| boekwinkel |
|
|
|
Die antwoord op prekoloniale
mites
___________________________________________________________
Dis
alombekend dat Afrika deesdae seker sy donkerste uur beleef. Daagliks word mense
gekonfronteer met moord, verkragtings, roof, armoede, hongersnood en allerlei
nagevolge daarvan, en dit geld helaas nie slegs vir Suid-Afrika nie, maar vir
die hele suidelike streek van die kontinent. Suid-Afrika is tot dusver dié
Afrikaland by uitstek wat geseënd is met ‘n goeie media waardeur hierdie
gruweldade daagliks bekend gemaak word, terwyl dit elders in Afrika nooit aan
die lig kom nie. Onder
Afrikane is vir jare lank die mite gepropageer dat die kolonialiste
verantwoordelik was vir hierdie ellende, sonder om rekening te hou met die
prekoloniale geskiedenis van die Afrika kontinent. Ons moet glo dat Afrika in
‘n utopiese vreedsaamheid verkeer het voor die aankoms van die blanke
kolonialis. Uiteraard was hierdie antikoloniale gevoelens aangewakker deur
volksophitsers wat hul onderdane voor hul eie wa wou span, en ‘n groepie
Westerse marxiste het die propaganda verskaf om hierdie mite tot ‘n waarheid
te verhef. Hier bespeur ons ‘n interessante verskynsel wat die Jungiane onder
ons dalk mag interesseer, naamlik dat die aanvang van kolonialisme word as ‘n
soort sondeval beskou. Dis
verbasend hoe baie Suid-Afrikaners (swart en wit) wat nogal oor ‘n redelike
mate van opleiding beskik hardnekkig aan hierdie mite vasklou. Die Difaqane wat
die Boere beëindig het, word heeltemaal uit die geskiedenis weggelaat. Die feit
dat die misdaad tydens Apartheid nie naastenby so erg was as nou nie, word net
so ywerig “vergeet” ter wille van die abstrakte ideaal wat “versoening”
heet. Kortom, hierdie mites self het eintlik niks met gesonde verstand te make
nie, maar met ‘n algemene herdefiniëring van die mens-in-die-węreld wat nie
langs rasionele weë loop nie. Voordat
die politieke implikasies van hierdie “sondeval” bespreek word, kyk ons eers
na die idee van die sondeval self, en hoe hierdie gedagte die mens sy huidige
gestalte gegee het. Die opvatting van ‘n prehistoriese vreedsame bestaan
gevolg deur ‘n skielike onomkeerbare ontwrigting blyk in alle kulture aanwesig
te wees, en is al deur kerkvaders en filosowe dikwels tot onderwerp van
omstredenheid verhef. Baie glo dit letterlik, en ander glo dit as simbolies van
‘n dieperliggende ontologie. Kierkegaard beskryf byvoorbeeld die sondeval as
‘n bewuswording van die mens as vrye wese wat uiteindelik slegs aan homself
antwoord hoef te gee, gevolg deur angs wat ontstaan uit hierdie bewuswording.
Heel treffend beskryf Kierkegaard dat angs, in die sin van die hele wese se
bestaan wat bedreig voel, is die duiselingwekkendheid van vryheid. Die
vroeë kerkvader Augustinus van Hippo het die onomkeerbaarheid van die sondeval
duidelik gestel en dat die mens ‘n futiele strewe navolg om weer hierdie doel
te bereik. Volgens Augustinus verteenwoordig die geslagsdaad ‘n byna wanhopige
poging om eenheid te bereik met die paradyslike ideaal wat nie meer aan die mens
behoort nie. Van hieruit lyk dit asof die mens letterlik gedoem is tot ‘n
strewe na die paradyslike. Hierby aansluitend sinspeel die Duitse filosoof Peter
Sloterdijk dat die gedagte van ‘n paradyslike toestand, van ‘n ewige
goedheid en absolute onskuld, die besieling van die mens verteenwoordig. Dit is
dus hierdie paradyslike opvatting wat die mens bewus maak van die begrip
“siel”. Hoe
dit ook al sy, die onderliggende opvatting is dat die paradyslike, vir die duur
van ons lewens, van ons sterwelinge vervreem is. Die strewe na hierdie ideaal is
buite ons bereik en ons is letterlik opgesluit in die węreld van hier-en-nou.
Die deur is gesluit, soos Sartre dit in ‘Huis Clos’ gestel het. As ons dus
‘n verandering wil maak, bly daar nie veel meer oor as om die hand in eie
boesem te steek nie, want soos Kierkegaard genoem het, is ons die beginpunt van
ons eie bestaan. Vanuit hierdie Joods-Christelike opvatting van die sondeval het
die Westerse węreld sy huidige ontologie te danke. Ons besef dat ons slegs
uiteindelik op onsself aangewese is, en dis waar die groot verskil sy intrede
maak. In die psigologie word hierna verwys as ‘n interne lokus van beheer. Die
Afrika opvatting van kolonialisme as wortel van alle ellende roep ‘n ander
ontologie op, veral omdat hierdie mite so ywerig en oortuigend gepropageer word
waardeur enige ander opvattings ver in die skadu gestel word. Dis bekend dat die
kommuniste die mens in sy ganse totaliteit wil herdefinieër - beginnende by die
mens se stand in die węreld - hoewel hierdie fundamentele ingryp nie slegs deur
kommuniste beoefen word nie, maar ook net so ywerig deur Afrika stamhoofde wat
absolute lojaliteit van hul onderdane verwag ten uitvoer gebring word.
Waarskynlik is dit die rede waarom die Afrika kultuur so maklik versoenbaar is
met die kommunistiese ideaal. In
die Afrika opvatting van die “sondeval” lyk die oplossing van die probleem
heelwat meer voor die hand liggend. Anders as die Joods-Christelike standpunt
wat geen terugkeer na die paradyslike staat moontlik maak solank ons leef nie,
word daar implisiet en eksplisiet beweer dat die paradyslike heilstaat sal
terugkeer sodra die wortel van al die ellende uit die weg geruim is, naamlik die
koloniale (of blankes) en hul artefakte. Net soos by die Marxis-Leniniste, keer
die Afrika leiers en volgelinge die Joods-Christelike tradisie die rug toe, of
verander hul geloof dusdanig om by die Afrika ideaal in te pas, aangesien
hierdie Afrika ideaal die indruk wek dat die paradyslike toestand binne hul
handbereik lę. Waar
die Joods-Christelike tradisie die nadruk lę op die self, word die nadruk by
die Afrika ontologie gelę by die omgewing. Die omgewing speel die grootste rol
in die węreld van die Afrikaan en die rol van die individuele self is hieraan
onderdanig. In die psigologie staan hierdie opvatting bekend as ‘n eksterne
lokus van beheer. Hierby sluit aan dat Afrikane se bestaan slegs sin maak as
hulle in ‘n groep behoort van soortgelykes. Groepsidentiteit is belangriker as
individuele identiteit vir die Afrikaan wat verder duidelik weerspieël word in
die woorde van Steve Biko, wat Descartes se stelling aangepas het na: “Ek
behoort, daarom is ek”. Tydens sy avonture in die Kongo, het Ché Guevara ‘n
soortgelyke ervaring gewaar, naamlik dat swartes glo dat sodra ‘n sekere stam
vriendelik is, is elke lid van daardie stam ‘n vriend. Andersom is ook waar,
naamlik sodra ‘n bepaalde stam of groep as ‘n vyand gesien word, is elke lid
van daardie groep laakbaar. Een
van die groot gevare van die Afrika benadering is dat dit vatbaar is vir
ekstreme vergrype en oorloë. Swartes se gedagtes en gevoelens skommel tussen
onsekerheid, afguns, bedreiging en teleurstelling en aangesien die werklike bron
van hierdie gevoelens binne hulself nie ondersoek word nie, word die oorsaak
dikwels verkeerdelik in die omgewing gesoek met grootskaalse bloedvergietings as
gevolg. Daarna word die situasie net erger aangesien die werklike oorsaak van
die probleem nie aangepak word nie. |