boekwinkel 

chronologie

 menings

 opstelle

 poësie

 satire

mediaverklarings

 aksies

 skrywers

 abba

 skakels

 briewe

 uit-BEELD

 uit-RAPPORT

 out-STAR

KRYT

 tuis

                

 

Die vier T's van transformasie

___________________________________________________________

Dan Roodt

In die mees onlangse uitgawe van Rapport verklaar prof. Jakes Gerwel sy voorneme om die Akademie vir Wetenskap en Kuns te transformeer. Afrikaans moet van die Afrikaneridentiteit losgemaak word, is sy verskoning daarvoor.

Sedert 1994 het die ANC verwoestend met alle Afrikanerinstellings omgegaan. Feitlik alle Afrikaanse universiteite behalwe Stellenbosch en Potchefstroom is verengels en demografies oorspoel met swart studente. Waar nodig, is dié universiteite saamgesmelt met swart Engelstalige instellings om die kontantreserwes van Afrikaanse universiteite te bekom en hulle vinniger af te takel.

Die Akademie vir Wetenskap en Kuns is, vanuit 'n ANC-oogpunt, geen belangrike instelling nie. Die Akademie beskik oor geen noemenswaardige bates waarop ANC-apparatsjieks hul hande sou kon lê nie. Die vraag is dus: waarom moet die Akademie nou ook transformasie ten prooi val?

Een antwoord kan wees dat die Akademie oor prestige beskik, want kommissies daarvan bekroon Afrikaanse werke met die Hertzogprys of bepaal die spelreëls van ons taal. Maar wat beteken dit tog vir die Afro-nasionaliste van die ANC of selfs vir Jakes Gerwel wat iewers reeds in 'n onderwysverslag verklaar het dat Engels die taal van nasiebou in Suid-Afrika moet wees?

Transformasie verteenwoordig egter 'n baie radikale ideologie, soortgelyk aan kommunisme, fascisme en ander denkrigtings van die twintigste eeu. Trouens, in sekere opsigte kan transformasie as 'n soort rassekommunisme gesien word wat rassegelykheid nastreef net soos kommunisme klassegelykheid nagejaag het.

Transformasie kan opgesom word deur die vier T's: territoriaal, totalitêr, terreur en testosteroon.

Transformasie gaan daaroor om die vyand se gebied te beset, en onder gebied moet ons nie net grondgebied soos deur provinsiale of munisipale grense bepaal, verstaan nie, maar ook enige instelling of gebou wat hoegenaamd nog onder vyandelike beheer staan. Dit spreek vanself dat skole, universiteite, sakeondernemings, kerke, woongebiede, kleuterskole, sportklubs, alles deel vorm van die "gebied" wat territoriaal beset moet word.

Kommunisme is allerweë as 'n totalitêre staatsvorm beskryf, omdat dit alle aspekte van menswees wil binnedring en omvorm sonder om enige vryheid of ruimte aan die individu oor te laat. Transformasie, synde 'n vorm van rassekommunisme, is nie anders nie. Dit streef ook 'n totale revolusie na wat 'n "nuwe mens" tot stand moet bring. Geen aspek van ons bestaan, nóg ons kultuur, taal, godsdiens, identiteit, nóg ons geskiedenis, ons ekonomie, ons nasionale simbole, name, kuns, argitektuur, noem maar op, sal onaangeraak gelaat word. Daarom het die ANC in die Gauteng-provinsie selfs Afrikaanse kleuterskole toegemaak, klassieke musiekinstrumente by skole gekonfiskeer, Afrikaanse boeke uit bewaringsbiblioteke verwyder en is sy verteenwoordigers tans besig om 'n aanslag op die Akademie te loods.

Die Franse revolusie van 1789 was die model vir die meeste moderne revolusies, ook die periode in die vroeë 1790s wat as "die Terreur" bekend gestaan het. In die toekoms sal historici moontlik na die huidige tydvak in ons geskiedenis insgelyks as die Terreur verwys. Deur geweld, intimidasie en terreur bereik die revolusionêr sy doelwitte. Die bevolking word letterlik geterroriseer sodat daar geen weerstand gebied sal word nie. Transformasie is egter 'n Afrikarevolusie en daarom geskied terreur minder georganiseerd, minder rasioneel en meer spontaan, meer intuïtief as tydens revolusies van die Europese tipe.

Deur die kommando's af te skaf, menseregte vir misdadigers (maar nie vir hul slagoffers nie) te beklemtoon, die polisiemag te transformeer en te infiltreer met byna 8 000 gevonniste misdadigers, het die ANC alle geweldsmisdadigers bevry. Marx en Engels het dié mense die "lumpenproletariaat" genoem. Transformasie gebruik die lumpenproletariese weermag wat spontaan en lukraak geweld pleeg as sy terreurinstrument. Telkens as ons aangeval, beroof, gekaap, verkrag of vermoor word, styg ons vrees en maak dit ons onderdaniger aan die revolusie.

So pas het Robert Mugabe 'n demonstrasie gelewer van hoe 'n hele land se bevolking deur geweld en intimidasie so gekondisioneer kan word dat hulle hom en sy diktatuur tot in lengte van dae sal ondersteun, ook by die stembus. Die ANC gebruik nie "oorlogsveterane" nie, maar sy Einsatzgruppen wat in groepies van vier of vyf oral in die land 'n skrikbewind voer.

Dit bring my by die vierde en laaste "T" van transformasie: testosteroon. Hiermee wil ek die biologiese aspek van die Suid-Afrikaanse revolusie benoem. In die denke van Marx was die Franse revolusie die politieke omwenteling en die Russiese was die maatskaplike omwenteling, maar die Suid-Afrikaanse - juis omdat dit rasgedrewe is - verteenwoordig die uiterste vorm van revolusie: 'n biologiese omwenteling.

Ons leef in so 'n fantasmagoriese land dat dit soms vir mens voel asof jy self dinge oordryf bloot deur hulle te beskryf. Op 'n stadium het ek gedink dat ek die biologiese dimensie, die byna dierlike oorheersing wat ons ervaar, te ver voer deur na testosteroon te verwys. Maar soos ons onlangs gesien het tydens die bobbejaandebat in die Mail & Guardian, beskryf 'n Afrikanis soos Malegapuru Makgoba ons revolusie juis in biologiese terme! Die swart bobbejaanmannetjie het dominant geword en die wit bobbejaanmannetjie moet hom daarby aanpas.

In die natuur, en veral onder primate, is dit fisieke krag en testosteroonvlakke wat oorheersing bepaal. Die dier wat die aggressiefste is, sal uiteindelik die meeste hulpbronne in die vorm van kos en toegang tot die wyfies behaal. Makgoba het dit letterlik gesê, maar onderliggend aan die logika van transformasie is hierdie dierlike, testosteroonelement. "Ons is die meeste, ons is die sterkste, julle sal maak soos ons sê." Só eenvoudig is dit.

Ek verstout my om te sê dat transformasie die mees radikale revolusie verteenwoordig wat die wêreld nog gesien het, radikaler as kommunisme of selfs Mao Tsetoeng se Kulturele Revolusie. Dis belangrik dat ons dit na behore moet verstaan, maar ook dat ons ons teen transformasie sal verset.

Ek is self lid van die Akademie. Daarom wil ek nie toesien dat Gerwel en sy mede-transformasioniste daarop toesak en dié stuk Afrikanererfenis wat van 1909 af dateer, verwoes soos hulle reeds met omtrent elke ander Afrikaanse instelling gemaak het nie.

Boontoe