boekwinkel 

chronologie

 menings

 opstelle

 poësie

 satire

mediaverklarings

 aksies

 skrywers

 abba

 skakels

 briewe

 uit-BEELD

 uit-RAPPORT

 out-STAR

KRYT

 tuis

                

 

Eerder Masada as emigrasie

___________________________________________________________

Dan Roodt

Russel se brief op LitNet het my geamuseer, daarom antwoord ek daarop. Die boek van Stephen Smith waarna ek reeds verwys het, Negrologie, spel dit uit: postkoloniale Afrika het misluk. Die verskil tussen Afrorealisme en Afropessimisme is gering.

Soos Stephen Smith wat homself 'n "Afrorealis" noem, dink ek nie Afrika se toekoms is geheel en al hopeloos nie. Solank die huidige stelsel egter voortduur met "negrologiese", swart-nasionalistiese plunderaars, sal die 600 miljoen mense suid van die Sahara net-net oorleef met Westerse hulp. Dis nou die $50 miljard per jaar wat by die afgelope G8-beraad bespreek is.

Ek sluit nie die moontlikheid uit dat swartmense effektief kan regeer nie. Feit is egter dat ons sedert die onafhanklikwording van Haïti, die "wêreld se oudste swart republiek" (Thabo Mbeki) in 1804, nog nie een voorbeeld van 'n suksesvolle swart land gesien het nie. 'n Mens kan heerlik debatteer oor die oorsake, maar die werklikheid is daar vir almal om te sien. Behalwe natuurlik die gefrustreerde sosialiste, dwepers met die Derde Wêreld, nuwe sendelinge, NRO's en 'n hele horde kwaadwilliges wat toestande in Afrika as "alledaags" of "normaal" wil voorstel.

Miskien het jy al oor Afrika gevlieg op pad Europa toe. Hoe veilig het jy gevoel? Toevallig was daar nou die aand op Sky News 'n program oor lugvaartveiligheid. 'n Britse deskundige word gevra hoe veilig dit is om oor Afrika te vlieg. Ongemaklike stilte. " Africa is not safe to fly over," kom die antwoord toe. En hy verduidelik dat daar feitlik geen vlugbeheer op die vasteland is nie (buiten natuurlik SA) en dat loodse die taak sommer self verrig deur op 'n spesiale frekwensie met mekaar te kommunikeer en waarskuwings te rig. Hy voeg toe verder by dat daar gereeld die nodige toerusting aan Afrikalande geskenk word, maar dat die instandhouding daarvan 'n probleem is... Hoe op aarde gaan Afrika in sy huidige toestand ontwikkel indien die lande nie eens geskenkte toerusting kan onderhou nie?

Wat Suid-Afrika betref, was ons tot onlangs nie 'n Afrikaland nie. Vir driehonderd uit die afgelope driehonderd-en-vyftig jaar is die meeste stede, dorpe en plase in die land deur blankes bewoon. Wys my een voorbeeld van Xhosa- of Tswana-argitektuur in Johannesburg, Pretoria of Kaapstad vóór 1994 en ek eet my hoed op. Tot voor die Tweede Wêreldoorlog was Johannesburg 'n stad met by verre 'n blanke meerderheid van ten minste 66%. In Pretoria was die syfer waarskynlik nader aan 80%. Ek hou van die Nederlandse woord "allochtoon" en in 'n sekere sin kan swartes in Suid-Afrika as "allochtone" beskou word. Hulle was gasarbeiders wat eenvoudig te veel geword het en tans 'n groot las op ons plaas.

Soos De Kiewiet in sy ekonomiese geskiedenis van Suid-Afrika geskryf het, het Suid-Afrika - anders as Australië, die VSA en Kanada - daarin gefaal om meer blanke immigrante aan te lok. Dit wil egter nie sê dat ons nie immigrante gekry het nie. Die enigste verskil was dat ons immigrante swart was, die allocthone waarna flussies verwys is. Met die uitsondering van die ooskus waar die Xhosas en Zoeloes in redelike groot getalle 'n gebied beset het, asook die ou tuislandgebiede in die noorde en weste van die land, was Suid-Afrika tot redelik onlangs 'n nuwewêreldland wat nie veel van Amerika, Kanada, Australië of Nieu-Seeland verskil het nie.

Oor die afgelope vyftig jaar het twee dinge egter gebeur: daar het tegelykertyd 'n ongekende swart bevolkingsontploffing, tesame met grootskaalse binnelandse migrasie en buitelandse immigrasie plaasgevind. Ironies genoeg het dit saamgeval met apartheid wat kwansuis 'n groot ramp vir die swart bevolking was. Maar die sogenaamde apartheidsbewind het 'n aantal flaters begaan wat die hand van die allochtone teenoor die outochtone gesterk het. 'n Mens kan natuurlik boeke hieroor vol skryf, maar in wese het die ou NP-regering die volgende foute begaan:

  1. Pleks dat hulle migrasie vanuit die tradisionele gebiede en vanuit ons buurlande gestuit het, het hulle soos die goeie Christene wat hulle was dit probeer afkeer deur ekonomiese ontwikkeling in die tuislande aan te moedig. Die tuislande het gefaal om dieselfde rede as wat postkoloniale state in Afrika misluk het: ondoeltreffende en dikwels korrupte regering (met moontlik die uitsondering van Bophutatswana).

  2. Die grootste hulpprogram wat die wêreld nog gesien het, is van stapel gestuur om swart opvoeding en gesondheidsdienste op peil te bring. Van 1950 af het die kindersterftesyfer onder swartes drasties begin daal, soos ook in ander Afrikalande waar die koloniale moondhede en internasionale organisasies met 'n soortgelyke poging besig was. Hierna het die grootste bevolkingsontploffing gevolg wat die wêreld nog gesien het, sowel in Suid-Afrika as in die res van die vasteland. Tot 1950 was daar minder as tien miljoen swartes in die land waarvan die oorgrootte meerderheid hoegenaamd nie in metropolitaanse Suid-Afrika gewoon het nie, maar aan die ooskus en in tradisionele gebiede.

  3. Die Koue Oorlog-episode het veroorsaak dat Suid-Afrika 'n politieke speelbal geword het. Ook het die voormalige koloniale moondhede en selfs die VSA daarin geslaag om van Suid-Afrika 'n sondebok te maak vir hul eie koloniale vergrype, segregasiemaatreëls, slawernygeskiedenis en dergelike meer. Sowel Oos- as Wes-Europa, maar ook Noord-Amerika, het verenig in die grootste propagandaveldtog wat daar nog ooit teen enige lid van die internasionale gemeenskap gevoer is, rondom die handige slagspreuk van "apartheid". Die aangewese ding vir die ou NP sou gewees het om onmiddellik alle hulpfondse van die swart bevolking te onttrek en eerder daardie miljarde dollar aan 'n teenpropagandaveldtog te bestee. Ek meen Eschel Rhoodie het so 'n idee gehad, maar net toe hy sukses begin behaal, volg die Inligtingskandaal. Die res is, om 'n gepaste anglisisme te gebruik, geskiedenis.

  4. Terwyl hul vyande kwaadwillig en gewetenloos opgetree het en selfs nie weggeskram het van stedelike terreur (bv. die Kerkstraatbom) nie, het die ou NP oorwegend billik en beheers probeer optree en foutiewelik geredeneer dat hulle nog meer geld aan swart welvaartbetalings (gesondheid, opvoeding, munisipale dienste, ens.) moes bestee ten einde die internasionale aanslag en druk te weerstaan. Maar soos die Amerikaners sê, nice guys come second.

Kom ons vergeet vir 'n oomblik van wat in die volksmond as "FW en Roelf se verraad" bekend staan, of soos Cyril Ramaphosa en Joe Slovo iewers by Kemptonpark in hul ongeloof uitgeroep het, "die Boere het die plaas weggegee!". Veel eerder moet ons nou, in die lig van die voorafgaande geskiedenis, die huidige situasie koel en klinies beoordeel.

Sedert 1994 het Suid-Afrika 'n koloniale staat geword. Die ANC verteenwoordig iets tussen 'n Xhosa-Indiërkliek en 'n soort Pan-afrikaanse, Afro-Amerikaanse voorhoede wat besig is om ons land te koloniseer en sy oorspronklike inwoners en skeppers van sy ekonomie, argitektuur, kultuur, ens. te verdryf. Die proses geskied met verbysterende arrogansie en 'n hoë mate van intimidasie en geweld. Asof daar nie reeds genoeg allochtone in en rondom ons stede is nie, is ons landsgrense vir alle praktiese doeleindes oopgestel en tref mens vandag Nigeriërs in Johannesburg en selfs in Kaapstad aan, Senegalese langs Vrystaatse boeredorpies, Zimbabwiërs in die Kaapse provinsiale regering wat nie huiwer om hulself negatief uit te laat oor nasate van die Khoisan, die oorspronklike jagter-versamelaar-inwoners van die land nie, ens.

Intussen het die negroloë, swart nasionaliste, Afro-fasciste, wat jy hulle ook al wil noem, 'n stelsel van sistemiese rassediskriminasie teen ons ingestel wat oor geen presedent in die moderne geskiedenis beskik nie, behalwe miskien die Jode-geval in Nazi-Duitsland. Die staat en al sy instellings diskrimineer openlik teen blankes, veral Afrikaners. Dikwels word ons nie eens toegelaat in openbare geboue en instellings wat ons en ons voorouers ontwerp, befonds en opgerig het nie!

Jy stel voor dat ek na Frankryk moet emigreer, 'n land waarvoor ek 'n visum nodig het en wat my nie noodwendig met ope arms gaan verwelkom nie al praat ek Frans. In Europa is daar 'n soort apartheid tussen mense van die EU en "die res". Oral is daar bordjies met "slegs Europeërs", veral wanneer dit kom by immigrasiebeleid. Dus sal ek hoed in die hand saam met duisende ander uit die Derde Wêreld moet gaan toustaan en op die ou end miskien uit die land gesit word as onwettige immigrant. Waarom sal ek my verbintenis met hierdie aarde, my volkeregtelike eis wat deur enige internasionale hof erken sal word, opsê vir 'n onsekere bestaan as vlugteling - want dit is uiteindelik wat ek sal wees - in Europa, Australië of Noord-Amerika? By implikasie sou ek daarmee aanvaar dat ons oorgegee het, ons land afgesweer het en vir ewig bereid gaan wees om Afro-fascistiese rasse-oorheersing te aanvaar, tesame met die geweld, naakte uitbuiting, korrupsie en wanorde wat daarmee gepaardgaan.

Toe PW Botha nog verdegingsminister was, het hy vir Moshe Dajan in Israel besoek. Dajan het vir hom gesê, "ek rook nie en ek drink nie, dus gaan ek nie vir u 'n sigaar of 'n konjak aanbied nie, maar hier is neute en lemoene wat hier in Israel gekweek is en u kan gerus daarvan neem". Dajan was 'n argeoloog wat terloops sy een oog nie in 'n oorlog teen die Arabiere nie, maar in 'n argeologiese ongeluk verloor het. Agter sy huis was 'n soort werkswinkel waar hy allerlei voorwerpe, beendere, skedels, ens. versamel het. Hy was dus die ideale gids vir die besoekende verdedigingsminister wat hy na allerlei besienswaardighede geneem het. Onder andere het hulle Jerusalem besoek, maar ook Masada. By Masada het PW teenoor Moshe Dajan opgemerk, "ons het nie so iets nie; daar was nog nooit 'n geval van 'n groep Boere of Afrikaners wat hulself as martelaars om die lewe gebring het nie. Wel het ons bittereinders gehad wat bereid was om tot die dood toe te veg".

Wat ons toekoms vir ons inhou, weet ek nie. Die boere gaan van hul plase afgesit word; ons skole en universiteite word reeds een na die ander gekoloniseer. Selfs ons huise mag van ons afgevat word. Binne die huidige bestel sal ons altyd ondergeskik aan swartes wees, want sonder om 'n skoot te skiet en deur ons eie onnoselheid het hulle ons verower.

Benewens die opsie van emigrasie of dan vlug wat jy noem, is daar 'n paar ander:

1. Verset in al sy vorme. Nou onlangs het ek 'n stukkie in 'n Pretoriase studenteblaadjie geskryf, na aanleiding van Van Wyk Louw se beroemde stelling oor die noodsaaklikheid van protes.

2. Twee jaar gelede het ek by die Voortrekkermonument voor 'n groepie mense oor plaasmoorde gepraat en gevra dat ons nie "vrywillig op die trein na Auschwitz moet klim nie". Wat die ANC ook al teen ons in die mou voer, laat ons in godsnaam nie meewerk aan ons eie ondergang nie en tot die laaste oomblik weerstand bied soos die Jode by Masada. Indien ons bestem is om in Afrika uit te sterf, laat ons ten minste 'n inspirasie en 'n voorbeeld wees vir die res van die wêreld, veral die Westerse wêreld wat soortgelyk aan ons 'n demografiese en politieke krisis beleef in hul konflik met Islam en hul eie probleme met grootskaalse immigrasie en "vreedsame besetting".

3. Lydelike verset en stakings. Indien alle Afrikaners of blankes môre begin staak, sal die land tot stilstand kom want sonder ons kundigheid sal die kragsentrales, die telefoonstelsel, die rekenaarstelsels, die ontvanger van inkomste, die banke, die aandelebeurs en valutamark nie kan funksioneer nie.

4. Bowenal moet ons 'n magsbasis in die vorm van 'n eie groot munisipaliteit, grondgebied of volkstaat bekom waar ons vry van oorheersing en diskriminasie kan wees, waar ons nie aangeval, verkrag of beroof word nie. Daar is meer en meer gevalle van swart polisielede wat blankes aanrand of selfs vermoor, soos die onlangse geval in Vereeniging waar 'n swart vrouekonstabel 'n motoris koelbloedig met haar dienspistool doodgeskiet het. Iemand anders waarvan ek weet, is verlede Vrydagaand gekaap en toe hy die voorval by die polisiestasie in Pretoria aanmeld, sluit hulle hóm in die selle toe. Waar hy boonop aangerand is!

 

Ek is daarvan oortuig dat swartes nie hierdie gesofistikeerde stelsel wat ons die afgelope 350 jaar geskep het, sonder hulp in stand sal kan hou nie. Die openbare hospitale het reeds in duie gestort. Selfs Mbeki, saam met Mugabe die leidende Afro-fascis op die kontinent en 'n voorstander van die absurde "Afrika-renaissance", het al erken dat die munisipaliteite nie meer na behore funksioneer nie. Nóg ek, nóg Anton Barnard beplan 'n staatsgreep. Lank voordat 'n groep voormalige verkennersoldate Voortrekkerhoogte en Tempe oorneem om die spul uitlanders uit die Unigebou te sit (iets wat, gegewe die huidige stand van ons weermag, nie so moeilik behoort te wees nie), gaan die ANC se eie ondersteuners begin onluste pleeg of sal die reste van Umkhonto we Sizwe ongewapende blankes op straat begin aanval. Sulke insidente het in die onlangse tyd sowel in Zimbabwe as in die Ivoorkus plaasgevind. Ongeveer tienduisend blanke Franse moes verlede November inderhaas met 'n lugbrug uit die Ivoorkus verwyder word en die Franse regering het aan hulle 'n spesiale vlugtelingstatus toegeken, soortgelyk aan die miljoen Franse wat Algerië aan die einde van die vyftigerjare moes verlaat. Niemand gaan egter vir ons 'n lugbrug na Engeland of Australië reël nie en ons sal die situasie plaaslik moet hanteer. Die kanse dat Suid-Afrika binne die volgende dekade of twee 'n burgeroorlog gaan beleef, is baie groter as wat die meeste mense besef. Ons woon in Afrika. Skryf dit op jou spieël en sê dit elke dag soos 'n rympie op.

 

Indien ons die uiteindelike burgeroorlog, tweede Bloedrivier of wat ook al, wil vermy, is een oplossing om almal in 'n uithoek van die land te gaan woon en daar 'n onafhanklike Afrikaanse Republiek uit te roep. Iets soortgelyk aan Orania, maar nader aan die markte en infrastruktuur, soos die gebied rondom Pretoria met miskien 'n korridor deur die Oos-Transvaal na Richardsbaai. Ek weet dis nie so eenvoudig nie, maar ek glo dat ons uiteindelik daartoe verplig sal wees, want die huidige stelsel raak by die dag meer onhoudbaar. Soos die Duitsers en Japanners ná die Tweede Wêreldoorlog, kan ons binne twintig jaar weer die grootste ekonomie in Afrika opbou, met die sterkste weermag, die mees stabiele regering, Afrikaans wat bloei, en en en... Hierna kan ons begin om Afrika reg te ruk, die diktators soos Mugabe op slim maniere uit te werk en weer stabiliteit na Suidelike Afrika terug te bring soos in Verwoerd se dae. Ons posisie in Afrika is uniek en ons kan 'n hele ryk hier vanuit die suide opbou met goedgesinde state waaroor ons toesig hou en waar ons winste kan behaal in ruil vir die voorspoed en ontwikkeling wat ons sal bring. Maar dis alles "toekomsmusiek", soos hulle sê. Eers moet ons weer vry kom.

 

Myns insiens beskik die Xhosas en hul Indiër-marionetmeesters oor geen werklike mag nie. Hul militêre en ander vermoë om ons te oorheers is uiters beperk en berus op vae dreigemente van geweld, revolusie en massa-opstand soos wat Mbeki taamlik dikwels in sy toesprake en geskrifte maak. Met sy bottel Chivas in die een hand en 'n Kalasjnikof in die ander, sal Thabo dan so 'n finale oehoeroe met sukses teen ons lei. Daar is net een probleem met dié scenario, al kry Mbeki dit reg om gedurende die hele petalje nugter te bly: sonder blanke spyseniers kan die ANC nie eens hul eie partytjies reël nie, wat nog te sê 'n militêre aanslag op die twee miljoen blankes in Gauteng. Uiteindelik lê die probleem uitsluitlik by onsself. Soos Nietzsche beklemtoon het, verteenwoordig die wil die oorwegende faktor. Vanweë ons huidige willoosheid, laat ons toe dat ons oorheers word, dat ons geskiedenis verguis word en verdra ons die haat wat die ANC elke dag op soveel maniere teen ons uitspuug. Enkele maande gelede was ek vir 'n onderhoud op 'n swart radiostasie, Metro FM, en kon ek skaars 'n woord inkry soos wat die programleier en sy luisteraars hul onverdoeselde rassehaat teenoor my en alle blankes wat nog dink dat daar vir hulle plek in die land is, feitlik uitgeskree het. Ná die tyd het die programaanbieder my leedmakerig vertel dat sy stasie ses miljoen luisteraars het en dat hulle nou almal vir my en my mede-Afrikaners kwaad is. Ook die enkele afgevaardigdes van landbou-unies wat verlede week maar 'n halfuur spreekbeurt by die sogenaamde "nasionale grondberaad" gekry het, is met openlike vyandigheid begroet en hul redelike argumente oor eiendomsreg, ekonomiese stabiliteit en voedselsekerheid is met honende gelag en openlike haat begroet.

My nuwe slagspreuk is: konfronteer die haat. En soos Nietzsche gesê het: wat my nie doodmaak nie, maak my sterker.

 

Boontoe