boekwinkel 

chronologie

 menings

 opstelle

 poësie

 satire

mediaverklarings

 aksies

 skrywers

 abba

 skakels

 briewe

 uit-BEELD

 uit-RAPPORT

 out-STAR

KRYT

 tuis

                

 

Die antwoord op prekoloniale mites

___________________________________________________________

Joseph Secreve

Dis alombekend dat Afrika deesdae seker sy donkerste uur beleef. Daagliks word mense gekonfronteer met moord, verkragtings, roof, armoede, hongersnood en allerlei nagevolge daarvan, en dit geld helaas nie slegs vir Suid-Afrika nie, maar vir die hele suidelike streek van die kontinent. Suid-Afrika is tot dusver dié Afrikaland by uitstek wat geseënd is met ‘n goeie media waardeur hierdie gruweldade daagliks bekend gemaak word, terwyl dit elders in Afrika nooit aan die lig kom nie.

Onder Afrikane is vir jare lank die mite gepropageer dat die kolonialiste verantwoordelik was vir hierdie ellende, sonder om rekening te hou met die prekoloniale geskiedenis van die Afrika kontinent. Ons moet glo dat Afrika in ‘n utopiese vreedsaamheid verkeer het voor die aankoms van die blanke kolonialis. Uiteraard was hierdie antikoloniale gevoelens aangewakker deur volksophitsers wat hul onderdane voor hul eie wa wou span, en ‘n groepie Westerse marxiste het die propaganda verskaf om hierdie mite tot ‘n waarheid te verhef. Hier bespeur ons ‘n interessante verskynsel wat die Jungiane onder ons dalk mag interesseer, naamlik dat die aanvang van kolonialisme word as ‘n soort sondeval beskou.

Dis verbasend hoe baie Suid-Afrikaners (swart en wit) wat nogal oor ‘n redelike mate van opleiding beskik hardnekkig aan hierdie mite vasklou. Die Difaqane wat die Boere beëindig het, word heeltemaal uit die geskiedenis weggelaat. Die feit dat die misdaad tydens Apartheid nie naastenby so erg was as nou nie, word net so ywerig “vergeet” ter wille van die abstrakte ideaal wat “versoening” heet. Kortom, hierdie mites self het eintlik niks met gesonde verstand te make nie, maar met ‘n algemene herdefiniëring van die mens-in-die-węreld wat nie langs rasionele weë loop nie.

Voordat die politieke implikasies van hierdie “sondeval” bespreek word, kyk ons eers na die idee van die sondeval self, en hoe hierdie gedagte die mens sy huidige gestalte gegee het. Die opvatting van ‘n prehistoriese vreedsame bestaan gevolg deur ‘n skielike onomkeerbare ontwrigting blyk in alle kulture aanwesig te wees, en is al deur kerkvaders en filosowe dikwels tot onderwerp van omstredenheid verhef. Baie glo dit letterlik, en ander glo dit as simbolies van ‘n dieperliggende ontologie. Kierkegaard beskryf byvoorbeeld die sondeval as ‘n bewuswording van die mens as vrye wese wat uiteindelik slegs aan homself antwoord hoef te gee, gevolg deur angs wat ontstaan uit hierdie bewuswording. Heel treffend beskryf Kierkegaard dat angs, in die sin van die hele wese se bestaan wat bedreig voel, is die duiselingwekkendheid van vryheid.

Die vroeë kerkvader Augustinus van Hippo het die onomkeerbaarheid van die sondeval duidelik gestel en dat die mens ‘n futiele strewe navolg om weer hierdie doel te bereik. Volgens Augustinus verteenwoordig die geslagsdaad ‘n byna wanhopige poging om eenheid te bereik met die paradyslike ideaal wat nie meer aan die mens behoort nie. Van hieruit lyk dit asof die mens letterlik gedoem is tot ‘n strewe na die paradyslike. Hierby aansluitend sinspeel die Duitse filosoof Peter Sloterdijk dat die gedagte van ‘n paradyslike toestand, van ‘n ewige goedheid en absolute onskuld, die besieling van die mens verteenwoordig. Dit is dus hierdie paradyslike opvatting wat die mens bewus maak van die begrip “siel”.

Hoe dit ook al sy, die onderliggende opvatting is dat die paradyslike, vir die duur van ons lewens, van ons sterwelinge vervreem is. Die strewe na hierdie ideaal is buite ons bereik en ons is letterlik opgesluit in die węreld van hier-en-nou. Die deur is gesluit, soos Sartre dit in ‘Huis Clos’ gestel het. As ons dus ‘n verandering wil maak, bly daar nie veel meer oor as om die hand in eie boesem te steek nie, want soos Kierkegaard genoem het, is ons die beginpunt van ons eie bestaan. Vanuit hierdie Joods-Christelike opvatting van die sondeval het die Westerse węreld sy huidige ontologie te danke. Ons besef dat ons slegs uiteindelik op onsself aangewese is, en dis waar die groot verskil sy intrede maak. In die psigologie word hierna verwys as ‘n interne lokus van beheer.

Die Afrika opvatting van kolonialisme as wortel van alle ellende roep ‘n ander ontologie op, veral omdat hierdie mite so ywerig en oortuigend gepropageer word waardeur enige ander opvattings ver in die skadu gestel word. Dis bekend dat die kommuniste die mens in sy ganse totaliteit wil herdefinieër - beginnende by die mens se stand in die węreld - hoewel hierdie fundamentele ingryp nie slegs deur kommuniste beoefen word nie, maar ook net so ywerig deur Afrika stamhoofde wat absolute lojaliteit van hul onderdane verwag ten uitvoer gebring word. Waarskynlik is dit die rede waarom die Afrika kultuur so maklik versoenbaar is met die kommunistiese ideaal.

In die Afrika opvatting van die “sondeval” lyk die oplossing van die probleem heelwat meer voor die hand liggend. Anders as die Joods-Christelike standpunt wat geen terugkeer na die paradyslike staat moontlik maak solank ons leef nie, word daar implisiet en eksplisiet beweer dat die paradyslike heilstaat sal terugkeer sodra die wortel van al die ellende uit die weg geruim is, naamlik die koloniale (of blankes) en hul artefakte. Net soos by die Marxis-Leniniste, keer die Afrika leiers en volgelinge die Joods-Christelike tradisie die rug toe, of verander hul geloof dusdanig om by die Afrika ideaal in te pas, aangesien hierdie Afrika ideaal die indruk wek dat die paradyslike toestand binne hul handbereik lę.

Waar die Joods-Christelike tradisie die nadruk lę op die self, word die nadruk by die Afrika ontologie gelę by die omgewing. Die omgewing speel die grootste rol in die węreld van die Afrikaan en die rol van die individuele self is hieraan onderdanig. In die psigologie staan hierdie opvatting bekend as ‘n eksterne lokus van beheer. Hierby sluit aan dat Afrikane se bestaan slegs sin maak as hulle in ‘n groep behoort van soortgelykes. Groepsidentiteit is belangriker as individuele identiteit vir die Afrikaan wat verder duidelik weerspieël word in die woorde van Steve Biko, wat Descartes se stelling aangepas het na: “Ek behoort, daarom is ek”. Tydens sy avonture in die Kongo, het Ché Guevara ‘n soortgelyke ervaring gewaar, naamlik dat swartes glo dat sodra ‘n sekere stam vriendelik is, is elke lid van daardie stam ‘n vriend. Andersom is ook waar, naamlik sodra ‘n bepaalde stam of groep as ‘n vyand gesien word, is elke lid van daardie groep laakbaar. 

Een van die groot gevare van die Afrika benadering is dat dit vatbaar is vir ekstreme vergrype en oorloë. Swartes se gedagtes en gevoelens skommel tussen onsekerheid, afguns, bedreiging en teleurstelling en aangesien die werklike bron van hierdie gevoelens binne hulself nie ondersoek word nie, word die oorsaak dikwels verkeerdelik in die omgewing gesoek met grootskaalse bloedvergietings as gevolg. Daarna word die situasie net erger aangesien die werklike oorsaak van die probleem nie aangepak word nie. 

Miskien is dit weer tyd om die sendelinge te mobiliseer in die swart gebiede. Hoewel dit ‘n onmoontlike opgawe is, met baie sendelinge wat in skok en hewig ontnugter huiswaarts gekeer het, is dit teoreties ‘n goeie idee. Ongelukkig is die stemme van die krygers elke keer net ‘n bietjie harder en maak hul beloftes van die heilstaat meer direk verkrygbaar as die sendelinge met hul abstrakte geloofsbeleidenisse. Bobbejane soos prof. Malegapuru Makgoba, wat dit nodig geag het om blankes met onttroonde ape te vergelyk, doen uiteindelik meer skade aan homself en sy eie mense as aan die blankes wat op die harde manier geleer het hoe om as ‘n Westerse volk te oorleef in Afrika.

Boontoe