boekwinkel 

chronologie

 menings

 opstelle

 poësie

 satire

mediaverklarings

 aksies

 skrywers

 abba

 skakels

 briewe

 uit-BEELD

 uit-RAPPORT

 out-STAR

KRYT

 tuis

                

 

Rugby se stadige, pynlike en hopelose dood

___________________________________________________________

Buks van Rensburg

Mnr. Louis Luyt, merk ek op, het taamlik onsteld gereageer op die regering se voorneme om van rugby 'n "swart sport" te maak. Ek was persoonlik nooit daarvan bewus dat sport 'n kleur het nie. Dit wil sê, as 'n mens nou nie aan die "All Blacks" as 'n span in swart dink nie.

In die Romeinse Ryk het Germane, Noord-Afrikane en Nubiërs dikwels as gladiatore in die Sirkus geveg. Gladiatore was superhelde in die Romeinse Ryk, en het 'n rol vervul in die Romeinse beskawing wat ongeveer soortgelyk aan die rol is wat sporthelde in ons moderne omgewing beklee.

Soos die Romeine hul gladiatore gehad het, het Afrikaners rugbyspelers. Hedendaagse Afrikanerrugbyspelers speel steeds die sport op internasionale vlak vir die glorie van Suid Afrika. En dit is waar die oorheersers 'n probleem sien. Die internasionale beeld van Suid-Afrika as 'n land wat Afrikaners oplewer om die land te verteenwoordig as superhelde is vir hulle verkeerd. Suid-Afrika is 'n swart land (ja, hy het nou 'n kleur), en dit deug nie dat Afrikaners die land verteenwoordig nie.

Dit is waarom die ANC teen rugby optree, en druk gaan bly toepas totdat die sport "swart" is. Afrikaners wat wil rugby speel behoort te besef (sommige het al) dat hulle net soveel geld kan maak deur vir ander lande te speel, en dat hulle ook daar as sporthelde kan ontwikkel. Afrikaners sal moet leer om Afrikaners wat vir ander lande se spanne speel te ondersteun en te vereer.

As ek 'n miljardêr was, sou ek dit sterk oorweeg het om die hele SA rugbyspan te koop en (sê maar) in Andorra (of 'n ander plek sonder 'n rugbytradisie) te vestig. Van daar kan die span dan internasionaal meeding. Dit sal ook natuurlik die einde van byvoorbeeld die 3-nasiestoernooi beteken, maar met die komende aftakeling van rugby in Suid-Afrika sal Nieu-Seeland en Australië oor 'n dekade maar te bly wees om nie elke jaar vir weke in SA te toer nie, om dan net wegholoorwinnings teen 'n erg verswakte te span te behaal nie.

Sommige Afrikaner- en ander (wit) SA atlete en sportsterre het reeds die skrif aan die muur gesien, en neem internasionaal deel as verteenwoordigers van ander lande in byvoorbeeld atletiek ('n Botha verteenwoordig Australië op die atletiekbaan), as krieketspelers en rugbyspelers, ensovoort, en mors nie meer hulle tyd in die ongure politieke omgewing van SA sport nie.

Baie meer gaan nog hulle voorbeeld volg. Suid Afrika wat altyd uitmuntend in sport gepresteer het, sal mettertyd daaraan gewoond moet raak dat Suid-Afrikaanse atlete middelmatig op internasionale vlak gaan vaar, behalwe miskien in individuele sportsoorte soos gholf en tennis, wat minder vatbaar vir politieke druk druk is.

En rugby in Suid-Afrika staar 'n stadige, pynlike en hopelose dood oor die volgende 10 of 20 jaar in die gesig. Afrikaners het rugby hul eie sport gemaak, en soos ander Afrikaanse instellings (universiteite, besighede, dorpe, stede en skole) maak die ANC aanspraak daarop. Hul doel is om rugby te kaap en van Afrikaners weg te neem, om die sport uit te hol en te beset (en om dit te herbenoem).

Boontoe