaal moet word en waar hy nou blootgestel is
aan hierdie druk van die buiteland. Die tweede ding is: hy het vir
die buiteland gewys dat as die huiteland horn druk, dan gee hy
toe. Daardeur lok hy groter druk uit. De
Klerk:
U verkleineer
in u pamflette en ook hier die boikotte en internasionale druk
asof dit sommer speletjies is. As ons kyk waarin ons op die oomhlik
sit, met 'n sportboikot, ekonomiese boikot, posboikot, dreigemente
van 'n TV-boikot, dreigemente oor SAL-landingsregte, tegnologiese
boikot ... Al hierdie dinge gebeur met 'n sogenaamde verligte
regering. Hoe kan u 'n waarborg gee as u u wil kry, die buiteland
nie in 'n geweldig meer aggressiewe wyse op ons sal neersak nie? Marais:
U verwys nou na die "verligte" regering. Lyk vir my al
verligtheid
is meer verblindheid as verligtheid. Ek beskou dit nie as
speletjies nie. Ek dink u maak dit verkeerd af as u sê dit is
speletjies. Die feit is dat die buiteland druk uitoefen om hulle
doelstellings te bereik in Suid-Afrika. En hulle doelstellings is
onversoenbaar met Blanke voortbestaan. Die buiteland wil een
mens, een stem in Suid-Afrika hê en dit sal heeltemal dwaas wees
om te dink enige party in Suid-Afrika - selfs die PFP- kan die buiteland
tevrede stel. Ons moet dus besluit wat die vereistes is wat vir
ons van belang is en dan moet ons bereid wees om te staan. De
Klerk:
Die
beleid wat u voorstaan, is polities onaanvaarbaar vir die groot
meerderheid in Suid-Afrika, want dit sal 'n erger revolusie as nou
in die hand werk. Dit is vir die Nieblanke kieser onaanvaarbaar,
dit is vir die groot meerderheid Blanke kiesers onaanvaarbaar; dit
is as ideaal onaanvaarbaar want dit bring nie 'n skikkingsmodel
na vore nie en dit is moreel onaanvaarbaar. Wat sê
u
oor aanvaarbaarheid, mnr. Marais? Marais:
Wat die Swartes betref: die ANC en die UDF sal nie eens deur die Progge tevrede gestel word nie. Dit kan nie 'n
maatstaf wees nie. Wat die Blankes betref, het Sasol (Sasolburg se
verkiesingsuitslag) nou gewys dat die HNP se beleid meer
aanvaarbaar is in die Vrystaat as die NP se beleid. De Klerk: Een
swaeltjie 'n somer? Marais: Wel, op die huidige statistiek is die aanduiding dat
daar vyftig setels wat in dieselfde posisie as Sasol is. In
Transvaal is die swaai reeds genoeg dat hier 'n regse
meerderheid teen die Regering is. De
Klerk:
Ja, u weet met statistiek ... elke statistikus bewerk
die ding anders. Die ander argument is: goed, daar is 'n
konsolidering van regse groepe, maar daar gaan ook 'n
konsolidering van ander groepe kom en dié sal altyd 'n goeie
twee-derde Blanke meerderheid hê bo die gekonsolideerde regse
groepe. Marais:
Ek dink u maak heeltemal 'n fout. Namate die NP verder links
beweeg, gaan hy al hoe meer Afrikanersteun verloor en sal hy
uiteindelik in dieselfde posisie sit as wat die VP was. Inderdaad
is die NP vandag maar die ou VP, net met 'n NP-mombakkies. De
Klerk:
Is u party baie sterk gekoppel met die aksente van Eugene
Terre`Blanche? Marais:
Nee, ons het in die openbaar gese dat die AWB te kenne gee dat die
politieke stryd sal misluk en daarom moet daar 'n alternatief
wees. En nou sê
ek vir hulle dat as jy eerlik is
en jy sê die politieke
stryd gaan misluk, dan moet jy die alternatief daarstel terwyl
jy besig is met die politieke stryd. Dan beland jy in 'n
dubbelslagtige posisie waar jy nie jou stryd met reg kan voortsit
nie. De
Klerk: U
stem dus me heelternal saam met die soort van
militarisme wat uit die AWB straal nie? Marais: Hoegenaamd nie. Ek glo in die party-politiek. De Klerk: Hoe
gaan dit met die konsolidasie van regses, mnr. Marais? Met die KP
en u verhoudinge? Ek wil nie dat u geheime uitvertel me, maar vorder
u of sit u maar nog vas? Marais:
Ons het redelik gevorder tot die onlangse verkiesings. In Vryburg
het ons nou teen mekaar gebots en dit het die verhoudings
versteur. Maar daar is 'n groot vlak van gemeenskaplikheid tussen
ons. Daar is ook verskille wat ek nie dink onoorbrugbaar is nie.
Daar is natuurlik die historiese faktor, dat die manne lank in
die NP gebly bet terwyl ons geveg het teen die NP, wat miskien die
belangrikste enkele faktor is wat tussen ons lê. De Klerk: Sien
u werklik in die nabye toekoms 'n groot, gekonsolideerde regse
stemkrag in Suid-Afrika onder een vaandel? Marais:
Ek dink dit sal nog 'n tyd duur vir die partye om saam te groei.
Ek glo nie aan 'n samesmelting nie, dit is 'n kunsmatige ding.
Deur 'n bevordering van gemeenskaplike aksies waar ons dinge
saam onderneem, groei die onderlinge vertroue en kan daar 'n
samegroeiing wees wat sinvol kan wees. De Klerk: Nog
'n aspek wat dikwels op u brood gesmeer word, is dat u met 'n
geweldige emosioneel-gelade appèl na die kieser kom; dat u
eintlik met ruwe en roekelose emosie werk om mense angs te gee en
om nie werklik eerlik met mense te wees en hulle rasioneel te
laat insien wat die situasie in Suid-Afrika is nie. Hoe antwoord u
daarop? Marais: Ek dink alle partye doen dit maar. Die leuse van mnr.
PW Botha, adapt
or die, wat
is dit anders as 'n dreigement? De Klerk: Is dit
nie werklikheid nie? Marais: Wel, as dit werklikheid is, bly dit nog'n dreigement
dat jy teen jou sin moet verander as jy nie wil doodgaan nie. Ek
sou sê dit moes gewees bet "adapt and die" - jy maak
jouself dood deur hierdie gedurige aanpassing. Dan kom jy in 'n
toestand van veranderlikheid waar jy nie mcer jouself kan wees
nie. De Klerk: U wil nie
aanpas nie? U glo nie in die gedagte van die voortgang van die
geskiedenis wat telkemale nuwe eise stel nie? Marais:
Ek beroep my nie op verandering, hervorming en aanpassing nie; ek
beroep my op versterking, verinniging, veredeling. Dit is die
faktore waarmee 'n volk hom kan beskerm. De Klerk: Nooit
verandering nie, mnr. Marais? Marais: Nee, verandering is 'n ding wat vanself kom. Ek sal
nooit sê
'n mens moet net mense aanspreek
om te verander nie. Jy moet aan hulle sê waartoe
hulle moet verander en waarom hulle moet verander. Dit is juis die
verwarring wat vandag in die politiek bestaan dat die Regering
praat van hervorming, maar hy sê nie
waartoe, waarom en waarvan nie. *
* * Dié
gesprek was nuttig om te toon hoe iemand, wie se vader, wyle
senator
Jan de Klerk, in die Nasionale Party onder dr. Verwoerd en adv.
Strijdom 'n leiersrol vervul het, heeltemal vyandig teen selfs sy
onmiddellike voorgeslag se waardes gedraai het. "Dooie hand" en
"verweerde beleid" noem
hy wat hulle verteenwoordig het. En in belaglike oordrywing gee hy
voor dat om trou te wees aan hulle beginsels, daarop neerkom dat
hulle met "goddelike insigte" beklee sou word! Dit is
die spontane betuiging van die haat vir die geskiedenis en
tradisies, wat eie aan die liberalisme is. Net
so tekenend van die liberalistiese benadering is De Klerk se
verskoning
vir sy smaling op wat hy polities geërf het, naamlik "veranderde
om.standighede". Dit is die handelsmerk van die liberalis om die
argument vunuit beginsel te ontwyk en hom te beroep op "omstandighede". Ná die uitsending het ek honderde telefoonoproepe,
telegramme en briewe ter ondersteuning ontvang, wat getuig het van
buitengewone publieke belangstelling, maar daarna het dit vier
jaar geduur en baie vertoë vereis voordat iets soortgelyks weer
deur die SAUK-TV aangebied is. |
|||
|
|