|
|
||||
| chronologie
|
Die oorsprong en betekenis van die pleknaam Tshwane Prof L J Louwrens, Departement Afrikatale, UNISA Voordrag
gehou voor Die Studiegroep vir Eietydse Geskiedenis (SEGE) Pretoria, 27 Februarie 2006 eersdaags gepubliseer in SA Tydskrif vir Kultuurgeskiedenis, jaargang 20, nommer 1, Junie 2006 INLEIDING Daar
is tans drie populêre verklarings vir die oorsprong en betekenis
van die pleknaam Tshwane, nl. 1.
Tshwane is
vernoem na 'n seun van die legendariese Ndebeleleier Musi wat vroeër
in die omgewing van die huidige Bon Accord geregeer het. 2.
Tshwane
beteken "ons is eenders". 3.
Die
pleknaam Tshwane hou verband met die apies van die Apiesrivier. In
my voordrag wil ek eerstens argumente aanvoer waarom al drie
bogenoemde verklarings ongegrond en dus onaanvaarbaar is. Daarna
wil ek 'n moontlike vierde verklaring aan u voorhou wat m.i. die
naaste aan die waarheid kom omdat dit die volledigste en
samehangendste uiteensetting is van hoe die pleknaam Tshwane sy
ontstaan kon gehad het. Ons
oorweeg dus eers die meriete van die drie verklarings wat ek
hierbo genoem het. TSHWANE
IS VERNOEM NA ' Hierdie
is die Metropolitaanse Raad se amptelike standpunt soos
uiteengesit in 'n verslag van 2004 getitled Renaming
Die
naam Tshwane is gewortel in dié gebied, wat oorspronklik beset is
deur Musi, Tshwane se pa. Die
taakspan wat die verslag saamgestel het baseer hulle standpunt op
'n publikasie van Van Warmelo van 1944 waarin hy 'n kerngenealogie
van die Hwaduba uiteensit. Die Hwaduba, wat indertyd noord van Wat
die verslag egter moedswillig verswyg is dat Van Warmelo in sy
publikasie uitdruklik waarsku teen hierdie onakkurate weergawe van
historiese feite. Ek vertaal Van Warmelo se vermaning soos volg: Hierdie
is 'n denkbeeldige genealogiese rekonstruksie van wat in
werklikheid gebeur het. Dit is daarop gemik om die bestaan van die
verskillende Ndebelestamme te verklaar, en moet daarom nie vertrou
word nie. Van
Warmelo se waarskuwing is egter deur die Metroraad se taakspan in
die wind geslaan, met die gevolg dat die misleidende idee dat die
plek Tshwane na 'n befaamde Ndebele kapteinseun vernoem is wêreldkundig
geraak het. U Daar
1.
In 1921 het
HCM Fourie 'n doktorsgraad in die godgeleerdheid aan die
Universitieit van Utrecht behaal met 'n proefskrif getiteld Amandebele
van Fene Mahlangu en hun religieus-sociaal leven. Dit was 23
jaar voor Van Warmelo se publikasie van die bogenoemde genealogie
van die Hwaduba. Onder die name wat Fourie vir Musi se 5 seuns
gedokumenteer het kom Tshwane nie voor nie. Nege jaar later,
d.w.s. in 1930, bevestig Van Warmelo na 'n onafhanklike ondersoek
Fourie se bevinding dat Musi nie 'n seun Tshwane gehad het nie.
Maar bykans 'n kwarteeu na Fourie se baanbrekerswerk duik die naam
Tshwane as seun van Musi skielik op tydens Van Warmelo se
ondervraging van Hwadubarespondente. Die Hwaduba was in daardie
stadium reeds so versotho, dat hulle bitter min van hulle
oorspronklike Ndebele taal en kultuur oorgehou het. Geen wonder
nie Van Warmelo, wat vandag steeds groot respek afdwing vir sy
onberispelike deeglikheid, het die Hwaduba se verduideliking
afgemaak as 'n gefabriseerde rekonstruksie van historiese gebeure.
Waarom sou Van Warmelo se eie respondende van 14 jaar vantevore en
Fourie s'n van 23 jaar vroeër nie van hierdie seun Tshwane geweet
het nie? My eie oortuiging, na 'n uitgebreide navorsingsprojek wat
ek pas oor die onderwerp voltooi het, is dat daar nooit 'n persoon
soos Tshwane bestaan het nie, en dat ons hier met 'n fiktiewe
karakter te doen het. Desnieteenstaande het die Metroraad reeds
goedkeuring verleen dat daar vir hom 'n standbeeld voor die
stadsaal opgerig word met 'n statuur gelyk aan dié van Andries en
Marthinus Wessel Pretorius. 2.
Die tweede
argument wat ek wil aanvoer teen die propagandistiese siening dat
die plek Tshwane vernoem is na 'n seun van die Ndebelekaptein Musi
is eenvoudig: Musi se Ndebeles was nie die eerste inwoners van die
vroeë Pretoriagebied nie. Verskeie gesaghebbende etnologiese en
argeologiese bronne plaas die Ndebele onder Musi se
teenwoordigheid in die Pretoria-omgewing tussen 1600 en 1670.
Hierteenoor is daar onbetwisbare etnologiese, argeologiese en
taalkundige bewyse dat Sotho-Tswanasprekers reeds vanaf ongeveer
1130 in die ou wes- en noordwes-Transvaal was, en dat hulle teen
1460 al gevestig was in die Swartkoppiesomgewing in die
Britsdistrik en verder ooswaarts. As ons die teenwoordigheid van
Sotho-Tswanasprekers in die ou Pretoria-omgewing plaas teen
ongeveer die tweede helfte van die 15de eeu, beteken dit dat hulle
nagenoeg twee eeue voor Musi se Ndebeles reeds in die gebied was.
Die waarskynlikste moontlikheid is dat toe Musi se Ndebeles in die
omgewing van die huidige Pretoria aangekom het op hulle
noordwaartse migrasie uit die voormalige Natal, hulle
Sotho-Tswanagemeenskappe hier aangetref het wat reeds die naam
Tshwane aan die gebied gegee het. 3.
Die derde
punt van kritiek is kort maar baie kragtig: Vandag se Ndebeles
noem TSHWANE
BETEKEN "ONS IS EENDERS" Hierdie
verklaring vir die betekenis van Tshwane word, interessant genoeg,
ook deur die Metroraad onderskryf. Ons sien die slagspreuk
"We are the same" op munisipale busse, op
diensterekenings, in advertensies in die gedrukte media, om maar
'n paar te noem. Ek
het pas 'n kopie van die Statebond se jaarboek vir 2005 in
ontvangs geneem. Op bladsye 6 en 7 is daar 'n beknopte beskrywing
van die "Stad Tshwane". Die betekenis van die naam word
ondubbelsinning aangegee as "Ons is eenders". Is dit
reg? Ek herinner my dat u al 'n paar jaar terug gesê het dat,
alhoewel hierdie verduideliking wyd aanvaar word, dit nie korrek
is nie. DIE
PLEKNAAM TSHWANE HOU
VERBAND MET DIE APIES VAN DIE APIESRIVIER Hierdie
verklaring is so vergesog dat dit bykans nie kommentaar verdien
nie, maar kom ons oorweeg dit nietemin. Sover ek kon vasstel was
dit die naamkundige Peter Raper wat hierdie verklaring eerste
geboekstaaf en so die wêreld ingestuur het. Dit het die
kreatiewes onder diegene wat ontevrede is met die voorgenome
naamsverandering die ideale geleentheid gegee om spottenderwys na
Tshwane as "Aapstad" te verwys. Raper
verbind die naam Tshwane
met die Apiesrivier, en hierin moet hy gelyk gegee word. Wat hom
egter in die strik laat trap het is die feit dat die woord vir
bobbejaan in Tswana tshwene
is. Omdat tshwene vir
die ongeoefende oor naastenby soos Tshwane klink het Raper die
twee met mekaar in verband gebring en die stelling gemaak dat
Tshwane, net soos die Afrikaanse naam Apiesrivier, afgelei is van
die blouapies wat vroeër volop langs die rivier voorgekom het.
Wat hier egter misgekyk word is dat die Tswanawoord vir blouaap kgabo
is en nie tshwene nie,
en selfs iemand met geen kennis van 'n Bantoetaal nie ' In
die res van my voordrag wil ek 'n alternatiewe verklaring vir die
oorsprong en betekenis van die pleknaam Tshwane aan u voorhou, wat
vir my die mees logiese en dus die aanvaarbaarste is. In kort kom
dit daarop neer dat die pleknaam Tshwane afgelei is van die
Tswanawoord vir 'n swart koei naamlik tshwana
op grond van die sentrale rol wat 'n rituele swart koei in 'n
antieke reënmaakseremonie gespeel het. Verder is dit belangrik om
te onthou dat 'n reënmaakseremonie hoegenaamd nie sonder rituele
water kon plaasvind nie. My redenasie is dat die onlosmaaklike
band wat daar in vervloë tye tussen 'n swart koei tshwana,
enersyds, en rituele water uit die Apiesrivier, andersyds bestaan
het, daartoe gely het dat die Apiesrivier oorspronklik die naam
Tshwane gekry het, en dat dié naam na die stigting van Pretoria
in 1855 op die stad oorgedra is. Bevestiging
hiervoor vind mens in 'n belangrike artikel wat Ellenberger,
distrikskommisaris vir die destydse Bechuanaland Protektoraat, in
1937 gepubliseer het in Transactions
of the Royal Society of South Africa. Hierin dokumenteer hy 'n
verklaring wat bejaardes van die Letestam wat ook in die omgewing
van Pretoria woonagtig was aan hom voorgehou het oor hoe die naam
Tshwane ontstaan het. Let in die volgende verkorte vertaalde
weergawe van Ellenberger se beskrywing op die onderlinge
verbondenheid tussen 'n swart koei tshwana,
en rituele water: Terwyl
hulle by Tshwane was het die stam uiterste hongersnood beleef.
Onder sulke omstandighede was dit gebruik dat een van die
huishoudings vir die kaptein 'n swart koei of os gee - net nooit
'n bul nie - met die versoek dat hy reën maak......Nadat die dier
aan die kaptein oorhandig is het hy die hele stam bymekaargeroep
en die reënmaker genooi om die dier te inspekteer. Daarna het die
reënmaker kruie versamel waarvan hy party op plekke geplaas het
as beskerming teen weerlig, hael en werwelwinde, terwyl hy die res
gehou het vir die seremonie van die besprinkeling van die swart os
of koei. By sy terugkeer het al die jong meisies wat
inisiasieouderdom bereik het die reënmaker na die rivier vergesel
waar hulle in klein kleipotjies water gaan haal het.....Die
geselskap het dan al singend en dansend na die stat teruggekeer
waar die reënmaker die water uit die kleipotjies in 'n groot reënmaakpot
gegooi het.....tesame met die oorblywende kruie wat hy versamel
het. Nadat hy die mengsel geroer het, het hy daarvan na die stam
se vergaderplek geneem waar hy die dier besprinkel het.....Hierna
is die dier losgelaat om vryelik rond te wei omdat daar geglo is
dat waar dit ookal loop, dit die aarde vrugbaar en ontvanklik vir
reën sou maak. En sowaar, die droogte is deur sulke oorvloedige
reëns gebreek dat die plek genoem is Tshwane,
plek van die swart koei. Dit
is teen hierdie agtergrond dat ek die standpunt huldig dat die
Apiesrivier wat met sy drie sterk standhoudende fonteine destyds
'n uiters belangrike landmerk moes gewees het, die eerste was wat
die naam Tshwane gekry het. Dit het gebeur omdat daar in antieke
tye 'n onlosmaaklike band tussen 'n rituele swart koei en seremoniële
water uit die Apiesrivier bestaan het. In hierdie opsig is dit ook
van belang dat Van Warmelo, Breutz en Raper Tshwane beskou as die
naam van die Apiesrivier en niks anders nie. Die verandering van
die slotvokaal -a in tshwana
(swart koei) na -e in
die pleknaam Tshwane is 'n baie algemene
naamgewingstrategie in Sotho-Tswana waarop ons gedurende vraetyd Ten
slotte: Die Apies is nie die enigste rivier in die Tswanagebied
wat Tshwane heet nie. Breutz meld dat die Roosspruit wat net wes
van die Hartebeespoortdam in 'n noordelike rigting vloei se
Tswananaam ook Tshwane is, terwyl Ellenberger van nog 'n Tshwane
melding maak, naamlik Brakfontein in die omgewing van Abjaterskop
in die Marico. Die vraag wat ek in u midde wil laat is die
volgende: Is dit toevallig dat Tswanasprekers die naam Tshwane op
hierdie wyse met waterbronne verbind? Dankie
vir u aandag en vir die geleentheid wat u my gebied het om my
idees met u deel.
|