|
|
||||
| chronologie
|
Die e-Trek Vladimir du Plessis Terwyl dit nog ‘n hele ruk mag duur voordat ons 'n eie geografiese gebied mag kry waaroor ons volk dan self sal regeer, is dit reeds op hierdie stadium moontlik om die ‘Trek’ na daardie Nasiestaat te begin. In die ou dae het mense wat ongelukkig in die hoofsentra van die eertydse beskawing was hulself gedurig hervestig in nuwe gebiede. So het koloniste reg oor die wereld versprei om die pioniersbevolkings van die nuwe grense van die Amerikas, Afrika(veral Suid Afrika) en Australasie te vorm. In al hierdie gevalle was daar gewoontlik reeds inheemse bevolkings wat dan deur die nuwe setlaars verdryf en selfs vermoor is. So het die setlaars dan vinnig ‘n meerderheid in die plaaslike demografie geraak. Die anomolie in laasgenoemde opsig is Suid Afrika. Weens ‘n kombinasie van ons voorgeslagte se eie lewensfilosofie*, sowel as eksterne drukfaktore was volksmoord en selfs grootskaalse verdrywing nie vir hulle ‘n opsie nie. Juis hierdie kombinasie van groter verdraagsaamheid (in vergelyking met Britse kolonies) sowel as druk vanaf die Engelse Koloniale regering (ironies genoeg) onder invloed van die Engelse Sendingwerkers het die omstandighede aan die Oos Kaap so ondraaglik geraak, weens veediewery en moorde (soos vandag ook), dat die boere besluit het om soos hulle voorsate, hulself elders te gaan vestig waar die Britte nie ‘n rol speel nie. Hierdie grootskeepse vrywillige hervestiging van mense , nl die Groot Trek, het dan die pioniersbevolking voorsien van wat dan mettertyd die Boererepublieke sou word. Die punt, hier, is dat hulle hulsef ook bloot gaan hervestig het soos hulle voorouers, weg van die bestaande beskawingsentrum af, waar hulle dan weer hul eie gemeenskappe tot stand kon bring. Die historiese oplossing vir hierdie probleem van druk by die beskawingssentrum was dus altyd om nuwe gebiede te gaan koloniseer. Nuwe grense, vir die Boere, was aanlokliker as wat dit argumentsonthalwe sou wees om per skip in Amerika te gaan hervestig. Hulle wou dus spesifiek onder hul eie mense se kultuur en beheer staan. Hoewel daar in die verlede meer as genoeg ongekoloniseerde grond beskikbaar was om sulke pioniers se gebiedshonger te bevredig, is daardie dae vergoed verby. Al noemenswaardige geografiese deel wat nog onder geen regering staan nie is Antarktika. Daardie vasteland is egter weens internasionale ooreenkomste sowel as die kontinent se gure klimaatsomstandighede nie vir grootkaalse menslike vestiging geskik nie. Al wat letterlik oorbly is die Maan en Mars. Sekerlik sal daardie twee werelde (waarskynlik veral Mars weens sy meteoriese en geo(areo)logiese samestelling) in die toekoms wel suksesvolle pioniersbevolkings huisves. Ons, egter, lewe waarskynlik so ongeveer twee of drie geslagte te vroeg in die menslike geskiedenis om die ontstaan van inter-wereldse menslike migrasie te beleef. Die slotsom is dus, dat ons in ‘n era lewe waarin daar geen meer niemandsland beskikbaar is nie. Baie Suid Afrikaners neem egter wel aan ‘n soort trek deel na bestaande beskawingsentra soos Australie, Nieu Zeeland, Kanada ens. Volgens die jongste Rapport trek daar ongeveer drie Suid Afrikaanse gesinne per week na die stad Perth. Mens kan net wonder hoe die statistiek dan ook lyk vir Sydney, Auckland, London, Vancouver ens. As iemand wat self daardie opsie probeer het, weet ek watter enorme eise en opofferings dit van daardie mense vereis. Meeste van hierdie emigrante betree daardie ekonomieë op die laagste vlakke. Vir praktiese doeleindes moet hulle hul taal en kultuur prysgee en boonop word hulle nooit ten volle geassimileer in hul nuwe gemeenskappe nie. Assimilasie is iets wat hul kinders mettertyd wel in slaag, d.w.s. deur ‘n identiteitsverandering. Selfs die Afrikanergemeenskappe wat daar vorm is gedoem om nie verby een of twee geslagte kultureel te kan oorleef nie. Afrikaners het dood eenvoudig nie die tipe bindingsfaktor soos wat die Jode het nie. Regoor die wereld bepaal hul unieke godsdiens hul ekslusiewe voortplanting en dus hul gemene identiteit. So dra hierdie bindingsfaktor reeds vir millenia hul identiteit oor verskeie vastelande, tale en nasionaliteite. Ons het nie so ‘n eksklusiewe godsdiens nie. Ons primêre bindingskrag, wat ons kulturele voortsetting moontlik maak, is die swaartepunt van ons kultuur wat in hierdie land lê. As ons van hier verwyder word raak ons uiteindelik iets anders. Mens kan dus tot die gevolgtrekking kom dat ons geen ander opsies oor het om as ‘n kultuurgroep te oorleef nie. Ook ‘assimilasie’ in die Nuwe Suid Afrika sal die besliste uitwissing van die Afrikaner groep meebring. Hoewel heelwat Afrikaners voortgaan om te glo dat ons ‘n florerende toekoms in die NSA beskore is, weet ‘n toenemde getal van ons dat dit nie die geval is nie. Al wat vir ons wag is ‘n verskerpende politieke en sosiale ondergeskiktheid, ekonomiese agteruitgang en uiteindelik ‘n kulturele (en dalk erger) dood. Meeste van ons besef ook dat die enigste manier hoe ons ‘n florerende bestaan sal kan maak, binne die grense van ‘n geografiese gebied is waarin ons onsself weereens regeer. Dit is dan vir bg. rede dat daar dan ook ‘n groeiende bewuswording vir ‘n n eie nasiestaat is. Om so ‘n doelwit te bereik gaan nie maklik wees nie en sal verseker tyd neem. Nietemin, intussen kan ons wel die trek daarheen begin. Baie sal die vraag stel: “Waarheen moet ons trek?”, veral aangesien daar nie eenstemmigheid bestaan oor waar die Nasiestaat moet wees nie. Persoonlik glo ek dat die Voorsienigheid aan elke volk of mens wat in ‘n krisis staan wel van al die hulpmiddele voorsien het om daardie krisis te hanteer of te oorkom. Met die wereldwye vooruitgang van inligtingstegnologie het die mens ‘n nuwe grens in die lewe geroep wat voorheen nooit bestaan het nie. Hierdie grens is die kuberruimte, oftewel die internet. Tans begin ons nog maar net die magdom moontlikhede verken wat in hierdie abstrakte ‘ruimte’ lê. Dit is ‘n intelligente netwerk wat regoor die wereld strek en wat nie onder die beheer van enige spesifieke staat verkeer nie. Selfs pogings om dit te beheer is nooit ten volle suksesvol nie. Die internet verleen ‘n platform wat aan landlose amorfe groepe die moontlikheid bied om selfs meer magtig te raak as heel party bestaande state (soos die ANC s'n). Dit is ook die netwerk waarmee die Al Qaida-groep reg deur die islamitiese wêreld invloed uitoefen en ‘n golf van miljoene mens meesleur. Dit sou geheel en al moontlik wees vir die Afrikaner om ‘n Afrikaner Republiek as ‘n voorlopige virtuele staat op die internet in die lewe te roep, onderweg na die doelwit van geografiese gebiedsverkryging. So virtuele staat sou dan ‘n soort e-Trek na die geografiese staat verteenwoordig. Selfs ‘n relatief klein groepie Afrikaners kan so ‘n onderneming suksesvol van stapel stuur. Myns insiens sou die belangrikste voorvereiste gedurende die stigting wees dat daardie groep wat dit begin ‘n mate van kredietwaardigheid onder ‘n noemenswaardige gedeelte van die Afrikaner bevolking geniet, selfs al sou die aanvanklike ledetal klein wees. Die e-Staat kan vinnig sy lidmaatskap/burgerskap laat groei sonder dat ongewenste elmente dit in groot getalle binnedring. Basiese voorvereistes om burgerskap kan gestel word. Dit kan byvoorbeeld vereis ward dat aansoekers oor ‘n Diets kulturele afkoms beskik en ook ‘n petisie onderteken vir die verkryging van grondgebied vir ‘n Afrikaner Staat. ‘n Bygewerkte weergawe van só ‘n petisie sal dan op gereelde grondslag aan die VVO en die NSA voorgelê kan word. Teenstanders van die idee sal nie graag so ‘n petisie onderteken nie en sou dus outomaties diskwalifiseer. Terselfdertyd sou dit moontlik wees om ‘n volksraad en ‘n kabinet d.m.v. van demokratiese e-verkiesings aan te stel. Verskeie e-departemente kan opgerig word wat verskeie Afrikaner belange sal kan dien. Dit kan ook ‘n werkseppingsforum bevat. Ons kan daardeur bv. werklose Afrikaners binne eie geledere van werk voorsien. Dit sal moontlik wees om verskeie soorte kontrakte vir plaaslike kundiges vanuit die buiteland te beding en werf. Deurdat meer Afrikaners hulself ook dan toespits op die inligtingstegnologie kan ons toenemend, soos Indië, ‘n goedkoper IT-produksiehuis vir die wêreld raak. Ons kan handel dryf en finansiële instellings daar skep. Ons mede Afrikaners regoor die wêreld kan help om dit te bestuur. Ons kan belegings en verskeie fondse op die been bring. Sulke e-ondernemings sal in ‘n grootmate en in heelwat gevalle geheel en al van die Suid Afrikaanse regering se belastingslas losgemaak kan word. ‘n e-Geldeenheid sal ons in sekere opsigte los maak van die Suid Afrikaanse ekonomie. Deur dus nie meer in die rand handel te dryf nie kan ons groot dele van ons inkomste (wat in die e-Staat gegenereer word) geheel en al buite die kloue van SARS plaas. Ons e-banke sal nie deel van Suid Afrika wees nie. Deur kreatiewe weë te vind om soveel as moontlik van ons handel na die e-staat te verskuif sal ons die ANC staat se belastingbasis begin wegkalwe. Terwyl die parasitiese ANC dus begin wurg onder die SA bevolkingsontploffing en ‘n krimpende belastingbasis kan ons ekonomies ongeskonde bly. Ons kan die wêreldmening oor Afrikaners positief beïnvloed. Fondse van regoor die wereld kan ingesamel word. Deur terselfdertyd onsself in toenemende getalle in gebiede soos Pretoria Oos en Orania te vestig kan ons die invloed, selfs mag, wat ons gedurende hierdie e-Trek opbou, gebruik om doodeenvoudig binne ons eie geografiese gebiede ‘n uni-laterale onafhanklikheid af te kondig. Die toenemde chaotiese ‘multi-rassige’ NSA sal teen daardie tyd, met sy enorme bevolkingsaanwas, in elkgeval soveel probleme hê dat hulle doodeenvoudig nie die vermoë sal he om ons te stuit nie. Die vele IT-gekwalifiseerdes wat hulself deel van die e-Staat se ekonomie gemaak het sal in die geo-Staat onverstoord kan voortgaan met hul ekonomiese bedrywighede. Die talle e-besighede sal daardie deel van hul besigheid wat hul nog in die ZAR moes bedryf doodeenvoudig oorskakel na die reeds gevestigde eie geldeenheid. Die geldeenheid kan dan selfs gemunt word. Die nuwe staat se ekonomie sal puik ingerig wees om ‘n formidabele rol in die wêreldwye ‘Nuwe Ekonomie’ te speel. Die geo-Staat sal dus niks meer as ‘n mini/stadstaat hoef te wees nie. Die ekonomie sal glad nie op landbou of ander grondstowwe of selfs nywerheid gebasseer wees nie. Dit sal ‘n ampere suiwere dienste-ekonomie wees. Ons sal handel dryf in digitale kodes. Orania, met ‘n wyer gebied daarby ingesluit, sal as ‘n soort satelietprovinsie vir sekere basiese produksie kan dien. Meeste van ons geproduseerde goedere sal ons dan net soos ander mini rykstate, bv. Kuwait, invoer. Tans is ons landbousektor in elkgeval aan die ondergaan. Die ANC sal toenemend poog om die mynbou te bestuur en sonder massas hande arbeiders is nòg die mynbou, nòg die nywerheidsektor ‘n werklik aantreklike opsie vir ons. Dit wil dus amper lyk asof die sukses van die geo-staat afhang van die pro-aktiewe vestiging van ‘n stewige e-staat. *Nederland, die volksplantende land, was immers die wêreld se eerste regstaat. Daar het dus moontlik reeds op daardie stadium ‘n soort embrioniese menseregte kultuur onder die Nederlanders bestaan en dus onder ons Nederlandse voorsate. Ook die Franse Hugenote het ‘n diep geestelike bewustheid gehad en sou so waarskynlik ‘n meer mede-menslike kultuur hier te lande versterk.
|