chronologie

 menings

 opstelle

 poësie

 satire

 aksies

 skrywers

 abba

 skakels

 briewe

 uit-BEELD

 uit-RAPPORT

 tuis

 

Pienaar se diskoers is uitgedien, afgeleef, anachronisties, passé...

Dan Roodt

Tot dusver:

Johan Pienaar: Op Dan Roodt se denkspoor

Dan Roodt: Repliek aan Johan Pienaar

Johan Pienaar: Repliek op Dan Roodt se stellings

Johan Pienaar sê in sy repliek op my "dat hierdie nie 'n kort debat gaan wees nie". Ek is nie so seker nie, want ek vermoed dat sy skatkis van verslete liberale clichés van twintig of dertig jare gelede gaan opraak.

Hy het ook 'n ander probleem. Soos ek nou onlangs aan Tim du Plessis van Rapport geskryf het, "By al die teenkanting en aanvalle wat ek moet verduur, is daar een ding wat my aan die gang hou en dit is: die werklikheid is aan my kant. Vir veertig jaar is die Oos-Duitsers gebreinspoel, maar op die ou end het dit nie gewerk nie want die werklikheid het uiteindelik deur die ideologie gedring."

In wese argumenteer Johan Pienaar teen die werklikheid rondom hom. Hy erken darem die volgende: "Die pas van ontwikkeling in Afrika bekommer my ook. Ek verskil egter hier van jou en die apartheidteoretici dat apartheid die oplossing vir die probleem is."

Eufemisme van die jaar! Die Economist het so twee, drie jaar gelede op hulle voorblad 'n swartman met 'n vuurpyllanseerder oor sy skouer geplaas met die opskrif, "The hopeless continent". Dit het natuurlik konsternasie veroorsaak, en het sover ek onthou selfs kommentaar van Sy Hoogheid Thabo Mbeki ontlok. As ons nou na onlangse boektitels oor Afrika kyk, dan is dit eerder "die kontinent in kettings" (Robert Guest) of "die kontinent wat tot niet gaan" (Stephen Smith) as "die Afrika-Ferrari se enjin hoes 'n bietjie"; die krisis in Afrika is dus veel groter as wat Johan Pienaar met sy wêreldvreemde suggestie van "stadige ontwikkeling" te kenne wil gee. Die probleem is eerder een van nie-ontwikkeling en agteruitgang, selfs verval en terugkeer na die pre-moderne bestaansekonomie. Terloops, Praag sal een of ander tyd vanjaar Stephen Smith se boek in Afrikaanse vertaling publiseer onder die titel, "Swart kultus - waarom Afrika tot niet gaan". Smith is die hoof-Afrikajoernalis by die links-liberale koerant Le Monde.

Ek stem egter saam met Johan Pienaar dat ons orde moet skep in hierdie gesprek. In die eerste instansie was hy op my "denkspoor" en nie andersom nie. Miskien moet ek nog 'n paar Boesmans huur om te sien waar hy verby 'n tak geskuur of 'n grasspriet gekneus het, want tot dusver sien ek beswaarlik sy denkspoor raak. Dit lyk eerder soos die soort afval rondom 'n plakkerskamp: plastieksakke en -bottels wat windverwaaid teen die drade gaan vassit. Gister se verpakking wat vir niemand meer van nut is nie.

Johan Pienaar is heeltemal reg as hy sê dat ek "in Parys was gedurende laat tagtigerjare en moontlik nie bekend is met die debat wat in regse kringe gewoed het nie." Ek het wel iewers Gerdus Kruger se boek, maar het dit baie oppervlakkig gelees.

Ons bly nog steeds vashaak by definisies. Wat presies is "regse denke"? Sou enigiemand wat 'n voorstander is van die nasiestaat of van die behoud van sy eie kultuur teenoor die imperiale Amerikaanse kultuur noodwendig 'n regse wees? Iewers hier op LitNet het ek seker so vier jaar gelede 'n stuk geskryf oor die einde van van links en regs, en dat ons tans in 'n post-ideologiese wêreld verkeer. Ek is besig om myself te herhaal, maar die konflik vandag gaan nie meer oor links/regs of kapitalisme/sosialisme nie, maar oor identiteit en Kulturkampf, dit wat Huntington die "beskawingsbotsing" genoem het.

Die huidige konfrontasie in Afrikaans is maar dieselfde ou historiese verdeling wat sedert die negentiende eeu onder die Afrikaners geld en word in 'n mate ook bepaal deur die Noord-Suid-verdeling. Die suide, wat grootliks afgesonder lewe van die Afrika-werklikheid hierbo, kan nie die probleem raaksien nie. Boonop val die suide terug op die tradisionele negentiende-eeuse respek vir die Britse kultuur en die Angel-Saksies empaaier. Vervang die Angel-Saksiese empaaier met die Afro-Saksiese empaaier van Mbeki, en jy verstaan wat vandag aan die gang is.

Die noordelike Afrikaner in die Transvaal en die Vrystaat hunker egter steeds na een of ander vorm van selfregering of soewereiniteit, net soos die Palestyne, die Vlaminge, die Québecois en ander volke regoor die wêreld. Dit is nie omdat hulle regser of konserwatiewer is nie, maar omdat hulle oor 'n ander identiteit as die suideling beskik wat enersyds beskerm word deur die voorlopige demografiese oorheersing van Afrikaanssprekendes in die Wes- en Noord-Kaap en andersyds terugval op die negentiende-eeuse bewondering vir alles wat Engels is.

Lees Jaap Steyn se onlange biografie oor MER waar die noordelike nasionalisme teenoor 'n suidelike imperialisme ook mooi na vore kom. Jaap Steyn haal vir MER aan waar sy in die 1890s sê dat sy vir altyd verander is deur haar ervaring van "die Republieke":

"Ons het in die Transvaal geleer wat dit beteken om 'n Afrikaanse volk te wees, 'n suiwer Afrikaanse volk. So sal ons seker nie weer kan wees nie… maar wie die gevoel het, kan dit nooit vergeet nie." (Steyn, bl. 75)

Plus ça change plus ça reste la même chose.

Dit sou interessant wees om te spekuleer oor die mislukking van die sogenaamde regse beweging van die tagtigerjare. Daar is een eenvoudige antwoord wat te vinde is in die kommunis Brian Bunting se The rise of the South African Reich. Daarin toon hy aan dat, hoewel die Afrikaners die meerderheid onder die blanke bevolking verteenwoordig, Afrikaanse koerante nog nooit die gesamentlike sirkulasiesyfers van die Engelse koerante selfs naastenby kon ewenaar nie. Ook het die Engelstalige media nog altyd 'n groter sny van die advertensiekoek ontvang. Daarom voorspel hy, heeltemal korrek ook, dat die Engelse pers op die duur die propagandastryd sal wen, dat Afrikaner-nasionalisme afgebreek sal word en dat die Afrikaner onder sal gaan en geassimileer sal word. Dit het hy reeds in die sestigerjare gesê, lank voor die verligte-verkramptestryd in Afrikaans.

Vandag het die media-agterstand van die Afrikaner natuurlik nog verder versleg, want Perskor is tot niet en Nasionale Pers wat in 1915 begin is as 'n pro-Afrikaner-organisasie is vandag in wese anti-Afrikaner en pro-assimilasie. Diegene wat vandag in die tradisie van MER, Van Wyk Louw of J.B.M. Hertzog vryheid en selfbeskikking vir die Afrikaner vereis, is dus aangewese op die internet of Radio Pretoria of die HNP se koerant, Die Afrikaner, om gehoor te word.

Die enigste rede waarom FW de Klerk in 1992 die referendum gewen het, afgesien van sy verraderlike leuen oor die tweede referendum wat gehou sou word alvorens enige verandering aan die grondwet aangebring sou word, is omdat die media en Groot Besigheid die ja-stem ondersteun het. Die nee-stemmers het slegs die KP-koerant, Die Patriot, asook plakkate tot hulle beskikking gehad, terwyl die Nasionale Party kon reken op die ondersteuning van die TV, Naspers en al die Engelstalige persgroepe. 'n Baie ongelyke stryd, dus.

In die onlangse tyd is niks in Suid-Afrika op enige demokratiese manier besleg nie; alles is in 'n agteraf gekonkel beslis, die politiek van die fait accompli wat op 'n niksvermoedende Afrikanerbevolking afgedwing is en wat nog steeds saamhang met 'n onderdrukking van die openbare debat. Die kontras tussen dit wat ons hier op die internet skryf en die konformistiese gewawel en propaganda in die Afrikaanse koerante, kan natuurlik nie groter nie.

Soos in die verlede, glo ek dat die meeste intelligente Afrikaners reeds simpatiek staan teenoor die voortsetting van hul tradisie en die herowering van hul vryheid. Die pogings om hulle te beswadder as agterlik, ver-regs, ens., verskil geensins van die taktiek wat die afgelope twee eeue al aan Britse kant gevoer word nie.

Jou verwysing na Tocqueville is juis. Die hele punt van sy ontleding van die Franse revolusie is dat die verbeterde omstandighede onder die ancien régime van Lodewyk XVI weens stygende verwagtinge sou lei tot die revolusie van 1789. Niemand kan fout vind met Arnheim se toepassing daarvan op die Suid-Afrikaanse situasie nie en die holderstebolder, rigtinglose hervormings van die Nasionale Party in die sewentiger- en tagterjare sou onvermydelik tot revolusie lei.

Wat die meeste mense nie besef nie, is dat die revolusie nog geensins voltrek is nie. Soos ons in Zimbabwe gesien het, kan dit tot twintig jaar neem vir die uiteindelike gewelddadige omwenteling om plaas te vind. Myns insiens is ons nou eers in die pylvak van die revolusie in dié land en gaan die meeste radikale veranderings soos grondonteiening en konfiskering van bates nou eers werklik 'n aanvang neem.

Om my as neo-regs te tipeer, is nie korrek nie, aangesien ek nog nooit iets van Alain de Benoist gelees het nie. Ek dink ook dit is 'n futiele oefening om te probeer om begrippe soos "volk" of "nasie" of "kultuur" te vervang met gesaniteerde, postmoderne terme terwyl die onderliggende logika dieselfde bly. Iets soos die neo-regse "Afrikaanse gemeenskap", hoewel meer politiek korrek, is te vaag en nisseggend om werklik in die politiek te kan hond haaraf maak.

Soos ek reeds male sonder tal gesê het, het weinig dinge in die SA geskiedenis en politiek verander. Ons is nog steeds besig met dieselfde oeroue kwessies wat onderliggend was aan die Groot Trek, Vryheidsoorloë, Rebellie, asook die Sap-Natstryd tydens die twintigste eeu. Wat vir my baie amusant is, is dat vele van die Sap-gesinde Engelssprekendes wat deesdae briewe in die pers publiseer, dit as 'n gegewe aanvaar dat die Afrikaner "as aparte entiteit" soos hulle dit stel, "aanvaar het om te verdwyn".

In dié opsig is ek verlig om te verneem dat jy jouself nie as 'n Afrikaanse Boheem sien nie. Jou stelling dat Afrikanerbelange nie ten koste van ander belange bevorder behoort te word nie, kom feitlik woordeliks ooreen met dit wat MER oor die klassieke Afrikanernasionalisme te sê gehad het. Die Afrikaner wil bloot opeis wat ander volke as normaal vir hulself beskou. In die huidige Suid-Afrika met sy geïnstitusionaliseerde rasse- en taaldiskriminasie, is dit seker begrypliker as ooit.

Ek sal probeer om vir Izak de Villiers oor te haal om sy toespraak oor die Nuwe Romantiek iewers op die internet te publiseer. Voorlopig kan ek daaruit aanhaal:

"Maar daar is 'n groter probleem as uitgesluit te wees van besluitneming: die Afrikaners sal hulleself emosioneel en kultureel weer moet vind, hulle ware hart, hul eie gesonde kern, en soos die Bybelse Verlore Seun 'tot homself of haarself kom'. Ons hoef nie bevelhebbers van 'n land te wees nie, maar ons hoef ook nie emosionele en professionele varkwagters van 'n bedeling te word nie.

Om lid van 'n volk te wees, is grootliks emosioneel. Dit begin soos Rupert Brooke oor die kuns gesê het met die gevoel van iets soos 'n knop in die keel. Dis iets van: maar dis my eie mense dié en dis mý oorlewing dié. 'n Joodse psigiater wat in New York op sterwe gelê het, het sy sterwendsgevoelens op band uitgespreek en merkwaardig in die laaste dae hamer hy daarop dat hy opnuut mistiek bewus geword het van sy Joodsheid al was hy volbloed Amerikaans en al het hy feitlik nooit in die sinagoge gekom of die Joodse feesdae gevier nie. Sterwend sê hy: ek vind nou ek is eerstens Jood en tweedens Amerikaner; in dié wete het ek nie geleef nie maar wil ek sterf. (Norman Garbo. To love again. Londen: W.H. Allen.)

Op iets van hierdie voetspoor moet ons weer mistiek en realisties bewus word van ons Afrikaansheid en dit as kleinood begin waardeer en koester. Wat die mense soek is 'n nuwe, moderne Afrikaner-romantiek, 'n gevoels"ding" van behóórt. By Romantiek bedoel ek die kollektiewe gees is nie 'n vervagende, sterwende, uitrafelende ding nie, maar dis 'n groeiende, trotse saambindende werklikheid. Dit kom tot uiting in die vorming van kulturele bedrywighede van die mens en natuur, sy bevrydende én gasvrye leefstyl in harmonie met sy plek waar sy wortels is. In die Romantiek word ywerig in verlede en hede gesoek na elemente waarmee entoesiasme gekweek word in plaas van wanhoop. Probleme word gepak met die Rede én die Verbeelding. Die klem val op die geskiedenis, op die werklike feite maar veral op die heroïese. Die waarheid word gesoek, die grootse én die skande, maar die skande word nie ten koste van die grootse beklemtoon nie. Die omgewing en omstandighede word aangegryp om 'n nuwe selfbewussyn en trots te ontwikkel, in die besef dat die wêreld groter is as stelsels, kultusse en abstraksies en gedagtig aan die woorde van T.S. Eliot 'Time present and time past, are both perhaps time future' - dat die verlede, veral die goeie van die verlede eintlik nooit afgehandel word nie. In die Nuwe Romantiek konfronteer jy jou eie duiwels uit die verlede en jy probeer hulle so goed as moontlik hokslaan, maar dan soek jy jou engele soos die ou bewarende Engel wat voor die Israeliete uitgetrek het. Dié soektog begin in ons totale verlede, nie slegs die onlangse verlede van 'n lapsus nie en nie slegs die afdwalings nie. Jy vertrap nie jou eie helde en mites nie, jy bou hulle." (Izak de Villiers, "'n Nuwe Romantiek as stukrag vir die voortbestaan van die Afrikaner in 'n nuwe demokratiese bedeling")

Pleks van die neo-regse aansluiting by die politiek korrekte woordeskat van die postmoderne, reik De Villiers hiermee terug na 'n vroeë stadium van die moderne, na die Romantiek. Daar is vir my iets Dionisies in sy formulering, die saamdink van die emosionele én die rasionele, van hart én verstand, maar ook die gerigtheid op 'n nuwe toekoms. Dis geen wonder dat die Duitse filosoof Manfred Frank Dionisus ook as "die komende god" voorgestel het nie, spesifiek met verwysing na die Romantiek.

Ek dink ons almal hunker na 'n nuwe god of godin, wat miskien baie soos die oue sal lyk, hy wat vir Paul Kruger, MER, Van Wyk Louw en al die ander geïnspireer het.

Oor die Afrikaanse Boheem sê Izak de Villiers, "Almal wat voel hulle is tuis in Afrikaanse geledere en dat hulle hulself nie eers in dié kring hoef te verduidelik nie, is Afrikaners. Soos in alle volke is daar diegene wat dit wil wees, én dié wat die half wil wees, én dié wat dit gladnie wil wees nie. Laasgenoemde is die Afrikaanse Boheem, die Romantiek van die Boheem is om sy eie subkultuur te vorm, verkieslik los van sy wortels… Want 'Afrikaner' is meer as taal, dis 'n leefwyse en diepgevoelde emosionele ingesteldheid, 'n kaleidoskoop van middelpuntsoekende en middelpuntvlietende kragte wat in sintese tot geweldige geesteshoogtes kan voer."

Wat jou stellings oor goeie regering betref, kan mens seker daarmee saamgaan of daarvan verskil, maar jy begaan steeds die fout wat die Engels-koloniale denke al twee eeue lank in dié land maak, en dit is om Suid-Afrika as 'n etnies-homogene land te sien. As jy dus praat van "meerderheid" bedoel jy daarmee 'n ander rasse- en taalgroep wat moontlik vyandig mag staan teenoor elkeen van die Afrikaner se aspirasies, selfs om sy eie taal te mag behou. Die onmiddellike vraag wat dan ontstaan, is: is dit in my belang om my vyand sterker te maak met my eie belastings, hulpbronne, oordrag van kundigheid ensomeer?

Jy praat ook in die onverkwiklike clichés van die huidige bewind: "bevoorregting van 'n minderheid." Feit is dat die sogenaamde meerderheid, die talige en rassige "ander", in die eerste instansie homself "benadeel" het deur nie die wiel uit te vind nie, geen skriftelike kultuur van sy eie, geen georganiseerde landbou of tegnologie te ontwikkel nie. Wanneer en waar het ons verantwoordelikheid teenoor daardie "meerderheid" begin en wanneer en waar gaan dit, indien ooit, eindig? Myns insiens het ons die sogenaamde "meerderheid", onder apartheid maar veral oor die afgelope tien jaar, meer as wat wenslik is bevoordeel met ons eie karige hulpbronne en hom sodoende onder die indruk te bring dat ons sy slawe of die "varkwagters van sy bedeling", soos De Villiers dit stel, sou wees. Laat die meerderheid homself bevoordeel of benadeel, volgens sy eie vermoëns en standaarde.

Die ander feit wat jy ook nie in die oë kan kyk nie, is dat die Afrikaner oor die afgelope 200 jaar, maar ook van 1994 af, veel meer as enige ander bevolkingsgroep in dié land gely het. Die Britte het 'n beleid van volksmoord teen ons gevolg; 35% van die Boerevroue in die Transvaal en Vrystaat is verkrag; jong meisies is as seksslawe aangehou; feitlik al hul bates is verwoes en verbrand. Tans voer die ANC-bewind insgelyks 'n skrikbewind teen ons, deur die Einsatzgruppen te verdra wat reeds 1600 mense op die platteland vermoor het, duisende beseer het, en ook in die stede 'n volgehoue graad van geweld teen ons pleeg wat in enige ander land as 'n oorlog gereken sou word. Dit laat enige vergrype van die vorige apartheidsregering, wat tans geheel en al opgeneem is in die ANC, na kinderspeletjies lyk.

Jou siening van die ANC-geskiedenis is ook totaal misplaas. Die ANC en SAKP het juis die geweldsopsie gekies omdat hul populêre steun onder die Verwoerdregering besig was om te daal. Daar sou sekerlik nog ruimte vir onderhandeling gewees het, maar hul projek in terme van hul eie Marxistiese filosofie was gewelddadige revolusie, gevolg deur sosialisme. Dit het niks met jou naïewe gedagte van "die ander wang draai" te make gehad nie.

Dat jy geen nut daarin sien weer na die apartheidsfilosofie te kyk nie, verraai eenvoudig hoe oppervlakkig jy na ons geskiedenis en ons werklikheid kyk. Ongeag of apartheid goed of sleg toegepas is, was dit 'n samehangende politieke filosofie wat in die Afrikakonteks 'n interessante alternatief op gewone kolonialisme gebied het. Indien daar apartheid in Rwanda of die Kongo was, kon vier miljoen mense se lewens moontlik gespaar gebly het, omdat elke etniese groep sy eie tuisland sou gehad het. Maar benewens die politieke sy van apartheid, verteenwoordig dit veral as antropologie 'n geldige siening van die Afrika-mensheid as synde stam- en rasgebonde. Ons sien dit elke dag oral op die kontinent bevestig, teenoor die universalistiese fantasieë van die sogenaamde "sosiale antropologie" wat die mens suiwer as 'n produk van sy omstandighede beskou. Terwyl die politieke filosofie van die universaliste - vir die oomblik - in ons land getriomfeer het, het hul antropologie geheel en al in duie gestort omdat dit eenvoudig deur die werklikheid weerspreek word.

Miskien sal ek nog eendag my hand waag aan iets soos "Die filosofie van apartheid" met verwysing na Hoernlé, Geoff Cronjé, G.D. Scholtz, Verwoerd, Nic Rhoodie, selfs Van Wyk Louw en ander, om dit aan die huidige geslag duidelik te maak waaroor dit gegaan het. Apartheid het voortgespruit uit die Britse begrip van "trusteeship" wat bepaal het dat swart vryheid en soewereiniteit "in trust" gehou moet word totdat swartes die nodige ontwikkelingspeil sou bereik om hulself te kan regeer. Gegewe die mislukking van Afrikastate oor die afgelope veertig jaar, is dit 'n ope vraag of die meeste lande suid van die Sahara selfs op hierdie oomblik in staat is om hulself te regeer. Die meeste joernalistieke en akademiese waarnemers meen vandag juis nié.

Hieronder gaan ek verder daarop in, maar wat jy moet besef is dat die "verknogtheid van Afrikane aan hul eie kultuur en identiteit" 'n reële hindernis by ontwikkeling verteenwoordig. Iemand wat vasgevang is in 'n magiese wêreld van voorvadergeeste en min of geen kousale denke erken nie, en alles toeskryf aan die werking van afgestorwe wesens, kan vanselfsprekend nie moderniseer nie. Hierby kom nou nog die rasse-obsessies van Afrikane wat die hele wêreld in swart-wit terme sien en alle blaam vir hul eie mislukkings en onvermoë op blankes of Westerlinge plaas. Waar 'n Duitser of Tsjeg dus verknog is aan sy kultuur, verhinder dit hom nie om ekonomies, wetenskaplik en opvoedkundig te ontwikkel nie; in die geval van Xhosas of Tsongas wel.

Apartheid het ook nie die Westerse kultuur bó die Afrikakultuur "verhef" nie. Afrika het deur sy eie toedoen homself "verlaag" en doen dit nog steeds, jaar na jaar. Die teorie van kulturele relatiwisme is iets wat ek geheel en al verwerp, aangesien dit menslik is om te oordeel, ook oor ander kulture. Die grootste enkele bydrae tot die agterstand van Afrikatale en -kulture is die finansiële en intellektuele onvermoë van Afrikane om hul eie kulture te ontwikkel en in stand te hou op dieselfde vlak as Westerse kulture. In dié verband is dit interessant dat die meeste taalkundiges en woordeboekmakers wat hulle tot onlangs met Afrikatale besig gehou het, Westerlinge was. Ek dink Afrikaners het in die verlede, soos in die hede, meer omgegee oor Afrikatale in dié land as swartes self.

Ek is bly dat jy na bier verwys in jou uiteensetting van "kulturele kruisbestuiwing", want verder as bier - en bieradvertensies - gaan dit nie. Is daar een enkele idee uit Afrika wat ons al in ons denke opgeneem het? Selfs oeboentoe is verwesters tot iets soos Christelike naasteliefde terwyl dit in sy oorspronlike betekenis 'n veel meer sinistere, kollektiwistiese begrip is wat individuele vryheid geheel en al uitsluit. Afgesien van SA-brouerye se bieradvertensies, kan ek aan geen ander voorbeeld dink van kulturele kruisbestuiwing wat ons van Afrika ondergaan het nie, benewens enkele oornames of vertalings uit die folklore. Van Wyk Louw was gewoon verkeerd toe hy gedink het dat ons die Afrikakultuur met ons moedersmelk ingekry het. Veel eerder het ons die Westerse kultuur met ons moedersmelk ingekry.

Onder die huidige omstandighede van oorheersing deur die XIM, dink ek dit is net reg dat ons veral Xhosa as taal behoort te verwerp en dat ons kinders moet weier om dit te leer daar waar dit op skool op hulle afgedwing word, net soos wat swartes op 'n stadium geweier het om Afrikaans te leer. Daardeur het hulle net hulself benadeel, maar ons sal geen skade ly sonder Xhosa nie.

Die apartheidsfilosofie het nie in die eerste plek oor 'n toekomsvoorspelling gegaan nie. Wel het dit die bestaan van meer as een onderling uitsluitende lewens- en wêreldbeskouing erken, iets waarvan jy moeilik sal kan verskil. Verwoerd het egter in 1966 voorspel dat daar twintig jaar ná die instelling van swart meerderheidsregering in die destydse Rhodesië "hongersnood sou uitbreek." Hy was presies reg.

Die apartheidsteorie het ook mislukkings soos tans in ons landbou plaasvind, waar onervare swart boere en gemeenskappe eenvoudig op blanke plase hervestig word, voorspel. Lees Philip du Toit se Groot Suid-Afrikaanse Grondskandaal waarin daar dosyne boerderyrampe hier by ons opgeteken word wat ewe seer in Zimbabwe, Mosambiek, die Kongo of enige ander Afrikaland kon plaasgevind het. Die feit dat ons totale ekonomie nog nie in duie gestort het nie, is te wyte aan die teenwoordigheid van 1,8 miljoen opgeleide blankes wat steeds 'n groot mate van die kundigheid verskaf.

Ek is bereid om 'n weddenskap met jou aan te gaan dat indien alle blankes môre uit die land verjaag word soos in Zimbabwe, die ekonomie binne enkele weke tot stilstand sal kom of, so nie, met meer as die helfte sal verminder. Elke buitelandse ambassade of joernalis sal, weliswaar nie in die openbaar nie, maar wel privaat presies dieselfde vir jou sê.

Jy is eenvoudig besig met wensdenkery as jy dink dat misdaad nie in Suid-Afrika toegeneem het nie. In die vyftigerjare was die moordsyfer in die land minder as 30 per 100 000; nou is dit 50 per 100 000. Verkragtings en diefstal het egter logaritmies toegeneem. Daardie soort gegewens sal enige versekeringsmaatskappy vir jou kan gee. Implisiet erken jy egter dat swartes vir misdaad in die land verantwoordelik is, aangesien dit voorheen tot hulle woonbuurtes beperk was en nou na "wit gebiede oorgespoel het". Dit laat die vraag ontstaan waarom swartes soveel meer misdaad as blankes pleeg?

Jy mag lag vir my stelling oor groter respek vir taal en kultuur onder apartheid, maar dit is die waarheid. Die huidige regering, anders as die vorige, is anti-boek. Enige uitgewer sal dit aan jou kan bevestig; selfs 'n politiek korrekte uitgewer soos Annerie van der Merwe wat slegs bruin of swart skrywers uitgee, het dit by Wits se vertaalkonferensie gestel dat die ANC-regering eenvoudig nie boeke vir biblioteke aankoop nie, hetsy vir gebruik deur blankes, hetsy deur swartes. Die meeste biblioteke is al jare lank toeganklik vir wit en swart, dus is jou bewering dat dit boeke vir "wit biblioteke" aangekoop is, sinloos.

Die ander ongemaklike feit vir jou is natuurlik dat blankes 'n veel groter belangstelling in boeke toon as swartes. Daar is nie 'n enkele boekwinkel in Soweto nie, 'n stad van ongeveer drie miljoen mense. Afgesien van voorgeskrewe boeke, skryf, koop en lees die drie miljoen blanke Afrikaners in die land meer boeke as die veertig miljoen swartes. Die aantal swart skrywers in die land kan jy op jou een hand tel en hulle skryf ook feitlik deur die bank in Engels vir 'n hoofsaaklik blanke, Engelssprekende gehoor, hier en oorsee.

Dan is daar nog die beroemde uitspraak van die skryfster Miriam Tlali wat 'n apologie, selfs 'n pleidooi, vir boekverbranding in Soweto gelewer het. Waarom moes die ou blanke regering en die blanke belastingbetaler die swart woonbuurtes met biblioteke besaai waarvan die boeke min aftrek sou kry en boonop by tye die teiken van vuurvlooie sou word? Dit maak eenvoudig nie sin nie.

Volgens die opvoedkundige Katherine Heugh van die UK was die matriekslaagsyfer onder Bantoe-onderwys in 1976 hoër as wat dit tans is, dus was onderwys vir swartes in daardie dae beter as nou. Enige gesprek met 'n onderwyser sal jou ook oortuig dat die insinking wat onderwys in dié land ná 1994 beleef het, nie net my verbeelding was nie. Selfs prof. Jonathan Jansen, hoof van Opvoedkunde by UP, praat van 'n verlaging van standaarde.

Jy vra wanneer een van ons optogte al ooit deur die ANC verbied is? Dit het al verskeie kere gebeur dat toestemming vir 'n optog of betoging aan PRAAG of ander groepe geweier is. Ek weet van vele mense wat al sonder verhoor aangehou is vir so lank as drie maande op een of ander halfgebakte politieke klag, om nie te praat van die Boeremagverhoor waar daar nog niks deur die staat bewys is nie, maar die saak teen die huidige tempo 22 jaar gaan duur sonder dat die aangeklaagdes borgtog ontvang. Tydens die Hoogverraadverhoor in die laat vyftigerjare van ANC-leiers is daar wel aan hulle borgtog toegestaan.

Dit is egter nie vir my om die menseregterekord van die De Klerk-regering en sy voorgangers te verdedig nie, maar eerder vir jou aangesien jy 'n verteenwoordiger van hul denke is! Dié van roemlose oorgawe en onderdanigheid. Ek kan dus vir jou die vraag vra, waarom het die NP's, wat deesdae in dieselfde kamp as die ANC verkeer, soveel mense in die tagtigerjare laat doodmaak terwyl hulle al van 1986 af geweet het dat hulle aan die ANC wil oorgee?

Apartheid was beslis 'n vorm van federalisme. Daar is selfs gepraat van 'n konfederasie van state wat in die land gevorm sou word. Die logika van apartheid was nie die bevoorregting van 'n minderheid bo 'n ander nie. Veel eerder was dit die volgende: dat die staat en sy bates deur die Westerse deel van die bevolking ontwikkel en gefinansier is en daarom onder blanke beheer behoort te bly. Daarnaas is die mees uitgebreide hulpprogram in die geskiedenis ingestel in 'n poging om die tuislande te laat ontwikkel op ekonomiese, opvoedkundige, politieke en ander terreine.

'n Ander historiese feit is swart migrasie na die blanke stede, ook vanuit buurstate. Gee blote migrasie die immigrant 'n reg om die staats- en munisipale strukture van die oprigter daarvan weg te neem, sy belastingbasis vir homself toe te eien en, les bes, diskriminerende maatreëls teen die staatskepper in te stel? Dit is egter wat in Suid-Afrika gebeur het. Die Uniegebou is nie deur Xhosas ontwerp, gefinansier en gebou nie; nietemin het hulle dit vir hulself toegeëien op grond van hul hoër bevolkingsaanwas en demografiese oorheersing. Natuurlik was daar segregasie, paswette en ander maatreëls onder apartheid wat swartes kwalik aangestaan het. Feit is egter dat in ruil vir dié mindere onregte 'n groter reg en vryheid, dié van selfbeskikking - dit waarvoor die Tsjegge of die Vlaminge 400 jaar lank moes stry en waarvoor die Palestyne vandag selfmoordbomme stel - op 'n skinkbord ontvang het.

Waarom het swartes apartheid en daarmee saam selfbeskikking, verwerp? Omdat dit aan hulle vryheid gegee het, maar nie ekonomiese, politieke en militêre mag nie. Oral in Afrika is laasgenoemde drie elemente veel aantrekliker as vryheid. Die eerste prys was om die ekonomiese, politieke en militêre mag wat die blankes en veral die Afrikaners geskep het, vir hulself toe te eien en om die Afrikaner se republiek met al sy middele en instellings oor te neem, wat toe ook gedoen is.

Jy suggereer dat ek in "drogbeelde van die verlede vashaak". Nee, my vriend, daar is min mense in hierdie land wat hom so deeglik vergewis het van ons feitelike verlede. Daar is die afgelope tien jaar meer "drogbeelde oor die verlede" geproduseer as in die 350 jaar vooraf. Die werklikheid moet van die mite onderskei word. Dit is 'n mite dat swartes "benadeel" en blankes "bevoorreg" is. Veel eerder geld die omgekeerde: blankes het hulself benadeel deur hulle te ontferm oor die gesondheid, opvoeding en politieke regte van swartes en het 'n aansienlike deel van hul eie rykdom en inkomste aan swartes afgestaan. In ruil daarvoor het hulle histeriese beskuldigings van volksmoord, misdaad teen die mensdom en ander vergesogte aanklagte ontvang. Ná 1994 het hierdie proses van hulpverlening versnel en word die blanke belastingbetaler vandag op alle gebiede uitgebuit om aan die swart elite ongekende rykdom en welvaart te besorg wat hulle nooit met hul eie vermoëns en kapitaal sou kon skep nie. Die res van Afrika getuig van hierdie onvermoë.

Ek verlang nie terug na enige "bevoorregte posisie" nie, maar bloot om te ontkom aan my huidige ondergeskikte posisie waar daar teen my taal en my ras gediskrimineer word en waar ek uitgebuit word deur die XIM. Hoofman Albert Luthuli het die Nasionale Party versoek, "let my people go". Dit is al wat ek vir die ANC vra. Laat die Afrikaners net vry van hul huidige oorheersing, gee vir hulle 'n stuk grondgebied soos byvoorbeeld die gedeelte rondom Pretoria en verder na die Oos-Transvaal en Noord-Vrystaat toe waar ons 'n meerderheid vorm en laat ons onsself regeer. Waarom moet ons vanuit die Oos-Kaap en Natal regeer word deur Xhosas en Indiërs? Wat het die Xhosa of die Indiër al ooit vir die Afrikaner gedoen om op so 'n voorreg te mag aanspraak maak?

Wat jou hele betoog rondom Eskia (eks-Ezekiel) Mphahlele betref, weet ek nie of jy hom al ooit in lewende lywe ontmoet het nie. Jou broer mag nie 'n groot leser wees nie, maar miskien is hy 'n bekwame motorwerktuigkundige of bankbestuurder. My eie ervaring van Mphahlele by Wits was dat hy sterk anti-Afrikaans ingestel was en waarskynlik minder van jou of my wêreld weet as wat jou broer van Eskia s'n weet. Waarom op aarde wil jy iets met Eskia te doene hê? Jy kan net sowel met 'n Russiese of Japannese skrywer vriende maak; trouens, ek vermoed dat jy so 'n vriendskap heelwat meer interessant en verrykend sal vind as een met Mphahlele.

Jy en jou broer staan oneindig nader aan mekaar as jy en die onbeskofte, arrogante mnr. Mphahlele wat waarskynlik niks met jóú te doene sal wil hê nie. Julle is geneties, talig, histories en kultureel aan mekaar verbind. Julle is albei deel van dit wat ek ná Ernest Renan se 1882-lesing aan die Sorbonne, "Wat is 'n nasie?", die "geestelike gemeenskap van die Afrikanervolk" sou noem. Aan swart rassesolidariteit is daar in hierdie land en op hierdie kontinent geen gebrek nie; aan Afrikaner-solidariteit, ook tussen broers, het ons 'n veel groter behoefte. Dekades lank al word ons ondergrawe en verswak deur broedertwis, haat en nyd in eie geledere, iets wat Naspers natuurlik byna daagliks met 'n sadistiese behae probeer aanstook.

Dog ek verstout my om te beweer dat ons huidige oorheersing deur die XIM, die Xhosa-Indiërmag, ons nog nader aanmekaar gaan bring as ooit in die verlede, want in die hele dinamiek van kollektiewe interaksie tussen groepe en volke, is daar niks wat so 'n staalharde eenheid skep soos verdrukking en veral natuurlik rasse- en taalverdrukking nie, albei elemente wat Afrikaners vandag aan eie bas ervaar.

Die Broederbond of wat daarvan oorgebly het, veg hard teen Afrikanereenheid met sy gewone metodes van geheimhouding, konkel-in-die-donker, sensuur en beheer oor "wat gesê mag word en wat nie", maar dit gaan nie dié keer werk nie. Die tegnologie het ons in 'n sekere mate van die Broederbond (en ek gebruik die term in 'n metaforiese sin, sonder benadeling van enige individuele Afrikanerbonders waarvan sommige selfs my eie sienings onderskryf) bevry en is sentrale beheer oor die Afrikaanse kultuur en politiek dus afgeskaf of, liewer, het dit in duie gestort.

Soos iemand egter nou die dag vir my gesê het, "moenie die mag van die Broederbond onderskat nie", en ek erken dat die Broederbond, veral deur sy beheer van die enigste oorblywende Afrikaanse persgroep, nie noodwendig tandeloos is nie, maar die soort totalitêre beheer wat hy in die verlede uitgeoefen het toe elke prokureur, skoolhoof, dokter, advokaat, ryk boer of senior maatskappybestuurder aan die Broederbond behoort het, is nie meer van toepassing nie.

Bowenal: die Broederbond het geen argumente meer oor behalwe die opgewarmde multikulturele clichés waarmee ons daagliks deur die media oorspoel word nie, die twak oor 'n "reënboognasie", "simunye", "we are the same", om nou die ANC-stadsraad in Pretoria se slagspreuk wat deesdae op 'n kitsch-Ndebele-voorstelling van die Uniegebou pryk, aan te haal. "City of Tshwane - we are the same."

Dit alles om vir Johan Pienaar te sê: jy speel die Broederbond se spel, hulle verloorspel wat iewers in die tagtigerjare begin het en sedertdien net op een mislukking na die ander uitgeloop het. Nie net is die Broederbond besig met totale werklikheidsontkenning nie, maar hulle het hulself nou aangehaak aan die lokomotief van die Afrika-renaissance. As dié lokomotief, 'n baie ou model uit die jaar 1904 toe WEB Dubois die term gemunt het, nou gelyk het asof hy kon wegtrek, sou dit 'n ander saak gewees het. Maar die lokomotief is sonder steenskool, die treinspoor is stukkend en die helfte van sy onderdele is al afgesteel en aan die naaste skrootwerf verkoop.

Ek dink eerlikwaar jy is besig om jou tyd te mors deur hier as Junior Broederbonder te paradeer met gister se idees oor die reënboognasie en die Afrika-renaissance. Soos Stephen Smith in sy boek oor Afrika sê, "in Afrika het die hede geen toekoms nie". Jou tipe diskoers is uitgedien, afgeleef, anachronisties, passé en so te sê begrawe. Dis nog net Naspers en die SABC wat hierdie ou Grafsteensangerliedjie met vrolikheid probeer aanbied, terwyl dit eintlik die treurmare verteenwoordig van 'n hele vasteland wat skipbreuk gely het.

Prof. Carel Boshoff die Derde van Orania het iewers 'n toespraak gelewer met die titel, "Die grondvraag is die grondvraag". Ek sou sê, nee. Want al word Orania nou ook 'n lushof met dansende kindertjies en hoëtegnologiebedrywe langs die Oranjerivier, gaan dit steeds ondergeskik wees aan die nukke en giere van 'n Afrikaregering, genaamd die ANC of soos ek hulle noem, die XIM (uitgespreek "Zim"), die Xhosa-Indiër-Mag. Die grondvraag, om Oom Carel se term te gebruik - en dit word by die dag duideliker - gaan juis om die redes vir Afrika se mislukking.

In jou betoog oor die Westerse beskawing, bespeur ek die gewone kulturele relatiwisme wat die dogma van ons tyd verteenwoordig. Maar let net daarop dat die piramides deur blankes of Kaukasiërs gebou is, en nie deur die bevolking suid van die Sahara nie. Die piramides is dus volledig deel van daardie Medittereense beskawing waaruit die hele Westerse kultuur ontspring het.

Oor die Afrikaner se toekoms, stem ek saam dat ons nie aan Afrika moet "onttrek" nie. In dié opsig verskil my denke radikaal van die Orania-tipe wat die Afrikaner in afsondering en sogenaamde "selfstandigheid" konstrueer. Weliswaar het ons 'n eie grondgebied nodig en moet Afrikaans iewers amptelike status geniet, maar sodra ons weer op ons voete is, voorsien ek vir ons 'n leidende posisie, veral noudat die meeste Westerse moondhede aan Afrika onttrek het. Hier is 800 miljoen mense op hierdie kontinent wat tans grotendeels werkloos, verarm en verhonger daar uitsien, die vernietigende gevolge van Afro-nasionalisme en ander uitgediende ideologieë. Sou ons nie onsself kon verryk en ons eie posisie kon versterk deur as die vredemakers en ontwikkelaars van Afrika op te tree nie?

Dit is vir my die inhoud van Paul Kruger se spreuk, "Afrika vir die Afrikaner!" Anders as vir Rhodes, gaan dit egter nie om die belange en verheerliking van 'n Europese moondheid nie, maar van ons eie Afrika-beskawing wat ons reeds 350 jaar in hierdie land bedryf. Soos die Egiptiese en Alexandrynse beskawings wat daar eens in die noorde van Afrika bestaan het, kan ons hier vanuit die suide 'n heel nuwe beskawing oprig, iets wat die hele kontinent mag deurstraal. Miskien sal Afrikaans eendag nog tot aan die Niger gepraat word…

Maar intussen word ons nog oorheers deur mense wat van die Nigerrivier afkomstig is en hul mislukte resep op ons probeer afdwing. Ons eerste en dringendste taak is dus nie om te droom van 'n toekomstige Afrikaner-ryk in Afrika nie, maar om weer ons vryheid en soewereiniteit terug te kry van die manne wat eers aan die Niger en toe aan die Kei gewoon het.

Ek sien dat jy 'n apologie lewer vir ANC-terreur teen die ou regering, soos die Kerkstraatbom of McBride se ploftoestel in die Magoo-kroeg. Daar is vele Afrikaners wat die huidige regering as "onwettig" sien omdat dit op hulle afgedwing is deur FW de Klerk sonder die beloofde tweede referendum. Sou jy dink dat terreur geregverdig is sodra 'n groep teenstanders van mening is dat 'n regering "onwettig" is? Daar bestaan vele nie-demokratiese of etniese minderheidsregerings oral ter wêreld, spesifiek ook in Afrika. Volgens jou filosofie sou terroristebendes geregverdig wees om elkeen van hierdie regerings aan te val met bomme in geboue, restaurante, ens.

Jou enigste definisie van 'n "wettige" regering blyk 'n "demokraties verkose" te wees. Hitler se regering was dus wettig, asook dié van Robert Mugabe wat in 2001 "vry en regverdig", aldus ons eie ANC, verkies is.

Hierdie repliek is reeds ietwat langer as wat ek beoog het, maar laat ek volledigheidshalwe nou kommentaar lewer op jou antwoorde op my vyf vrae.

1. Hoe verklaar jy die gebrek aan ontwikkeling in Afrika oor baie duisende jare?

Ek moet sê, jou antwoord het my geweldig geamuseer. Een of ander skotoma - blinde kol - het jou verhoed om die "duisende jare" raak te sien. Jy blameer "kolonialisme", wat dit ook al mag beteken, vir die arme Afrikane se onvermoë om sedert "la nuit des temps" soos die Franse sê, sedert die aanvang van geskrewe geskiedenis, te ontwikkel. Volgens jou,

"Om dit te verstaan moet jy die tipe kolonialisme in Afrika deeglik in ag neem. Anders as in Australië, Amerika en Suid-Afrika het die kolonialiseerders van Afrika 'n stropersmentaliteit eerder as 'n vestigingsmentaliteit gehad. Infrastruktuur is gebou om die stroping van die land se natuurlike hulpbronne te vergemaklik. Lande se natuurlik hulpbronne is nie in Afrika gebruik om 'n land se infrastruktuur te bou nie, maar om die koloniale meesters te verryk."

Ha-ha. Hierdie fasiele, politiek korrekte antwoord wat net so min met die werklikheid te doen het as spookasem met suikerproduksie, het nie net die einde van sy rakleeftyd bereik nie; hy is al vrot. Trouens, as dit enige interne struktuur gehad het, sou daar nog 'n fossiel daarvan oorgebly het, maar helaas kan 'n mens net 'n vuilerige kol sien waar daar eens op 'n tyd so 'n redenasie bestaan het.

Die feit waarby jy nie kan verby kom nie, is dat Afrika suid van die Sahara minder as 'n eeu, in sommige gevalle maar enkele dekades lank, onder Westerse koloniale beheer was. Oor die afgelope drieduisend jaar, en veral sedert 1960, was Afrika vry om te maak net wat hy wil. Die briljante sterrekundiges van Mali - onder Afrikaniste bestaan daar so iets - kon dalk soos Galileo die teleskoop uitgevind het en die mane van Jupiter bestudeer het. Die "slim Xhosas" wat ons tans regeer kon dalk die wiel uitgevind het, of die binnebrandenjin, of die mikroskyfie, of calculus of die werking van die menslike liggaam beskryf het. Feit is, hulle het nie.

As jy praat van 'n "stropersmentaliteit", sien ek dit eerder by die inwoners van Afrika. Blykbaar is daar in dele van Mosambiek geen lewende wese meer oor nie, geen voël of bok of knaagdier of enigiets van die aard nie. Wie het die Krugerwildtuin, waarvan hulle deesdae die naam wil verander, ingestel? Was dit 'n sogenaamde "inheemse Afrikaan" soos wat Mathata Tsedu, tans redakteur van City Press, hulle noem? Anders as wat jy dink, word kolonialiste gemotiveer deur uitbreiding en kapitaalvorming. Hulle belê in 'n plek, selfs al is dit in 'n enkele myn. Om iets te kan uithaal, moet jy eers infrastruktuur skep en mense oplei.

Ek is bevrees die Afrikane en veral hul leiers, wil nie eens uithaal of uitbuit, ontgin - die woord "eksploïteer" in Latynse tale soos Frans of Portugees het die dubbele betekenis van uitbuit én ontgin - nie. Hulle wil net vat wat daar reeds is. Soos Mugabe. Of soos die spul wat die koppe van die brons-Springbokke by die Ernest Oppenheimer-fontein in Johannesburg gaan afsaag het om as skroot te gaan verkoop. Of die aliminiumreling van die voetgangerbrug oor die Westelike Verbypad ook in Johannesburg gaan afsaag het. Mens hoor deesdae stories van mense wat lewendige Eskom-kragdade afsaag sodat hulle die kabels kan verkoop.

Dís wat ek 'n "stropersmentaliteit" noem. Jy stroop enige ding wat voorkom, ongeag aan wie dit behoort en watter ekonomiese, veiligheids- of ander funksie dit verrig. Môre sorg vir homself, en vandag vier ons fees.

Selfs nie eens Thabo se broer, Moeletsi Mbeki, wat in vandag se ThisDay 'n artikel gepubliseer het met die titel, "The iron law of African underdevelopment" stem met jou saam nie. Wat is volgens hom die "ysterwet van Afrika se onderontwikkeling"? Juis die "stropersmentaliteit" van die Afrikaleiers. Mense soos Obiang Nguema van Ekwatoriaal-Guinee wat al die land se olierykdom vir homself en sy familie afskep, asook 'n skrikbewind voer teen enigeen wat hy as potensiële mededinger sien. Of Omar Bongo van Gaboen wat reeds sedert 1967 aan bewind is en volgens Moeletsi Mbeki, "die Gaboense maatskappy verkorrupteer het en die werksetiek van sy burgers ondermyn het. Burgers aspireer na knusse werke in die staatsdiens, en trek hul neuse op vir sleurwerk soos taxi ry en winkels bedryf..."

Hierteenoor staan Johan Pienaar en Robert Mugabe wat die skrikwekkende agteruitgang van die Afrikakontinent op "kolonialisme" wil blameer. Mugabe gaan sover dat hy die vernietigingswerk van sy eie grypsug op "die Britse kolonialisme" afskuif. Indien jy hoegenaamd 'n idee wil kry hoe miljoene der miljoene rande se kapitaal tydens so 'n "oehoeroe" vernietig kan word, gesels met Crawford von Abo, 'n Vrystaatse boer wat 'n leeftyd aan sy plase in Zimbabwe gewy het. Aan die einde het manne met AK-47s eenvoudig opgedaag en alles van hom afgevat. Hy is genoodsaak om sy sesduisend beeste teen R18 elk te verkoop en slagpale toe te stuur. Van die koeie het op pad begin kalf en dan moes hulle die kalwers net daar keelaf sny. Twee kruiptrekkers ten waarde van R2 mijoen elk moes hy van die hand sit teen R3000 stuk. Gaan Zimbabwe of Kongo toe as jy wil sien hoe lyk "stroping". Vergeleke daarmee het die koloniale sendinggenootskappe wat met hul Bybels gekom het om mense te leer handwerk of ambagte doen, om sekere afskuwekkende heidense praktyke soos babamoord of menslike offerandes stop te sit, asook die koloniale owerhede wat state geskep, paaie, spoorlyne en hawens aangelê het, eintlik net goed gedoen.

Trouens, soos Hans Pienaar onlangs uit die Kongo berig het, word daar op straat in Kinshasa gevra, "wanneer die witmense gaan terugkom om ons te help?" As dit van die bevolkings in Afrika afgehang het, het hulle môre gestem om apartheid of kolonialisme weer in te stel. Henri Boshoff van die Instituut vir Sekerheidstudies het dit 'n week gelede ook teenoor my bevestig.

My eie persepsie is dat, indien klassieke apartheid soos Verwoerd dit bedryf het, vandag bestaan het, sou niemand 'n woord daaroor gerep het nie. Dit mag wees dat dit die enigste werkbare stelsel vir Afrika verteenwoordig: om die stamme uitmekaar te hou deur vir elkeen 'n tuisland te gee, en die staat en ekonomie grotendeels onder blanke beheer te stel. Dis sekerlik nie die "morele" oplossing nie. Maar ná ons die gevolge van die "morele oplossing" aanskou het, sogenaamde onafhanklikheid en selfregering wat uitgeloop het op werklike stroping totdat daar niks oorbly nie, nie eens 'n verdwaalde mossie nie, pseudo-state wat nie eens hul eie belastings kan hef nie, mags- en geldhonger outokrate wat die sogenaamde "soewereiniteit" van hul staat aan die hoogste bieër verkoop, lyk apartheid skielik en uiteraard terugskouend, nie meer so sleg nie.

Nou mag jy en die Broederbond dink dat hierdie soort gedagtes 'n vreemde oorredingsvermoë het, maar gelukkig is dit net een mal ou in Johannesburg wat dit sê. Binnekort gaan jy en die Broederbond egter in julle TV-dinners stik as Stephen Smith van Le Monde se boek die rakke tref. Vars van Parys, in Afrikaans. Dan gaan julle moet vure doodslaan en kort daarvan om sensuur terug te bring en my saam met die Boeremag in die tronk te smyt, kan ek nie sien hoe julle die aanslag van Smith se boek gaan oorleef nie. Elke bladsy, elke sin, verteenwoordig nog 'n spyker in die doodskis van die politiek korrekte siening van Afrika. Daar is selfs 'n hele paar swartes, oud-Afrikane, in Parys wat ook al deur die hele spul gesien het en dinge sê wat ek nie eens sal durf nie, en wat Smith aanhaal.

Maar die werklike probleem vir die politiek korrekte fantasie oor Afrika, is nie soseer sy verkeerde opvatting van kolonialisme en apartheid nie, maar sy onvermoë om hoegenaamd kommentaar te lewer oor die kontinuïteit van Afrika se gebrek aan ontwikkeling oor die afgelope drieduisend jaar of meer, en die agteruitgang van tans. Behalwe die tussenspel van enkele dekades toe Europeërs gekom het om paaie, spoorlyne, brûe, verdiepinggeboue, geskrewe dokumente, opvoeding en mediese sorg, bekend te stel, was die bevolkings van Afrika tevrede om hul primitiewe bestaansekonomieë te bedryf, hul rituele te beoefen en kinders te baar waarvan meer as die helfte nooit die ouderdom van vyf jaar sou bereik nie. Dit is die aard van die "goue tyd" voor kolonialisme.

Een van die prestasies van apartheid, afgesien van die groot vooruitgang in opvoeding, was dat die kindersterftesyfer onder Suid-Afrikaanse swartes ná 1950 drasties begin daal het. Niemand kan dit ontken nie, nie eens Biskop Tutu of Thabo Mbeki self nie.

'n Ander probleem vir jou kolonialisme-argument is natuurlik Haïti, waarvan ons die afgesette president op die oomblik as "gas" in ons land moet verdra. Waarom het "die wêreld se oudste swart republiek" wat reeds 200 jaar onafhanklik is, geen ontwikkeling kon deurmaak nie? Helaas is kolonialisme in die geval van Haïti nie meer 'n verskoning nie.

Maar ek het nou gehoop jy wat Johan Pienaar is, gaan vir ons die miljoendollarvraag, die drieduisendjaarvraag, beantwoord: waarom het Europa en Asië ontwikkel, en Afrika nié? En soos ek hierbo gesê het, vergeet maar van die Egiptiese piramides: daardie piramides is deur 'n hoofsaaklik blanke Mediterreense beskawing gebou wat net so min met Afrika suid van die Sahara te make het as die Louvre en sy inhoud met die Zimbabwe-ruïnes. Kom ek maak dit vir jou maklik deur die vraag, wat kennelik vir jou wêreldvreemde posisie problematies is, te omskep in 'n meervoudige keusevraag. Al wat jy hoef te doen, is om een van die onderstaande antwoorde van 'n regmerkie te voorsien en, soos wat uitkomsgebaseerde onderwys vereis, sal jy 'n punt ontvang ongeag of die antwoord reg of verkeerd is, want jy het darem probeer.

1. Hoe verklaar jy die gebrek aan ontwikkeling in Afrika oor baie duisende jare?

Kies een:

a. Die vraag het geen antwoord nie, want Afrika was nog altyd net so "ontwikkel" soos Asië of Europa. b. Eurasië het ontwikkel, bloot omdat hulle toevallig die "regte" soorte diere en plante in hul omgewing gehad het, wat die landbou-omwenteling aan die gang gesit het. Indien Renosters en sebras makgemaak kon word, sou Afrika heel moontlik vir Eurasië gekoloniseer het! c. Die Afrikakultuur en -leefwyse het in die pad gestaan van ontwikkeling soos wat Daniel Etounga-Manguelle van Kameroen beweer. d. Die uitgebreide familiestelsel veroorsaak minder individuele verantwoordelikheid, terwyl die kernfamilie van Europa weer geneig is om individuele inisiatief en prestasie aan te wakker, soos wat die Franse demograaf en sosioloog Emmanuel Todd beweer. e. Die weer. Die weersomstandighede in Eurasië was meer stabiel en het dus ontwikkeling in die hand gewerk. f. Slawerny. Die feit dat miljoene swartmense uit Afrika verwyder is deur die slawehandel, het veroorsaak dat die kontinent sy "menslike hulpbronne" verloor het. f. Dis geneties. Ek stem saam met Murray en Hernstein se Bell Curve, of meer radikaal Rushton se Race, Evolution and Behavior of Michael Levin se Why race matters dat swartmense in Afrika tot 'n ietwat ouer tipe van homo sapiens behoort met kleiner breine en 'n laer gemiddelde intelligensie as blankes en veral Asiërs.

Hierdie vraag na Afrika se oerverlede is myns insiens van kardinale belang om te bepaal watter regeringsvorm of watter ontwikkelingsmodel op die kontinent behoort te geld. Dit sluit Suid-Afrika in, want vandat een miljoen mense uit ander Afrikalande jaarliks oor ons grense stroom, is dit net 'n kwessie van tyd voordat daar geen merkbare verskil tussen Johannesburg/Pretoria en die plakkerskampe van Lagos of Nairobi gaan wees nie. Johan Pienaar erken self dat 'n land die reg het om sy grense vir nie-burgers te sluit. Ek vermoed egter dat geen swart regering in Suid-Afrika dit ooit gaan doen nie, dus is verswelging deur die honger massas van Afrika ons voorland.

Afhangend van watter antwoord jy hierbo verskaf het, kan 'n mens dit van 'n kommentaar met 'n rooi pen in die kantlyn voorsien:

a. Dit is natuurlik die antwoord van die Afrika-renaissance, swart bewussyn, Boas, Lévi-Strauss, asook die relatiwistiese filosofie wat ná 1945 in die Weste posgevat het. Maar dit is geheel en al toutologies en berus op die sofisme dat "alle ontwikkelingstoestande gelyk is". Daarom is Zambië net so ryk of so arm soos Swede. Om dolosse te gooi is net so goed soos om 'n ingewikkelde fisika-eksperiment uit te voer, ens., ens. Ons eindig in volslae relatiwisme, selfs solipsisme.

b. Hierdie is 'n baie interessante argument waarvoor Jared Diamond met sy boek Germs, guns and steel die Amerikaanse Pulitzer-prys behaal het. Die kritiek daarop sou wees dat dit geheel en al spekulatief is, want wie sou nou kon weet watter diere agtduisend jaar gelede makgemaak en geteel kon word en watter nie? Boonop was daar verwante spesies in Afrika, en was daar ook plantspesies wat in Afrika aangeplant kon word. Vir 'n baie lang tyd het Afrikane via die handel boonop toegang gehad tot diere of saad uit Eurasië en dit het hulle niks gehelp nie.

c. Hierdie antwoord kan mens ten minste ernstig opneem. Die verband tussen kultuur en ekonomiese of wetenskaplike prestasie, soos Max Weber n.a.v. die protestantisme beweer het, lyk oortuigend. Die probleem is nou: hoe verander ons die Afrikane se kultuur, terwyl hulle kennelik nie graag daarvan wil afstand doen nie?

d. Hierdie is ook 'n baie interessante antwoord, wat saamhang met antwoord c. Weereens, hoe verander ons swartes se familiestruktuur, terwyl hulle, of meer spesifiek hul leiers, waarskynlik verkeerdelik oortuig is dat "kolonialisme" vir hul toestand verantwoordelik is?

e. Dit is die standaardrympie van die Swart Koukus in Amerika, en is ook op die Wêreldkonferensie teen Rassisme in Durban gehoor. Maar blankes het reeds 150 jaar gelede slawerny afgeskaf, en nog steeds gly Afrika al verder by die ontwikkelingsleer af. Dan is daar nog 'n dodelike teenargument wat onlangs na vore gekom het: ten minste een miljoen blanke Europeërs is tydens die Ottomaanse Ryk deur die Turke en Arabiere as slawe geneem, sonder dat dit hoegenaamd Europa se ontwikkeling beïnvloed het. (Sien in dié verband White Gold, deur Giles Milton.)

f. Ek is bevrees vir hierdie antwoord, ongeag of dit reg of verkeerd is, kry jy geen punt nie, want dit is doodgewoon onaanvaarbaar. Net 'n rassis sal so iets glo, en of die Here of evolusie nou swartmense geskep het, sou albei gesorg het dat almal op aarde ewe intelligent en ewe bekwaam sou wees.

Daar broei natuurlik in die VSA 'n taamlike storm rondom ras en intelligensie, en waarskynlik is 'n aansienlike pesentasie van Amerikaanse blankes, veral ná die geweldige publisiteit wat The Bell Curve tien jaar gelede geniet het, reeds oortuig dat swartes oor 'n laer gemiddelde IK as blankes of Asiërs beskik. Sover ek verstaan, berei die SA Menseregtekommissie wetgewing voor wat dit in Suid-Afrika onwettig gaan maak om enige bewering te maak dat mense van verskillende rasse nie oor presies dieselfde vermoëns, soos gemiddelde intelligensie, wetsgehoorsaamheid, bevolkingsaanwas, ens., beskik nie. Terwyl 'n swetterjoel ander ANC-wette natuurlik elke dag die keersy impliseer en juis ongelyke historiese en huidige prestasies wil "korrigeer".

As ons eerlik is, heers daar 'n kognitiewe dissonansie in die land rondom ras, want elkeen ervaar dit byna daagliks as 'n werklikheid, terwyl die amptelike ideologie en die media ons oor die kop knuppel met "simunye" en "we are the same".

2. Waarom behoort Afrikaners te aanvaar om deur Xhosas en Indiërs regeer te word, terwyl Xhosas en Indiërs blykbaar nie tevrede was om deur Afrikaners regeer te word nie?

Dit verstom my watter greep die naïewe denke van die koloniale Engelse intelligentsia in dié land deesdae op Afrikaners uitoefen, ook op Johan Pienaar. Volgens hulle is almal in Suid-Afrika Westerlinge, of Engelse, of op pad om dit te word, en daarom simunye! Watter dogmatiese stommiteit is dit tog nie om te wil beweer dat Suid-Afrika nie etnies verdeel is in rasse- en taalgroepe nie!

Wie is dan die meerderheid? Baudrillard het gepraat van die "skadu van die stille meederheid". Hierdie land word tans regeer deur die XIM, of dan 'n onstamde groepie Afro-Saksers en Indiërs. Hulle praat namens die "meerderheid", maar in eie reg verteenwoordig hulle ewe seer 'n etniese minderheidsregering as die destydse Afrikaners. Andersins kan die meerderheid in rasseterme gesien word, maar dan word die blanke minderheid natuurlik per definisie uitgesluit. In terme van heersende demokratiese beginsels, moet sowel meerderheid as minderheid in die regering verteenwoordig wees. Selfs die ANC wil hê dat sowel die Hutu-meerderheid as die Tutsi-minderheid in die regering van Boeroendi verteenwoordig moet wees en dring daarop aan dat die Tutsi-minderheid van 14% tot 40% van die parlementêre setels behoort te ontvang.

Suid-Afrika is geen liberale demokrasie nie omdat dit oor geen homogene bevolking beskik nie. Punt. Enigeen wat die teendeel beweer, is besig met 'n drogredenasie wat die werklikheid ontken.

Nog 'n ironie: die Westerse lande en volke wat hierdie stelsel op ons afgedwing het, sal nie self aanvaar om deur 'n "meerderheid" van 'n ander taal en ras regeer te word nie! Vra die Dene of hulle graag deur die Duitsers regeer wil word. Of die Britte deur die Nigeriërs. In 'n wêreld waar almal dieselfde is, ongeag taal, kultuur, identiteit of afkoms, sal dit mos nie saak maak as al 120 miljoen Nigeriërs Engeland toe emigreer en daarop aandring dat hulle nou die meerderheid uitmaak en daarom die staatsmag toekom nie.

Die huidige politieke stelsel in Suid-Afrika is totaal absurd omdat dit op die fiksie van 'n homogene bevolking berus wat saamgebind word deur die Engelse taal. Soos enige taalkundige egter sal bevestig, is daar slegs 3 miljoen sprekers van Engels in die land. Kyk na 'n taalkaart van die land: die meeste sprekers van die elf tale, behalwe die Engelse en Afrikaners, woon min of meer saam in een geografiese gebied.

Alle groepe is ook beslis nie verteenwoordig in die regering nie. Behalwe as jy 'n gehate en gekoöpteerde verraaier soos Marthinus van Schalkwyk as verteenwoordigend van die Afrikanermening beskou, is daar geen Afrikaners in die regering nie en sal daar ook nooit wees nie.

Anton Barnard se onlangse meningspeiling op www.kooperasie.com het bewys dat die meerderheid Afrikaners nie die huidige stelsel aanvaar nie en slegs een ding wil hê: vryheid en 'n eie republiek.

3. Behoort ’n land beheer oor sy eie grense uit te oefen, of het nie-burgers die reg om vryelik so ’n land binne te gaan en gebruik te maak van sy gesondheidsdienste, skole, maatskaplike behuising en ander geriewe?

Verbasend genoeg het jy hierop bevestigend geantwoord, met 'n kniebuiging in die rigting van 'n utopiese McWorld wat individuele lande in die toekoms onnodig gaan maak.

Wag daar nie 'n verrassing op jou nie! Met die al skaarser hulpbronne, veral energie, gaan lande in die toekoms teen mekaar oorlog maak soos nog nooit tevore nie. Die kanse dat jou McWorld dus gaan realiseer, is gering.

Suid-Afrika soos ons dit tot 1994 geken het, gaan egter ophou bestaan in die sin dat 'n aansienlike deel van die 600 miljoen mense suid van die Sahara binnekort rondom ons stede in plakkerskampe saamgetrek gaan wees. Soos Anton Barnard ook al bekend gemaak het, woon daar reeds tien miljoen onwettiges in die land, met 'n verdere een miljoen per jaar wat die land binnekom. Misdaad gaan vererger, indien dit menslik moontlik is, en selfs die XIM mag hul greep op die politieke mag verloor ten gunste van een of ander Nigeriese of Kongolese mafia wat die land oor twintig jaar mag regeer.

Wat dit vir jou uitspel is dat ons, bedoelende die Afrikaners, se tyd min is om te red wat daar te redde is en 'n onafhanklike grondgebied te verkry voordat die Baie Groot Lagos hier te lande tot stand gaan kom.

4. Glo jy aan privaatbesit?

Ek weet nie wat jy met die Romeins-Hollandse reg-foefie wil beweer nie, maar feit is dat hierdie regering nie meer aandeelhouers en veral grondeienaars se besitsreg respekteer nie. Boere word eenvoudig van hul plase afgesit op die mees twyfelagtige gronde. Weereens, gaan lees Philip du Toit se boek om bewus te raak van watter absurditeite gebruik word om sogenaamde "grondeise" te regverdig.

Al die fabelagtige rykdom wat Tokyo Sexwale, Cyril Ramaphosa, Saci Makozoma en Patrice Motsepe tans op 'n skinkbord ontvang, kom net so uit die sakke van minderheidsaandeelhouers in die land se groot maatskappye. Daardie aandeelhouers is pensioenfondse wat my en jou aftreefondse bestuur.

Sogenaamde swart bemagtiging is dus niks anders as diefstal van pensioenarisse nie. Nietemin word dit deur wetgewing verplig.

Wat nou in die land aangaan, is niks minder as bedekte nasionalisering nie.

5. As ’n lid van die Tutsi-minderheid, Paul Kagame, Rwanda kan regeer, waarom mag ’n Afrikaner nie Suid-Afrika regeer nie? (Onthou dat die Tutsi’s slegs 9% van die bevolking verteenwoordig en ook dat Kagame ná die volksmoord met geweld aan bewind gekom het en sedertdien alle opposisie in die land onderdruk.)

Jy weet net so goed soos ek dat daar, weens die status van Suid-Afrika as etnies verdeelde land en elke verkiesing wat 'n blote rassesensus verteenwoordig, nooit 'n Afrikaner as president verkies sal word deur middel van die sogenaamde demokratiese proses nie. In elk geval sal hy nie eens 'n spreekbeurt op TV of in 'n Naspers-koerant kry nie, dus sal niemand eens van sy poging weet nie.

Volgens jou vorige kriteria is die Kagame-regering dus onwettig. Nietemin is daar niemand wat ekonomiese sanksies teen Rwanda toepas nie en hy word allerweë as die wettige president van die land beskou.

Kagame regeer nie net tydelik nie, maar is redelik onlangs tot daardie amp verkies tydens 'n verkiesing wat deur waarnemers van die Europese Unie as "geskend deur onreëlmatige en intimidasie" beskryf is.

"Demokrasie" in Afrika beteken dus iets soos "dit waarmee jy kan wegkom". Ek is doodseker daarvan dat die wêreld vandag 'n Afrikanerminderheidsregering in die Uniegebou sal verdra, anders as vyftien of twintig jaar gelede.

Gelukkig stel ons lankal nie meer belang om ons goeie regering en administrasie - waarvan jy die oorblyfsels rondom jou kan aanskou in die vorm van paaie, spoorlyne, museums,'n staat en munisipaliteite - aan die ondankbare inwoners van hierdie korrupte, chaotiese en misdadige land te verskaf nie.

Selfbeskikking in 'n eie grondgebied, oftewel 'n volkstaat, is vir ons nie net die aantreklikste nie, maar ook die enigste oorblywende opsie om te oorleef. Afgesien nou van 'n vliegkaartjie na Australië wat die meeste van ons mense in hul reeds verarmde toestand in elk geval nie kan bekostig nie.

8 Augustus 2004

Boontoe