| boekwinkel |
|
|
|
Skepping en herkoms (deel 3)
___________________________________________________________
Synde
etniese groepe wat uit individue bestaan, elk met ‘n identiteit wat net een
leeftyd oorleef, is dit vanselfsprekend dat etniese groepe net sal oorleef oor
tydperke gemeet in generasies of eeue. Daarom
is dit ook die skaal waarmee tyd in die politiek gemeet word.
Die konstitusies van lande, politieke ooreenkomste, die leeftyd van
etniese gemeenskappe, hulle politieke invloed, en hulle ekonomiese mag, en
selfs die Ryke wat hulle bou, word ook ten beste meestal net in enkele
generasies gemeet. Dit is
skynbaar onvermydelik dat selfs die magtigste gemeenskappe uiteindelik
verdwyn. Geskiedenis is vol van
vergane mag – die Egiptenare, die Mede en Perse, die Grieke en Romeine, die
Inkas, en andere se geraamtes is al wat oor is van hulle eens onverbiddelike
mag. Die Weste, en selfs die
Amerikaners, sal definitief ook nog aan sy einde kom. Daar is deesdae
angsvallige analises oor die demografiese toekoms van Europa, iets waaroor ek
reeds kommentaar gelewer het in my opstel Soos die
sand van die see elders in dié ruimte.
Europeërs begin ook nou besef dat die magtige ekonomiese en kulturele
Ryke wat hulle gebou het, ook miskien besig is om te vergaan.
Daar was nog nooit ‘n Duisendjarige Ryk nie, en daar sal waarskynlik
nooit een wees nie. Heersende
Ryke gaan onder deur ‘n proses wat ons dikwels “dekadensie” noem.
Dit is naamlik ‘n langsame uitholling en dekonstruksie van die
beginsels en kondisies wat onderliggend aan die ontstaan en mag van die Ryk
was. Die finale stuiptrekkings is
egter nie langsaam nie. ‘n Dekadente Ryk word meer dikwels omvergewerp deur
mededingers wat die vakuum wat hulle laat, vul met ‘n nuwe paradigma.
In
‘n sekere sin is dit wat met Suid-Afrika in 1994 gebeur het.
‘n Dekadente Afrikaner-heersersklas, wat oor dekades ondermyn is deur
hulle opponente se volgehoue propaganda, is omvergewerp deur nuwe magshebbers,
wat nou die leë doppe wat deur hulle dekadente voorgangers agtergelaat is,
vul. Die eens magtige
Afrikanerdom se blink bates word nou beset deur hulle plaasvervangers.
Afrikaner-universiteite en ander instellings, die Boere se skole en
hulle besighede, in die toekoms hulle plase,
alles wat oor ‘n tydvak van Afrikanergroei en Afrikanermag opgebou is,
is in die nuwe orde beset en oorgeneem binne die bestek van ‘n paar jaar.
Wat dekades en selfs eeue geneem het om gebou te word, het vinnig ondergegaan
toe die toestande sodanig verander het dat ‘n dekandente Afrikanergemeenskap
ondermyn en omvergewerp is. Die
onderliggende meganismes aan hierdie soort veranderinge is skynbaar
universeel. Gemeenskappe
evoleer in ‘n proses waardeur nuwer geslagte die ouer geslagte vervang.
Nuwe geslagte kom onder die invloed van (ingevoerde) nuwe idees.
Op die wyse verander of evoleer die gemeenskap met tyd.
Die evolusionêre proses waardeur ouer geslagte deur nuwe geslagte
vervang word, is nie eweredig nie. Met
ander woorde, dit is nie die geval dat elke individu in ‘n geslag eweredig
vervang word deur ‘n plaasvervanger wat ongeveer dieselfde is nie.
Wat eerder plaasvind, is dat sekere individue of sub-populasies se
afstammelinge, geneties of kultureel, ‘n groter deel van die die nuwe geslag
vorm, as wat hulle voorgangers in die ouer geslag was.
Uiteindelik kan die afstammelinge van so ‘n subpopulasie die hele
bevolking verplaas, wat dan evoleer tot iets wat glad nie soos die
voorgeslagte lyk nie. Die
demografiese golf van swart Afrikane het uiteindelik net oor hierdie geslag
Afrikaners gespoel, wat eers polities begin reageer het toe dit reeds te laat
was om iets aan die saak te doen. In
dié opsig het figure soos Jopie Fourie die korrekte instinkte gehad, maar
miskien om die verkeerde redes. Daar
was in die lang termyn nooit ‘n Afrikanertoekoms in ‘n Unie van Suid
Afrika nie, en net die herstel van ‘n Boere republiek sou die oorname van
Afrikanerbates deur die ANC in 1994 kon verhoed. Daar
is nog baie ander voorbeelde. Vier
vroue wat net 1000 jaar gelede geleef het, is vandag die voorsate van 40% van
Askenazi Jode. Die vier vroue het
vandag 3,5 miljoen afstammelinge, en hulle nasate kan met tyd, as hulle
demografies bly groei, die genepoel van Askenazi Jode uiteindelik heeltemal
domineer. Moderne swart Afrikane is klaarblyklik die afstammelinge van
migrante uit die Nigerdelta van waar hulle Wes en Suid in Afrika gemigreer
het. Die suidwaartse migrasie het
die inboorlinge van Afrika, die San inkluis, verplaas.
Swart Afrikane het Suider-Afrika in die historiese tydvak ingetrek, en
teen 1652 het hulle nog nie in die Kaap aangekom nie, maar was skynbaar so ver
suid as die huidige Natal en Oos-Kaap. Dit
is waarom Hollanders net die San en Khoi in 1952 in die Kaap aangetref het.
Afrikaners
het ontstaan uit ‘n groep mense, hoofsaaklik vanuit Europa (maar ook met
enkelinge vanuit plekke soos Angola, Madagaskar en Asië), wat 350 jaar gelede
na die Kaap gemigreer het of gebring is.
Die groep het biologies oorleef en vermenigvuldig tot ‘n paar miljoen
mense vandag. Dit is die
genetiese en ook kulturele oorsprong van Afrikaners.
Daar was altyd ‘n moontlikheid dat Afrikaners ander mense in Suider-Afrika
kon verplaas. Dit is steeds
moontlik, dog tans onwaarskynlik. In
sy boek “Guns, Germs and Steel” probeer Jared Diamond verduidelik waarom
“the Dutch” onsuksesvol in Afrika was, teenoor die Engelse sukses in
Australië. Soos u kan raai is die basiese rede hiervoor die demografiese
realiteite in Suider-Afrika. Dit
is natuurlik moontlik dat Afrikaners heeltemal deur Afrikane verplaas kan word
om in honderde jare net ‘n klein bydrae tot die genepoel in Suid Afrika te
maak. Dit is egter onmoontlik om
te voorspel. Waar
kom die moderne rasse vandaan? Dit
is ongetwyfeld ‘n feit dat verskeie groepe mense, gedurende migrasies oor
tienduisende jare, geografies geïsoleerd geraak het.
Die geografiese isolasie veroorsaak dat geenpoele geisoleerd word, en
die gevolg is dat geenpoele van geïsoleerde bevolkings van mekaar begin
divergeer. Die invloed van die
omgewing (hitte in Afrika, koue in Europa, hitte in woestyne) het ‘n invloed
op die seleksie van gene, en oor tienduisende jare het die geïsoleerde geenpoele
genoeg verander om die moderne rasse te vorm.
Terwyl daar baie etniese groepe onder mense is, word daar meestal net
vyf rasse erken: Indo-Europeërs,
Afrikane, Amerikaanse Indiane, Oos-Asiërs
en Australiese Inboorlinge (wat ook mense van eilande in die Stille Oseaan
insluit). Daar
is definitiewe verskille in die voorkoms van sekere gene in rassegroepe.
Verskille in voorkoms soos vel en haarkleur is definitief geneties, maar
hierdie verskille is te wyte aan ‘n klein aantal gene.
Sekere genetiese siektes is ook beperk tot sekere rasse.
Sekelsel-anemie is byvoorbeeld beperk tot mense met Wes-Afrikaanse
voorsate, en Tay-Sachs siekte kom
skynbaar net onder mense met Joodse voorsate voor.
Dit is ook bekend dat laktose-toleransie wydverspreid is onder
Skandinawiërs, en dat dit afneem met afstand vanaf Skandinawië.
Blonde hare is eksklusief in die geenpoel van mense met Noord-Europese
voorsate. En daar is baie ander
voorbeelde. Terwyl
dit alles baie interessant is, is dit ook ongelukkig so dat baie van hierdie
wetenskaplike feite gebruik word as drogredenasies om die superieuriteit, al
dan nie, van sekere rasse te “bewys”.
Genetiese effekte is biologies, en werk in op individue.
Die voorkoms van gene mag eienskappe aan hele bevolkingsgroepe gee –
byvoorbeeld ‘n haarkleur of ‘n toleransie vir laktose. Maar alle mensegene
is mensegene, en die enigste eienskap waaraan die superieuriteit van gene
“gemeet” kan word in die biologiese sin is deur oorlewing oor
duisende jare. IK-toetse en dies
meer is nie goed genoeg nie – iemand met ‘n hoë IK wat nie voortplant nie
is in die biologiese sin glad nie superieur nie, en sy bestaan word deur Tyd
uitgewis. Dus,
in dié opsig is alle moderne mense vandag, wie se voorsate oorleef het, en
wat hulle opponente, omgewing en vyande oorleef het, biologies superieur.
Evolusie het nie nou opgehou nie, maar gaan onverpoos voort in die
veranderde omgewing. Selfs
uitstekende huidige aangepaste spesies kan of gaan in die toekoms uitsterf.
Demografie en evolusie is ‘n spel waar die laaste man wat staan die
wenner is. Biologie
staan dus neutraal teenoor eienskappe wat kwansuis superieuriteit bewys.
Miskien was Einstein intellektueel superieur ten opsigte van die res
van ons. Maar biologies is die
enigste relevante kwessie of Einstein se gene suksesvol in sy nasate
voortplant en veral vermenigvuldig. Dit
is om dié rede dat wetenskaplike aansprake op genetiese superieuriteit altyd
drogredenasies is. Om genetiese
superieuriteit te bewys moet jy die toekoms ken, en dit kan jy nie. Dit
bring ons dus terug na die hede. Daar
is sonder twyfel ‘n groot aantal etniese groepe op aarde, elk met ‘n
kultuur, taal, gewoontes, mites, en ‘n soeke na ‘n toekoms.
Daar is definitief, statisties gesproke, genetiese verskille tussen die
groepe (wat die gevolg is van geografiese isolasie oor argeologiese tydperke).
Daar is ook kompetisie tussen etniese groepe, en in sommige gevalle is
dit ‘n wrede en meedoënlose proses. Kompetisie
tussen Britte en Duitsers het byvoorbeeld in die twintigste eeu tot twee
katastrofiese wêreldoorloë gelei, en daar is baie ander historiese
voorbeelde van etniese kompetisie en etniese chauvinisme wat katastrofiese
gevolge gehad het. Gene en biologie werp min lig op die toestand, wat in werklikheid meestal polities van aard is, en wat ‘n ander stel reels volg as die “wette” onderliggend aan biologie. Biologiese drange kan egter inwerk op die manier waarop etniese groepe mekaar benader. So byvoorbeeld sou ‘n streng Darwiniaanse benadering voorstel dat dit voordelig vir een etniese groep kon wees om die bates van ‘n ander groep te kaap, omdat dit die eerste groep sou help om beter omstandighede te skep waarin hulle kan floreer en miskien kan vermenigvuldig. As
daar dan iets biologies (of miskien sielkundig) onderliggend is aan die gedrag
van die ANC teenoor Afrikaners, dan is dit hulle drang om Afrikaners se bates
oor te neem. Dit kan verduidelik
waarom Afrikaanse skole en universiteite en ander kulturele en ekonomiese
bates so onder druk van die ANC is. Die
instellings was natuurlik nie gebreek nie, maar het effektief gewerk om ‘n
Afrikaanse etnisiteit te stabiliseer en selfs te laat floreer.
Deur die bates te ondermyn, ondermyn die ANC ook die meganismes waarmee
Afrikaners hulleself bestendig het, en die gevolg is die vernietiging van
Afrikaners se skeppingsmites en hulle gevolglike ondergang as ‘n etniese
groep. Dit is dan ook ‘n
natuurlike doel van die ANC in hulle projek om ‘n unieke Engelsprekende Suid-Afrikaner
te skep. Daardie projek vereis
die verplasing van Afrikaners se etnisiteit deur ‘n nuwe etinisiteit wat
bitter min in gemeen met historiese Afrikaners het.
Dit kan dalk die toekoms wees, maar mens weet nooit. |