| wie
is ons?
nuus!
sluit aan by
praag!
donasies
roodt-geskrifte
aanlyn
afrikanerforum
boekwinkel
chronologie
menings
rubrieke
opstelle
resensies
poësie
satire
mediaverklarings
aksies
skrywers
abba
skakels
briewe
uit-BEELD
uit-RAPPORT
out-STAR
KRYT
tuis |
|
Boontoe
Limeriek vir
stemdag 14 April 2004
Daar
is net een party
Al is
hy nie vir my
Sy
naam is Aa-en-see
Hy
vang al die stemvee
Elke
bees het sy ras
So
die uitslag gaan niemand verras
Dit
maak ons almal verlig
Want
is politiek nie vervelig
Of só
sê ons koerante
Een
en almal ANC-sikofante
Die
arme Boertjies trek ammelee
Aan
die korste end en nou weer
Hulle
het die plaas weggegee
Aan
die manne van die Aa-en-see
Nou
wonder almal wat gaan gebeur
In
die toekoms waaroor almal seur
En al
voel jy ook moedeloos en verleë
Onthou
daar is nog altyd Australië
Dan Roodt
Boontoe
Die
Adel in Iran
Ons heers vanuit paleise klip en heilig ons met vuur,
maar winde uit die nagwoestyn laat wispel ook die vuur.
In sag turkoois vloei die tapyt, ‘n jongvrou is in sy gestuur,
my oorvol glas drup rooi Shiraz en langsaam gloei die vuur.
Jasmyn en nagtegale in my tuin en jagters teen gesnede muur,
maar groenoog kinders lag en spring bo-oor ‘n klein en kleiner vuur.
Die wind se ruiters klief deur klip en smyt ‘n siervaas teen die
muur;
twee purper skerwe spat verby die ligkring van die vuur.
Die sneeuberg raak ‘n goue glans, ‘n oggend is ‘n ryk se duur;
dan val die son in Ctesiphon, en groen baniere doof die vuur.
Ek stap deur tempels klip en droom dat Darius vir Zopyros stuur,
en strek my en skiet pyl na pyl met pluime uit ‘n stompie vuur.
En aand na skemeraand sal ek oor vuurverlate vlaktes tuur,
en skiet en wag dat vlerkeleeus weer opstyg uit ‘n reusevuur.
Heinrich Matthee
11 Desember 2003
Aantekening: Die eeueoue
"ghazal" of Persiese sonnet het ook die vorm hier bepaal.
Daarom die koepletvorm, die eerste koeplet met die rymwoord dubbel
gebruik, en die herhalende rymwoord in die tweede reël van elke
koeplet daarna. Die idee van die Persiese digters was dat elke koeplet
soos krale in ‘n snoer apart en saam kan skitter.
Waterballing
fluisterloos,
taalloos
beknip binne
die singel van engels
vlaktes reis
soos dinosorusse oor my verbeeldings grond
brandende
motors, treurende honde
my land my
land waarom het jy my verlaat.
Uitgelewer
aan die bleek barbare leef
ek nou van
broeksakkies hoop
Groen blare
wapper soos fantome om die oogklappe
van my
ballingskap. Geel gras streel my binneste gewonde in
die diepste
ysternag..Die stadige watermarteling
van vreemde
woorde borsel teen my verhemelte. Ek skaaf
in my
harsingspaadjies waar ek kaalvoet as kind stowwrig oor
gedagtes
gedraf het. Nou loop slymerige stroompies
helder
waansin oor
die skedels
van my ek.
Ná
drie weke -
Jy
lê nou al drie weke laag
(ondergronds,
ses voet onder)
ek kan jou nie
meer bel
om te sê wat
gebeur nie
nevermind
wat die
temperatuur is
of die weer
en jy worry ook
nie meer nie
nie oor
seehuise
of
inkomstebelasting nie
nee jy het jou
afgesluit
van aardse,
bo-aardse dinge
"cashing
out" klink after all
nie te
"bad" nie
Sondag, 30 April 2000
Eshowe
Wessel
Pretorius (uit: Jy kan skoenlappers sien aankom,
Bent-uitgewers, 2001)
Boontoe
KONGRES
OOR POST-MODERNISME
7-9 April 1988
In die hotel op Umhlanga Rocks pak
ek en my vrou na die lang kombi-rit
uit in 'n kamer met enkelbeddens.
Om die swembad word vurig oor vanjaar
se Hertzogprys bespiegel. 'n Glas breek.
Op dubbelbeddens lê nuwe paartjies.
Ons hoor drie dae lank referate.
Kyk Blue Velvet. Taal is nie neutraal nie.
Van Wyk Louw selfs feministies, sê Britz.
Daar word herskryf en gedekonstrueer.
"Nothing is anywhere ever simply
present or absent," volgens Derrida.
Joan lag. Degenaar luister tot nanag
na antwoorde op sy talle vrae.
Vrydagaand se seekosbraai reën grys uit.
Koos: "Die dominee verklaar God 'n teks!"
Ek sê vir Wilhelm ek hoop ons twee
gesels Hierna weer by 'n tafeltjie.
Saterdag laat stap ek vir oulaas op
die strand. Ons pak in, betaal en vertrek.
Hoogwater spoel oor die teks in die sand.
Johann Lodewyk Marais
Boontoe
| Die "Grand Colours" Boesmans1 agter
"Grand Byscope2"
oorkant Presidentstraat.
Een ou boerehuis, verdeel.
Vanuit die venster
swart Somalies3
met wit kofias4.
"Salaam maleykom5"
laat hom veby kom.
Jou "non-white6"
jou tussen-in.
Vuil water grys
toornael.
Een tep7 vir almal
water wat lek.
Voor die deur bloed,
dooie mans jonk nog
en half kaal
op groen en geel gras.
Rooi polishstoep
wit duiwe wat roep.
Swart kole vuur
vaal rook
beige8 oë.
Masala madressa9
boerka10,water slams11
vetkoek en jam.
Stryk kam12 en vaseline
sondagskool ribbons
pienk, geel of blou
soos die hemel
pas by die bloemer13.
Volle Evangelie
biduur en doopseël.
Koeksisters en coconut
jou ma se gat
jou pa se pa
gedood met n butterfly14
deur kinders wat hom ken
want hulles nou 'Panga men'15.
Siesie Kouma16
vloek agter.
Siesie suster
bly by die boere17.
Ons sien haar nooit maar
altyd blou-lig polisie
rooilig ambulanse
ie-a ie-a
een van die twee of
blou oog en coke
diklip en chocolates
voedvrou en haarlemensies18
babas wat huil.
Jou susters
kry broers en
die tep7 lek aanhoudend
wit water
op swart grond
agter Grand Byscope2.
Onderkant Sen-Suzie2 en Tamatievlei
net voor Paravlei
annerkant Varkejaart
in Kliptown
gedurende charter19 dae
ons was ook daar.
Ever ready batteries
en pêrefien
kersvet tokkelosies
met die helm gebôre,
waar Rabia20 met n modderkop
n bok dooddans en
wit hoeners keel afsny
om bloed innie sand te bêre.
Speel ons blikkie-blikkie
en denne.
Terwyl An Lala
Baberton21 wegsteek
as sy die sirens hoor.
Ou timas22 stuur ons vir spirits by Pam-pam
Dan kry hulle liquor flames,
die China verkoop ook
half white en twê gwise
vir vyftien sents.
Ons ruik die mawowo23
as ons die swart roet weggooi
Maandagoggend.
Kiwi jou skoene
trek aan jou groen rok,
klim oor die water
spring oor die modder
pasop die bloed.
Vinnig af in die paadjie
deur bruin geroeste hekke
wit kryt op swartbord
rooi jam op bruin brood
ken jy jou naam?
Dus hoe jy hier uitkom
of hoe jy hier omkom
swart kind met tiekie se hare,
pond se goudgeel ribbons
en groot beige-bruin oë
ken jy jou naam?
Debra Meyer |
 |
Dr. Debra Meyer is 'n dosent
in Chemie by RAU. |
|
Verduidelikings
bynaam vir kleurlinge of mense van gemengde agtergrond
rolprentteater
swart Moslems (aanname, omdat hulle swart en
Moslem is, dus van Somalië afkomstig)
hoofbedekking vir Moslemmans
Moslembegroeting
term vir alle nie-blankes
kraan
effek van rook van koolstowe op die oë van township
inwoners
opleiding vir moslem kinders
moslem hoofbedekking vir vroue
bynaam vir Moslems met verwysing na die belangrikheid van H2O
in hul godsdiens.
ysterkam gebruik deur swart/kleurling-vroue om hul hare
(glad) reguit te maak
vroueonderklere
soort byl met twee lemme
naam van n bende
buurvrou
bediende wat inwoon by blanke werkgewers
medisyne wat gebruik word vir pasgebôre babas
Freedom Charter
tradisionele Sjangaanritueel
tuisgemaakte drank
ou mans
oorblyfsels van tuisgemaakte drank
|
Boontoe
Indringer
Uit die nagmerries wat my besoek
teel drie in 'n vertroude stal:
'n stil, maar dreigende teenwoordigheid
langs die spieëlkas in die hoek;
die naderende eindeksamen; bodemlose val.
In die strak tradisie van die rillerdroom
word die vrees net vaag omlyn,
gesinspeel wat jy reeds vermoed
sodat uit 'n oermoeras van mos en stoom
die diepste monsters kan verskyn.
Maar vannag het 'n brutaler skool
'n neo-realistiese tendens begin:
'n indringer, in felharde detail uitgebeeld
met tekkies, klapmusoë en pistool
om die misdaadvrese te ontgin.
Peter Louw
Boontoe
Droom
Die endo-skelet van my
droom
klou spiraal-stert aan die
splinterende takke
van my sinapse.
Deursigtige seeperdjie
wat heen-en-weer wieg
in die stadige molasses
van slaap.
Hulpeloos staan ek,
'n blote bystaander tot
my eie dade van terreur.
'n Seinende duikboot
in die holtes van
pre-historiese geheue,
waar die irrasionele plan van
die lewe in entomologiese kode
ontsyfer word.
'n Mikroskopiese patroon wat deur
elke organisme vibreer;
geduldig genoteer deur die
epogale groei van koraal.
So word ek elke oggend verlos
uit die slymerige wrak
van slaap,
struikelend oor skatte wat
te swaar is om op te diep.
My bed in puin, geteister
op die roetes van herkenning.
'n Oorlewene op 'n kussing,
die afdruk van 'n selakant
op my gesig.
I H Strydom
|
 |
Inet Strydom werk as 'n vryskut grafiese en web ontwerper in Johannesburg |
|
Boontoe
| Olga
Kirsch (1924-1997)
In Jiddisj
blykbaar geen woord of begrip
vir teleurstelling, verydeling, verspeel.
Desondanks moes jy in 'n vreemde taal
'n tweede, ongenaakbare ballingskap binnegaan.
'n Digter kan nooit haar erfenis verloën:
"By die riviere van Babel, daar het ons gesit,
ook geween en aan Sion gedink..."
Met jou verse oor die diaspora, vervolging
die verdriet van jou mense naam gegee.
Hoeveel woorde is daar vir pyn?
Eensaamheid, illusie, verdriet, angs, kommer...
Dié kon jy opvang, stulp en bowenal vertaal
in hunkerende, ylende melodieë.
Joan Hambidge |
|
Boontoe
|
Brief
aan Johann de Lange
Onthou jy, vriend
hoe besete
die proses eens met ons was?
Hoe ons verse kon afsteel:
die maan hang suurlemoenskyf
oor 'n cocktail (jy); 'n metafoor
roer soos 'n swart slang (ek).
In daardie landskap eers geskryf
en toe beleef: verliese, pyn
deurgemaak (Oh the poetry is in the pity)
tot die nuwe dood: die dood
van woorde. Hoe lyk die lykwaak
van die digkuns? Begin dit by die voete
(soos 'n digter beweer?) Of verlaat
dit jou soos 'n slegte belegging?
Of is dit 'n ongeneeslike diagnose?
Die uitspraak dat jy jou demone ken?
Miskien leef ons ons eie oordeel af,
die geheul met die dryfsand van die dood.
Vanoggend - in 'n ander landskap -
wag ek geduldig vir 'n ander afspraak:
Iewers wag 'n vers in die klopslag
van my keel.
Joan Hambidge |
|
Boontoe
Uterus
Bloedrooi kinder-ballon,
wat volgens die ou Grieke,
ronddryf op die strome van my lyf.
Jy is die knus wolmussie
wat warm langs my blaas-oppie lê
in die stomende spelonk
van my bedermde onderlyf.
'n Vuisgroot krimpvarkie
wat die wereld ingesluk het.
Hier in my onderstewe dra ek
'n mobiele 24-uur laboratorium
waar die lewe ontkiem kan word.
Jy is die onbewuste teiken
in falliese speletjies wat 'n eggo is
van 'n ammonia-gepantserde
weermag blinde spermpies besig om
hul enigste doel in die lewe te vervul:
om hul kosbare pakkie DNA af te lewer.
Miniskule ruimte-vaarder op my maan-eier.
Sy 10 sekondes roem het gekom.
Kortstondige vergoeding vir die
Kamikazi-vlieeniers wat 'n wrede
dood in 'n see van suur sterf.
Die man hygend op die krik van
sy Y-kromosoom.
Die ritmiese getye van vroue-lywe,
berei maan-liks die bed voor
vir die wonder-werking van
fetale sel-vermenigvuldiging.
In die weelderige, tong-pienk sel
word die gesponne wand
weer en weer uitgerafel;
en met pyn, (onrein), uitgestond.
Die ontruiming moet gebeur,
sodat die soogdier se nat kokon
van voor gespin kan word.
Barbaarse baarmoeder
van vliesige vaandels,
jy is die kosbare vloek van die vrou.
Sy dra haar voortplantings-plig
teenoor haar spesie soos
'n stywe korset om die kurwes
van haar x-kromosoom.
I H Strydom
Boontoe
Niemandsland
melankolie
Die goue gode van genade
het ons soos Absalom verlaat
hangend aan 'n boskasie vrese
verstrengel in die takke van wanhoop.
Die kristallisering van lewe
sonder die bloedsomloop van liefde.
Die onafwendbare ontknoping
van bitterheid en chemikalieë.
Die lang skaduwees van ellende
val soos vlermuise oor die
benoude landskap. Woestyn-rose
stort 'n laste druppel dou.
Voor die finale aandklok van die son.
Die patetiese gekletter van kraaie
verduister in die rammelende
skemer van die aankomende ramp.
Die glorie van die koggelmander
kom tot 'n einde - sy rots verkluim
en sy hart krimp.
Hier in die niemandsland van
oorrompelde tyd gaan die skobbejakke
vanaand makietie hou. My
hondsdol hart, hul lekkerny.
I H Strydom
Boontoe
Argeologie
In die grotte van my
liefde
lê die geknaagde beendere van my voorsate,
onder die gedrup van glansende stalagtiete.
Die pynsende vlermuis van my hart
sidder in die donker hoeke van vrees,
vlerke omhelsend soos 'n kombers
teen die genadelose koue van ons intimiteit.
Die ewigdurende marteling
van sypelende onsekerheid verweer
die wande van vertroue
en groei die kwesbare kristalle
van bitterheid.
I H Strydom
Boontoe
N1
Suid
Die klam hand van heimweë
osmsluit my hart soos ek
dieper beweeg in die
vloeiende metaal van die
Vrystaatse landskap.
Grys-groen koppies lê uitgestrek
op die horison soos slapende
pre-historiese monsters.
Die lug is nog 'n gebleikte
winter-lap.
Wag-'n-bietjie bosse leun,
fluweel-groen moesies teen
die rante; in die pers
frons van 'n skaduwee.
Kubistiese rotse bieg hul
antieke geometrie.
Die teer-pad rol sy grys tapyt
van die ewigheid voor my uit.
'n Windpomp staan stoer en
lang-nek wag oor die horison.
Beeste, roesbruin sproete
op die veld.
Later word die son verteer deur
'n oorspoeling kokende lawa.
Die dag blaas haar laaste
asem uit.
Dan trek Venus haar aandrok aan,
en hunker na die afgetrokke
pêrel van die maan.
I H Strydom
Boontoe
|