chronologie

 menings

 opstelle

 poësie

 satire

 aksies

 skrywers

 abba

 skakels

 briewe

 uit-BEELD

 uit-RAPPORT

 tuis

 

Is Loammi Wolf 'n dom of demoniese linkse?

Dan Roodt

Die debat tot dusver:

 

Fanie Cloete, Die taalfeniks op die drip, Litnet 25 Oktober 2005

Buks van Rensburg, Fanie Cloete se drogredenasie Litnet 26 Oktober 2005

Fanie Cloete, Die taalpolitieke onderklere wat so begin uitsteek Litnet 1 November 2005

Dan Roodt, Fanie Cloete se holocaust-ontkenning Litnet 1 November 2005

Buks van Rensburg, Fanie Cloete se strooipoppe Litnet 2 November 2005

Loammi Wolf, Dan se verkragting-statistiek duister Litnet 4 November 2005

Johan Botes, Die bronne waarna Loammi Wolf soek Litnet 8 November 2005

Loammi Wolf se repliek op my stuk oor Fanie Cloete se holocaust-ontkenning, ontlok by my veral een vraag, en dit is of sy 'n "dom linkse" of 'n "demoniese linkse" is. Iewers in Februarie vanjaar het Maria Groesbeek op die Praaggeselsforum 'n baie goeie uiteensetting van dié twee begrippe gegee, wat opsigself ontleen is aan 'n artikel van Stephen Plaut op 'n webwerf van David Horowitz. Onder andere skryf Maria Groesbeek:

"Dom Linkses sê dat hulle ten gunste van gelykheid is, terwyl Demoniese Linkses graag al die mag in eie hande wil hê sodat hulle ander kan onderdruk.

Dom Linkses dink dat diere soos mense behandel moet word (bv. Die PETA-organisasie), terwyl Demoniese Linkses dink dat mense soos diere behandel moet word (Soos onder Pol Pot en in Noord-Korea).

Dom Linkses begeer sosialisme want hulle dink mense hoef nie hard te werk onder so 'n stelsel nie en dat dit hulle, as meestal intellektueles, sal bevoordeel. Demoniese Linkses soek sosialisme omdat hulle weet hulself sal nie onder so 'n stelsel hoef te werk nie want hulle sal genoeg slawe hê - ek en jy."

Kom ons aanvaar voorlopig die hipotese dat Loammi Wolf eienskappe van beide die dom linkse én die demoniese linkse vertoon, dan sal ons niks wat sy sê verkeerd verstaan nie. Die gedagte dat Afrikaners (of Boere) soos diere behandel behoort te word, is waarskynlik vir haar aanvaarbaar. Vandaar haar beswaar teen die "instrumentalisering" van die geskiedenis van die Tweede Vryheidsoorlog. Wie is ons nou om te kla oor hoe die Britte ons voorouers behandel het? Of om vandag daarop aan te dring dat ons "menswaardig" in die sogenaamde "Nuwe Suid-Afrika" behandel behoort te word? Ná alles, hoeveel van ons vroue (en minderjarige dogters) is sedert 1994 verkrag? Hoeveel van ons mense is vermoor of tot die dood toe gemartel in plaasmoorde deur die "nuwe" Einsatzgruppen van die "nuwe Suid-Afrika"?

Loammi Wolf is egter "demonies" genoeg om te sê: ons verdien dit want ons het die "misdaad teen die mensdom van apartheid" gepleeg. Behalwe dat geeneen van ons Inkwisiteurs in die vorm van die duiwelse biskop Desmond Tutu, sy Ingelse aartsengel Alex Boraine en diverse ander incubi wat De Klerk uit Pandora se doos losgelaat het, natuurlik 'n enkele massagraf kon vind nie.

Dié dom vraag wat ek taamlik dikwels aan dom linkses vra, maar waar is die massagrafte van apartheid? word natuurlik natuurlik nooit beantwoord nie. Watter linkse het nou weer gesê, "feite is benede my"? Emosie en die irrasionele geswymel oor die "bose Afrikaners", "gifdokter Wouter Basson" (maar wat ná dertien jaar en R40 miljoen se regskoste deur die hof onskuldig bevind is), die Afrikaner-nazi's, -volksmoordenaars, - verdrukkers en dergelike ander komplimente wat die somtotaal van linkse denke oor Suid-Afrika uitmaak, moet genoeg wees om ons vir ewig die swye op te lê en die slawerny van 'n laer-middelklasbestaan as "wit skorriemorrie" soos Jeremy Mansfield van "Highveld Stereo" ons noem, te aanvaar.

Loammi Wolf is dom genoeg om te aanvaar dat ek my bewering van 35% Boerevroue wat gedurende 1899-1902 deur Britse soldate of gewapende swartes verkrag is, uit my duim gesuig het. Dis werklik amusant. Die enigste rede waarom ek nog hoegenaamd my tyd verkwis om op die middelmatige twak wat dom/demoniese linkses in dié land kwytraak, te antwoord, is omdat dit soveel klugtige vermaak verskaf. In hierdie somber land op hierdie donker kontinent waaroor Joseph Conrad die woord "verskrikking" gebruik het, help dit om soms aan humor blootgestel te word. Al is dit nou ook die onbedoelde humor van die navolgelinge van Marx wat Karl met Groucho verwar.

Die bron vir my bewering oor verkragting en seksuele mishandeling wat ons vroue deur die Britte en hul swart gewapende helpers (daar was ongeveer 100 000 van laasgenoemde) is twee boeke deur die Vrystaatse historikus, Andries Raath, wat in 'n taamlik obskure uitgawe deur die Volkskomitee vir die Herdenking van die Tweede Vryheidsoorlog, Nylstroom in 2002 verskyn het onder die titel: Die Boerevrou, deel 1 en 2.

Maak geen fout nie: daar heers steeds 'n taboe oor die ware feite aangaande die Tweede Vryheidsoorlog. Nou onlangs het ek die opening van die Anglo-Boereoorlogmonument in die Paarl bygewoon wat deur die sedertdien ontslape mev. Huberte Rupert waargeneem sou gewees het. Ek het 'n rubriek onder die titel "Die sin van rebellie" (http://www.praag.org/rubriek223d.htm) daaroor geskryf en ewe onskuldig genoem:

"Die terrein vir die monument is deur die KWV geskenk en by wyse van 'n servituut-akte aan die ABO Monument-Trust oorgedra. Die beskermheer van die trust is mnr. Ton Vosloo en die beskermvrou mev. Huberte Rupert van Stellenbosch. Terloops, nóg Vosloo, nóg mev. Rupert het die seremonie bygewoon ... 'n mens wonder hoekom?"

Natuurlik het ek myself hier naïef (of dom, in navolging van die linkses) gehou en gemaak asof ek nie geweet het waarom mev. Rupert, wie se gesondheid in aanloop tot die openingseremonie heeltemal goed was, nie die geleentheid bygewoon het nie. Omdat sy intussen oorlede is, kan ek nou maar net sowel die aap uit die mou laat: haar familie het druk op haar geplaas om nie die openingseremonie by te woon nie, omdat dit dalk onsteltenis in oorsese (lees: Britse) sakekringe sou veroorsaak. Dalk koop minder Britte Rothmans-sigarette of Montblanc-penne, iets van dié aard. Laat ons dus maar liewer vergeet van die vroue en kinders wat op die altaar van die Britse Ryk geoffer is.

Vandaar dan ook die obskure uitgawe van Raath se boek. 'n Honderd jaar ná Springfontein, Brandfort, Irene en ander konsentrasiekampe, mag ons nie vrylik daaroor praat nie. Dit versteur die geskiedenis, veral die onlangse geskiedenis waarin die Afrikaner as nazi, massamoordenaar, boosdoener, rassis, "gifdokter", wat doelbewus opvoeding en gesondheidsorg van die swart massas weerhou het, geskilder word.

Laat my by die punt kom. Dat die werklike omvang en aard van Britse gruweldade teen die Boerevroue en -kinders byna 'n eeu lank verswyg of ten minste verdoesel is, is 'n feit. Veral die seksuele vergrype teen ons vroue en dogters is as geklassifiseerde inligting beskou, omdat dit "versoening" tussen Boer en Brit in die wiele sou ry. Honderd jaar later maak dit nie einlik meer saak nie, want die Afrikaner is polities skaakmat gestel en ons taal, kultuur, geskiedenis en identiteit word stuk vir stuk vernietig deur ons nuwe swart base wat toevallig so graag Engels praat.

In die eerste deel van Die Boerevrou deur A.W. Raath, verskyn daar 'n gedeelte "Seksuele teistering en onsedelikheid teenoor vroue en kinders gepleeg", vanaf bladsy 72 en vorentoe. Hy haal aan uit 'n Duitse boek deur dokter Wilhelm Vallentin wat in 1902 onder die titel Hunnen in Süd-Afrika verskyn het. Veral skokkend (hoewel seker nie vir 'n dom linkse soos Loammi Wolf wat glo dat alle euwels deur blankes, nasionaliste of Afrikaners gepleeg word nie), is die gedeelte oor minderjarige meisies wat in die Irene-kamp as seksslawe vir die Britse offisiere aangehou is. Hier volg die aanhaling uit Raath, wat op sy beurt Wilhelm Valentin aanhaal:

"Vrouens en meisies is volkome uitgelewer aan die willekeur van Engeland se moordbendes en hul swart bondgenote. Misdade van alle soorte, gedwonge omgang met vrouens, skending van meisies, skande en ellende is die boogde resultate. die ongelukkiges, in vodde gehulde wesens, wat die gewelddadige gier van die offisiere en soldate ontduik, word deur die elementêre geweld van die honger in skande in hul arms gedryf. 'n Vroeëre medestryder van die Boere, Fred Lavelle, vertel wat hy self aanskou het: 'Ek noem nou net 'n sekere kamp by Irene, ongeveer 9 myl van Pretoria. Alle vroulike persone van 12 jaar en ouer word hierheen vervoer en soos vee bymekaar gejaag. Afwisselend word verskeie van hulle, in klein groepies, na Pretoria gebring vir ontugtige doeleindes en hier, met aanwending van geweld en dwang, weerhouding van voedsel en ander pynigingsmaatreëls, word hulle gewillig gemaak. In Pretoria word hulle deur Engelse offisiere op brutale, onmenslike wyse gebruik. Hulle hou die ongelukkige meisies so lank daar, tot hulle waarlikwaar onbruikbaar ("useless") is. Hulle word na die kamp by Irene teruggeneem, van waar hulle dan vars "mensvleis" laat kom. Al hierdie sake geskied heel openlik, en elkeen, offisier en manskap, dra kennis hiervan. Selfs Kitchener weet daarvan. Maar nie een enkele maatreël word getref om hierdie skandelike handel met mensesiele te verbied nie. Dikwels het enkele meisies daarin geslaag om op een of ander wyse by ons uit te kom, meisies van 16 jaar en met sneeuwit hare, asof hulle 'n lewe van 'n honderd jaar agter die rug het.'

Met 'n kilheid om die hart lees ons die beskrywing van kaptein Vallentin oor die sedelike implikasies van die Britse aanslag op die Boerevroue en -kinders: 'Die soldate het hulle eie sisteem uitgewerk om jong meisies van twaalf tot vyftien jaar geweld aan te doen. Sodra vasgestel is dat daar by 'n Boereplaasopstal geen mans was nie, maar net vrouens, word die plaas afgebrand. Alles, tot die laaste stuk brood, word afgeneem. Nou staan die ongelukkige vrouens, beroof van alle hulpmiddele, in die veld. Die volgende plaas is heeltemal te ver om dit te voet te bereik. Daar bly dus geen alternatief oor nie as om die Engelse soldatekamp om voedsel te vra om nie saam met die kinders te verhonger nie. Die vrouens, wat wel weet wat van die soldate te wagte is, stuur dan gewoonlik jong meisies van twaalf tot vyftien jaar. Hulle is groot genoeg om die pleidooi oor te dra, maar volgens die Boere-vrouens se menings beskerm hul jeugdigheid hulle teen die rouheid van die soldate. Die soldate hou hierdie kinders onder een of ander voorwendsel, byvoorbeeld dat hulle nie 'n pas het nie, in die kamp. Hulle word nie vrygelaat, alvorens hulle nie bandelose hardhartige geweld aangedoen is nie. Die arme kinders kan tog wel nie energieke weerstand bied nie. Die honger dwing hulle, sowel as die wete dat die moeder en die klein boeties en sussies sal verhonger as hulle sonder voedsel terugkeer. Ek het baie sulke ongelukkige meisies gesien wat in 'n ander tyd was. Die aanblik sal selfs 'n hart van klip laat smelt. Watter angs, watter smarte, hoeveel trane en 'n verpletterende gevoel van skande om deur brutale geweld die eie liggaam aan die gehate vyand prys te gee! Watter misrabele gevoel van smart, teruggehoue woede om deur dieselfde moord-brandstigter, wat miskien die eie vader of broer doodgeskiet het, die huis en opstal afgebrand het en alles geplunder het, deur hierdie bose rowers verkrag en geswanger te wees! En aan die ander kant, die bodemlose gemeenheid om die losgelate onbeteuelde willekeur van wilde diere in mensegestalte te kondoneer. Feit is, dat tot dusver ongeveer 35% van alle Boerevroue en -meisies in Transvaal en die Vrystaat deur Britse offisiere en soldate verkrag is, ondemeer dogters van tien jaar. (sic) Dit is ook so dat die Engelse leër statisties gesproke die hoogste persentasie geslagsiekties het... Wat die gevolge van hierdie gedwonge geslagsverkeer met die gesonde, kragtige Boerevroue en -meisies vir die toekoms van die land inhou, kan aan die fantasie van die onbevooroordeelde persoon oorgelaat word. Siektes, die wegkwyning, besmetting van die volk, 'n verwekte misdadigergespuis! Die hare staan orent van onsteltenis om hierdie verskriklikste van alle skrikke te bedink.'"

Daar word dikwels gepraat van "die wonder van Afrikaans" wat in weerwil van bykans 200 jaar van onderdrukking deur een of ander Engelse owerheid, hetsy dié van Brittanje, hetsy dié van die ANC, oorleef het. Maar is dit nie 'n wonder dat die Afrikanervolk die vernietiging en grootskaalse verkragtings van die Tweede Vryheidsoorlog oorleef het nie, dat ons vroue weer hul koppe kon optel en skaars tien jaar later op 'n groot skaal kon betoog teen die gevangeneming van De Wet en ander tydens die Rebellie nie?

My punt teenoor Fanie Cloete, wat ons seker in die kategorie van 'n "demoniese linkse" moet plaas, was eenvoudig dat die oorheersing van Engels in Suid-Afrika (en aan die voorganger van Stellenbosch, die Victoria College) geen "onskuldige, natuurlike gebeurtenis" was soos wat hy dit voorstel nie. Die Engelse taal, asook Engelse heerskappy, is met brute geweld en oorlogsmisdade afgedwing. Ook die huidige stelsel wat demokrasie met 'n rassesensus verwar, speel op ons demografiese swakheid, wat regstreeks na die Britse volksmoord van 1900-1902 teruggevoer kan word. Hoe is ons veronderstel om met swart getalle by die stembus mee te ding as ons 'n honderd jaar gelede genadeloos deur die Britte "uitgedun" is? Selfs Willem de Klerk, broer van FW de Klerk en een van die argitekte van die NP se eerlose oorgawe aan die ANC, beweer in sy boekie Kroes, kras, kordaat dat daar sonder die volksmoord van 'n eeu gelede vandag elf miljoen Afrikaners kon gewees het, meer as die Zoeloes of die Xhosas van die Ooskus wat ons tans vanuit ons eertydse republikeinse hoofstad, Pretoria, op grond van hul getalle regeer.

Loammi Wolf vind dit "verregaande om die konsentrasiekampe van die Tweede Vryheidsoorlog met die Nazi's se holocaust te vergelyk. Die gebruik van die begrip holocaust is nie net onsmaaklik in hierdie samehang nie, maar ook onvanpas." Nietemin vind sy dit nie "verregaande" om apartheid met nazisme te vergelyk nie soos sy elders blykbaar in haar "navorsing" gedoen het, terwyl die Afrikaners nêrens enigeen sistematies uitgemoor, verhonger of verkrag het nie. Weereens: by enige konsentrasiekampterrein in die land kan massagrafte van gewoonlik Boerekinders gevind word, terwyl die dom én demoniese linkses steeds in gebreke bly om die massagrafte wat die "misdaad teen die mensdom van apartheid" sou geskep het, aan ons uit te wys. Ten beste bly dit 'n teorie: Wouter Basson "wou" baie swartes doodmaak, maar het dit nie gedoen nie. Apartheid "sou" tot volksmoord kon lei (maar het nie), ens. Intussen het ons in onlangse tye gewoond geraak aan skares swart jeugdiges wat "kill a Boer, kill a farmer" skree of, soos die Pasma-studente in Pretoria, "kill all whites, English and Afrikaans", maar vir linkses, sowel dom as demonies, is dit alles baie onskuldig. Ná alles is swartes veel meer vreedsaam as die wreedaardige blankes en veral Afrikaners wat slegs verwoesting rondom hulle saai.

Daarom verklaar Loammi Wolf: "Wat my egter verbluf, is hoe hierdie trauma altyd weer instrumentaliseer word sodra Afrikaners glo dat hulle iets te vrese het wat hulle oorlewing in gedrang kan bring. En dan word glad nie meer rasioneel na 'n probleem gekyk of daarvoor oplossings gesoek nie." Janee, dis uiters vreemd. Terwyl die slagspreuke van "kill a Boer" in ons ore weerklink, ons taal stelselmatig onderdruk word, roof, moord en verkragting toeneem, is ons veronderstel om kalm te bly en 'n bietjie "oplossings te soek". Ons is maar net die laaste blanke of Westerse groep wat op die Afrikakontinent oorbly, nadat Robert Mugabe korte mette met die Zimbabwiese blankes - tot groot vreugde van die ANC en die plaaslike swart middelklas wat hom by die Uniegebou toegejuig het - gemaak het. Ons het dus niks te vrees nie en moet veral nie "ou koeie opgrawe", terwyl elke ander groep in dié land natuurlik elke dag jil en gil oor "die onreg van die verlede", "die bose Nazi-Afrikaners" en dergelike meer nie.

Interessant is dat 'n ander demoniese linkse, Albie Sachs, onlangs tydens 'n propagandasessie by die Grondwethof beweer het dat die vergelyking van apartheid met Nazisme "nie behulpsaam" (not helpful) is nie. Wel, ek het nuus vir Albie Sachs en alle ander dom en demoniese linkses in die land: dis nou te laat, Albie, ou vriend. Voordat julle die Nazi-etiket op ons geplak het, moes julle bietjie gedink het. Dis nou ons beurt om die geskiedenisboeke te fynkam vir tekens van swart of Engelse boosheid. Elkeen van die 500 aanvalle op burgerlikes wat die ANC gepleeg het, moet deel van ons kinders se opvoeding vorm, so ook elke plaasmoord en verkragting wat daar sedert 1994 plaasgevind het.

Aanstaande jaar gaan daar blykbaar 'n orgie van anti-Afrikaanse propaganda losbars wanneer die dertigjarige herdenking van Soweto plaasvind en skole landwyd teen Afrikaans opgesweep gaan word. In so 'n mate dat selfs Beeld, die amptelike mondstuk van die ANC in Afrikaans, sy bedenkinge op 27 Oktober in 'n hoofartikel uitgespreek het deur die regime te maan: "Sulke vieringe sal die doel mis as daar op ondeurdagte wyse toegelaat sou word dat dit Afrikaanse leerlinge vanweë hul taal vervreem of as dit 'n negatiewe etiket aan hul taal sou heg."

Ek dink die arme Beeld mis die hele doel van die oefening: dit gaan juis daarom om Afrikaners en Afrikaans sover moontlik te verguis en te demoniseer. Trouens, vandat die Britte met hul fanatiese sendelinge in 1806 hier voet aan wal gesit het, is daar nog altyd gepoog om "'n negatiewe etiket aan Afrikaans en Afrikaners te heg". In die vroeë dae van die Afrikaanse letterkunde is die spul Britse sendelinge heerlik gesatiriseer deur o.a. Charles Etienne Boniface in sy "Nieuwe Ridderorde of de temperatisten".

Ongelukkig het die "sendelinge sonder God" soos 'n ou vriend van my altyd na die linkses verwys het, vandag 'n veel meer sinistere projek as om ons bloot van wyn en brandewyn te red, soos in 1830. In Maria Groesbeek se opsomming van linkse denke heet dit:

"Dom Linkses dink regtig dat Palestynse leiers en Arabiese regimes 'progressief' en 'liberaal' is, terwyl Demoniese Linkses hierdie mense ondersteun omdat hulle baie goed weet hierdie leiers is fasciste. Sien in hierdie verband die boek Unholy Alliance: Radical Islam And The American Left deur David Horowitz."

Volgens hierdie beginsel is alle anti-Afrikaanse optrede, hetsy die verengelsing van Stellenbosch, hetsy die foltering en teregstelling van bejaarde boere deur groepies onskuldige "jongmense", in wese "progressief" en "liberaal" en lei dit tot die verbetering van die Suid-Afrikaanse samelewing wat besig is om te "herstel van apartheid". 'n Swart fascis soos Robert Mugabe is bewonderenswaardig, want hy het sy land binne enkele maande "gedekoloniseer", anders as in Suid-Afrika waar die "reaksionêre magte" en "rassistiese boere" nog hardnekkig aanhou om vleis en groente te produseer.

Daarom is dubbelmedium onderrig, volgens Loammi Wolf, "ook kultureel verrykend" en hoef dit "nie tot die uitsterf van Afrikaans... te lei nie. Meertaligheid is juis een van die fasette wat die Suid-Afrikaanse kulturele tableau so opwindend maak".

Een van die fassinerendste aspekte van dom-linkse denke in Suid-Afrika, is hoe hulle die bestaan van verskillende tale op aarde verklaar. Apartheid, wat "aparte tale" soos Engels, Afrikaans, Zoeloe, Tswana, ens. in "etniese afsondering" gestimuleer het, het mense daarvan weerhou om "meertaligheid" (d.w.s. meer as een taal tegelyk soos op KykNET of die SABC) te praat. In die praktyk beteken "meertaligheid" natuurlik Engels, maar ek veronderstel as jy hier of daar woorde soos "lekker" of "kak" soos wat Suid-Afrikaanse Engelse geneig is om te doen, gebruik, dan is dit meertalig. Binnekort gaan Stellenbosch ook "meertalig" wees, d.w.s. Engels met die somtydse invoeging van "lekker" of "really kak".

Maar die vraag bly: indien apartheid 'n misdaad teen die mensdom was, hoe rym dit dat daar ook elders ter wêreld verskillende rasse en verskillende tale bestaan? Of is dit deel van ons erfsonde waarvan die linkses ons met hul "een wêreld"-imperialisme gaan verlos?

Uiteindelik vind ek Loammi Wolf eerder dom as demonies. Sonder dat sy haarself intellektueel ooreis, sou ek graag wou verneem hoe sy die talige apartheid wat in Europa bestaan en waar Italiaans, Frans, Duits, Nederlands, ens. elkeen afsonderlik op 'n eie grondgebied gepraat word, versoen met haar aandrang op "meertaligheid" wat aan elke instelling in Suid-Afrika (behalwe natuurlik die Engelstaliges, maar ek versonderstel hulle het reeds "lekker" en "kak" ingevoer) behoort te geld?

18 November 2005 11:38:18 AM

Boontoe