boekwinkel 

chronologie

 menings

 opstelle

 poësie

 satire

mediaverklarings

 aksies

 skrywers

 abba

 skakels

 briewe

 uit-BEELD

 uit-RAPPORT

 out-STAR

KRYT

 tuis

                

 

Anton van Niekerk is pro-misdaad

___________________________________________________________

Dan Roodt

Anton van Niekerk haal 'n gedeelte uit my stuk Adapt and Die aan waarin daar sprake is van jong swart mans wat meer geweldsmisdaad pleeg as blankes, en beweer die volgende:

"Ek sou met hierdie aanhalings kon voortgaan, maar sal die lesers dit nie aandoen nie; dit maak 'n mens amper fisies siek. Hierdie man bedryf haatspraak, en dit is geen wonder dat hy geen respektabele publikasie kon vind om sy opruiende idees te publiseer nie."

Die implikasie dat "geen respektabele publikasie" bereid sou wees om my "opruiende idees" te publiseer nie, is lagwekkend. Daar gaan nie 'n dag verby dat ek nie deur allerlei publikasies genader word om vir hulle te skryf nie. Die redakteur van die Spectator was trouens vol lof vir my stuk, maar ek vermoed dat dié tydskrif nie maklik 'n artikel deur 'n Afrikaner publiseer nie, gegewe hul amptelike standpunt van 'n paar jaar gelede dat die Boerevroue en kinders 'n honderd jaar gelede "vanweë hul eie swak higiëne" gesterf het. Dieselfde Britse nasionalisme wat ook onderliggend aan die Groot Wit Engelse Marxiste van Stellenbosch se boendoehof op LitNet geld, het heel moontlik die Spectator teen publikasie van Adapt and Die beïnvloed.

Hoe dit ook al sy. Anton van Niekerk was laas nog betrokke in 'n plagiaatskandaal. Dis seker makliker om gepubliseer te word indien mens reeds gepubliseerde materiaal aanbied. Oorspronklikheid geniet dikwels minder erkenning gedurende mens se eie leeftyd. Vra maar vir Galileo.

Marlene van Niekerk verteenwoordig daardie oksimoron: 'n Afrikaanse dosent aan Stellenbosch wat anti-Afrikaans is. Net so is haar genant, Anton van Niekerk "professor in Filosofie en… Etiek" wat weinig van etiek weet of oor die groot debat rondom genetika en etiek wat reeds die afgelope twintig jaar in wetenskaplike en populêre tydskrifte woed nie. Soos ek hieronder aantoon, steun my stuk Adapt and Die op onlangse wetenskaplike navorsing in die VSA en elders oor ras en misdaad, ook in die verband van die sogenaamde "genetiese wneding" sedert 1998 waar ras, etnisiteit en genetika opnuut onder die loep geneem word, onder andere waar dit die groter misdaadgeneigdheid van sekere rassegroepe betref. As professor verbonde aan 'n "Sentrum vir Toegepaste Etiek" sou mens op sy minste kon verwag dat Van Niekerk hiervan bewus moes gewees het en daarom een of ander intelligente antwoord op Adapt and Die sou kon aanbied. Pleks daarvan kry ons die soveelste futiele en dom poging om my te etiketteer as "rassis", "pleger van haatspraak" en dergelike twak. Daar is geen verskil tussen Koos Kombuis en Anton van Niekerk nie, behalwe dat Van Niekerk seker nie 'n goeie popsanger sou uitmaak nie. Weereens, waar is die ingeligte mense op Stellenbosch? Bly hulle maar bloot stil in hierdie debat, uit vrees dat die swaksinnige linkses (sien my vorige bydrae oor die Groot Wit Engelse Marxis) wat uit hul Stalinistiese tydmasjien ontsnap het 'n ewe intense heksejag op hulle gaan uitvoer, dat hulle hul werk mag verloor en aan 'n suiweringsveldtog blootgestel mag word?

Al wat Van Niekerk se hoogheilige etikettering vir my sê, is: die vrees loop dik op Stellenbosch. Die woord "ras" is taboe. So ook "misdaad". Om albei in dieselfde asem te noem, laat mense flou val of "siek" word. Die ekstreem-linkse kliek in die Engelse departement bestaande uit Van Huyssteen, Malan en Warnes, noem my 'n Nazi. Die metodes wat hulle gebruik en die denke waaraan hulle hul skuldig maak, is egter net so ontleen aan Hitler en sy volgelinge, hoewel hulle ideologies eerder aansluit by die Stalinisme. Laat ons egter onthou dat Stalin ook 'n Russiese nasionalis was. Tussen Duitse of Russiese nasionalisme in die dertigerjare, en Afrosaksiese nasionalisme in teenswoordige Suid-Afrika, is daar so te sê geen verskil nie. Let maar op die slagspreuke wat oor die afgelope dae landwyd op kampusse weerklink het: "kill all whites", "one Boer, one bullet" en "one medium of instruction: no Afrikaans".

Hierdie klimaat van Stalinistiese onverdraagsaamheid, ekstremisme en anti-blanke rassisme word die afgelope twintig of dertig jaar al deur die Groot Wit Marxiste geskep. Eers was dit by die vier Engelstalige kampusse. Sedert 1994 het hulle hul aktiwiteite tesame met tranformasie en verengelsing na Maties, Tukkies en elders uitgebrei. Waarskynlik is Anton van Niekerk nie een van hulle nie; hy is net een van hul "bruikbare idiote" wat hul ekstremisme napraat deur my uitlatings as "haatspraak" te tipeer.

Is dit per se "rassisties" om na die bestaan van verskillende menserasse, ook onder misdadigers, te verwys? Net 'n idioot of 'n ekstremis sou so iets wou beweer.

Die res van ons, van president Mbeki tot die redakteur van die Business Day tot Amerikaanse navorsers oor kriminologie en genetika, erken dat daar verskillende rasse bestaan en dat hulle hulself dikwels nie dieselfde gedra nie.

Van Niekerk is benewens sy status as "bruikbare idioot"vir die Braam Fischer-bewonderaarsklub op sy kampus 'n verteenwoordiger van wat ek oud-NP-fundamentalisme sou noem. Dit is 'n verskynsel by mense wat voorheen die Nasionale Party ondersteun het en wat vandag die ekstreem-linkse waardes van die ruwe Suid-Afrika as heersende dogma erken en dit met ewe groot eerbied bejeën as wat hulle voorheen afsonderlike ontwikkeling beskou het. Hul skuldgevoel verhoed hulle om hoegenaamd redelik of rasioneel na ons werklikheid te kyk.

Diegene van ons wat in die verlede links van die ou regering was, hetsy liberaal, hetsy links, het nie dié probleem nie. Ons pas ons sienings by die veranderende werklikheid en omstandighede aan. Van die mees kritiese denkers in ons huidige samelewing, is juis diegene wat ek "ontnugterde liberale" sou noem. Ek weet nie hoe ontnugter die redakteur van die Business Day is nie, maar ek hou van wat hy in gister se koerant skryf, verwysende na Mbeki se onlangse uitlatings: "'Among others, we will ask: How many black people have moved above the poverty line? How many black people are employed and unemployed? How many black people matriculate with exemptions in mathematics and the sciences? How many black people are skilled and have attained professional qualifications? How many black people occupy managerial positions in the public and private sectors? How many black people have gained access to land?' Mbeki said this in an attempt to shut up Tony Leon with his complaints about racial profiling in government, especially now that it intends compiling a racially defined property register. I can't see the problem. Hell I'd like to know the answers to those questions myself, just like I want to know whether the criminal was black or white. (my kursivering) Don't fight it. But Mbeki is only asking, in some instances, half questions. I'd like to know how many black managers in the public and private sectors still command salary premiums because they are black. And while I'd love to know how many black people have access (whatever that means) to land, I also want to know more about land usage and productivity, racially profiled into black, white and every other colour. Why not?" (Business Day, 21 Februarie 2005) 

Saam met die redakteur van die Business Day wil ek vra: waarom nie? Waarom mag ons nie "rasprofilering" van misdadigers hê, net soos daar reeds rasprofilering van grondeienaars, werknemers van maatskappye en die staatsdiens, rugby- en krieketspelers, ens., bestaan nie? Waarom mag ons nie weet hoeveel honderde swart "opkomende boere" het nou al 'n totale gemors van die spogplase wat hulle met die belastingbetaler se miljoene op 'n skinkbord ontvang het, gemaak nie? (Sien Philip du Toit se boek, Die groot grondskandaal, hieroor, maar ook die relevante gedeelte in my komende boek The Scourge of the ANC.) Waarom kan rasprofilering net in een rigting toegepas word soos bogaande aanhaling uit Mbeki se toespraak, maar nie in die ander rigting waar ons wil weet van swart misdaad en swart mislukkings nie? Trouens, soos Stephen Smith ook in sy boek Negrologie - waarom die swart kultus Afrika vernietig, argumenteer, behels Van Niekerk se ontkenning van die swart en Afrika-werklikheid 'n groot stuk rassisme. "Afro-optimisme is 'n misdaad teen die feite", skryf Smith. Afro-optimisme kom neer op 'n houding van: "Hulle is anders as ons, daarom geld ander standaarde vir hulle." Afrika krepeer, maar ons is veronderstel om te sê, "die renaissance is net om die draai". Kennelik ly aan Anton van Niekerk aan hierdie "welwillende rassisme" wat in alle swart gedrag, selfs misdaad, iets positiefs sien. Dit is juis waarop ek gesinspeel het in my verwysings na die "paradyslike" en "uitbundige" van swart misdaad, want mense soos Anton van Niekerk sien dit nie werklik as 'n probleem nie.

Of andersins moet swart Afrikane met ander kriteria as blankes gemeet word. Toevallig - en hier is 'n punt vir Annie van Huyssteen, die Groot Wit Verengelsde Marxis wat seker nou nog aan 'n kompleks ly dat sy nie Engels gebore is sodat sy beter in haar milieu kon inpas nie - het die praktyk om 'n "Afrikastandaard van beoordeling" te skep, aan ons universiteite begin die dag toe Afrikaletterkunde as 'n vakrigting ingestel is. Ek onthou nog hoe die Linkses met sterre in hul oë iewers in die sewentigerjare begin bely het, "'n mens kan nie letterkunde deur swart skrywers met dieselfde kriteria beoordeel as deur blanke skrywers nie." Net soos ons nie swart boere, sakemanne, sportmanne en, les bes, swart misdadigers oor dieselfde kam mag skeer as blankes nie. 

Nee, sê ek, daar is net een standaard. As iemand moord pleeg, het hy moord gepleeg. As hy nul kry in die wiskunde-eksamen, het hy nul gekry. As 'n regter of landdros nie kan spel as hy 'n uitspraak skryf nie, kan hy nie spel nie. Of hy nou toevallig swart is en agterna luidkeels "rassisme" skree, verander nog geen jota of tittel aan sy spelvermoë nie. Die debat oor ras en rassisme in Suid-Afrika het nou maar eers begin. Tot dusver is ons getrakteer op die Derde Wêreld-absurditeite oor kolonialisme, slawerny en apartheid wat sedert 1994 soos 'n mantra opgesê is. Links het egter nou sy kolfbeurt gehad, en dit is haas tyd dat ons na 'n paar ander argumente ook begin kyk. As dit hoegenaamd van my afhang, gaan ek sorg dat die debat oor ras en rassisme op 'n hoër intellektuele vlak geplaas word en dat ons rasioneel, vakkundig - en geneties as dit moet - na die probleem begin kyk. Ek het die hele Westerse beskawing en twee-en-'n-half duisend jaar van logiese denke agter my, terwyl Anton van Niekerk se handewringende wit skuld en konformisme neerkom op die Lucy-sindroom. Lees maar Coetzee se Disgrace as hy nie weet waarvan ek praat nie.

In die VSA, waarvan die taal en kultuur deesdae soveel bewondering in ons land ontlok, word die Business Day se vraag, "was die misdadiger swart of wit?" lankal reeds beantwoord. Onlangs is 'n referaat aan die mediese skool van die Stanfordse Universiteit gelewer onder die volgende titel:

The Implications of Behavioral Genetics Inquiry for Explanations of the Link Between Crime, Violence, and Race

Troy Duster New York University and University of California, Berkeley

Enigiemand wat die titel van die referaat op Google intik, sal die skakel vind waar die PDF-lêer met die hele referaat afgelaai kan word.

Bring die vlugsout! Anton van Niekerk het flou geword! Nadat prof. Van Niekerk gelawe en bygebring is, kom die volgende item, wat hom seker, soos dit in spreektaal-Afrikaans lui, "uit sy geloof uit gaan skok". Trouens, dié seminaar is aangebied deur die sogenaamde "Center for the Comparative Study of Race & Ethnicity" aan Stanford, waarin die genetikus prof. Neil Risch 'n leidende rol speel. Bogaande referaat is aangebied as deel van 'n hele reeks met die tema:

"Revisiting Race and Ethnicity in the Context of Emerging Genetic Research

This is an inter-disciplinary workshop focusing on the "genetic turn" in scholarship on human genetic variation and its implications for the study of "race" and ethnicity. It is organized by SCBE faculty members, Barbara Koenig and Sandra Lee, and jointly sponsored by the Mellon Foundation Humanities Graduate Research Workshop and Center for the Comparative Study of Race & Ethnicity (CCSRE) Research Network of Stanford University."

Daar het Van Niekerk nou die volle prentjie. As hy nie te dronk in die kop is van die herhaalde skokke nie, en as hy intussen 'n paar "Heilige Maria's" en "Onse Vaders" met behulp van sy rosekrans geprewel het, kan ons aangaan na die volgende punt.

Tensy Van Niekerk dink dat die Ivy League-universiteite in die VSA nie "respektabel" is nie - ietwat meer respektabel as Stellenbosch met sy Moskou-sirkus uit die dertigerjare sou ek sê - behoort ons kennis te neem van die sogenaamde "genetiese wending" (genetic turn) waarvan daar gepraat word.

Maar gaan lees self Troy Duster se referaat vir 'n baie genuanseerde en versigtige omskrywing van die probleem. Vir ons doeleindes is dit egter net van belang om kennis te neem van die bewese wetenskaplike feit dat mense van verskillende rasse verskillende grade van geneigdheid tot misdaad en dan veral geweldsmisdaad toon. In die VSA word sogenaamde "rasprofilering" reeds sedert die Reagan-bewind in misdaadbestryding toegepas.

Onderliggend aan my stuk Adapt and Die, is dus kennis van dié Amerikaanse inligting oor die hoë aantal jong swart mans wat hulself gereeld aan misdaad skuldig maak en wat dan ook ewe dikwels in die tronk beland. Deel van my argument in Adapt and Die is dat indien ons strafregstelsel hoegenaamd effektief was soos dié van die VSA, honderdduisende, indien nie miljoene, jong swart mans aangehou sou gewees het. Laat my 'n hele twee bladsye uit Troy Duster se referaat aanhaal:

"Incarceration rates are a function of social, economic, and political factors. In the last decade, the United States has been building more prisons and incarcerating more people than at any other moment in our history. Indeed, in the period from 1981 to 1991, we went from a prison population of 330,000 inmates in state and federal prisons to 804,000. That rate constitutes substantially more than a doubling in a single decade, the greatest rise in a prison population in modern history.

Converging on this development is the racial patterning of those arrested and serving time. African Americans are currently incarcerated at a rate approximately seven times greater than that of Americans of European descent, but this is a very recent development. Incarceration rates and the coloring of our prisons are a function of dramatic changes in the last half century.

In the last three decades, the War on Drugs has produced a remarkable transformation of the U.S. prison population. If we turn the clock back just about sixty years, whites constituted approximately 77 per cent of all prisoners in America, while blacks were only 22 per cent (Hacker, 1992:197). In 1933, blacks were incarcerated at a rate approximately twice that of whites. In 1950, the ratio had increased to approximately four times; in 1960; in 1970, it was six times; and by the mid-nineties, it was seven times that of whites.

The War on Drugs played the dominant role in this story. The Drug War affected the races quite differently with regard to respective prison incarceration rates. According to the government's own best statistics, during the height of the intensity of the Drug War, blacks constituted only 15-20 per cent of the nation's drug users (Flanagan and Jamieson, 1990; NIDA, 1990), but in most urban areas, they constitute approximately half to two-thirds of those arrested for drug offenses. Indeed, in New York City, African Americans and Latinos constituted 92 per cent of all those arrested for drug offenses (Clark Foundation, 1992). In Florida, the annual admissions rate to the state prison system nearly tripled from 1983 and 1989, from 14,301 to nearly 40,000 (Austin and McVey, 1989:4). This was a direct consequence of the "War on Drugs," since well over two-thirds of these felonies are drug-related. The nation gasped at the national statistics reported by the Sentencing Project in 1990, citing the figure that nearly one-fourth of all young Black males 20-29 years of age were either in prison, in jail, on probation or parole on a given day in the summer of 1989.2 This figure has been recited so often that inured so many that there was (relatively) a collective yawn that greeted an announcement in mid-1992, that a study of Baltimore revealed that fifty-six per cent of that city's young black males were under some form of criminal justice sanction on any given day in 1991 (Miller, 1992). Indeed, of the nearly 13,000 individuals arrested on drug charges in Baltimore during 1991, more than 11,000 were African Americans.

While racial profiling seems often to be characterized as a local police practice, the phenomenon of young minority males being "just stopped by the police" was actually a national strategy first deployed by the Reagan administration."

Lees net weer die twee sinne hierbo: "Die nasie het sy asem ingetrek vanweë die Nasionale Vonnisprojek in 1990 wat die syfer verskaf het dat byna 'n kwart van alle jong swart mans tussen die ouderdomme van 20-29 jaar oud óf in die gevangenis, in aanhouding, onder korrektiewe toesig óf op parool op enige dag in die somer van 1989 was." Lees ook weer die daaropvolgende sin waarin ons leer dat "ses-en-vyftig persent van die jong swart mans in Baltimore onder een of ander strafregtelike sanksie op enige dag in 1991 verkeer het."

Saam met die redakteur van die Business Day, roep ek uit: "Ek wil weet of die misdadiger swart of wit was! Waarom nie?"

Kennelik is misdaad nie 'n eenvoudige probleem nie, en het dit komplekse oorsake. Maar dit is dan ook wat ek in Adapt and Die beskryf:

"Solving political violence is often intractable, but not impossible.

Not so social violence. Endemic crime, the breakdown of the social fabric, a sense of drift regarding norms of good conduct, point to a far deeper problem."

Apartheid en alles wat daarmee saamhang was 'n vulletjie vergeleke met die tierende maatskaplike geweld wat tans hierdie land verskeur en wat 'n duidelike "rasseprofiel" toon. Enigeen wat dit ontken, leef in 'n gekkeparadys of is gewoon dom.

Dit mag ook genetiese navorsing behels om te bepaal waarom sekere rasse- of etniese groepe in die samelewing meer misdaadgeneig is as ander. Sekerlik is dit nie 'n ligtelike onderwerp nie, en daarom is dit vir my verstommend dat sogenaamde akademici van Stellenbosch wat veronderstel is om darem met die begrip "wetenskaplike objektiwiteit en verdraagsaamheid" bekend te wees, met hierdie outydse heksejag teen my moet reageer terwyl ek in my hoedanigheid as skrywer en kommentator bloot die vinger op 'n wesentlike probleem in ons samelewing lê. Soos Troy Duster immers vervolg:

"It is important to address the serious implications, for behavioral genetics, of having race re-enter the scientific and medical literature through the DNA, particularly in research linking proclivities to violence, impulsivity, crime with between group differences. Some forensic scientists now claim they can make an "ethnic estimation" of the suspect's probable identification with some specific population group from DNA evidence at a crime scene. As we shall see, this often means "race" or an effective proxy for race. Others are pursuing work in forensic science with the hope of finding particular allelic frequencies more common in one group than another (Lowe et al, 2001). Readers interested in pursuing these arguments for the merits of the case should consult the following literature (Braun, 2002; Risch et al, 2002; Rosenberg et al, 2002; Frank, 2001; Lee et al, 2001; Evans and Relling, 1999).

Duster waarsku teen onoordeelkundige gebruik van genetiese merkers in ons DNS om 'n nuwe profiel van "die tipiese misdadiger" te skep, wat noodwendig met die DNS van bepaalde rassegroepe gaan ooreenstem:

"However, with the increasing use of high speed computers to analyze DNA samples, and the shift of human molecular genetics to a focus upon "difference," the most popular strategy will be to search for correlations between genetic markers (not in coding regions) of those already caught in the web of the criminal justice system. Because that system, in the United States, has become increasingly focused upon African Americans and Latinos in the last half century, the collection of stored tissue samples will be remarkably skewed towards this segment of the population."

Soos ek egter ook in Adapt and Die argumenteer, gaan hierdie gesofistikeerde Amerikaanse tegnieke nie hier by ons beskikbaar wees nie. Ons strafregstelsel het reeds grotendeels in duie gestort. Bloedweinig misdadigers word ooit gevang of gevonnis. Ons probleem - en dit is die hele punt van Adapt and Die - is dat geweldsmisdaad en onnatuurlike sterftes in ons samelewing toenemend as "normaal" ervaar word en iets verteenwoordig waaraan daar niks te doen is nie.

Rassetoleransie of noem dit dan verdraagsaamheid teenoor alle swartes, ongeag of hulle misdaad pleeg of nie, is besig om by ons ook toleransie teenoor moordenaars, verkragters, rowers, ens. te skep. In dié proses is ons besig om dit wat voorheen as "halsmisdade" bekend gestaan het, te dekriminaliseer en aanvaarbaar te maak.

Die hoogste euwel in ons samelewing is nie meer om iemand dood te maak, 'n vrou te verkrag of 'n gewapende roof te pleeg nie. 'n Baie meer subtiele ideologiese beginsel het die plek van die summum malum ingeneem. Hulle noem dit "rassisme". Daarvan het die histeriese uitbarsting van sommige suidelike akademici vir ons 'n gepaste demonstrasie verskaf.

Iemand soos Anton van Niekerk se "anti-rassisme" of bedekte welwillende rassisme wat aan swartes ander standaarde as aan blankes stel, maak hom by verstek pro-misdaad. Dit mag 'n Eurosentriese en daarom verderflike opvatting wees, maar in my kultuur heg ek meer waarde aan menselewens as aan "spraakoortredings". Een persoon se haatspraak is in elk geval 'n ander se spraakvryheid. Videz die studente van Mamelodi met hul "een Boer, een koeël" en "maak alle wittes dood!" waarteen geen politiek korrekte akademikus aan Stellenbosch of enige ander universiteit hom ooit sal uitspreek nie.

Of hoe, prof. Van Niekerk?

Ns. Die Mamelodi-studente behoort aan 'n organisasie genaamd PASMA (Pan-African Students Movement of Azania) waarvan die doelstellings op hul amptelike webwerf, wat deur die universiteit gefinansier word, soos volg uiteengesit word:

"...PASMA is guided by the philosophy of Pan Africanism, which is total liberation and unification of the people of Africa and abroad under scientific socialism. This Pan Africanism is guided and rooted in the philosophy of Marxism _Leninism (dialectical materialism , scientific socialism and proletarian internationalism ) which is total liberation of all humanity through the working class revolution and establishment and construction of classless society..."

"...Simply being a card-carrying member of PASMA is not sufficient to qualify one as genuine and not committed codre. Card-carrying members must first undergo training so that they can qualify as genuine and committed members of the party or organisation. A genuine and committed member of PASMA attends organisation meetings, events and any call for duty to pursue it, without failure unless enforced by circumstances beyond his/her control. The organisation comes first. The training should ensure that this becomes the culture of the organisation, members should know PASMA that is, its ideology, goals, policies, principles and programmes and be able to articulate them with confidence and clarity...."

Sekerlik laat dié woorde, asook die onlangse optrede en uitsprake van PASMA die Braam Fischer-bewonderaarsklub van Stellenbosch se harte warmer klop.

Boontoe