| boekwinkel |
|
|
|
'n Afrikaanse utopie 1
___________________________________________________________ Suid-Afrika vertoon al hoe meer eienskappe van 'n distopie, die teenoorgestelde van 'n utopie. Die land beskik oor die hoogste misdaadsyfer ter wêreld. Verhoudinge tussen die verskillende bevolkingsgroepe word gekenmerk deur spanning en wedersydse beskuldigings van rassisme. So pas het die Vryheidsfront 'n klag van "haatspraak" teen Nehawu, Cosatt u en die ANC by die Menseregtekommissie ingedien oor krete van "Kill a Boer, kill a farmer" wat weereens tydens 'n optog by die Potchefstroomse Landboukollege geskree is. Nader tuis in my eie woonbuurt het ek weer onder die indruk gekom dat die multikulturele en veelrassige samelewing met sy onderlinge rasse- en kultuurkonflik, asook botsende waardestelsels, net tot ergernis lei. Tot enkele jare gelede was die gholflandgoed in die noorde van Johannesburg waar ek woon veronderstel om die veiligste buurt in die stad te wees. Hoewel dit aanvanklik as 'n soort aftree-oord beplan is, het die Johannesburgse rykes hier 'n soort Engelssprekende volkstaat kom skep. Die hele gebied van ongeveer 300 hektaar is omhein met mure en elektriese drade, asook kameras wat elke beweging by die grensmure naspeur. Daar is toegangsbeheer by die hekke en geen besoeker mag sonder 'n eienaar se toestemming die buurt binnekom nie. Aanvanklik was dit 'n min of meer uitsluitlik blanke woongebied. Met swart bemagtiging en rassekwotas by maatskappye het die bevolking van ons buurt egter drasties begin verander en gegoede swartes en Indiërs het ook hier begin intrek. Verlede Saterdagmiddag het 'n jong swarte en 'n Indiër my gholfkar uit my garage gesteel. Gelukkig kon ek dit betyds aanmeld en is hulle by die hek gevang waar hulle besig was om uit te ry ná hulle 'n derde Indiërjeugdige se toegangskaart gebruik het om die slagboom te laat oopmaak. Hierna het een van daardie absurde, irriterende ervarings gevolg waartydens die Indiërouers gepoog het om hul kinders los te lieg en nie eens gepoog het om hul verskoning aan te bied vir wat na alles my finansiële verlies kon gewees het nie. Iewers ná aan middernag is ek en 'n Afrikanerlid van ons privaat veiligheidsdiens na die polisiestasie om 'n klag van diefstal te lê. Die gesig van 'n Suid-Afrikaanse polisiestasie laat in die aand - of enige ander tyd van die dag - bring mens onmiddellik onder die indruk dat ons reeds in Afrika woon. Tesame met alles wat deur die woord "Afrika" aangedui word: swak diens, lui amptenare, rassisme ('n windmaker-swarte in 'n blinknuwe BMW is voor ons gehelp bloot omdat hy swart en ons blank was) en 'n algemene indruk van onbekwaamheid en ondoeltreffendheid. Die mede-inwoners van ons gholflandgoed verkeer onder die indruk dat hulle hulself teen 'n prys kon verskans teen die geweld en verval van ons multikulturele samelewing. Dit verteenwoordig egter 'n illusie, want daar is toenemend gevalle van misdaad selfs binne ons ommuurde vestig. Enkele maande gelede het 'n bende swartes 'n huis gehuur en van binne ons veiligheidsbuurt begin om omliggende huise te stroop. Tydens die lang wagtydperk by die polisiestasie kon ek en die behulpsame lid van ons veiligheidspersoneel 'n bietjie gesels. As blanke Afrikaanse man het hy min loopbaangeleenthede en werk hy teen 'n hongerloon as veiligheidsbeampte. Trouens, hy en sy gesin kan nie eens 'n huis of 'n woonstel bekostig nie en oorleef in 'n karavaanpark. Vandaar my gebruik van die woord "distopie" om die huidige Suid-Afrika te beskryf. Opgevoede en hardwerkende blankes trek dikwels aan die korste ent, terwyl die rampokkers of "bemagtigde" swartes en Indiërs koning kraai. Toevallig is my bure ook Indiërs, wat die gedagte by my laat opkom dat ek eerder langs 'n arm Afrikaner soos die veiligheidsbeampte sal woon as langs 'n ryk Indiër wie se kind dalk my goed gaan steel of wat op sy minste 'n kwalik verbloemde afkeer in my taal en kultuur vertoon. Wat sou die teenoorgestelde van die Suid-Afrikaanse distopie wees? Kom ons noem dit 'n "Afrikaanse utopie": 'n plek wat deur Afrikaners bewoon en regeer word soos die Boererepublieke van ouds, 'n plek waar jy geen agterdog jeens jou buurman hoef te koester nie, waar hy dieselfde taal as jy praat en dieselfde waardes deel. Kom ek illustreer die punt met verwysing na Japan. Die Japannese samelewing verteenwoordig so 'n utopie van 'n homogene land wat deur mense van dieselfde ras, kultuur, taal , godsdiens en waardes bewoon word. Misdaad is so te sê ongekend. Daar heers 'n legendariese orde. Elke Japannees neem verantwoordelikheid vir die welsyn van elke ander, in so 'n mate dat vreemdelinge dit op hulself neem om die kinders van ander te betig indien hulle hulself nie in die openbaar sou gedra nie. Eerder as wat die ouer van so 'n kind daaraan aanstoot neem, beskou hy dit as 'n daad van welwillendheid deur sy naaste wat die opvoeding van sy kind ewe seer op die hart dra as hyself. Die geletterdheidsyfer in Japan is 100 persent, die hoogste ter wêreld. Die strate en winkelsentrums is skoon want 'n gees van volkstrots veroorsaak dat elke Japannees hom sou skaam indien die omgewing vuil of wanordelik sou wees. Die kontras met Suid-Afrika en sy toenemend smerige middestede wat deur morsige leeglêers beset word, kan natuurlik nie groter nie. Vele dorpies in Europa, veral in Duitsland, Switserland, Oostenryk, Nederland en Skandinawië, vertoon natuurlik dieselfde blyke van netheid en gemeenskapstrots. Maar geen Westerse land in die geheel kan met Japan meeding as dit kom by die byna volslae gebrek aan maatskaplike probleme soos misdaad, armoede en dwelmgebruik nie, juis omdat Westerse samelewings die Amerikaanse multikulturele model begin nastreef het en aktief hul eie homogeniteit ondermyn. "Ons benodig groter diversiteit" is die slagspreuk in die Weste, terwyl elkeen maar te goed besef dat die veel geloofde diversiteit misdaad, verval, etniese en godsdienstige konflik, werkloosheid, swak opvoeding en ander probleme meebring. Suid-Afrika is natuurlik die mees ekstreme geval waar "diversiteit" patologiese afmetings aanneem en waar ons gedwing word om die mees onversoenbare elemente in een stelsel te moet verduur. In Japan is die straatveër en die hoof-uitvoerende beampte van Sony of Honda 'n Japannees. Die straatveër kan met reg daarvan droom dat sy seun eendag 'n hoof-uitvoerende beampte mag word, want in 'n homogene samelewing is daar geen rassekwotas nie en ontvang elkeen 'n opvoeding wat aan hom 'n gelyke kans in die lewe bied. Japan het aan die wêreld getoon dat 'n hardwerkende, opgevoede en bowenal homogene bevolking 'n groter bate is as olie, goud of ander grondstowwe. Die buitewêreld beskou die Japannese as rassisties omdat hulle nie vreemdelinge in hul midde verduur nie. Maar wat kan dit die Japannese skeel in hul utopie sonder misdaad, armoede en ander maatskaplike probleme? Ek is daarvan oortuig dat die Afrikaner in die huidige Afrika net sal oorleef indien hy 'n eie staat sal verkry waarin hy die oorgrootte meerderheid verteenwoordig. Japan is maar 'n derde so groot soos Suid-Afrika, maar huisves 127 miljoen mense met die wêreld se derde grootste ekonomie, ná die VSA en China. In 'n volgende aflewering spekuleer ek verder hoe ons eie utopie ná die Japannese model, 'n Afrikaanse Republiek wat net deur Afrikaners bewoon word, mag lyk. |