boekwinkel 

chronologie

 menings

 opstelle

 poësie

 satire

mediaverklarings

 aksies

 skrywers

 abba

 skakels

 briewe

 uit-BEELD

 uit-RAPPORT

 out-STAR

KRYT

 tuis

                

 

Wie sal ons bondgenote wees?

___________________________________________________________

Dan Roodt

In 'n vorige skrywe in dié ruimte met die titel, "Ken u vyand", het ek die Xhosa as die Afrikaner se vernaamste antagonis geïdentifiseer. Daarby moet ons nog die Moslem-Indiërs van die Shabir Shaik-tipe tel wat in simbiose met die Xhosas besig is om die land te plunder en ons onder te ploeg.

Daar was min tye in die verlede dat ons volk so intens bedreig was as tans. Die bekende vraag wat die eertydse redakteur van die Die Vaderland en Verwoerd se geesgenoot, G.D. Scholtz, destyds gevra het, "Het die Afrikaanse volk 'n toekoms?" dring hom vandag met onrusbarende stelligheid aan ons op. Terwyl Afrika sy Middeleeue beleef met oorloë, armoede, hongersnood en die pes van Vigs wat miljoene mense afmaai, word ons daagliks aan wetteloosheid, geweld en politieke onsekerheid blootgestel.

As ons gelukkig is, sal ons soos die Zimbabwiese blankes met die klere aan ons lywe as politieke vlugtelinge iewers 'n toevlug kan vind. Indien ons ongelukkig is, is iets soos 'n Rwanda ons voorland waar die rassehaat wat die ANC teen blankes aanblaas mag oorkook in volskaalse volksmoord. Vra vir my, want ek was onlangs 'n gas op die swart radiostasie Metro FM; sowat van anti-blanke vyandigheid het ek lanklaas beleef en dié stasie beskik oor ses miljoen luisteraars! Bloot om te oorleef, gaan 'n geweldige stryd verg.

Onder sulke omstandighede is dit net normaal dat ons na bondgenote behoort te soek. Selfs in eie geledere heers verdeeldheid en het Afrikaners mekaar oor dekades heen verraai en in die rug gesteek. Die aaklige verraad deur FW de Klerk, Pik Botha en Roelf Meyer wat deesdae op enkele uitsonderinge na ANC-lede is, het 'n klad op ons naam gelaat wat eers uitgewis moet word. Die soektog na bondgenote in die stryd mag dus voortydig wees; nietemin glo ek dat dit van strategiese belang is om hieroor te debatteer.

Juis om daardie rede het ek onlangs 'n artikel vir Focus, die blad van die liberale Helen Suzman-stiging, geskryf waarin ek kritiek op die links-liberale tradisie lewer, maar ten slotte tog 'n entente tussen Afrikaners en Engelssprekende blankes bepleit. Dit sal in die Junie-uitgawe van Focus verskyn en hopelik gesprek uitlok.

Ek wil nou die Focus-artikel effens vooruitloop deur die idee van Afrikaans-Engelse entente hier te bespreek. Bismarck het gesê dat politiek die kuns van die moontlike is, en ek glo dat so 'n verstandhouding tussen Afrikaners en Engelssprekende blankes moontlik is, net soos wat ek glo dat dit moontlik - nee, noodsaaklik - is dat ons die huidige stryd behoort te wen.

En as ek praat van "stryd" bedoel ek dit nie ligtelik nie. Veral regse Afrikaners is geneig om die woord "stryd" as 'n stuk retoriek te gebruik, en verval dikwels in wat ek as "die ritueel van stryd" sou bestempel. Dikwels as ek in vergaderings sit, kry ek die indruk dat mense nie werklik glo dat ons dié geveg kan wen nie. Telkens word dié vermoede vir my bevestig as iemand wat gister nog 'n oënskynlik vurige aktivis was, skielik padgee Australië toe.

Een rede waarom soveel Afrikanerbewegings oor die afgelope tien of twintig jaar misluk het - en hierby moet ons ook die vorige Nasionale Partyregering insluit - is omdat hulle nie werklik geglo het dat hulle teen die oormag van swart getalle en 'n vyandige internasionale mening kon wen nie.

Die prag van politieke en filosofiese denke is dat dit mens bevry van hierdie vernietigende selftwyfel en magteloosheid. As ons eers van naderby ons situasie ontleed en verstaan, gaan nuwe vergesigte op vryheid outomaties oop.

Geen nasie, nie eens die magtige Amerikaners, kan sonder bondgenote klaarkom nie. 'n Mens het nasionale, streeks- en internasionale bondgenote nodig. In die verwronge denke van die Nasionale Pers wat steeds die mislukte ideale van Marthinus van Schalkwyk se Nuwe Nasionale Party najaag, word die bruinmense van die Kaap as die Afrikaner se vernaamste bondgenoot voorgehou.

Ons en die Kleurlinge praat dieselfde taal. Daarom moet ons, in die woorde van Die Burger se adjunk-redakteur, Leopold Scholtz, met hulle "versmelt". Die resultaat van so 'n versmelting sal natuurlik wees dat ons self Kleurlinge word en sodoende moontlik meer aanvaarbaar vir die swartes en veral vir die Xhosas wat ons regeer.

Vermoedelik het Leopold Scholtz dié opmerking van hom nie ligtelik geskryf nie. Waarskynlik verteenwoordig dit 'n filosofie wat van bo af deur Naspers gepropageer word; ons sien eintlik oral in die Afrikaanse koerante en op KykNet dat kreolisering as die nuwe nirwana aan ons voorgehou word.

Afrikaanstalige instellings soos die NG Kerk, die Akademie, die Universiteit van Stellenbosch e.a. moet dus toenemend onder Kleurlingbeheer geplaas word. 'n Mens kan wel die vraag vra: met vriende soos Jakes Gerwel, Allan Boesak, Hein Willemse en Neville Alexander, het die Afrikaner regtig nog vyande nodig?

Maar afgesien van die Afrikanervyandigheid van sogenaamde bruin leiers, vind ek persoonlik die gedagte dat Afrikaners en Kleurlinge moet "versmelt" absurd. Want hoewel ons skynbaar dieselfde taal praat, sy dit dan dikwels ook twee variante van dieselfde taal, verskil ons hemelsbreed in mentaliteit, voorkoms en gedrag. Maar gestel so 'n versmelting is moontlik, gaan dit ons enigiets in die sak bring sover dit ons aanvaarbaarheid vir Thabo Mbeki of Robert Mugabe betref?

Ek meen van nee. Regoor die wêreld waar Kleurlinge en rasegte swartes teenoor mekaar te staan kom, word eersgenoemde ewe min as blankes aanvaar. Ons het dit gesien in Liberïe waar 'n bloedige konflik tussen die Amerikaanse vryswartes en die inheemse Afrikabevolking gewoed het, asook in Haïti waar die métis eeue lank reeds die swart meerderheid oorheers het, tot en met Aristide se verkiesing as president. Blykbaar is Aristide behep met sy eie rassuiwerheid en sien hy homselfs as verteenwoordiger van die rasegte swartes teenoor die land se gekleurde élite.

Nasionale Pers se uiters radikale en biopolitieke oplossing, naamlik dat die Afrikaner self moet kreoliseer, sowel wat taal as ras betref, gaan ons op die duur niks in die sak bring nie en waarskynlik net ons ondergang verhaas. Dit mag selfs ons land tot 'n permanente Kleurling-swart stryd soos dié van Haïti of Liberië verdoem.

Terwyl Afrikaners en bruines op grond van ras verdeel word, woed 'n ander stryd tussen ons en die Engelse reeds twee eeue lank oor die taalgrens heen. Trouens, soos ek in my Focus-artikel argumenteer, het dit tot onlangs die werklike politieke konflik in die land verteenwoordig, eerder as dié tussen wit en swart. Die rassekwessie is in die verlede bloot deur slim Engelse politici, intellektuele en joernaliste uitgebuit om die Afrikaner mee by te kom. Die triomf van 1994 was egter vir diegene 'n Pyrrhus-oorwinning omdat hulle aanstons self deur die nuwe maghebber met sy swart-nasionalistiese ideologie op die kantlyn geskuif is.

Ons moet ook 'n onderskeid tussen die Engelse elite - soos die Raad van Anglo-American, die akademici, die joernaliste en skrywers - en die gewone Engelsman tref wat geen oortuigde kommunis of liberalis is nie. Dikwels is sulke Engelse deesdae nugterder as Afrikaners en vind hulle dit ewe moeilik as ons om onder omstandighede van swart rasseoorheersing 'n bestaan te maak.

Vir my is die grondvraag: op watter basis kan Engels- en Afrikaanssprekende blankes, gegewe en nieteenstaande hul historiese verdeeldheid, saamwerk?

Boontoe